’ U I T G A W E
WAT OM TE VERWAG IN HIERDIE UITGAWE Spreek jou woorde van hoop, of... Vind Vriende Aanstellings en strukture en belsuite Wie is die tweede Adam? Gebedsfokus
Ons missie
Om as liggaam van Christus ’n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
2 0
O K T O B E R
2 0 2 1
Spreek jou woorde van hoop, of... Woorde het soveel krag en kan soveel hoop bring, maar het ook net so ʼn vernietigende krag. Dit moet met sorg gebruik word, gewik en weeg word. Dit laat my dink aan die vergelyking tussen gespreekte woorde en ʼn tandepastabuisie wat uitgedruk word. As die tandepasta uit is, kan dit nie weer terug gesit word nie, so ook woorde as dit uit is. Verskoning kan aangebied word, maar die letsels is daar, dit maal deur die ontvanger se gedagtes...
Sondag het dr. Johan Pienaar op RSG oor hoop gesels en sy woorde dwaal sedertdien deur my gedagtes en laat my let op my woorde. “In die nuutste verslag van die WGO staan Suid-Afrika in die lys van mense wat selfdood pleeg tiende. So hartseer. Hierdie is moontlik nie vir jou nuus nie en jy het al lankal agtergekom dat daar by baie van ons mense nie hoop is nie. Probeer om iets positiefs te sê en jy kry ʼn klomp wat vra of jy geblinddoek deur die lewe gaan. Blaai deur die sosiale media en jy Woorde moet hoop bring. word verswelg deur al die Vroegoggend die afgelope
negatiwiteit. Mense se hoopmeter staan op nul.” Dra ek by dat mense se hoopmeter laag bly of spreek ek lewe? Daar is ook geleenthede waar jy met iemand gesels en iets tydens die gesprek sê. Later sal die persoon jou woorde teenoor jou herhaal met die opmerking dit het vir hom/haar so baie beteken, soms staan jy verstom dat jy sulke wyse woorde gesê het. Nog meer oor woorde volgende keer...
Vind Vriende “Vriende is een van die maniere waarop God vir ons sorg.” (Anoniem) Die skrywer van hierdie waarheid het vir seker ʼn geloofsgemeenskap in gedagte gehad, want in ons gemeente is vriendskappe van kardinale belang. Deur middel van die fokusarea Vind Vriende wil ons lidmate help om geloofsgenote te vind en die liefde en aanvaarding binne die gemeenskap van gelowiges te ervaar. Daar is verskeie plekke waar jy vriende kan vind en kampe
is een van die kanale. Skakel gerus in by een van die volgende geleenthede: Gemeentekamp by Sabie River Camp 15-17 Oktober, Gesinsnaweek 12-14 November en vir jongmense, bekend as “20 Plussers” kamp by Makarios 19-21 November. Die Mindfullness kamp word uitgestel tot 2022. Vir enige navrae, kontak gerus vir ds. Jurgens by 079 292 9545
BLADSY
2
Legogote Nagmark is ook ʼn Dankie aan almal wat kom help het kanaal om nuwe vriendskaps- en dié wat kom ondersteun het. bande te smee... Die volgende mark is 5 November. Selfs nie die reën kon Vry- Moet dit nie misloop nie; beplan dagaand se nagmark fnuik nie. nou reeds jou naweke so dat jy Hoewel minder entrepreneurs hier is want die gemeentesentrum gekom het, is daar ʼn hond uit gaan kook! Hier is ʼn spesiale bonus ʼn bos gekuier en geëet. Party vir kreatiewe entrepreneurs van van ons het sommer spontaan die kunsmark: ʼn vroeë geskenk van saam met Stroois se opgewek- 50% afslag op ʼn stalletjie. As jy te musiek geneurie. Ek het belangstel stuur ’n e-pos na: selfs ʼn paar heupies sien nagmark@ngwitrivier.co.za swaai en ʼn voetjie wat tik-tik Ons sien uit om almal te verwelop maat van die musiek. kom!
Aanstellings en strukture en besluite Die kerkraad bly, in afhanklikheid van die leiding van die Heilige Gees, die hoogste gemeentelike besluitnemingstruktuur en daarom die verantwoordelike liggaam van die gemeente. Die organogram wat tydens die laaste kerkraadsvergadering goedgekeur is, het nou in werking getree. In die vorige uitgawe is Louis Marais, die nuwe voorsitter, bekendgestel. Verskeie kerkraadslede het na nuwe bedienings geskuif en die volgende twee persone is tot die kerkraad verkies: Elize Gouws as Eiendomsbedieningsleier en Jorina Schutte as leier van die Volg Jesus fokusarea. Graag lê ons hul name voor en vra vir voorbid-
OASE
K’RANT
ding tot hul bevestiging later vanjaar. Ook vra ons voorbidding vir die volgende kerkraadsvergadering wat gehou sal word op Donderdag 28 Oktober by die gemeentesentrum. Verder vra ons… bly asb. bid vir die proses waarin ons gemeente tans is met die beroeping van ʼn medeleraar. Die advertensie is op die gemeente se webblad, maar as jy graag iemand wil nooi om aansoek te doen en die advertensie op WhatsApp wil ontvang, stuur Advertensie na die kommunikasiekanaal (079 223 8321) en ons stuur dit graag aan.
UITGAWE
20
BLADSY
Wie is die tweede Adam?
Gebedsfokus g Ons het in Augustus gebid vir WILLIAM en DANIËL, die twee boeties in Gauteng met ’n verswakte immuunstelsel.
g g g
g
g
Albei die boeties is die afgelope Maandag in ICU opgeneem, in verskillende hospitale, waartussen Pappa en Mamma nou moet wees. Daniël het lank gewag vir die regte medikasie en sy organe het baie swaar gekry. Mag die Here tog hier ingryp en groot wonderwerke doen – fisies, sowel as geestelik – in hierdie kinders en hulle gesin se lewens. FLIP VAN DER MERWE (Louise Kotze se 85-jarige vader) het Woensdag ’n noodoperasie ondergaan. Ons bid dat die operasie ‘n groot sukses was en dat oom Flip spoedig en volkome sal aansterk. ANS VAN DER MERWE (koskasvrywilliger) het Vrydag met nuwe behandeling vir haar lupus begin. Ons bid dat hierdie behandeling ‘n groot verskil sal maak en dat haar pyn en ongemak vinnig sal verdwyn en wegbly. Ons bid steeds vir BERT VAN DER BERG wat in die gesig geskiet is tydens ‘n mislukte rooftog. Hy het laas week ‘n kraniotomie ondergaan, wat dokters glo sal help met die swelling van die brein. Hy is steeds stabiel en aan die herstel en hul bid dat hy spoedig “wakker gemaak” kan word, wanneer die ware effek van die koeël in sy brein eers werklik bepaal kan word. Ons dra mense op in rou, mag die Here elkeen vashou en troos wat geliefdes aan die dood afstaan. Ons dink in besonder aan PEET COETZEE se geliefdes: Cora, sy vrou asook hul kinders en skoonma, Lena en elke ander geliefde en vriend. Ook FLO VAN DER SPUY na Coenie (88 jaar) se afsterwe in die week. ILZE en JACQUES ZACHMAN nadat hulle klein Zandri, wat baie vroeg gebore is einde September, Woensdagoggend na Jesus toe is. Ons bid vir MACADAMIA en hul dag-tot-dag roetine, nadat SUSTER KHOZA, een van die spanleiers, in ‘n ernstige motorongeluk was. Mag die Here daar sy leiding en wysheid gee om praktiese planne te maak maar ook sy wonderwerkende hand van genesing skenk.
3