’ U I T G A W E
WAT OM TE VERWAG IN HIERDIE UITGAWE Die leraars skryf...
2 2
Die Here werk in ons, met ons en deur ons
November in ʼn neutedop
Die leraars skryf…
Legogote Nagmark
Ons gemeente doen waarvoor Jesus die Kerk geroep het: ons is die arbeiders wat besig is om die "groot oes" in te samel. Ons bediening raak mense wyd: baie direk die lewens van letterlik duisende mense, mense wat baie meer as kos van ons kry. Ons speel 'n sleutelrol in massiewe netwerke van instansies wat nood verlig, soos Step in Faith, en die CMR. Dit raak ook mense diep: komplekse maatskaplike en geestelike gevalle waar talle mense se probleem op die regte manier opgelos word. Daarbenewens maak ons gesonde beleggings in die geestelike lewens van gewone mense en mense in ander lande wat hulle in groot getalle in ons omgewing en veral in Mosambiek tot die Here Jesus bekeer. Al hoe meer jongmense sien ook ons gemeente as hulle geestelike moeder. Die blymoedige finansiële offers wat ons gemeente (in moeilike tye) bring maak al hierdie wonderlike werk moontlik.
Kersgeskenkpakke te koop Gebedsfokus Bluetooth Ouerskap Kersmark wink...
Ons missie
Om as liggaam van Christus ’n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
N O V E M B E R
In die verlede het ons die gebruik gehad om in die 10de maand iets ekstra te gee. Dit is 'n wonderlike, vreugdevolle tyd wat ons saam met die begin van die somer vier.
2 0 2 1
Met Covid-19 het ons begin om hierdie ekstra oor die jaar te versprei. Talle van ons verkies egter om dit tog nog in Oktober en November te doen. Ons gaan dus steeds die eerste Sondag van November hierdie insameling vier. Ons het 'n mikpunt van R1,7 miljoen oor die laaste drie maande van hierdie jaar. Oktober ontvang ons met dankbaarheid R400 000 en benodig R1,3 miljoen oor die volgende twee maande. Jou bydrae is vir ons oneindig kosbaar en word met groot verantwoordelikheid in die koninkryk belê. Kom ons bid daaroor en gee ons beste vir die Here tot aan die einde van die finansiële jaar in Februarie. Saam met jou in diens van die Here.
BLADSY
2
November in ’n neutedop... Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! Psalm 107:1
ʼn Propvol naweek wink… Vrydagoggend is die onderhoude vir die kandidate op die kortlys vir die medeleraarspos in ons gemeente. As gemeente vorm ons ʼn laer van gebed om hierdie proses, dat die Here die persoon wat Hy in Witrivier wil hê om te woel en werk sal uitwys deur die Gees. Ons bid vir onderskeiding en energie in hierdie proses. Vrydagmiddag is dit Nagmark, die laaste mark vir vanjaar. Kom ondersteun gerus die kreatiewe entrepreneurs en kom smul aan lekker kos. Van 16:00 tot 20:00 sal die gemeentesentrum in rep en roer wees. Sondag bedien Dr Johan Pienaar die Woord en bietjie later om 12:00, is die gemeente-ete. Saam kom dank ons die Here vir sy troue voorsiening die afgelope jaar. Die kleuters is weer in die voorportaal en die laerskoolkinders se ontdekkingsreis saam met Adam se tema hierdie week is: Die oopgeskeurde geskenk. Stad op die Berg-erediens is oudergewoonte 17:00. Omdat ons omgee vir elke generasie in die gemeente wil ons ook graag elkeen op sy/haar vlak bedien. Donderdag 11 November kom die bedieningsleiers bymekaar en ons vier vanjaar se werksaamhede, beplan 2022 en gesels begroting. ʼn Anonieme aanhaling om ware leiers vir die gemeente te wees, is waarna ons streef “Goeie leiers inspireer mense om in húlle te glo. Ware leiers inspireer mense om in hullesélf te glo.” Dit is ʼn voorreg om as leiers saam te beplan, mekaar te motiveer en die hele tyd hou ons die koninkryk van God in die oog met die laaste opdrag in gedagte om te gaan vertel. Bluetooth Ouerskap – Woensdag 17 November om 19:30 gesels Ds. Dirk Coetsee van Petra Instituut, met ons tydens die aanlyn geleentheid oor Kersfees, gebruike en gewoontes. Skakel in vanuit jou eie sitkamer via Facebook Live op Bluetooth ouerskap/ parenting se blad; raak nou reeds ʼn vriend van hulle. Kruideniersware Geskenkpakke is ʼn jaarlikse
OASE
K’RANT
fondsinsamelingsprojek van die koskas. Hierdie jaar pak hul weer pakke en kan dit reeds vanaf 7 November by die kerkkantoor aangekoop of bestel word. Die boks kruideniersware is beskikbaar R250 en bevat onder andere: Verskillende blikkieskos; Rys; Mieliemeel; Meel; Soppoeier; Sout; Speserye/Aftreksel; Soja-maalvleis; Suiker; Tee; Jellie; Pakkies aanmaakkoeldrank; Koekies en Lekkers. Asook die volledige Johannes evangelie in Engels. Vir enige navrae kontak gerus vir Antoinette by die kantoor. Gebed is en bly ʼn kardinale anker in ons gemeente. Kom skakel gerus Dinsdae 08:00 tot 09:00 in by die groep wat in die konsistorie bid. Ook bid besigheidspersone Vrydae 06:00 tot 07:00 by Sip Koffiewinkel saam. Vul ook enige tyd die gebedsbriefies wat in die banke hang in en gooi in die kollektemandjie of gee in by die kantoor. Stuur ook jou gebedsversoek na die kommunikasiekanaal 079 223 8321, alle versoeke kry aandag en word voor gebid. Die kerkraad vergader hierdie maand twee keer. Daar is die spesiale kerkraadsvergadering in volgende week na die beroepingsonderhoude en weer Donderdag 18 November. Bid gedurig vir die werksaamhede van die kerkraad en leiding van die Heilige Gees vir die werk in ons gemeente. Later in November breek Advent aan, ons gesels in die volgende brief daaroor. Wat is Advent? Met Kersfees vier en verkondig ons dat die Woord vlees geword en onder ons kom woon het (Joh. 1:14). Advent is nie dieselfde as Kersfees nie. Dit is ʼn tyd van verwagting en voorbereiding op die koms van Christus. Die woord “Advent” beteken ook letterlik koms. Moet ook nie vergeet om jou spaarvarkie se magie te vul vir die Kersmark wat van 1 tot 4 Desember by die gemeentesentrum aangebied word nie. Ook hiervan in ons volgende uitgawe.
UITGAWE
22
BLADSY
Kruideniersware Geskenkpakke! Ondersteun gerus hierdie projek en maak ’n verskil in die gemeenskap. Die inkomste van hierdie projek word teruggeploeg in die kospakke wat gedurende die jaar uitgedeel word. Groter bestellings vir die werkers van jou besigheid is welkom, ons pak graag. Bestel dit gerus, kontak Antoinette by die kantoor.
Gebedsfokus g Ons dra die pre-advieskomitee baie spesiaal op wat hierdie week die onderhoude doen vir die vakante medeleraarspos in ons gemeente, “Here, u wil vir ons gemeente, gebruik die span as instrumente in u hand.”
g Ons dank ons Skepper, God vir die geboorte van Lieze en Johan Ferreira se seuntjie – Lihan, laas week. Daar was g g g g g g g
g g
aanvanklik effense komplikasies na Lihan se geboorte, maar ons is dankbaar dat hy uit ICU ontslaan is en dat hy en mamma albei Dinsdag kon huis toe gaan. Mag die Here hulle lei en seën met Lihan. Ons is dankbaar dat Nicolien Stander se voetoperasie ʼn sukses was en dat sy heel week al by die huis kon aansterk. Ons bid vir geduld met die genesingsproses, waar sy nie enige gewig op die voet mag sit nie en dat die pyn vinnig minder sal word. Marlene Pretorius se operasie het goed afgeloop en haar dreineringspype is reeds Dinsdag verwyder, maar sy het steeds baie pyn en ongemak. Sy wag ook vir resultate van die biopsie, wat stresvol is. Ons bid vir vrede in haar hart en liggaam en goeie resultate met die biopsie. Selanna Biggs se dokter is stomgeslaan oor die wonderbaarlike beengroei, na haar slegte beenbreuk. Die moontlike beenoorplanting lyk of dit nie meer nodig sal wees nie, dus hou ons aan bid vir beengroei. Ons dra haar steeds in gebed: sy kry swaar met haar outo-immuunsiekte en dit maak alles moeiliker. Ons prys die Here dat Tobie Bieldt dié week ʼn beenmurgoorplanting van sy dogter, Danél, kon kry. Ons bid nou dat sy liggaam die nuwe stamselle sal aanvaar en dat hy spoedig volkome genees sal wees. Belinda Paetzold het die week Londen toe vertrek. Ons bid dat haar werk as fisioterapeut en lewe daar baie geseënd sal wees en dat sy ʼn suiwer instrument in die Here se hand sal wees en die goeie werk wat sy en Alfred begin het sal voortsit. Ons bid vir mense in ons gemeente wat geliefdes aan die dood afgestaan het, in besonder Estelle Gerber, wie se moeder oorlede is. Mag die Here sy troos gee en sy vrede. Fred Berrington-hulle is laas week Uganda toe vir 2 weke om van hul spanne daar te besoek en om ʼn seminaar aan te bied. Van daar gaan hul vir 2 weke Nigerië toe, waar hul van die YWAM mense gaan besoek en opvolg-opleiding doen van die aanlyn seminare. Ons bid saam vir die uitbreiding van Vader se koninkryk met die bemagtiging van plaaslike mense wat weer ander kan leer! Ook vir beskerming vir hul en vir die seuns wat agterbly. Courtney-hulle, ons sendelinge in Zambië, het ʼn vreeslike slegte inbraak gehad en o.a. is hul skootrekenaars, eksterne hardeskywe, USB stokkies, ʼn foon asook heelwat kontant gesteel. Mag die Here hulle help en sy guns gee waar dinge vervangbaar is. Jaco (Mosambiek sendeling) skryf vanuit Inhambane, ons dra hierdie saak op aan die Here, wat in klein detail voorsien. “Ons het 'n projek voorgelê aan USAID waarin ons 1 200 gesinne gaan oplei in goeie landboupraktyke, ons gaan nuwe mangokultivars invoer van Suid-Afrika af en dit as entmateriaal gebruik en dan ook die saadbome van die huishoudings na kultivars wat bemark en gebruik kan word. Ons het 'n toelae gekry by USAID. Deel van die voorvereistes om nou die eerste betaling van die geld vrygestel te kry is ons moet 'n kontrak of titel hê van 10ha grond. Ons was besig met die Landbounavorsingsinstituut net langs ons om 'n langtermyn-huurkontrak met hul te sluit, dan kan hul ook navorsing doen op die produkte. Hul het ongelukkig nou geldgierig geraak en wil 'n absurde huurbedrag hê en 30% van die omset en ons moet klomp dinge vir hul bou en doen. Dit gaan nie gebeur nie. So bid asb. dat ons óf gunstiger termes kry óf dringend ander grond. Ons is ook nou besig met die voorbereidings van die mango seisoen en behoort om so binne 2-3 weke te begin. Bid ook asb. dat die seisoen 'n sukses sal wees. Laas seisoen was 'n totale mislukking as gevolg van die baie reën. Liefde en seën vir julle.”
3
BLADSY
4
Kontak besonderhede Kerkkantoor (013) 751 1644 Uitvoerende Bestuurder - Thabo 083 349 6588 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
NG Gemeente Witrivier No. 1370 580 002 OASE
K’RANT