5 minute read

Agritoerisme is veel meer as net ՚n plaaskuier

Agritoerisme is nie net ՚n boervrou wat ՚n huisie op die plaas vir toeriste beskikbaar stel ter wille van ՚n ekstra inkomste nie. Dit is veel meer.

Jacqui Taylor, wat toerisme in landelike gebiede bevorder, vertel meer van die konsep.

Advertisement

Jacqui het op ՚n plaas met appel- en peerboorde en plaasdiere soos beeste en varke grootgeword. “Ek het altyd geweet dorps- en stadsmense hou daarvan om op ՚n plaas te kuier, want daar was gedurig vriende van my ouers en selfs my skoolmaats wat nie ՚n kans laat verbygaan het om te kom kuier nie.”

Toe sy begin navorsing doen, het sy inligting oor agritoerisme in Italië gekry. “Daar het agritoerisme ՚n ander doelwit gehad, naamlik om landelike verval en veral verbrokkeling van ou geboue te voorkom. Dit het die platteland gered deur die skoonheid van die omgewing te bewaar.”

Meer ՚n reis as ՚n bestemming

Jackie het in 2016 Rural Tourism Africa geskep met die doel om volhoubare landelike ontwikkeling in Suid-Afrika en elders op die kontinent teweeg te bring.

“Dit gaan nie net oor ՚n bestemming nie, maar meer oor ՚n roete met verskillende interessante besoekpunte en aktiwiteite, wat ook ՚n besoek aan en verblyf op ՚n plaas kan insluit. Dit gee plaaslike en buitelandse besoekers die geleentheid om meer te leer oor die omgewing en die inwoners en hoe hulle leef.”

՚n Plaaslike gemeenskap, sakeondernemings en boere in die omgewing kan saamwerk om so ՚n interessante roete te skep wat toeriste sal lok.

Die deelnemers skep ՚n bykomende

By

deur Tisha Steyn

inkomste vir almal wat betrokke is. Dit is ՚n manier om infrastruktuur en werk te skep wat help om mense op die platteland te hou. Wanneer ՚n gemeenskap saamwerk om iets standhoudend te skep, maak dit hulle opnuut trots op hulle landelike tradisies, wat help dat die landskap behoue bly. Suid-Afrika is, soos die res van Afrika, hoofsaaklik ՚n landbou-kontinent en landboutoerisme kan bydra tot voedselsekerheid.

“Die ideale agritoerismeroete sluit iets in wat elke lid van die gesin vermaak: Pa wil dalk gaan fietsry, Ma wil tradisionele plaaskos en die voorbereiding daarvan ervaar, terwyl die kinders wil sien hoe hanslammers gevoer, koeie gemelk en skape geskeer word.

Volgens Jacqui is dit belangrik dat besoekers terugkeer en vir ander van hulle wonderlike ervaring vertel. “Dit bespaar nogal op bemarkingskoste!”

Die Uakii Wilderniskamp by Gobabis in Namibië bied interessante veldervarings aan, waaruit die plaaslike gemeenskap ՚n inkomste verdien.

Boere is die superhelde van agritoerisme en kan die leiding neem met die ontwikkeling van ՚n roete.

՚n Groeiende bedryf Agritoerisme het aansienlik gegroei sedert 2016. In ՚n stadium was daar bykans 100 ondernemings gelys, maar sy het dit verminder tot omtrent die helfte.

“Ek wil hê meer mense uit verskillende omstandighede moet betrokke wees en die gemeenskappe moet daarby baat vind. Dit is nie net vir ryk grondeienaars nie ...”

Die gewildheid van agritoerisme kan grotendeels toegeskryf word aan Jacqui se geesdrif. “Dit is nie ՚n maklike taak nie, maar dit is makliker as ՚n mens passievol is!”

Sy werk met landbouinstellings en spreek konferensies toe, veral om die wanopvatting dat agritoerisme net verblyf op ՚n plaas beteken, te besweer.

Ouers besoek graag die platteland, soos hier op Flintbeck Farm, waar hulle kinders die natuur eerstehands kan

“Ek wil hê mense moet die groter prentjie sien!”

Met haar praatjies en joernaalinskrywings bring sy die boodskap tuis dat dit gaan oor landelike ontwikkeling, die bemagtiging van vroue en voedselsekerheid. “Dit is vroue wat die kinders grootmaak en wat desperaat is vir ՚n aanvullende inkomste, hetsy om kos te koop, die kinders op skool te hou, of selfs te spaar sodat hulle eendag universiteit toe kan gaan. Werkskepping skep ook ՚n teenvoeter vir misdaad.”

Sy meen dit hoef nie duur te wees om met so ՚n onderneming te begin nie. “Ek wil graag hê boere en die plaaslike gemeenskap moet saamwerk om so ՚n roete te skep. Hulle moet hande vat met sakelui, toerisme- instansies en die regering. Deur saam te werk kan hulle ՚n lewensvatbare netwerk van deelnemers skep.”

Roetes en projekte

Jacqui tree op as konsultant om gemeenskappe te help om hier en in Afrikalande gemeenskapsgedrewe projekte aan die gang te sit.

Die Elgin Agritoerismeroete by Grabouw is seker die beste voorbeeld van hoe ՚n gemeenskap iets vir elke lid van die gesin kan bied. Die gebied is bekend vir natuurskoon, vrugteboorde, wynplase en selfs die Kogelbergbiosfeer met sy groot verskeidenheid fynbos wat ՚n UNESCO erfenisgebied is. Daar is ook die Hottentots-Holland Natuurreservaat om te verken.

Die omgewing bied naas besoeke aan wynplase, restaurante en blyplekke ook talle buitemuurse aktiwiteite om van te kies, van fietsry tot staproetes, piekniekplekke en speelplek vir woelige kinders.

Jacqui is ook ՚n voorstander van projekte wat internasionale vrywilligers betrek, soos die Kwanda-projek wat gemeenskappe in die landelike gebiede in die omgewing van Oos-Londen in die Oos-Kaap insluit.

Die vrywilligers werk nou saam met die gemeenskapslede sodat hulle by mekaar leer, vaardighede oordra en sodoende die gemeenskappe bemagtig. “Ek glo die vrywilligers gaan na deelname aan die projek huis toe met ՚n nuwe waardering van wat die daaglikse lewe in die gemeenskappe behels en met ՚n visie om ՚n verskil te maak.”

Uakii Wildernis-safari’s in die Omaheke-gebied by Gobabis in Namibië is een so ՚n projek wat ՚n reeks unieke kultuurervarings en gemeenskapsgebaseerde toere insluit. Die projek het in 2004 onder leiding van Peter-Hain Kazapua tot stand gekom.

TakuNutepfa het die Lanyula Sustainable Village naby die dorpie Lubabwe in die omgewing van die Victoria-waterval en Hwange-natuurreservaat in Zimbabwe geskep. Die armoede van die gemeenskap te midde van twee van die belangrikste toerismegebiede in die omgewing het haar laat besluit om ՚n inkomste vir haar eie gemeenskap te skep. Buiten roetes waarlangs die omgewing en die leefwyse van die mense verken kan word, is daar talle aktiwiteite in die natuur waaraan ՚n mens kan deelneem.

Opleiding

Naas Jacqui se insiggewende joernaalinskrywings wat terselfdertyd ook die verskillende roetes en projekte bekendstel en bemark, bied sy ook kursusse aan in die beplanning en bemarking van agritoerisme-roetes, die ontwikkeling van die produk om aan internasionale standaarde en vereistes vir veiligheidte voldoen, en bemarking, naamlik hoe om pakkette saam te stel,

BLOCKS, CRANKSHAFTS,

HEADS, CAMSHAFTS, HOUSINGS, TURBOS, 8PK BELTS, FILTERS, & MORE.

25 Years Cummins Experience

hoeveel om op bemarking te bestee, en watter tipe bemarking suksesvol is.

Hoe word ՚n mens deel daarvan?

Registreer op die webtuiste https:// www.agritourismafrica.com/ waar inligting oor die registrasieproses, koste daaraan verbonde, akkreditasievereistes en die voordele wat gebied word, uiteengesit word.

Winsgewende skaapboerdery deel 19:

Lamoorlewing is afhanklik van ‘n eksklusiewe band tussen ooi en lammers wat kort na geboorte vorm. (Bron: freepik deur wirestock) die geboorteplek deurbring. Hierdie tydperk is van minder belang by ooie met enkelinge, maar dit is deurslaggewend vir die oorlewing van tweelinge. Die skeiding neem toe soos die tydperk wat op die geboorteplek bestee word, afneem. Ooie wat onderskeidelik minder as 1 uur, 1 tot 2 uur, 2 tot 3 uur, 3 tot 4 uur en meer as 4 uur op die geboorteplek gebly het, is in ongeveer 75%, 62%, 38%, 15% en 5% van die gevalle permanent van een of albei lammers geskei. Ooie met meerlinge moet vir minstens ses uur naby die geboorteplek bly om skeiding van een van die tweeling te verminder. Gevolg-lik kan tot 40 tot 50% van tweelinge binne die eerste 48 uur na geboorte van hulle moeders geskei word omdat hulle haar nie volg as sy wegstap nie.

Die gebruik van lamhokke kan ՚n baie belangrike bydrae lewer om suksesvolle binding tussen die ooi en haar lammers te verseker, waardeur lamvrektes tot minder as 5% verminder kan word.

This article is from: