5 minute read

Karooboer vier 50ste uitvoerland

Gerrie Ferreira van die plaas Chandelier buite Oudtshoorn, wat die afgelope 27 jaar wild en vee uitvoer, het ՚n nuwe mylpaal bereik.

“Ek het daarna gestreef om na minstens vyftig lande wêreldwyd uit te voer, en met die jongste uitvoere na Guinee en Sierra Leone in Wes-Afrika het ek daardie mylpaal bereik,” sê Gerrie, die eienaar van Karoo Livestock Exports.

Advertisement

Volgens Gerrie raak die SA Boerbok, die SA Kalahari Red en die SA Savanna al gewilder en die mark brei met rasse skrede uit. Omdat hy al 27 jaar lank verskillende spesies uitvoer, het hy gevestigde klante, maar hy doen ook baie moeite om nuwe markte te ontgin en te vestig.

Eerste uitvoere

In 1996 is Gerrie genoop om ՚n mark vir volstruise te vind. “Ek het 1 600 slaggereed volstruise gehad, maar net ՚n kwota vir 95 gekry en moes plan maak met hulle.”

In 1998 het hy die eerste boerbokke na Thailand uitgevoer, en mettertyd het hy ook skape, beeste en verskeie wildspesies uitgevoer. Teen 2015 het hy reeds na dertig lande uitgevoer, van volstruiskuikens wat na Saoedi-Arabië, Koeweit, die Verenigde Arabiese Emirate en Egipte uitgevoer is, tot verskeie vee- en wildspesies na Arabiese, Oosterse en Afrikalande.

Deesdae voer hy al die bokrasse wat hier voorkom uit, insluitend angoras en melkbokke, skape soos Dorpers, Persies, Damaras en al hoe meer Meatmasters. “Aanvanklik was die mark skepties oor ‘bont’ skape, maar die vraag na Meatmasters is besig om te groei,” sê Gerrie.

Daar is ՚n groot aanvraag vir beeste soos Bonsmaras, wat hier ontwikkel is, en inheemse Nguni omdat die rasse gehard en goed aanpas is by moeilike omstandighede. Hy voer ook Borans en Brahmane uit, asook suiwelbeeste soos

Jerseys, Friese en Holsteins. Pikswart Blackberry-bokke, wat uit donker-rooibruin Kalahari Reds geteel is, is op die oomblik baie gewild. “Daar is ՚n reuse aanvraag en daar is bitter min van hulle beskikbaar, wat die mark gunstig maak.”

Daar is steeds ՚n groot aanvraag vir volstruise, waarvan hy meer as 200 000 oor die 27 jaar uitgevoer het. Slegs teeldiere van hoë gehalte word uitgevoer.

Klante van oral in die wêreld lê dikwels besoek af op Chandelier. Hier is ՚n groep van Viëtnam saam met dr Adriaan Olivier, veearts van Oudtshoorn, Ockie Nel en Gerrie Ferreira.

Vyftig lande

“Elke suksesvolle uitvoer het my gemotiveer om na nog ՚n land uit te voer,” vertel Gerrie.

Vandag voer hy diere uit na vyftig lande, wat, in alfabetiese volgorde, insluit: Angola, Bahrain, Bangladesj, Benin, Brasilië, Kameroen, Sjina, Kroasië, Die Demokratiese Republiek van die Kongo, Egipte, Ghana, Indië, Indonesië, Iran, Ivoorkus, Japan, Jordanië, Kenia, Koeweit, Libanon, Malawi, Maleisië, Mali, Mosambiek, Mianmar, Namibië, Nepal, Niger, Nigerië, Oman, Pakistan, die Filippyne, Katar, die Republiek van die Kongo, die Republiek van Guinee, Rusland, Saoedi-Arabië, Senegal, Sierra Leone, Singapoer, Sri-Lanka, Soedan, Tanzanië, Thailand, Turkye, UAE, Uganda, Oekraïne, Oesbekistan en Zimbabwe.

Uitdagings

Een van die grootste uitdagings is tans die gebrek of tekort aan entstof teen sekere siektes, want talle lande se invoerprotokol vereis dat diere teen sekere siektes ingeënt moet wees.

“Ek onthou toe ek in 1998 in Riyadh in Saoedi-Arabië ՚n skou bygewoon het waar Onderstepoort (Biologiese Produkte) vyfmiljoen eenhede entstof verkoop het. Suid-Afrika was ՚n wêreldleier op die gebied,” vertel Gerrie. “Vandag word nie eens in die plaaslike behoefte voorsien nie en tans kan ons nie teen bloutong en slenkdalkoors inent nie.”

Die uitbreking van bek-en-klouseer het sake ook nie makliker gemaak nie, want talle lande in die Midde-Ooste en OosEuropa wil geen uitvoere aanvaar nie.

“Dit raak al hoe moeiliker om uit te voer, want lande het meer en meer dieregesondheidsvereistes waaraan voldoen moet word. Gelukkig is die Wes- en Noord-Kaap nog altyd vry van bek-en-klouseer en indien ons van Kaapstad af uitvoer, is baie van ons klante tevrede.”

Covid-19

Die Covid-19-pandemie het groot opeenhopings op lughawens veroorsaak, want tonne vrag het op OR Tambo in Johannesburg bly staan. Toe vlugte uiteindelik hervat, was baie van die vliegtuie op beskikbare vlugte se ruim nie groot genoeg vir diere in kratte nie; vlugte wat wel beskikbaar was, was ook baie duur.”

Oos-Europa

Rusland se inval in die Oekraïne het uitvoere na Oos-Europa opnuut ernstig benadeel omdat rederye nie na die Oekraïne se buurlande wil vlieg nie.

Afrika

Toe Oos-Europa ontoeganklik geraak het, het Gerrie die moontlikhede in Afrika met nuwe ywer begin ondersoek. “Ondervinding het ons geleer om planne te maak,” sê Gerrie. Hy het Ghana in November 2021 besoek en die afgelope vyftien maande honderde stuks vee na Ghana en sy buurlande uitgevoer.

“Ek het twee agente daar wat die rompslomp van besendings hanteer en die diere na die kopers versprei. Hulle maak die vragte op en sorg dat die diere die klante veilig bereik; iets wat nie maklik van hier af hanteer kan word nie.”

“Deur die jare het ek ՚n klantebasis opgebou wat bestaan uit mense van Afrika wat hulle in Noord-Amerika, Kanada, die Verenigde Koninkryk en Europa gevestig het waar hulle in US$ of euro’s verdien. Hierdie klante belê in vee sodat hulle gevestigde kuddes het wanneer hulle in hulle lande van herkoms in Afrika aftree.”

Sierra Leone het onlangs die vyftigste land geword waarheen Gerrie uitvoer.

Die rondte uitvoere na Sierra Leone via sy buurland die Republiek van Guinee, was nie maklik nie, moontlik omdat laasgenoemde ՚n militêre regering het en die twee buurlande mekaar nie besonder goedgesind is nie.

“Omdat daar nie vliegtuie met wye rompe na Sierra Leone vlieg nie, moes ons die diere almal na Conakry in Guinee versend, vanwaar dit per pad na boere in Sierra Leone geneem is.” Ook hier het agente ՚n belangrike rol vervul, en daar is reeds talle navrae uit albei lande.

“Ons verwag om binne die volgende paar maande nog groot besendings na hierdie lande te stuur, maar in die toekoms sal dit afsonderlike besendings wees.”

Hy beplan om die markte in Wes-Afrika verder te ontwikkel en voer reeds uit na Ghana, Benin, die Ivoorkus, Mali, Senegal, Niger en Nigerië. Gerrie se skoonseun en vennoot, Ockie Nel, vertrek binnekort saam met Wesgro na Kenia waar hulle agente en klante sal besoek.

Oos-Asië

Gerrie en Liza, sy vrou, besoek binnekort Oos-Asië, waar hulle Singapoer as basis gaan gebruik om ou klante te besoek en nuwe markte in Maleisië, Kambodja, Vietnam- en Indonesië te ontsluit. “As ons hierin kan slaag, gaan ons nuwe markte vir Suid-Afrikaanse rasse oopmaak waarby baie van ons telers gaan baat vind.”

Slenters

՚n Nuwe uitdaging wat deesdae kopuitsteek is sogenaamde agente wat ՚n deposito vra, maar dan net wegraak met die geld.

“Daar is ook Suid-Afrikaners wat op hierdie wa geklim het. Sulke skelmstreke maak dit moeilik om buitelandse kopers van jou eie integriteit te oortuig, en dit is ՚n tydsame proses om klante te kry.”

Nie altyd maanskyn en rose Vir Gerrie, wat al 65 lande besoek het, het reis na verre lande en verblyf rugsakstappersherberg (backpackers) gebly, want dit is waar die klante kuier. Jy moet jou met hulle vereenselwig, dan is hulle bereid om met jou sake te doen. Hulle dra ՚n mens op die hande en bied die beste wat hulle het – ՚n mens kan nie vir meer vra nie.

“Ek en Liza herinner onsself gereeld aan wat Hendrik Schoeman in 1983 vir die parlement gevra het toe daar oor die kos op SAL gekla is: ‘Wil julle vreet of wil julle vlieg?’ Ons vra onsself af: Wil ons sake doen of wil ons vakansie hou?’” onder alle soorte omstandighede al feitlik ՚n leefwyse geword.

“Dit klink vreeslik glansryk om die wêreld vol te reis en mense te ontmoet. Maar dit is beslis nie maanskyn en rose nie, al besoek ons plekke wat die gewone toeris nooit sien nie. Dit verg deursettingsvermoë, want jy moet die omstandighede aanvaar wat die klant jou bied. Jy moet saam met hulle eet en in hulle huise slaap, eerder as om by ՚n hotel in te boek. In Ghana het ons in ՚n

Gewasbeskerming produkte en vloeibare kunsmis is slegs doeltreffend wanneer dit behoorlik toegedien word.

1. Maak seker dat jy die regte spuitpunt vir jou toediening kies.

2. Vervang verweerde spuitpunte.

3. Inspekteer jou spuit en kalibreer jou spuitpunte om behoorlike toediening te verseker.

Die

Sukkel jy om jou bale op 'n wa te laai? Baal penne vir Forklift Baal penne R 4750 btw ing

Forklift R 45 000 btw ing

Totaal = R 49 750 btw ing

Draadspan hoef nie moeite te wees nie, jy kan met hierdie masjien 4 rolle draad gelyktydig afrol haar kar stukkend ry op jou slegte pad.

Te huur R 1220.00 per dag btw ing

This article is from: