Blits nuus Woensdag 22 Desember
Kers-erediens 25 Desember
13:00 Kantoor sluit
08:00 óf 10:00
Middernagdiens
Sondag 2 Januarie 2022
Vrydag 31 Desember 18:00 Weens die curfew
09:00
Sondag 26 Desember 09:00
Maandag 3 Januarie 08:00 Kantoor open
Die kantoor sluit 22 Desember om 13:00 en open 3 Januarie. Ds Eddie le Roux 082 322 3393 Ds Thabo Pienaar 083 349 6588
Kontak ds Eddie of ds Thabo vir enige pastoraat of navrae. Ds Eddie isoleer tans nadat hy gister positief getoets het vir Covid-19. Ons bid vir volkome herstel. Die Here se werk sal voortgaan in die gemeente. Ons sal met deernis omgaan met elke situasie.
Geniet die ruskans en familie Kersgety!! Tonne seën.
Dr Jaco en Hanja Putter asook Riëtte en Stephan
Kom ontvang saam met ons gemeente vir
Dr Jaco en gesin in die hartlikheid
van die Witrivier gemeenskap
Wanneer: Sondag 9 Januarie 2022 Tyd: 09:00 Plek: NG Witrivier Ouditorium
Swadini-uitreik vertel... Vanjaar was weer geen uitsondering. Die eregas van die uitreik in die oord was oudergewoonte die Sterling bakkie. Dit versterk nie net ons hande nie, maar verskaf ure se plesier in die straatjies van die oord. As Tobie Bieldt ooit by Swadini op die hande gedra wil word moet hy net met sy Sterling bakkie soontoe gaan… Gewoonlik gaan dit oor die waarde wat die vakansiegangers kry, maar hierdie jaar het dit gegaan oor die waarde wat ons kan bied vir die werkers van die oord. Dit het ure se harde werk geneem, maar die vreugde en gelukkige kindergesiggies het elke sweetdruppel in genot verander. Die eerste ses dae is belê in die Swadini-span en hul het as ’n eenheid verder vorentoe gewerk. Daar is ook besoek afgelê by die wooneenhede van die werkers. Daar is ingespring die rommel opgetel. Die groot staalasblik is afgeskuur en oorgeverf. Van meet af aan is daar besluit om ‘n staalklimraam vir die kinders bou.
Ons het nie in ons wildste drome kon voorsien hoeveel die werkers ons werk by hulle wooneenhede waardeer het nie. Dinsdagoggend toe ons met die getroue Sterling konstruksie-bakkie uitry het hulle sover as hulle die bakkie kon sien vir ons gewaai en agter ons aangeroep. As ons voor die tyd alles geweet het wat ons nou weet - sou ons dit presies weer net so gedoen het. Dankie julle wonderlike mense: Die span jongmense en die volwassenes wat soos ’n geoliede masjien gewerk het. Saam maak ons ’n verskil. Vertrou almal herstel spoedig. Hou ons gemeente se kommunikasiekanale dop vir ’n video wat die verhaal in baie meer detail gaan vertel.
DIE HERE IS GOED AAN HOM AL DIE EER!
Die laaste deel van die uitreik sou ons op die vakansiegangers fokus. Weer het ons nederig besef dat dit nie in ons hande is nie. Toe die eerste deel net klaar was, het die Here anders besluit, dat ons genoeg gedoen het, twee derdes van die span moes weens Covid-19 terugkeer Witrivier toe. Ook het Hy voorsien dat net genoeg (wat nie geraak is deur die virus nie) kon agterbly om die werk vir die personeel af te handel.
Mag daar vrede wees Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou wonings. Ter wille van my broers en my vriende wens ek jou vrede toe. Psalm 122:7 en 8
Laat die vrede van die naderende Kerstyd nou al in jou huis voelbaar word, en bid dat God die volheid van dié seën dwarsdeur die jaar in mense se harte sal uitstort. Doen moeite om die liefde en vrede van die Kerstyd dwarsdeur die jaar uit te dra. ’n Geseënde Kersfees, gevul met die klanke van engelkore en strooisel van Jesus liefde, word jou toegewens. Gryp die nuwe uitdagings van 2022 terwyl jy hand-aan-hand saam met God huppel deur die lewe met ’n glimlag.