Veerkragtig vorentoe

Page 1

’ U I T G A W E

WAT OM TE VERWAG IN HIERDIE UITGAWE Vorentoe met veerkrag en vertoue Organogram Nuwe leraar Ontferm jou oor ander Gesoute Witrivierder neem leisels Gebedsfokus

Ons missie

Om as liggaam van Christus ’n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

1 9

S E P T E M B E R

2 0 2 1

Met veerkrag en vertroue vorentoe Wanneer ʼn liedjie jou hart warm maak en jy die gevoel van behoort ervaar, dan weet jy dat jy op die regte plek is. Dit het die afgelope Sondag gebeur toe ons weer die Oaselied gesing het. Soveel herinneringe en tog die bevestiging dat ek behoort… behoort aan ʼn Algemene Christelike kerk, soos die formulier ons leer. NG Witrivier is wel en nog op pad na ons eindbestemming. In hierdie deurmekaar tyd van die Covid-mallemeule het ons telkemale die hand van God in ons gemeente

gesien. Ons het dag na dag ervaar hoe lidmate mekaar ondersteun en moed inpraat hetsy langs ʼn siekbed of ʼn oop graf. Covid het ons geleer om veerkragtig te wees. Toe ek onlangs luister na ʼn praatjie van Louis Awerbuck, ʼn kliniese sielkundige, oor veerkragtigheid som hy dit soos volg op “Die vermoeë om vinnig te herstel van probleme; 'n tipe taaiheid waaroor jy beskik dat jy effektief kan aangaan ten spyte van.” Dit het my laat dink aan ons gemeente. Terugslae is niks nuuts nie – die kerk brand een Sondagmiddag af, leraars kom en

gaan en nog is dit het einde niet! Ons kyk doelgerig vorentoe en gaan kniel tydens ʼn 40dae gebedsreis by ons Vader, ons luister na die hartklop van die lidmate en ons stap die toekoms in, fier en regop soos ʼn soldaat. Tydens die kerkraadsvergadering van verlede week is ou merkers opnuut afgestof en die nuutste organogram is goedgekeur. Ook is geskiedenis gemaak toe ʼn nuwe voorsitter van die kerkraad verkies is – die eerste keer nog dat ʼn lidmaat dié stoel oorneem? Van die ouer lidmate kan gerus laat weet.

Gemeentestruktuur word afgestof... Ons gemeentestruktuur, ook organogram genoem, het Jesus Christus heel bo. Dit is nie bloot teologiese lippetaal nie, maar omdat ons werklik glo dat Jesus Christus die hoof van sy liggaam, die kerk, en ook hoof oor NG Gemeente Witrivier is. Die organogram bestaan uit die vyf fokusareas: S Vind Vriende (Gasvryheid): Dit bied lidmate die geleentheid om geloofsgenote te vind en die liefde en aanvaarding binne die

gemeenskap van gelowiges te ervaar. S Volg Jesus (Dissipelskap): Hierdie fokusarea begelei en rus lidmate toe om hul roeping as dissipels van Jesus te verstaan en uit te leef. S Verdiep Saam (Spiritualiteit): Se doel is om lidmate se verhouding met en belewenis van God te verdiep. S Vertel Verder (Getuienis): Die fokus reik hier na die wêreld, hoewel hulpverlening ook na binne is. Dit het ten doel om die koninkryk

van God deur getuienis, hulpverlening en onderlinge sorg uit te brei. S Verantwoording (Rentmeesterskap en administrasie): Die bronne wat aan die gemeente toevertrou word, word met deursigtigheid en verantwoordelikheid bestuur.


BLADSY

Organogram van ons gemeente...

2

Sonder deelnemende lidmate wat ook help om eienaarskap van ons gemeente te neem sal hierdie organogram soos ʼn kaartehuis inmekaar tuimel. Elkeen maak ʼn verskil en jy kan betrokke raak, jou passie uitleef, jou gawes en talente gebruik tot uitbou van die koninkryk, maar ook tot die effektiewe werking van die gemeente. Kontak gerus enige van die fokusarealeiers as jy betrokke en diensbaar wil raak.

Nuwe leraar Nog ʼn nuwe tree wat ons as gemeente graag in die geloof neem is om ʼn leraar te beroep vir die pos wat vakant geraak het. Vroeg volgende week sal die advertensie beskikbaar wees op die webblad www.ngwitrivier.co.za vir die leraar wat ons graag wil bring om saam met ons te woeker en werk in Witrivier. As gemeente gaan ons nou weer kniel, die aangesig van ons Vader soek en die Heilige Gees vertrou vir die kandidaat wat God vir ons in gedagte het. Ons gaan prewel “U wil Here, nie myne nie. Stuur u gesant, ons

OASE

K’RANT

is in afwagting en sien uit na die toekoms.” Saam vertrou ons die Here vir die pad wat ons stap, dat die roeping sal eggo in ʼn dominee se hart en dat God die span wat namens ons die proses bestuur met wysheid sal seën. As jy vrae het kontak gerus vir Thabo (083 349 6588) by die kantoor. Neem die vrymoedigheid om persone te nader om na die advertensie te gaan kyk. Die sluitingsdatum is 27 Oktober en diensaanvaarding is DV middel Januarie 2022.


UITGAWE

19

BLADSY

Gesoute Witrivierder neem leisels Veertien vinnige vrae aan die nuutverkose voorsitter van die kerkraad - Louis Marais 1. Beskryf jouself in drie woorde. Nederig, gesinsmens, lojaal. 2. Waar is jy gebore? Gebore en getoë in Witrivier. Sedert 1978, na weermag en universiteit, permanent in Witrivier. Dien ongeveer 40 jaar op die Kerkraad. Boer in ʼn familiebesigheid saam met my vrou, Rianne, en twee seuns, Janus en Louis. Ons boer met tabak, avo’s, sagte sitrus en macadamianeute. 3. Wat maak jou gelukkig? As die mense om my gelukkig is, is ek gelukkig. 4. Wat krap jou om? Uitstel. 5. Wat is jou gunsteling plek in die wêreld om na te reis? Kgalagadi Oorgrenspark. 6. Gunsteling fliek? James Bond.

Gebedsfokus

7. Gunsteling TV-reeks? Reisprogramme. 8. Gunsteling kos? Garnale. 9. Hoe ontspan jy? Ek reis en kamp graag. 10. Wat is een ding waarsonder jy nie kan lewe nie? My gesin is alles. 11. Wat is die beste raad wat jy al gekry het? Moenie uitstel nie, doen ʼn ding dadelik. 12. Wat is jou droom vir NG Witrivier? Dat ons die gemeente se visie “Oase van Jesusliefde” ten volle sal uitleef. 13. Wat maak jou opgewonde oor NG Witrivier? Daar is soveel bekwame, entoesiastiese lidmate wat net wag om meer be-

trokke te raak. Die nuwe bedeling van die bestuur van ons gemeente wat die taak het om ons gemeente in die toekoms te lei. 14. Hoe sien jy NG Witrivier oor vyf jaar? Ek is nog nie in my hart oortuig hoe ons gemeente se leraarstal oor vyf jaar moet lyk nie. Finansieel is ons ʼn tweeleraargemeente, maar bedieningsgewys is daar ruimte vir drie leraars. Ek droom daarvan dat ons fokusareas, naamlik: S Vind vriende (Gasvryheid) S Volg Jesus (Dissipelskap) S Verdiep saam (Spiritualiteit) S Vertel daarvan (Getuienis) ten volle sal funksioneer. Hier is soveel ongelooflike, toegewyde lidmate in ons gemeente wat ʼn vangnet kan wees vir seerkrymense. Deur hulle te ondersteun en op te bou, kan ons almal saam betrokke wees by die uitbreiding van die koninkryk van God. Seënwense Louis!

g Ons bid vir Bert van den Berg (36 jaar), woonagtig in Johannesburg, wat in die week geskiet is in ʼn onsuksesg g g

g g g g

3

volle gewapende roof. Die koeël sit vas in sy brein, maar sover herstel hy bo verwagting goed. Ons bid vir wonderwerke in sy liggaam en gees asook vir Maegan, sy vrou. Ons bid vir alle kankerlyers in ons gemeente, in besonder Peet, wat longkanker het. Ons bid vir die behandeling, asook vir al sy geliefdes wat hom ondersteun: in besonder Cora, sy vrou en Lena sy ma. Ons dra ook vir Johan Maritz op in sy kankerstryd en bid veral teen die pyn wat hy na sy operasie ervaar. Selanna Biggs se beenbreuk as gevolg van haar ongeluk heel, maar die ortopeed is nie tevrede nie en beveel nog ʼn skandering aan oor ses weke waarna ʼn pynlike beenoorplanting met ʼn lang herstelproses sal volg. Ons bid steeds vir wonderbaarlike beengroei intussen. Marinda Olivier se mamma is laas week na haar hemelse huis, na ʼn lang tyd se agteruitgang in Macadamia. Ons is dankbaar vir die kosbare tyd wat Marinda saam haar kon spandeer, sy deel dit so: “My liewe hartsmense, wat ʼn voorreg was dit nie om my liefste mamma te kon bystaan tot sy haar laaste asempie uitgeblaas het om 12:40. Ek loof ons Vader vir haar kosbare lewe wat ek intens deel van kon wees die laaste 8 jaar na my pappa se dood. Sy was vir ons almal ʼn voorbeeld van Jesusliefde en omgee en versorging van ander. Dankie ook dat julle elkeen ons gaan dra in hierdie eina tyd wat nou vir ons voorlê, maar ons weet God se genade is groot vir ons almal.” Ons dra almal in ons gemeente op wat tans herstel van Covid en in besonder die wat in rou is omdat hul geliefdes afgestaan het aan die dood. So dink ons aan die geliefdes van Dave Mallock-Brown en Cecil Thornhill, wat so lank ons geseën het met hul gawes in ons gemeente. Ons bid vir Adriaan, Maretha du Preez se seun, wat behandeling ontvang vir sy hand en vingers. Hy ervaar tans baie pyn. Ons dank die Vader dat Hy ons sendeling, Courtney (in Zambië) beskerm het toe hy in ʼn ongeluk met sy sleepwa was en dat Hy voorsien het vir hulp om die stukkende sleepwa terug by die huis te kry. Ons is dankbaar saam met Janlo, wat laas jaar amper verdrink het, se ouers vir die skolastiese vordering elke dag, wat hul bly herinner dat hy ʼn wonderwerk is!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.