Verdiep saam Lenteuitgawe

Page 1

’ U I T G A W E

WAT OM TE VERWAG IN HIERDIE UITGAWE •

Verdiep saam

Ontdek jou plek in die erediens

Ontgin jou gebedslewe

Ontferm jou oor ander

Omgee is ‘n koepon ver

Ons missie

Om as liggaam van Christus ’n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

1 8

S E P T E M B E R

2 0 2 1

Ons ontluik, nes die lente! “Verdiep saam” is ons gemeente se spiritualiteitsveld. Die HAT verstaan spiritualiteit as dit wat te make het met die “onstoflike element in die mens (teenoor die liggaamlike of fisiese) wat van hom ’n denkende, voelende, willende wese maak”. In ons gemeente is die Erediens- en Gebedsbedienings deel van hierdie fokusveld. Wat gebeur in die betrokke bedienings? Onwillekeurig gaan my gedagtes eerstens na waar kan ek betrokke raak en ʼn verskil maak, maar ook waar kan ek geestelik groei?

“Spiritualiteit of geestelikheid dui dus op daardie dimensie van die mens wat nie met die fisiese te make het nie, maar met dit waaruit die mens as ’n sielewese

bestaan. Om meer spesifiek te wees gaan dit oor ’n voortdurende bewustheid en selfs aktiewe

soeke na antwoorde op die groot lewensvrae waarmee alle mense gekonfronteer word: Waar kom alles (ek) vandaan? Hoekom leef ek? Hoe moet ek leef? Wat gebeur (met my/ander) na die dood? Dit is die feit dat ons gemoeid is met hierdie tipe vrae en betrokke is in die proses om dit op ʼn spesifieke manier te beantwoord, wat maak dat ons spirituele/geestelike wesens is.” Uittreksel uit artikel deur Udo Karsten

Ontdek jou plek in die erediens Die erediens is ʼn plek waar ek geestelik gevoed en opgebou word. Met die “kos” wat ek daar ontvang moet ek uitgaan in die mededingende wêreld en my Christenskap gaan uitleef. Dit is en bly ʼn uitdaging, maar ook ʼn baie spesiale geleentheid omdat ek met my lewenswyse Jesus kan wys aan my kollegas en aan die

kassiere in enige winkel; ook teenoor my naby mense, my gesin en vriende. My lewenswandel moet getuig van Jesus soos Paulus ons leer in Kolossense 2:6 “Julle het Jesus Christus as Here erken en aanvaar. Tree nou op soos mense wat Hom regtig as Here ken.” Wees diensbaar en kom

help in hierdie bediening. Die moontlikhede is legio. Klank is bv. nie net ’n funksie in die erediens nie, maar word ook benodig by ander projekte in die gemeente. Multimedia maak seker dat PowerPoints geprojekteer word in ʼn erediens, maar soms moet die PowerPoint ook gemaak word vir ʼn


BLADSY

2

Erediens toetslopie… 08:00 en 09:30

Gelowige mense leef nie net vóór die aangesig van God nie, maar ook ás sy aangesig in die wêreld. Ferdinand Deist

Gebed beweeg die

ander geleentheid. As jy jou kreatiwiteit wil gebruik, hier is ʼn geleentheid. Videobediening voeg beeld by die klank en prentjies. Veral nou in die inperkingstyd het ons almal gemaklik geraak om video’s te kyk, hetsy op ’n selfoon, rekenaar of TV skerm. Video’s vanuit ons gemeente is nou alledaags. Verder het ons ook persone nodig om as akteurs op te tree in video’s, en sal graag wil uitbrei in daardie rigting. Kom deel jou talente. Sangbediening is nie net vir nagtegaalstemme nie, maar ook elkeen wat musikaal is en enige instrument kan speel, hoe klein of groot ook al. Saam

was die eerste diens volbespreek en spoedig het die tweede diens 95% volgeloop. Volgende Sondag is dit weer so, ontvang Maandagoggend die skakel om te bespreek. Dit word via WhatsApp gestuur, is jy op die kommunikasiekanaal 079 223 8321? Of kyk op die gemeente se Facebookblad. Hoekom die toetslopie? Met slegs 50 persone in die ouditorium is daar nog soveel wat “uitgesluit” is. Ons wil graag meer lidmate die kans gee om ʼn erediens by te woon.

Kyk nou net die verskeidenheid plekke om jou talente en gawes tot eer van die Here aan te wend. En in die proses groei jy, geniet wat jy doen en maak ʼn verskil in die gemeente. Ons het elkeen nodig om as liggaam van Christus te funksioneer. Wil sommer dankie sê vir jul geduld met die twee erediens-proefloop. Ons hou hierdie Sondag en volgende Sondag twee eredienste om 08:00 en 09:30. Dit is Maandag gekommunikeer en vinnig

Dalk hou oom Cyril eersdaags weer familievergadering en gee inperkingverligting...

Ontgin jou gebedslewe “Wil jy weet hoe om te bid? Hier is die geheim: bid, bid, bid. Daar is eenvoudig geen kitskursus nie.” (John Laidlaw) Ook die kortste vers in die Bybel is 1 Tessalonisense 5:18 “Bid gedurig.” Gebed is ʼn waarde in ons gemeente, maar ook in elkeen se persoonlike groei en gesels met God. In die gemeente is daar tans drie gebedsgeleenthede: Dinsdae

Hand wat die heelal beweeg. James Montgomery

OASE

vorm dit ʼn lofsimfonie. Lofdans is ook ʼn heerlike manier om jou spiritualiteit uit te leef; op die maat van musiek bring jy eer aan God.

K’RANT

08:00-09:00 in die konsistorie; Vrydae bid besigheidspersone by SIP koffiewinkel 06:00 tot 07:00. Dan is daar ʼn WhatsApp gebedsgroep. Jy is welkom om enige tyd by enige van die geleenthede in te skakel. By die lewendige geleenthede, daag net op en om deel van die gebedsgroep te word, stuur jou naam + gebedsgroep na die kommunikasiekanaal. Ons plaas jou graag op die

groep. Die groepreëls is eenvoudig, slegs gebedsversoeke en gebedsterugvoer. Sou jy op ʼn ander tyd saam met ʼn groep wou bid? Kontak Chris Venter 062 948 9771 Het jy ʼn gebedsbehoefte of ʼn gebedsverhoring? Ons bid graag vir en saam met jou. Stuur jou versoek of getuienis na die kommunikasiekanaal of voltooi ʼn gebedsbriefie op die webblad www.ngwitrivier.co.za


UITGAWE

18

BLADSY

Ontferm jou oor ander In elke huis woon daar twee groepe mense – dié wat wil help, en dié wat hulp nodig het. Die helpers word huisleiers genoem en moet huur betaal. Die wat hulp benodig word inwoners genoem en word geborg of dra by vir die huur indien hulle werk. Alle inwoners is deel van die Echo gemeenskap, maar ook van die Witriviergemeenskap. Dit is waar ons as gemeente die huis se hande sterk maak deur betrokke te raak.

ECHO Jeugontwikkeling het ʼn huis in Witrivier! Die projek is welbekend aan die gemeente aangesien Ds Jaco Strydom ons al verskeie kere besoek het. Dit is ʼn droom wat waar geword het. Wanika du Plessis (083 296 0806) en Sarah-ann van der Watt is opgewonde om die huis se Die huis benodig die volgende: deure op 1 Oktober oop te maak vir  Nog 1 slaapkamer moet ʼn bed die eerste inwoner. Hul gaan die en meubels kry leuse “Don’t tell them Jesus loves  Matte, enige grootte en enige them, ‘till you are ready to love them kleur too...” uitleef.  ʼn Randsnyer vir die gras  Buitestoele  Nog 1 bank  Televisiestel

3

Hoe kan lidmate betrokke raak?  Kuier en eet weekliks saam met die huis. Die inligting sal deurgegee word.  Raak intensioneel betrokke by ʼn spesifieke inwoner deur bv. te help met vervoer of werk soek.  Vervoer as die inwoners dit benodig.  Help ʼn inwoner met verkryging van ’n bestuurderslisensie.  Leer die inwoners vaardighede aan deur bv. te help met die opstel van ‘n CV of begroting.  Spandeer tyd saam met inwoners – hulle het ʼn gemeenskap nodig.  Finansiële ondersteuning. Kan in 6:8 Centrum se bankrekening inbetaal word. Die opening en verwelkomingsfunksie word beplan vir vroeg in Oktober, wanneer Jaco Strydom en van die ander huise se leiers deurkom Witrivier toe. Hou die gemeente se kommunikasiekanale dop vir die uitnodiging, almal is welkom!

Omgee is ’n koepon ver vanger kan ’n koepon ruil vir een maaltyd by Engen Siyaya Numbi. Die waarde van die ete is meer as R40. Ons somme klop danksy borge wat die projek maandeliks ondersteun en dit vir elkeen moontlik maak om so ʼn Koepon vir Kos-boekie in jou motor of by jou voordeur te kan hou. As iemand by jou aanklop vir kos, gee gerus ʼn koepon en verduidelik dat hy/sy die ete enige tyd kan gaan kry by Engen in die Hoe gemaak? ʼn Boekie van 5 hoofstraat. koepons kos R150. Die ontKoepon vir kos is ʼn projek om, nood te verlig en om hulp en hoop te skep in iemand se lewe. “Die armes sal julle altyd by julle hê, en julle kan enige tyd wanneer julle so voel, aan hulle goeddoen.” (Markus 14:7a NLV) Goeddoen - goeie dade doen of lekker laat voel verduidelik die verklarende woordeboek. Dit is presies wat gebeur as jy ʼn Koepon vir Kos in iemand se hande plaas.

Die boekies is by die kerkkantoor beskikbaar. Wees deel en stil iemand se hongerpyne. As jy vrae het, kontak gerus vir ds. Eddie of Antoinette by die kantoor

Kyk alles het nuut geword. Die dag breek met die goue glans van hoop.

Geniet die lente!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.