Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
Christmas Buffet R109 50 /Adult R30 00 under 10
since
Book in advance Adults –
3 R49.95 Children – u/10 R20.00 nounder charge
Sunday Lunch Full Buffet Adults –
3 R49.95 Children – u/10 R20.00 nounder charge
Pizza Special (Only Monday-Saturday)- Medium
Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika DONDERDAG 10 DESEMBER 2015
under 3 no charge
Wednesday Dinner Buffet
The Goldfields' Choice
TEL (057) 357 1304
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT Accommodation DAGBREEK WELKOM
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
R39.95
X1QWTE69-VI101215
GRATIS
Vrou 3 dae sonder sorg Verpleegpersoneel sê glo breuke is slegs kneusings Alet van der Walt MET haar ribbes wat in haar longe gesteek het, het Marie Slabbert (60) byna drie dae lank onversorg in Odendaalsrus se Thusanong-hospitaal gelê. Marie se dogter, Jenny Pieterse, het aan Vista gesê haar ma het Maandagmiddag (07/12) begin om asemnood te ondervind. Die gesin se smekinge dat dokters na haar moet omsien, het op dowe ore geval. Verpleegpersoneel het volgehou Marie is net gekneus en makeer niks nie. Jenny se ouers, Marie en Ruben, en nog naby-familie, was van Rustenburg op pad na die Wes-Kaap vir ’n vakansie toe hulle Saterdag baie vroeg buite Odendaalsrus in ’n ongeluk was. Nie net het hulle ure langs die pad om hulp gewag nie die erg beseerde Marie het byna drie volle dae sonder enige behandeling met ’n gebreekte femur (bobeen) in die plaaslike Thusanong-hospitaal gelê. Marie se man, Ruben (62), het Maandagoggend met Vista se besoek aan die hospitaal gesê sy vrou ontvang geen behandeling of sorg nie. Sy het soveel pyn dat sy glad nie self met Vista kon praat nie. Geen aarvoeding, pynstillers of roetineondersoeke is ná die ongeluk gedoen nie. Niemand het ooit Marie se bloeddruk gemeet nie en die gesin het self pakkies elektroliete gekoop want Marie was weens die erge hitte so ontwater dat haar lippe begin bars het. Ruben het self ’n handvol glasstukke uit Marie se rug verwyder. Dinsdag het Jenny aan Vista gesê haar ma het Maandagmiddag baie verswak en begin kla dat sy sukkel om asem te haal. Hulle het ingegryp en aangehou baklei en smeek tot hulle ’n ambulans kon kry om haar ma na die Mediclinic Welkom te neem. Hier het x-straalfoto’s bevestig dat Marie vier ribbes gebreek het. Twee ribbes is op meer as een plek gebreek en van die ribbes het in Marie se longe ingesteek. Personeel by die Mediclinic Welkom het ook nog glasstukke uit Marie se sy gehaal. Volgens Jenny het ’n mediese dokter by die Mediclinic aan haar gesê haar ma moes uit die staanspoor in die waakeenheid opgeneem gewees het.
MARIE SLABBERT het soveel pyn nadat sy haar been in ’n motorongeluk gebreek het dat sy nie self met Vista kon gesels nie. INLAS: Haar familie het eiehandig dié hoop glasstukke uit haar rug verwyder. Sy het toe reeds twee dae sonder enige behoorlike mediese hulp in die Thusanong-hospitaal gelê. Foto’s: Alet van der Walt Haar been is ook baie hoog, naby die heup, gebreek. Personeel by die Thusanong-hospitaal het glo nooit gesien Marie se ribbes is gebreek nie. Die dokter by die Mediclinic Welkom het gereël dat Marie in die Bongani-hospitaal opgeneem en gestabiliseer word. Daar is sy onmiddellik aan ’n dreineringspyp gekoppel om die vog uit haar longe te dreineer.
Tel: 057 396 5695 Tel: 057 388 1269
Die gesin wag nou dat Marie per ambulans na Bloemfontein vervoer word. Sy sal na verwagting in die Universitashospitaal opgeneem word waar haar been geopereer moet word. Die provinsiale gesondheidsdepartement het teen druktyd nog nie kommentaar oor die voorval gelewer nie. Ruben het aan Vista gesê die ondersteuning wat hulle van Odendaalsrus se mense gekry het, sal hom altyd bybly.
Like Vista op Facebook en gesels saam oor aktuele sake.
Golden Orange & Manny's 179 Power Road Tel: 057 396 5695
Strip Centre, Bok Street, Next to Post Ofce Tel: 061 739 2838
Valid From 10 December until 22 December 2015.
SEE PAGE 11 FOR MORE AMAZING SPECIALS!!!
X1QWTHW1-VI101215
X1QVU3Q5-VI031215