OaseNuus 19 Januarie 2020

Page 1

Baie welkom in die huis van die Here vanoggend!

”Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.” Habakuk 2:14 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik in ons gemeente..

babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word Ouers met

daarheen herlei.

Kleuters en laerskoolkinders is vanoggend deel van die erediens, vertrou dat hulle tuis sal wees en die nabyheid van Jesus sal ervaar.

Gasvryheid is ʼn waarde van ons gemeente. Vertrou dat die warmte en vriendelikheid van medegelowiges jou omring het vanoggend. Kom kuier en

#stadopdieberg

Sien jou daar!

NG Gemeente Witrivier

deur Stephanie Botes

16:30 Tiener Registrasie 17:00 Erediens & vertoning ʼn Vrolike jaar wink, almal is welkom!

Vertoning

Stad op die Berg erediens

aangebied

geniet koffie hierna by die KoffieOase.

Sondag 19 Januarie 2020


Skakel in en raak betrokke by die gemeenteaktiwiteite. Sondag 19 Januarie

Vrydag 24 Januarie

10:15 16:30 17:00 18:00 18:00

Omgeeleiersopleieding Konsistorie 06:00 Besigheidspersone Bid Bovertrek Tiener-registrasie Grasperk Maandag 27 Januarie Stad op die Berg-erediens Ouditorium 18:00 GriefShare Gebedskamer Tienergroepe Gemeentesentrum Omgeegroepe kuier Saal Dinsdag 28 Januarie 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie Maandag 20 Januarie 17:00 Lofdans Ouditorium 18:00 GriefShare Gebedskamer 18:00 DivorceCare Gebedskamer

Dinsdag 21 Januarie

08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Karnavalvergadering

Woensdag 29 Januarie

Konsistorie 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek Ouditorium Bovertrek Donderdag 30 Januarie 18:00 Bedieningsvreugde Bovertrek Woensdag 22 Januarie 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek Vrydag 31 Januarie 06:00 Besigheidspersone Bid Bovertrek

DIE DRIE-ENIGE EK deur Stephanie Botes Wanneer Sofia die stofslepery van haar lewe in oënskou neem, haar lewensdrome en -ideale een-een in die stofpad sien lê, bekruip bitterheid, neerslagtigheid en `n hopeloosheid haar. As haar enigste, sogenaamd getroue vriend ook nie langer sy kleivoete kan verdoesel nie, bevraagteken sy ernstig die doel van die lewe. “Het God dan die mens gemaak om gebore te word, groot te word, te swoeg om dan net te vrek? Daar moet tog meer aan die lewe wees!” `n Onverwagse besoeker bring klarigheid en Sofia se lewe word totaal omgekeer wanneer sy met haarself gekonfronteer word. Moenie hierdie een vrou vertoning misloop nie, Sondag 19 Januarie om 17:00 in Ouditorium.

Omgeegroepe kuier... Omgee vir mekaar en saam kuier is ‘n waarde van ons gemeente, daarom skop ons VANAAND af met ‘n lekker kuier in die saal na afloop van die Stad op die Berg-erediens en vertoning. Alle Omgeegroepe word genooi vir hierdie spesiale kuier. Moenie dit misloop nie.

Almal welkom!

Besigheidspersone bid saam

NG Gemeente Witrivier

Sondag 19 Januarie 2020


Witrivier Karnaval

Vrydag 3 April & Saterdag 4 April 07:00 - 12:00

14:00 - 21:00

Hierdie is ‘n fees der feeste, teken nou die datum aan en kom kuier, eet en ondersteun ons gemeente. Nooi nou reeds jou vriende van heinde en verre vir ‘n naweek se pret! Droom solank saam met die span, hul vergader weer Dinsdagaand om 18:00, as jy wil betrokke raak en ʼn stalletjie se “champion” wil wees, skakel gerus in.

Wat kan ons verwag van die Karnaval??

Pretpark

Vleisstalletjie André 082 459 5449

qJagters wat nou reeds gaan aanlê vir ʼn bok, ons sal met graagte die vleis oorneem en verwerking doen vir die karnaval.

qKen jy iemand met ʼn jagplaas wat ʼn bok sal skenk wat ons kan uitloot?

Veiling

Wat kruip hieragter weg? Ons vertel later meer oor wat jy kan verwag by die pretpark...

Nog ʼn nuwe toevoeging...

Bring nou reeds bruikbare items in ʼn goeie toestand vir oom Thinus by die kantoor.

Springkastele en hindernisbaan gaan daar ook wees. Asook baaaaaaaaaie eetgoed om van te kies en te keur! As jy ʼn smulpaap is, is ʼn besoek aan die Karnaval ʼn móét!

Kampe, daar is ʼn verskeidenheid kampe wat aangebied word... Kinderkamp Gr 1-6 Gesinskamp Mannekamp Gemeentekamp te Badplaas & Berg en dal & Pretoriuskop & Sabie River Kamp Hou OaseNuus en Kalender dop vir inligting! NG Gemeente Witrivier

Sondag 19 Januarie 2020


Gebedsfokus d

d

d

G

d

d

d

G

Marinda Olivier, wat laas week met Chemoterapie behandeling begin het. Ons dank die Here dat Marinda t.s.v. die moegheid en ander newe-effekte saam met ons Sondag in die kerk kon wees, en ook haar Ma kon besoek in die week en selfs die kleinkinders kon vat vir ʼn melkskommel die dag voor die skool begin het. Ons dien ʼn getroue God en Marinda beleef dit in detail, ons bid dat die hele proses ʼn getuienis sal wees van ʼn Genesende God van detail. Ons bid ook vir Pierre, wat haar in die proses ondersteun. Layyah Loock (13 jaar), sy woon in Nelspruit en het Lymphoom kanker. Ons bid vir Layyah vir wonderbaarlike genesing, ook vir haar Mamma: Diana in hierdie vreeslike moeilike tyd van besluite neem en ondersteuning gee, mag sy voel hoe die Here haar lei en dra. Ons bid vir Eugene: “Liewe Here, ons dra Eugene aan U op, help hom asseblief. U weet dat hy baie siek is, gee hom asseblief U krag om op te staan. Amen”. “Dankie Heer vir al die seën wat ons ontvang. Dankie dat ons 2020 in U hande kan plaas en kan weet dat U reeds die pad vir ons voorberei het. Amen.” Ek bid vir ʼn vriendin se ouers en geliefdes, wat hul dogter aan die dood afgestaan het, mag God hulle troos en styf vashou in hierdie hartseer tyd. Ons dra vir Suanne & Fanie de Kock asook al hul geliefdes in gebed na die skielike afsterwe van een van hul 4 maande oue tweeling (Lejah), ons bid vir troos en krag om aan te gaan ter wille van mekaar en klein Elanie. Mag die Here hulle elkeen styf vashou. Stephanie van Rensburg, wat weer ʼn operasie aan die begin van die jaar ondergaan het, ons bid vir herstel van haar liggaam waar sy reeds baie lank seer het na die motorfiets ongeluk, maar sy is moedig en positief want haar anker is haar Skepper en sy getuig voortdurend daarvan. Ons dank die Here vir die wonderbaarlike reën wat reeds in Australië geval het om die vure te blus maar bid steeds vir elke vuur wat woed en veral vir die mense wat dit moet bestry en die wat swaar kry a.g.v. hierdie vure en hoe dit hul en hul geliefdes (ook geliefde diere) se lewens geaffekteer het. Ons dank

NG Gemeente Witrivier

Sondag 19 Januarie 2020


d

d

G

G

G

d

d

d

G

die Vader vir die hulp en oop harte en hande wat mense regoor die wêreld teenoor Australië bewys. Mag God hierin al die eer kry. Albert Brugman se Pa, waar hy ʼn groot operasie ondergaan het met baie hoë risiko, dat hy duidelik God se leiding, wat hy soek, sal beleef en Sy vrede sal hê. Roelien Saunders en Lizet Victor se Ma nadat sy ʼn hartaanval gehad het, ons bid vir berusting maar ook vir hul en die res van die familie wat moeilike besluite moet maak oor moontlike verdere operasies, mag die Here hier lei en wysheid gee. Ons dank die Vader saam met Gail en haar geliefdes dat die toetse negatief is vir kanker! “Dankie Heer, vir die heerlike reën laas week, ons weet dat ons damme nog baie kort maar ons weet ook dat U dit weet en ons kom staan in geloof en vra vir U hemelse, oorvloedige seën. Amen”. Ons bid vir die skole wat weer hierdie week begin het. Dankie vir die voorreg om te kan leer, om geleer te kan word en om deel te kan wees van die proses as Ouers en Onderwysers. Ons bid vir elke kind en student, vir krag en oop harte en gedagtes, dat die Here hulle sal lus maak om te leer en dat hulle Hom daarin sal sien en verheerlik. Ons bid vir die Ouers en Onderwysers en Bestuursrade: vir die nuwe roetines en verantwoordelikhede, mag die Here ons krag gee en mag Hy verheerlik word in die werk wat ons vir Hom kan doen in elke detail. “Here, seën ons kinders se 2020. Amen!” Ettienne Kretzschmar, wat Woensdag ʼn knievervanging operasie in Pretoria ondergaan het. Ons gebed is dat die operasie ʼn sukses was en dat Ettienne spoedig en volkome sal herstel. Mag die Here hom geduld gee in die hersteltyd en hom beskerm van infeksie en verdere beserings. Ons bid vir Wouter Serfontein, wat sy rug sleg beseer het, mag die Here hom aanraak en genees. Ons bid vir Jan Bodenstein se broer - Cois, ʼn sendingpredikant in Bronkhorstspruit. Hy word gekonfronteer met groot besluite oor ʼn drastiese en sensitiewe operasie of alternatiewe behandeling. Mag die Here tog vir Cois en sy geliefdes duidelike leiding gee en ook Sy vrede in hierdie onseker tyd, Cois vra: “...bid asb. saam dat ek die wysheid sal hê om die regte besluit te neem...” Mariana het laat weet: “BAIE DANKIE vir al jul gebede vir Lieze. Sy was pas weer by die Spesialis, na haar noodoperasie in Desember. Hy is baie tevrede met haar herstel en sê die retina het mooi geheg. Sy mag weer perd ry (maar nog net stap). Ons dank God vir haar herstel en glo dat sy haar volle visie in die volgende

NG Gemeente Witrivier

Sondag 19 Januarie 2020


G

paar maande sal herwin.” Oom Johannes, tannie Jolena, Braam, Marinda en families se harte klop van dankbaarheid vir die ondersteuning, boodskappe, oproepe en SMS’e wat hul ontvang het tydens Hennie se afsterwe op 6 Desember. Ons waardeer elkeen se omgee.

Ons bid vir ons Sendelinge Nel’s News December 2019 Dearly Beloveds, A last look at 2019... I spent four weeks in Addis Ababa, working with the Halaba team on Exodus, and the Shinasha on Joshua. I’m always fascinated by the way God joined Old and New Testaments together with so many symbols, in order for us to understand His Word all the better. The time in Ethiopia, although successful, was physically uncomfortable due to eye infections and a bad sinusitis attack! So, please thank God with me: • For healing. • For good rapport with the teams. • For the Ethiopians and their love and care for me. • Another ET consultation in March 2020. • A possible consultation in Zambia in January 2020. I want to add this: I like my life. My gratitude towards God knows no bounds. The way is peace, but if per chance I step on a thorn, I take it out, rub the spot and move on - I do not keep walking on the thorn. I was reminded of the woman in Mark 14:8, who anointed Jesus with oil, the disciples' response and then Jesus saying "She did what she could..." That is all He wants from us, to do what we can! NG Gemeente Witrivier Sondag 19 Januarie 2020


So, my Christmas prayer for each one of us, is to do what we can, not only during Christmas, but all through 2020. God bless all of us!

Nel Claassen Werk beskikbaar / werk soek & Behuising beskikbaar / te huur

Het jy dalk ‘n werk / behuising te huur beskikbaar of soek jy werk / behuising? Hier kan jy gratis adverteer. Sodoende bring ons hulp & hoop in ons samelewing. Dame met ondervinding in Admin en Finansies soek 'n Admin Pos. In Witrivier omgewing. Rekenaarvaardig in Word, Excel, Pastel ens. Ten volle tweetalig Kontak: Janetta 076 753 4975 Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of e-pos nuus@ngwitrivier.co.za. Advertensies moet Woensdae 09:00 in wees. GEEN koop of ruil transaksies nie.

Mylpale 1 Jan. Gerhard & Lourette vd Westhuizen 32 Huwelik Tina le Cordeur 88 Verjaar 2 Jan. Bert Houy 58 Belydenis Carel Nel 52 Belydenis Elize Nel 51 Belydenis Petro Houy 48 Belydenis Elsa Cave 42 Belydenis Anna Fourie 90 Verjaar Minnie v Loggerenberg 86 Verjaar Japie Vorster 84 Verjaar Hannes Raath 71 Verjaar Ian & Estelle vd Westhuizen 39 Huwelik Charles & Antoinette Bester 32 Huwelik 3 Jan. Kobus Maritz 75 Verjaar Ben Engelbrecht 74 Verjaar Wessie vd Westhuizen 72 Verjaar 5 Jan. Kleintjie Redpath 84 Verjaar 6 Jan. Jakkie Kruger 78 Verjaar Koos Botha 57 Doop Rob & Hannatjie Douglass 52 Huwelik 7 Jan. Kotie Scholtz 82 Verjaar Hennie J.v Rensburg 76 Verjaar NG Gemeente Witrivier

Baie geluk met hierdie mylpaal! 8 Jan. Eddie & Gean Fraser 9 Jan. CP Pretorius 10 Jan. Lena vd Wath Johan & Amanda Bronkhorst 11 Jan. Dalene Maree Frik & Sorina Botha Marina Meyer 12 Jan. Rina le Clue 13 Jan. Maryna Steenberg 15 Jan. Chris Barnard Issie Barnard Joan Pienaar Rina Oosthuysen Jan Viljoen 16 Jan. Hennie & Bets J.v Rensburg 17 Jan. Heslia Schon Raymond le Clue 18 Jan. Susan Oosthuizen Retha Steenekamp 19 Jan. Dorothy Trollip Engela Bannik Hennie Botha

54 Huwelik 77 Verjaar 87 Verjaar 33 Huwelik 72 Verjaar 51 Huwelik 73 Doop 70 Verjaar 46 Doop 90 Verjaar 86 Verjaar 80 Verjaar 77 Verjaar 77 Verjaar 49 Huwelik 77 Verjaar 71 Verjaar 99 Verjaar 53 Belydenis 92 Verjaar 78 Verjaar 55 Doop

Sondag 19 Januarie 2020


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Hul kom Maandae om 18:00 bymekaar.

Navrae: Annalise 082 958 3874 Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in op Dinsdae om 18:00. Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings.

Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak.

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.

Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Rian 082 906 3343 Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder kontak hulle.

Kontak besonderhede Kerkkantoor (013) 751 1644 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

www.ngwitrivier.co.za

Like” ons bladsye: NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Witrivier Karnaval Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier

SMS/WhatsApp

079 223 8321

Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za

Oase van Jesusliefde

NG Gemeente Witrivier

Sondag 19 Januarie 2020


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.