Oase K'rant 21

Page 1

’ U I T G A W E

WAT OM TE VERWAG IN HIERDIE UITGAWE Jou woorde gee jou weg Echo Huis maak dak nat Legogote Nagmark Gemeente-ete, kry jou kaartjie Kersgeskenkpakke te koop Kersmark Wie is die tweede Adam? Gebedsfokus

Ons missie

Om as liggaam van Christus ’n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

2 1

O K T O B E R

2 0 2 1

Jou woorde gee jou weg... Woorde is die vermoë om te kommunikeer, ons doen dit net. Ons moet dink oor die woorde en die betekenis van die woorde wat ons sê. Soms moet ons dit langer in ons mond laat rond rol, ons moet dit oordink. Praat ons te veel en luister te min? Praat is iets besonders, gebruik dit met oorleg. Woorde het meer publiek geword, daar is so baie publieke platvorms. Lees die kommentaar in koerante of sosiale media. Om agter ʼn sleutelbord weg te kruip, maak sommige kritici sterk en propvol waagmoed. Want net jy weet die beste

en laat jou menings geld. Dit is goed om standpunt in te neem, maar om ons tong as ʼn tweesnydende swaard te gebruik kan jou duur te staan kom. Laat woorde toe om jou lewe in ʼn positiewe rigting in plaas van ʼn vernietigende rigting te stuur. Ons moet versigtig met ons woorde wees, ons woorde sê wie ons is, wat ons dink en dit wat in ons broei kom uit as ons praat. Salomo se wysheid in Spreuke 18:4 moet ons maatstaf wees: “Die woorde van ʼn mens kan diep waters wees, ʼn bruisende stroom, ʼn bron van wysheid.”

Slaag die tong-tippie-toets met keurige, opbouende woorde, ook as jy kritiek gee. Ons moet mekaar reghelp en verantwoordbaar wees. Ons is dit aan mekaar verskuldig. Laat toe dat jou woorde iemand van jou wegstuur in ʼn beter gemoedstoestand as toe hy in jou geselskap aangekom het. “Die oor toets woorde soos die verhemelte kos proe.” Job 34:3

Woorde deur Koos du Plessis

Goeie môre, goeie middag, goeie naand Baie dankie vir 'n wonderlike aand Veels geluk en bly te kenne, vat die hand Simpatie want ek voel saam met jou vanaand

Dis alles woorde Net leë woorde Op vals akkoorde En almal sing dit, almal sing ja, almal sing dit saam Alle sterkte en onthou daar's krag na kruis

Kom weer kuier en sê groete by die huis Ons hou almal duim vas, kom tog veilig tuis Doen jou plig en eendag sal jy almal wys Dis alles woorde Net leë woorde Op vals akkoorde En almal sing dit, almal sing ja, almal sing dit saam Vaarwel Net leë woorde Op vals akkoorde Vaarwel


BLADSY

2

’n Najaar propvol geleenthede Wat bring die laaste weke van die jaar soos dit nou uitloop… Oktober die mooiste, mooiste maand het ons vanjaar verras met ysige dae, maar is ook meer getooi in groen en die laaste tyd word ons bederf met ʼn pers kombers soos die jakarandablommetjies wat gul aan die bome hang en dan grond toe sweef. Hierdie maand word afgesluit met die opening van die Echo Huis in Witrivier! Dit vorm deel van die Echo Jeugontwikkeling van ds. Jaco Strydom en ons is bevoorreg om Jaco volgende naweek in Witrivier te verwelkom by die amptelike opening van die huis. Die span wat hierdie huis bestuur stap ʼn nou pad saam met Jaco, hul word toegerus en gemotiveer vir die taak wat voorlê. Ons is saam opgewonde oor hierdie nuwe geleentheid! Bring ʼn bordjie eetgoed en kom kuier saam. Volgende Sondag sal Jaco ook die erediens waarneem, dus sal daar net ʼn regsteekse uitsending van die erediens wees om 09:00 vanuit die ouditorium. November skop af met die laaste Nagmark vir hierdie jaar. Dit is ʼn kos- en kunsmark wat kreun onder kreatiwiteit by die stalletjies en die geure van pannekoek, braaivleis en koffie. Moenie dit misloop nie, die gemeentesentrum gaan weereens ʼn miernes van bedrywighede wees. Straatkuns is hierdie maand ʼn nuwe geleentheid om jou talente te kom weergee op die stukkie wat vir jou uitgemerk word. Bring jou bordkryt en kom teken

OASE

K’RANT

van stokmannetjies tot skilderkuns. Daar is ʼn prys in elke kategorie – kleuter-, laer-, hoërskool en volwassenes. Kom deel in die pret en geniet die aand saam met ons. Die eerste naweek in November is sowaar vol gepak! Sondagoggend om 12:00 word die lekkerte van kuier voortgesit as ons saam aansit tydens die gemeente-ete. Kry jou kaartjie vooraf by die kantoor, ons skuif graag jou stoel reg. Bring jou eie eetgerei en drinkgoed, die Vrouebediening berei graag jou porsie voor. Ook bring November die geleentheid om weer iemand te bederf met ʼn Kersgeskenkpak. Die boks vol bederf @R250 sluit onder andere in blikkieskos; rys, mieliemeel, meelblom, olie, soja, sout, soppoeier, geurmiddel, suiker, tee, jellie, koeldrank en ʼn snoepbederfie. Bestel en betaal gerus joune of kom koop by die kantoor van middel November af. Hierdie is ʼn jaarlikse fondsinsameling van die Kosen Klerekas waarmee die gemeenskap die Koskas bederf met hulle ondersteuning. Terwyl die glans en glorie van Kerstyd in die lug is, is dit ook weer ons gemeente se jaarlikse Kersmark. Knoop die datums styf vas tussen die bladsye van jou dagboek, want van 1 tot 4 Desember kan jy jou jaarlikse Kersgeskenkaankope alles onder een dak kom doen. Maak nou reeds jou lysie en sit ʼn paar sente weg om daardie spesiale persone in jou lewe te bederf. Tussen al hierdie vrolikheid is daar ook tydens November ʼn span van die kerkraad besig om deur aansoeke en CV’s te werk, onderhoude te voer en te soek na ʼn nuwe leraar vir ons gemeente. Ons as gemeente bly biddend afhanklik van God vir die persoon wat hy in gedagte het om in Witrivier te kom woel en werk. U wil Here, nie ons wil nie.


UITGAWE

21

BLADSY

Wie is die tweede Adam?

Gebedsfokus g Ons bid vir Oom Mervyn van Wyk wat die week in die hospitaal opgeneem is vir toetse, vir wysheid vir die Medici asook rustigheid in sy gemoed. Ons vou ook sy gesin toe in gebed.

g Ons is dankbaar saam met Selanna Biggs en haar geliefdes nadat sy in die week by ʼn beenspesialis was vir

g g

g g g g g g

ʼn tweede opinie. Die nuwe x-strale wys duidelike beengroei op die plek waar daar laas niks was nie. Dis ʼn wonderwerk en hulle is so dankbaar teenoor die Here en sê dankie vir almal se gebede. Die spesialis was ook baie beïndruk met ons Laeveld Ortopeed se “nood” chirurgie op haar slegte beenbreuk na haar motorongeluk. Ons bly bid vir verdere beengroei en vir wysheid in haar verdere behandeling. Ons bid steeds vir Bert van den Berg: hy is op geen sedasie of morfien meer nie. Hy haal ten volle self asem en sy dokter is baie tevrede. Dit is nou net ʼn kwessie van wag dat hy wakker word, mag hy homself wees wanneer hy wakker word en aanhou geestelik en fisies aansterk. Ons is dankbaar na ʼn groot fiets val van Esti en ernstige bid die naweek. Ons kry hierdie getuienis van haar pa Herman Raath: “Ons het pas met die chirurg gepraat. Sy woorde was “You should thank God, né?” Toe hy haar wond skoonmaak sien hy die gat gaan tot waar hy die hoof slagaar kon sien pols. Sy was baie, baie amper dood. Hulle het ge-“debride” en afgebind en die dokter sê sy kan huis toe gaan op antibiotika en pynmedikasie. Esti het gekla toe hulle vra of ons ʼn doktersbrief nodig het, want sy wil môre skooltoe gaan. Weereens baie dankie vir julle gebede.” Mag Esti vinnig en volkome herstel van die groot val. Thinus Verryne moes ʼn stentvervanging kry nadat die vorige nie die werk gedoen het nie. Ons is dankbaar dat dit goed gegaan het en dat hy ontslaan is. Mag hy volkome aansterk by die huis. Antoinette Pienaar se ma was in die hospitaal baie swak en siek, ons is dankbaar saam haar en haar geliefdes vir die nuus oor haar ma: “…sy is ontslaan. Sy is fisiek baie swak, maar emosioneel sterk. Ons het vir haar ʼn oppasser gekry, want sy het 24/7 versorging nodig. Die Here is goed. Dankie vir almal se gebede.” Die anonieme gebedsbriefie, wat ons almal se gedagtes ego: “Dankie, Here dat ons weer na “normaal” toe beweeg. Laat dit gou gebeur - ʼn vol kerk is ʼn wonderlike kerk!” ʼn Gebedsvriend sê dankie vir Danie se herstel en gespaarde lewe na sy ernstige siekte. Dankie vir paaie wat Hy oopmaak na geliefdes en sorg. Ons bid saam Hannatjie Douglass en haar geliefdes vir Anne, haar dogter, wat swaarkry met haar Neuralgie. Sy het bestraling daarvoor ontvang en ons bid dat dit ʼn groot verskil aan die pyn en ongemak sal maak. Ons bid vir elkeen in ons gemeente se finansies. Almal kry swaar en verkeer onder druk. Mag God voorsien in detail en oorvloed. Mag Hy ons help om Hom te vertrou, ons krag en leiding by hom te kry.

3


BLADSY

4

Kontak besonderhede Kerkkantoor (013) 751 1644 Uitvoerende Bestuurder - Thabo 083 349 6588 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

NG Gemeente Witrivier No. 1370 580 002 OASE

K’RANT


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.