6 minute read
Wees Wes-Kaap se wynbedryf genadig, pleit minister
from ProAgri SA 277
by ProAgri
deur Tisha Steyn
Meer as die helfte van landbouuitvoere kom uit die Wes-Kaap. Asof die droogte van etlike jare wat op plekke steeds voortduur nie genoeg was om boere se moed te breek nie, maak beurtkrag dit feitlik onmoontlik om suksesvol te boer.
Advertisement
Dr Ivan Meyer, Wes-Kaap se minister van Landbou, pleit by Thoko Didiza, die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, om namens die provinsie by Enoch Godongwana, die minister van Finansies, in te tree om die wynbedryf in die provinsie genadig te wees.
Feitlik al die boere in die provinsie leun swaar op Eskom-krag om produksie aan die gang te hou, en wynboere, wat tans besig is om tafel- en wyndruiwe te pluk, kan ernstige verliese ervaar weens beurtkrag.
Hy meen as wynboere nog meer belasting moet betaal, kan dit die einde vir sommige wynboere beteken.
Dr Meyer sê in ՚n mediaverklaring dat die provinsie se ekonomie en uitvoere in 2021 sowat R51,8-miljard beloop het, wat ՚n aanduiding gee van die waarde van landbou vir die provinsie en die staat se koffers.
Wyn is die derde belangrikste uitvoerproduk van die Wes-Kaap, waarvan uitvoere sowat 6,5% beloop. Volgens die departement is tans 45 610 mense betrokke by die primêre produksie en altesaam 228 053 mense is afhanklik daarvan vir hulle voortbestaan.
“Ek wil probeer vermy dat aksynsbelasting op wynverkope en -uitvoere die wynbedryf kelder,” se dr Meyer.
Twee-derdes van die provinsie se landbouprodukte word uitgevoer en selfs tydens die 2017/18-droogte en die daaropvolgende Covid-19-pandemie, het landbou steeds gegroei en uitvoere toegeneem.
“Dit is mos ՚n bewys daarvan dat die landbousektor weet wat hy doen en dat dit internasionaal mededingend is."
“Die ikoniese aard van die wynbedryf berus op die noue band met die toerismebedryf en het des te meer ՚n spesiale benadering nodig, meen hy. Daarom het die wynbedryf spesiale aandag nodig.”
Die gemiddelde wynplaas het drie hoofstrome van inkomste, naamlik verkope van wyn, restaurante of proelokale en verwante toerisme- bedrywighede wat veral oorsese besoekers na wynplase lok.
Al drie inkomstestrome is deur Covid-19 benadeel, want al kon boerderybedrywighede voortgaan, het ՚n verbod op die uitvoer van wyn nie net die wynboer se sak benadeel nie, maar die nis op internasionale markte is gulsig deur mededingers van elders opgeraap.
Die wynbedryf is nog besig om van een van die ergste droogtes in die geskiedenis te herstel: tydens 2017/8 moes wingerdboere in sommige streke soos die Olifantsriviervallei tevrede wees met slegs 16% van hulle normale besproeiingskwota. En toe oorstroom die Olifants sy walle en bedreig ՚n oorvloed water die wyn- en rosyntjieboere opnuut.
Faktore soos die droogte, hoë insetkoste en stygende minimumloonvereistes, het die wynbedryf se winsgewendheid die afgelope paar jaar dramaties laat afneem. Volgens amptelike statistiek was die netto plaasinkomste van 80% van die boere minder as R30 000 per hektaar in 2018 – en dit is die minimumperk vir volhoubaarheid in die bedryf.
Beurtkrag lê soos ՚n donker wolk oor die bedryf wat nou tydens die oesseisoen van wyndruiwe desperaat afhanklik is van elektrisiteit om die prosesse aan die gang te hou. Dit bedreig die wynbedryf op plaaslike en internasionale vlak.
Buitensporige toename in uitvoerbelasting kan die spyker in die doodskis van talle wynplase wees, wat nie net die mededingendheid nie, maar ook die werkverskaffingsgeleenthede van dié arbeidsintensiewe bedryf die finale nekslag toedien.
“In die lig van al hierdie faktore sal ՚n genadige benadering tot uitvoerbelasting die provinsie se ekonomie en werksgeleenthede tot almal se voordeel strek,” sê hy.
Lamoorlewing is grootliks afhanklik van ՚n uitsluitlike band wat kort na geboorte tussen die ooi en lammers gevorm word. Pasgebore lammers moet die geleentheid gegun word om die eerste dag na geboorte onbeperk te suip, want dit sal die band tussen die ooi en lam versterk.
Suksesvolle binding tussen ՚n ooi en haar lam is ՚n voorvereiste vir hoë lamoorlewing wat meehelp om lamvrektes tot ՚n minimum te beperk. Die oorlewing van lammers is afhanklik van die suksesvolle interaksie van die ooi en haar lam kort na geboorte.
Die twee belangrikste aspekte wat ՚n rol speel om suksesvolle binding te bewerkstellig is:
• Bies
• Afsondering
Voldoende en tydige biesinname
Die beskikbaarheid van voldoende bies vir pasgebore lammers onmiddellik na geboorte is van deurslaggewende belang vir lamoorlewing. In ՚n ooitrop waar die meeste ooie min bies het, sal ՚n groot persentasie van die ooie eers ՚n paar uur na geboorte van hulle lammers begin om bies te produseer, wat hulle lammers se kanse om te oorleef drasties verlaag. Hierdie toestand dui op ՚n voedingsprobleem, daarom is voeding ook een van die belangrikste aspekte wat ՚n rol speel in voldoende biesproduksie.
Ongeveer 80% van die fetusgroei vind gedurende die laaste twee maande van dragtigheid plaas, wat ՚n betekenisvolle toename in die voedingsbehoeftes van die laatdragtige ooie tot gevolg het.
Plasenta-ontwikkeling en biesproduksie
Ondervoeding voor dag 100 van dragtigheid kan bies- en melkproduksie nadelig beïnvloed weens die betrokkenheid van die plasenta in melkklierontwikkeling.
Die grootte van die plasenta bepaal grootliks die grootte van die uier en gevolglik ook bies- en melkproduksie. Die plasenta produseer hormone wat noodsaaklik is vir die instandhouding van dragtigheid asook die ontwikkeling van die uier en gevolglik die hoeveelheid melk beskikbaar met lam. Hierdie hormone speel ook ՚n belangrike rol in moeders-eienskappe omdat dit verantwoordelik is vir die vorming van die band tussen die ooi en die lam, onmiddellik na lam.
Uierontwikkeling en biesproduksie het ՚n groot ooreenstemming. Ooie wat reeds met die geboorte van hulle lammers vloeibare en voldoende bies het, se lammers suip gouer na geboorte, wat die vorming van ՚n sterk band tussen ooi en lam verseker.
Belangrikheid van voldoende bies
Die tydige inname van voldoende bies binne die eerste drie tot vier uur na geboorte, is van lewensbelang vir lamoorlewing. Onvoldoende biesinname ming of hitte-uitputting en ontwatering, lae weerstand teen siektes of ooie wat hulle lammers weggooi.
Dit is belangrik dat lammers reeds na ՚n uur begin suip. Die voldoende voorsiening van bies gedurende die eerste paar uur na geboorte voorsien die lammers van energie, vog en teenliggaampies wat lewensbelangrik is vir oorlewing.
Wanneer ՚n lam begin suip, word die hormoon oksitosien deur die ooi vrygestel om die melk af te skei. Oksitosien verwek moederlike gedrag en instink wat dan die binding van die ooi se kant laat plaasvind. Die vermoë van ՚n lam om sy ma te herken, word deur die teenwoordigheid van bies in die lam se pens aangehelp.
Dit wil voorkom of die inname van biesmelk ՚n meganiese stimulering veroorsaak deurdat die maag opswel, wat waarskynlik senuwees prikkel waardeur die lam dan ՚n band met die ooi ontwikkel. Dit wil voorkom of die hittegevoel-stimuli (byvoorbeeld lek en nabyheid van die moeder) die eerste twee tot drie uur na die geboorte van die lam, tesame met genoegsame biesmelk noodsaaklik is vir ՚n voorkeurverhouding tussen ma en lam. Dit sal ՚n sterk en volledige binding bewerkstellig.
Afsondering van die ooi en haar pasgebore lam
՚n Ooi met haar pasgebore lammers moet van die res van die trop afge - sonder word om suksesvol te kan bind en daarom moet inmenging van ander ooie en/of mense voorkom word.
Lamhokke dwing hierdie afsondering af en sal dus binding en gevolglik lamoorlewing bevorder.
Ooie met meerlinge moet vir minstens ses uur naby die geboorteplek bly om skeiding van een van die tweelinglammers te verminder.
Vermy toestande of faktore wat veroorsaak dat die ooi gou na lam van haar lamplek padgee omdat dit lamvrektes in die hand werk.
Veelading en tropgrootte
Veelading en trop-grootte het ՚n besliste invloed op die oorlewing van lammers.
Die hoofoorsaak van skeiding is inmenging deur ooie wat besig is om te lam of wat pas gelam het. Hierdie inmenging raak ՚n beduidende faktor waar meer as tien ooie met meerlingfetusse en meer as agttien ooie met enkelingfetusse per hektaar gedurende lamtyd in een trop aangehou word.
Lamstelsels
Verskeie lamstelsels kan gebruik word. Dit sluit in ekstensiewe lam (in die veld), rondskuif, klein kampies, klein troppe en lamhokke.
Indien een van die eerste vier lamstelsels gebruik word, moet die bestuurspraktyke die ooie toelaat om ongestoord minstens ses uur op die geboorteplek te bly.
Lamhokke word al jare gebruik en elke boer pas dit anders toe. Dit is hoogs aan te beveel dat ooie met tweelinge en ooie wat vir die eerste keer lam, in lamhokke geplaas word. Ooie met lammers behoort vir minstens twee dae, maar verkieslik drie dae in die lamhokke gehou te word, want dit duur tussen 48 en 60 uur vir die lam en ooi om volledig te bind.
Samevatting
Die vorming van ՚n suksesvolle ooi- of lam-verbinding hang daarvan af of die lam se eerste suippogings binne die eerste ses uur na geboorte suksesvol was en of die lam gedurende hierdie tydperk voldoende bies ingeneem het.
ProAgri is dankbaar dat 'n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, sy Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het.
Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za