2 minute read
CUSTOM FULL-SYSTEM GRAIN SOLUTIONS
from ProAgri SA 279
by ProAgri
Wanneer die kanola begin blom, is die bye wat in die renosterveld voorkom dadelik daar om vir ordentlike bestuiwing te sorg.
Nog ՚n voordeel van die natuurlike renosterveldstroke is die kos wat dit in die somermaande vir bestuiwers van die graangewasse bied wanneer daar niks buiten stoppels op die landerye is nie. “As die eerste kanola begin blom, is die bye onmiddellik daar en dit het ՚n groot invloed op die oesopbrengs.”
Advertisement
Die Overberg met sy mooi klofies en ryke verskeidenheid renosterveldplantegroei is ook uit ՚n toerismehoek waardevol en kan gewis meer ontgin word.
“Elke boer weet van ՚n besondere plekkie onder ՚n melkhoutboom aan die rand van die renosterveld waar toeriste kan uitkamp. Luukse verblyf kan byvoorbeeld in ՚n ou arbeidershuisie ingerig word. Wandelpaadjies en fietsryroetes deur die veld sal die ervaring nog meer spesiaal maak. Mense wat die natuur opsoek is sensitief vir die waarde daarvan en sal nie die veld verniel of vernietig nie.”
Formele bewaringsplan
Dirk meen boere kan die renosterveld beter beskerm ter wille van die bewaring van diversiteit. “Ons kyk die natuurlike plantegroei soms mis. Ons wil koring, gars en kanola plant, soek na spesiediversiteit met dekgewasse maar die diversiteit lê ook opgesluit in die veldstroke, klowe en koppies net langsaan om diversiteit te bevorder. Dit moet net reg bestuur word en hiervoor bied Odette se span riglyne waarby hy nougeset hou.
Hy meen boere is onnodig bang om
Lusernsaad word saam met die kanolasaad geplant en groei saam. As die kanola geoes word, is die lusern daar en het die boer peulplantweiding vir die volgende vier tot ses jaar.
՚n stuk van hulle grond in ՚n voogdyskapprogram van CapeNature te laat opteken. Die Overberg Renosterveld Conservation Trust (ORCT) het ՚n nuwe benadering, bekend as ՚n ‘conservation easement’ – in Afrikaans bewaringsverligting – waar ՚n boer deel van sy grond kan bewaar sonder om daarvan afstand te doen. Die regte bly die boer s’n, maar ՚n bindende ooreenkoms met ՚n bewaringsinstansie word op sy titelakte aangebring.
Die grond mag nie bewerk of ontwikkel word nie, maar bly in private besit en kan steeds tot die eienaar se geldelike voordeel benut word, soos deur toerisme.
Die staat kan nie die grond vat nie en dit hoef ook nie vir die publiek toe - ganklik te wees nie. Sodoende bly die natuurlike, bewarenswaardige bates op jou eiendom vir jou kinders behoue.
Dirk van Papendorp was van kleins af lief daarvoor om tussen die natuurlike renosterveld se pragtige blomme rond te loop.
“As boere eers sien wat in renosterveld aangaan en meer daaroor uitvind, sal hulle agterkom dat hulle iets het wat hulle vir hulle kinders moet bewaar,” sê Dirk.
Kontak Dirk van Papendorp by 082-924-8715 of dirkvp@ hilbert.co.za.
Kontak dr Odette Curtis by 083-551-3341 of besoek die web-tuiste by Overberg Renosterveld Conservation Trust: https://overbergrenosterveld.org.za/what-we-do/ Bronverwysings
National Conservation Easement Database (2023) NCED https://www.conservationeasement.us/what-is-a-conservation-easement/
Overberg. Wikipedia https:// af.wikipedia.org/wiki/Overberg
Prof Samson Chimphango. Biological Sciences, University of Cape Town https://science.uct. ac.za/department-biologicalsciences/staff-academic-staff/ prof-samson-chimphango
John Deere Financial bied