3 minute read
Nedbank is ՚n bank vir boere
from ProAgri SA 279
by ProAgri
deur Maryna Steyn
’nBoerdery is ’n onderneming, en ’n onderneming het kontantvloei en finansiering nodig om te groei. ’n Betroubare diensverskaffer wat verstaan wat jou boerdery behels, kan jou help om jou doelwitte te bereik. Daarom het Nedbank Kommersiële Banksake se Landbou-afdeling oor die afgelope dekade moue opgerol om die boer en sy boer-dery te verstaan.
Advertisement
"Oor die laaste tien jaar het ons ’n waardeaanbod vanuit ’n diepe begrip vir landbou ontwikkel," vertel John Hudson, hoof van Kommersiële Banksake vir Landbou by Nedbank. "Om die boer met sy finansiële behoeftes te help, is dit noodsaaklik om na al die verskeie behoeftes te kyk eerder as om ’n standaardpakkie te skep wat sommer net aan elke boer gebied word. Die wagwoord is pasgemaakte kliënteaanbiedinge."
Landboukenners skep waarde
Deur middel van gespesialiseerde aanbiedinge lewer Nedbank aan primêre en sekondêre landbou-ondernemings finansiering wat ’n verskil maak. Primêre ondernemings is boere self en sekondêre ondernemings is verder aan in die waardeketting wat die verwerking en waardetoevoeging van die boer se produk behels.
"Om pasgemaakte aanbiedinge moontlik te maak het ons ’n span landbouspesialiste saamgestel. Saam vorm hulle ’n bekwame, kundige landbouspan wat die waarde-aanbiedinge binne Nedbank rig. Dié pakkette word gebore uit ’n begrip en geesdrif vir landbou," verduidelik hy. "Ons wil werklik verstaan wat ons kliënte se behoeftes is."
Hierdie is nie net ’n stelling wat John maak nie, maar word weerspieël in die wye verskeidenheid buigsame dienste wat Nedbank aan boere lewer.
"Die aanbiedinge verskil baie wanneer jy met meer gespesialiseerde, gesofistikeerde boerderye te doen het, veral wanneer boere hulle waardetoevoegings en uitvoere self hanteer. Ons aanbiedinge is uiteenlopend, want wat vir een kliënt werk, gaan nie noodwendig vir ’n ander werk nie. Daarom moet ons landbou se uitdagings ten volle verstaan en weet waar die knelpunte is. As finan- sierder moet ons vra watter maatreëls ons in staat stel om daardie knelpunte te help oorkom. Daar is dikwels algemene kwessies wat dwarsdeur die landboubedryf sigbaar is, maar in ander gevalle is daar kwessies wat uniek is vir elke boerdery."
’n Bank wat verder as net finansies dink
Vir Nedbank is enige taak wat hulle aanpak deel van die groter soeke na volhoubaarheid. Dit sluit natuurlik aan by hulle onderliggende doel om, as ’n bank, in die beste belang van hulle kliënte en die samelewing te handel.
Van die spesifieke dienste wat Nedbank aan boere bied sluit lenings, beleggings, versekering en verskeie transaksieprodukte in.
Die standaardleningsoplossings wat die bank bied bestaan uit kort-, medium- en langtermynopsies.
• Korttermynlenings behels die beskikbaarstelling van kapitaal om bedryfskostes te dek. Dit kan deel vorm van skuldhantering om die onderneming lopend te hou totdat daar, met die volgende oessiklus, weer kontantvloei is.
• Mediumtermynlenings is deel van wat Nedbank "bategegronde finansiering" noem. Dit is die geld wat beskikbaar gestel word om bates
Gewasbeskermingsprodukte en vloeibare kunsmis is slegs doeltre end as dit behoorlik toegedien word!
StreamJet spuitpunte vir vloeibare kunsmis lei strale reguit na die wortelsone van die gewasse.
Die resultaat: Meer eweredige bedekking en verhoogte opbrengs
GRATIS!
KWALITEIT BESPUITING BEGIN MET TEEJET KWALITEIT SPUITPUNTE
• soos trekkers, bakkies of werktuie aan te skaf en om groot kostes soos kunsmisaankope te dek. Dit kan ook gebruik word om verpakkingsuitgawes te dek as jy in ’n nuwe produkontwerp belê. Die terugbetalingstyd is gewoonlik tussen twee en ses jaar. In sommige gevalle kan kliënte oor ses jaar terugbetaal, maar die standaard is gewoonlik vyf jaar. • Met langtermynlenings kan die tydperk tot 15 jaar wees. Dit is gewoonlik vir aankope van grond of die vestiging van langtermyngewasse soos vrugteboorde, en die lening word rondom die bepaalde onderneming gestruktureer.
Die dienste wat Nedbank lewer behels veel meer as net geld uitleen.
Dit is noodsaaklik vir ’n boer om enige tyd, op enige plek transaksies te kan doen sodat sy onderneming vlot kan vloei. Daarom moet hy vanuit sy kantoor op die plaas betalings kan doen, aansoeke indien of beleggings maak.
Met Nedbank se Kommersiële Banksake het die boer toegang tot ’n toegewyde bankier, of sakebestuurder soos hulle dit noem, met wie hy sy geldsake kan bespreek. Sakebestuurders word weer ondersteun deur ’n span boerderykenners, en die span sluit ’n kredietbestuurder asook ’n diensbestuurder in wat na die transaksievereistes kyk.
Nedbank bied ook ’n verskeidenheid transaksieprodukte. Dit sluit in elektroniese bankdienste met verskeie funksies en streng sekuriteit asook die Nedbank Business Hub vir uiterste gemak. "Ons bied ook ekstensiewe persoonlike welvaartaanbiedings wanneer kliënte hulle persoonlike en sakefinansies wil skei, en daar is verskeie versekeringsoplossings deur Nedbank Insurance waaruit hulle kan kies", noem John.
Om seker te maak jou sake verloop vlot, kan banktransaksies enige tyd, enige plek gedoen word.
"Om die beste diens aan kliënte te lewer maak ons ook seker dat daar eerlike gesprekke oor die risiko"s van die ondernemings is. Hierdie faktore sluit in die wisselkoers, pryswisselings en onvoorspelbare gebeure soos die Oekraïne-Rusland-oorlog. Ons vra vrae oor die boer se behoeftes en uitdagings, asook wat gedoen moet word om die nagevolge van dié struikelblokke te bestuur. Byvoorbeeld, sou daar ’n droogte wees, wil ons weet hoe dit die boerdery sal raak en wat ons en die boer te doen staan."