Oase K'rant

Page 1

’ U I T G A W E

WAT OM TE VERWAG IN HIERDIE UITGAWE Gesin van God, sien uit! Wag op die Wederkoms! Kersmark - kuier, koop en koffietyd Kersgeskenkpakke te koop Kinders Gebedsfokus Koskas groet... Kersmark wink!

Ons missie

Om as liggaam van Christus ’n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

2 3

N O V E M B E R

2 0 2 1

Gesin van God, sien uit!

Woerts-warts en 2021 lê so te sê op sy rug! “Dankie tog!”, sug baie van ons waarskynlik terwyl ons die amptelike hoeveelheid werksdae tel voor Kersfees – want genade – was hierdie nie behoorlik ʼn warrelwind van ʼn jaar nie! Party van ons is bes moontlik so opgewonde om die feestyd saam met ons gesinne en families te vier en ander is dalk effens benoud oor hoe hulle die skoonouers gaan verduur. Hoe dit ook al sy, Kerstyd word tipies geassosieer met samesyn. Met lag. Met tafels wat kreun onder kos. Sitkamers en tuine word opgetof en presente word noukeuring toegedraai en verfraai. Helder liggies brand (wel dis nou as Eskom se steenkool nie natreën of Kusile se skakelaars onder toenemende druk swig nie) en ander sien weer uit om te baljaar op ons allerpragtige strande. Maar, dan kyk ek ʼn bietjie terug oor die laaste paar maande. Die Kersliedjies verdof en

die wêreld se versierings en blink papiere gaan lê onder ʼn lagie stof. Ek dink aan die verwoestende effek van Covid 19. Ek dink aan versplinterde gesinne en leë families en vriendekringe. Ek herken die onbekende en diep leemtes in die harte van mense wat geliefdes aan die dood moes afstaan. Daar is verlange. Diep verlange. En vir sommiges ʼn alleenheid groter as ooit. Maar dan kom die woorde van Matteus 13 by my op: “Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder…” En ek besef opnuut hoe bevoorreg ons as Christene is om deel van God se gesin te wees. Maak nie saak waar jy jouself vandag bevind nie, God nooi jou opnuut uit om Hom jou beste vriend te maak. Mag hy die “Present” wees wat alle leemtes kom vul en mag jy herontdek hoe ver en diep en wyd sy liefde vir jou strek.

Wag op die wederkoms!

“Advent” beteken koms. Advent is nie net gerig op die eerste koms nie, maar ook op die wederkoms. Ons berei ons opnuut voor om die Verlosser in ons lewens te verwelkom. Omdat ons ook leef in die verwagting dat die Verlosser weer gaan kom, is ons gebed: maranata (kom tog gou, Here!). Die geduldige wag tydens Advent maak van Kersfees self ʼn ryker ervaring. Daarom is Advent ʼn tyd van herinnering en verwagting. In ons gemeente word Advent kleurryk gevier met die aansteek van die Adventkerse. Die betekenis en gevoel van afwagting word versterk deur op elke Adventson-

dag ʼn volgende kers aan te steek, terwyl die vorige Sondae se kerse reeds brand. Die Adventskrans bestaan uit vier gekleurde kerse en ʼn groter wit Christus-kers in die middel. Eerste is ʼn blou kers wat beteken VERWAGTING. “Here ons steek hierdie kers aan as simbool van ons verwagting. Mag die lig van God skyn in die duisternis om die weg van saligheid vir ons te verlig.” Tweede is ʼn blou kers wat beteken VERKONDIGING. “Here ons steek hierdie kers aan as simbool van verkondiging. Mag die Woord van God ons lei op ons pad.” Derde is die pienk kers wat VREUGDE beteken. “Here ons

steek hierdie kers aan as simbool van vreugde. Mag die vreugdevolle belofte van u teenwoordigheid, aan ons vreugde gee in ons verhouding met U. Amen.” Die vierde kers is weer blou en beteken REINHEID. “Here ons steek hierdie kers aan as simbool van reinheid. Mag die inwoning van die Heilige Gees ons reinig sodat ons gereed kan wees. Amen.” Kersdag is die wit kers wat CHRISTUS beteken. ʼn Ander bekende gebruik vir kinders is die maak van ʼn Adventskalender. Dit help hul om die dae af te tel na Kersfees toe, en bring dus ook iets tuis van die geduldige


BLADSY

2

wag op die koms van die Here.

Hulle wat Kersfees nie in die hart het nie, soek dit tevergeefs toegedraai in geskenkpapier onder ’n Kersboom. -Roy L Smith-

Die gebruik van die Kersboom is baie bekend. Tog het dit ʼn sterker godsdienstige betekenis as wat die meeste mense vermoed. Die Kersboom verwys terug na die boom van die lewe in die tuin. Die boom herinner

ons aan die skepping én aan die koms van Christus om die skepping te verlos (Rom. 8:19-20). Die voorbereiding en versiering van die Kersboom kan iets van die voorbereiding en wag op die koms van die Koning weerspieël.

Mag elke gesin in dié spesiale tyd mekaar se nabyheid en geselskap geniet en net ook intens bewus word van die teenwoordigheid van die Here.

Kersmark is kuier, koop en koffietyd! Met afwagting sien ons uit na die agtiende Kersmark wat weer in ons gemeente aangebied word. Die beplanning verloop vlot, daar is nog hier en daar plek om diensbaar te wees. Meld aan en geniet die samesyn. Daar is sestig uitstallers wat woeker om hul voorraad van hand- en tuisgemaakte produkte, keurig verpak en geprys, reg te kry vir ons mark. Alles vir ons om te geniet vanaf 1 tot 4 Desember by die Gemeentesentrum. Daar gaan onder andere die volgende wees: – pêrels, krale, hangertjies, oorkrabbers en leeroorbelle. – allerlei sakke vir enige geleentheid, asook strand- en nylonsakke – onder andere badplanke, badbomme (fiz balls), boerseep, verskeidenheid sepe. – verskeidenheid souse, smere, pesto; konfyte, blatjang en slaaisprinkels. Verwag ʼn wye verskeidenheid ingemaakte en gemarineerde produkte soos olywe, smere, kersieprodukte, makadamiabotter en -olie. – beskuit, koekies, koeksisters, fudge, sjokolade, muesli, mini- donuts, worsrolletjies, melkterte, vrugtekoeke, gemmerbier en biltong. – blompotte, kruise, Kersversierings, houtrame, plekmatjies, keramiekborde, glase, bekers en feetjiehuisies, vetplante, koffie, heuning, lavender en allerlei aromatiese produkte. Teelepels, koekvurkies, suikerlepels en koekskeppe. Selfs matjies vir rekenaarmuise. – scrap booking, papierkuns, kaartjies, notaboekies, mosaïek en selfdoenstelle.

OASE

Geseënde Kersfees!

K’RANT

– pasgemaak vir babas is daar linneware en klere, asook borslappe en aanspeldknippe en ratels vir tandekry Hekelwerk bv. kussings, plekmatjies, kopbande en nog meer. – skink- en snyborde, lazy susans, dienborde, servethouers, sleutelrakkies, lanterns en engele. – soos handsakke, beursies, belde en selfoonsakkies. – mikrogolfspringmieliesakkies, deurstoppe, servette, asook geborduurde handdoeke en waslappies. – rokkies vir dogtertjies, haarknippies, houtspeelgoed, gelukspakkies, serpe vir vroue. Die teetuin beloof om rustigheid en ’n kuieratmosfeer te skep, waar SIP Café en Deli liplekker eetgoedjies soos gevulde pannekoek, geroosterde toebroodjies, jaffles, kerrie en rys, quiches, hoenderslaai, wraps, lasagne, hot dogs en hoender nuggets vir die kinders gaan voorsit. Vir die soettand is daar wortelkoek, melktert, kaaskoek, donuts en roomys. Wat kan jy verwag om te drink vanaf Tsessebe se spyskaart? Koffie, cappuccino, latté, koeldrank, melkskommels, slushies en water. ʼn Nuwe toevoeging is ʼn foto-hoekie met ’n Kersfeestema en ook die geleentheid vir kinders om hul geskenklysie aan Kersvader te pos.

Almal welkom!


UITGAWE

BLADSY

23

Kersfeesgeskenkpakke

Kinders...

Ondersteun gerus hierdie projek en maak ’n verskil in die gemeenskap. Die inkomste van hierdie projek word teruggeploeg in die kospakke wat gedurende die jaar uitgedeel word. Groter bestellings vir die werkers van jou besigheid is welkom, ons pak graag. Bestel dit gerus, kontak Antoinette by die kantoor.

Gebedsfokus

g Ons dra elkeen wat in die afgelope tyd geliefdes aan die dood afgestaan het in gebed en bid dat God hulle sal omvou met sy

g g

g g g g

g g g g g

troos. In besonder dink ons aan Sakkie Odendaal, wie se oudste broer (Drian, 40 jaar) in ʼn motorongeluk oorlede is laas week. Mag die Here sy vrou, Charlene en hul kinders (14 jaar, 12 jaar en 7 jaar) styf vashou en lei. Tobie Bieldt is in ons gebede nadat hy pal in die bed was vroeër in die week. Ons bid dat sy bloedtellings reg is, veral sy infeksietelling en dat die behandeling wat hy later die week sou kry reeds baie gehelp het. Daleen sê: “Baie dankie, ons waardeer julle gebede en ondersteuning baie!” Dankie Here, vir mense soos Dirk Coetsee en die verskil wat hy in ons gemeente maak deur sy aanbiedings in ons Bluetooth Ouerskap bediening. Ons bid vir die ouers van babas, kleuters, peuters, tieners, jong- en ouer volwassenes. Elke stadium het unieke uitdagings en vreugdes. Mag God ons lei om op die vreugdes te fokus, ons seëninge te tel en Hom te vertrou vir en in die uitdagings. Nellie Claassen was in die week in 'n motorongeluk. Haar kar is "afgeskryf", maar ons is dankbaar dat sy nie ernstig seergekry het nie. Sy moet ʼn nekstut dra vir 4 weke. Bid vir haar gemoed met die verwerking van die trauma en energie om al haar Kersmarkvoorbereidings te voltooi. Ons dank God vir die wonderlike werk wat Santie en Jannie Roux vir 17 jaar in ons Kos- en klerekas gedoen het. Soveel mense is daardeur aangeraak, geseën en in die koninkryk ingetrek. Mag God hulle seën waar hulle nou Pretoria toe verhuis. Mag hulle sy teenwoordigheid, guns en leiding in elke detail ervaar in die nuwe hoofstuk van hul lewens. Bert van den Berg en sy vrou het laas Saterdag saam rugby gekyk in die rehab-sentrum waar hy nou aansterk. Dit was ʼn klein oorwinning en groot wonderwerk en ons dank God dat dit bo verwagting goed gaan met Bert en sy rehab. Ons bid vir elkeen in ons gemeente wat tans kankerbehandeling ondergaan. Die wat seer het as gevolg van die chemoterapie en/of bestraling en al die newe-effekte van medikasie en operasies. Ons bid vir die “rollercoaster ride” van hoop en moedeloosheid en vrees en oorwinning. Mag God elkeen styf vashou en hul geliefdes en versorgers wysheid en empatie gee op hierdie uitdagende reis. Tannie Es vd Merwe het laas week skielik hartprobleme ontwikkel. Ons bid dat daar reeds ʼn akkurate diagnose gemaak is en dat die behandeling haar reeds baie beter laat voel. Magda Wessels het Woensdag ʼn groot heupoperasie ondergaan. Mag die Here haar aanraak met volkome genesing. Ons bid steeds vir Nicolien Stander (Martie Neuhoff se ma), wat baie pyn ervaar na ʼn tweede voetoperasie. Sy kan ook die minimum tans doen en dis swaar vir haar gemoed. Mag die Here haar en haar liggaam tog spoedig aanraak en genees. Mag God elkeen van ons besigheidsmanne- en vroue sy guns, krag en kreatiwiteit gee om aan te hou woeker in hierdie tyd waar almal finansieel uitgedaag word. Mag elke kliënt hul verantwoordelikheid ernstig opneem om betalings te maak en mag God ons wysheid gee in ons besteding verál in die Kerstyd. Ons dink met deernis aan bekendes wat hierdie week die afsterwe van geliefdes beleef het. Theuns Jordaan se familie nadat hy die stryd met leukemie verloor het. Ook aan Jannie du Plessis se gesin en familie nadat hul eenjarige seuntjie die afgelope week verdrink het.

3


BLADSY

4

Santie en Jannie groet Na 17 jaar se troue diens, het ons die afgelope week hierdie twee getroue vrywilligers gegroet. Met volgehoue liefde, deursettingsvermoë en vreugde het hulle die gemeenskap gedien. Was hul enige tyd beskikbaar om te help of om skenkings te gaan oplaai. Woorde is min, maar ons harte is propvol dankbaarheid vir die spore wat hulle getrap het. Hulle werk en nalatingskap by die Kos– en Klerekas sal ons altyd koester. Hulle verhuis Maandag Pretoria toe, ons bid die Here se seën op hierdie nuwe pad vir hulle. Dankie, dankie, dankie!

Kontak besonderhede Kerkkantoor (013) 751 1644 Uitvoerende Bestuurder - Thabo 083 349 6588

Die Koskas gaan aan, die werk is onder die span verdeel en Antoinette by die kantoor is die kontakpersoon vir enige navrae.

Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

NG Gemeente Witrivier No. 1370 580 OASE

K’RANT


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.