4 minute read

Die Overberg renosterveld: Bewaar die paradys

Pragtige, interessante verrassing om elke draai – dit is wat die Overberg se renosterveld jou bied. So sê Dirk van Papendorp, die derde geslag wat op die familieplaas, Voorstekop, en die buurplaas, Uitvlugt, in die Overbergstreek van die Wes-Kaap met graan en vee boer. Hy is van kleins af lief vir die renosterveld.

Waar is die Overberg?

Advertisement

As jy van Kaapstad se kant af koers vat met die N2 en die Hottentots-Hollandsberge met Sir Lowry’s-pas oorsteek, is jy in die Overberg. Die streek, wat tot by die Breederivier by Swellendam strek, is ook bekend as die Rûensveld vanweë die golwende heuwels met malse groen graanlande en goudgeel kanola so ver soos die oog kan sien in die winter. Ry jy in die somer hier deur, sien jy troppe skaap en bees wat in die stoppellande wei.

En hier en daar, in die leegtes waar die trekker en ploeg nie kan bykom nie, sien jy stukkies natuurlike veld. Dit is renosterveld, ՚n versamelnaam vir die unieke plante wat daar groei, soos kammetjies (freesia) en swaardlelies (gladioli) wat hier voorkom en deel van die fynbosbioom vorm.

Daar is slegs sowat vyf persent renosterveld oor – die res het voor landbou en dorpsontwikkeling geswig. “Hierdie biodiverse brandpunt is gevaarlik na aan uitwissing,” sê dr Odette Curtis-Scott, wat die Overberg Renosterveld Conservation Trust

(ORCT) ՚n dekade gelede begin het om dit wat oor is te red. En daarvoor het sy die hulp van die boere in die streek nodig. Dirk is voorsitter van die ORCT se raad.

Kleintyd al verwonderd Dirk is een van die boere wat ernstig werk maak van die bewaring van die renosterveld op sy plaas. Hy het van kleins af graag in die natuurlike renosterveld op die familieplaas rondgeloop en die verskillende plante en diere waargeneem. “Dit was altyd lekker om die mooi veldblomme te sien,” vertel hy.

Winterreëns het die strome in die klowe laat afkom en dan het sy ma, Christel, die kinders gevat om in die klowe te gaan piekniek hou. “My ma het my liefde vir die veld aangewakker. Sy het gereeld vir ons ՚n mandjie gepak en ons het in die veld gaan piekniek hou. Op ՚n droëlandplaas was dit wonderlik om na lekker reëns in die waterkuile te kon speel.”

In die winter het hy ook soms in dié veld saam met sy pa gaan tarentale en fisante jag.

Sy oupa Dirk het hoofsaaklik met koring geboer, asook bietjie gars wat vir pitvoer in die somer geplant is. Later het kanola en lupiene bygekom.

Toe sy pa, Emile, na universiteit begin boer, het hy lusern begin plant, wat tot ՚n wisselboustelsel gelei het. Omdat die grond toe ՚n baie hoër drakrag per hektaar gehad het, kon die veevertakking uitgebrei word.

Toe Dirk na universiteit by die boerdery betrokke raak, het hy en sy pa ook met vleisbeeste en angorabokke geboer, maar gevind dat die renosterveld ՚n sekere deel van die jaar nie volhoubare weiding kan lewer nie. Die angoras het die taaibosse uitgevreet en in toom gehou, maar hulle het die ander plantegroei en veral die bolplante seergemaak. “Toe ons na agt jaar die bokke tot niet maak, kon ons sien ander primêre spesies kom weer voor. Renosterveld is totaal anders as Karooveld wat geskik is vir beweiding,” sê hy.

Vandag maak graanproduksie sowat 60% van die boerdery uit, terwyl Merino’s en 300 Jersey-melkkoeie, wat intensief bedryf word, die res opmaak. “Ons boer so na as moontlik aan ՚n volhoubare stelsel en probeer sover moontlik ons eie ruvoer voorsien om koste so laag as moontlik te probeer hou,” verduidelik Dirk.

Lusern is destyds vir tot agt jaar in ՚n tipiese lang rotasiestelsel verbou en dan afgewissel met ses jaar van koring, gars of hawer. Slegs die helfte van graanlande is geplant terwyl die res om die jaar braak laat lê is.

Voorheen is die grond in die herfs met ՚n skottel-, skaar- of tandwerktuig omgewerk om suurstof in te werk en sodoende stikstof te laat mineraliseer. Ongelukkig het waardevolle mikrobes so verlore gegaan. Nadat die grond geploeg is, moes dit tot ses bewerkings onder- waar sy met satellietfoto’s stukkies oorblywende renosterveld kon uitmaak nagery om boere van die waarde daarvan bewus te maak. “Ons het dadelik gekliek en ek het besef as iemand navorsing oor dié veld doen, moet daar waarde in wees,” vertel Dirk.

՚n Deel van die Van Papendorps se boerdery op Voorstekop in die Overberg is ՚n melkery met 600 Jerseykoeie waarvan die helfte op besproeiingsgrond by Swellendam loop.

Dit het daartoe gelei dat sowat 500 ha renosterveld op Voorstekop onder die voogdyskap van CapeNature vir bewaring opsygesit en as Voorstekop Ekoreservaat geregistreer is.

“Wetenskaplikes het begin navorsing doen oor die veld se koolstofvasleggingsvermoë en die uitwerking van brand op die spesiediversiteit. Dit het oortuig dat die veld bestuur moet word om dit te beskerm,” sê Dirk.

Hy het baie uit die navorsing geleer. Een van die belangrikste faktore is dat renosterveld gereeld – so elke tien jaar — gebrand moet word. Dit bevorder spesiediversiteit en laat die bolplante, wat net soos baie van die plante se saad deur vuur gestimuleer word, vermeerder.

“Die ouer garde het destyds gereeld die veld selektief in kolle gebrand en dit dan jaarliks afgewissel sodat met veiligheid gebrand kon word. Ek dink dit is hoekom daar altyd mooi rooigras was. Vandag is baie boere bang om te brand, want ՚n weghol-veldbrand kan gaan om die onkruid te beheer, en na ՚n harde bui reën in April moes die grond weer van voor af losgemaak word.

Sedert Roundup op die mark gekom het, is die braakstelsel laat vaar. Onkruid kon nou goedkoper en doeltreffender beheer word. Die oppervlak onder gewasse is dus verdubbel en met die hulp van nuwe werktuie, tegnologie en plantmetodes het minimumbewerking gevolg. Dit het oor die afgelope 40 jaar ՚n enorme bydrae gelewer om biodiversiteit in akkerbougronde te verbeter en het dus tot meer volhoubare gewasverbouingstelsels gelei.

Besef die waarde Dirk het die volle waarde van renosterveld eers besef toe hy met Odette kennis gemaak het.

Odette het destyds ՚n klomp plase baie geld kos. As gevolg daarvan word die veld te oud en baie spesiediversiteit word ingeboet.”

Prof Sampson Chimpango van die Universiteit van Kaapstad se navorsing het onlangs die moontlikheid van sekere renosterveldspesies as stikstofbindende weiding bevestig. Hierdie navorsing mag dalk in die toekoms nuwe geleenthede ontsluit om, veral gegewe klimaatsverandering, ons huidige peulplantweidings te veredel met genetika van hierdie spesies wat op baie lae fosfaatvlakke en met baie minder reën steeds kan produseer en oorleef.

This article is from: