OaseNuus Sondag7 Oktober 2018

Page 1

OaseNuus

Sondag 7 Oktober

Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes en kan op verskeie maniere uitgeleef word. Sondae is een daarvan - die geur van vars koffie wat reeds vroegoggend die KoffieOase vul met die aroma en vriendelikheid van die span wat dit bedien. Koffie en kuier is sinoniem en veral na die erediens is dit die plek waar almal saamkom. Kom kuier, ontmoet nuwe mense of gesels sommer oor die wel en wee saam met ou bekendes. Ook hier ontvang ons graag nuwe lidmate na die erediens. Kom skakel in, vertel ons waar jy woon en waar jy jou passie wil uitleef in die gemeente.

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Sterkte met die laaste skof van 2018!


Maandag 8 Oktober 10:00 11:00 16:00 18:00

Gebed - Bid vir SA Koskasvergadering GriefShare Eiendomsbedieningverg.

Saterdag 13 Oktober

AP Kerk Sloweld Potjiekoskompetisie Castebridge Konsistorie Maandag 15 Oktober Sitkamer 16:00 GriefShare Sitkamer Konsistorie 18:00 Lente in jou huwelik Bovertrek

Dinsdag 9 Oktober 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Finansiële Bedieningverg. DivorceCare

Dinsdag 16 Oktober

Konsistorie 08:00 Gebedsbyeenkoms Kerk 17:00 Lofdans Konferensie 18:00 Bedieningsvreugde Sitkamer DivorceCare

Woensdag 10 Oktober 10:00 Kreatiewe vers

Konsistorie Kerk Bovertrek Sitkamer

Woensdag 17 Oktober

Bovertrek

Donderdag 11 Oktober

10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Donderdag 18 Oktober

09:30 Care Buddies vergadering Bovertrek 18:00 Omgeeleierstoerusting 18:00 Kerkraadsvergadering Konsistorie

Kalender

Voorportaal

2019

Kalender 2019 loer reeds vir ons...

Ten minste 25 items

Koop vir Kerstyd vir jou werkers of iemand in nood ʼn en

NOU!

Vorms by die kantoor.

Sluitingsdatum is 31 Oktober

Bestel voor

12 Oktober. Daar is

4 keuses h Gemeentekalender @ R55 h Lessenaarkalender @ R55 h A4 boekie @ R35 h A4 boekie @ R25 Jy kan bestel wat jou behoefte is en wat jou begroting toelaat.

Keuse + naam + Selnommer te e-pos na

Bestel deur jou:

nuus@ngwitrivier.co.za OF WhatsApp / SMS na 079 223 8321 OF skryf jou naam op in kantoor. Plaas asseblief net op een van dié mediums jou bestelling.

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 8 Okt

Susan Jacobs Boet Botes 9 Okt Lettie de Flamingh Nick & Petra Ackermann 10 Okt Miems de Kock

85 Verjaar 74 Verjaar 96 Verjaar 42 Huwelik 87 Verjaar

11 Okt At Hitge Bertie & Marina Burger 12 Okt Louise Grove Ansie Olivier 13 Okt Piet & Lena de Beer

79 Verjaar 49 Huwelik 93 Verjaar 76 Verjaar 56 Huwelik


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik

Begroot 850

800 750

700 650 600 550 500 R,000

450 400

350 300

250 200

150 100 50 0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies

r r

r r

r

r

r

Louisa (oud-lidmaat), wat moet skuif na Rubicon Ouetehuis. Haar hart is baie

seer daaroor. Ons bid dat sy sal vrede maak en dat die skuif goed sal afloop. “Bid asb. vir Erika en Tom, dat die Here hulle sal seën met die wonder van ‘n kind. Erika sukkel om swanger te raak.” Die Here ken die hunkering van ‘n vrou se hart al van Abraham se tyd af.. Mag Hy tog hierdie wonder vir hierdie mense gee en Hy volkome daarin verheerlik word. Ashley vra: “Bid vir my asseblief, ek is op soek na ‘n werk, verkieslik met verblyf ingesluit...” ‘n Vrou skryf: “Graag wil ek namens my man vra vir gebed: dat hy ‘n beter werksgeleentheid kan kry met beter vooruitsigte...”, die Here ken die detail van hierdie gebed en die omstandighede tans, mag Hy tog in detail en in Sy perfekte tyd voorsien en volkome verheerlik word. Monica Muller (Rustig Ouetehuis), wat in M-Care opgeneem is na ‘n beroerte, ons gebed is dat sy spoedig sal herstel en dat sy en haar geliefdes die vrede en liefde van God deurentyd sal ondervind. Rob se briefie vra eenvoudig: “Bid asseblief vir werk en blyplek...” Soveel van ons gemeentelede en hul geliefdes het dieselfde smeekgebed. Mag die Here elkeen se gebed hoor en verhoor in oorvloed, soos Hy vir sy kinders belowe. Magda vra gebed vir hul seun, Jaco Roux, hy is gediagnoseer met “Meyer Depressive Disorder” en ons vra dat die Here ons genadig sal wees om hom heeltemal te genees. Mag die Here sy gemoed lig maak en sy geliefdes toerus om


r

r

r

r

 

 

hom te ondersteun en dra, soos hy dit nodig het. Shirley vra dat ons sal bid vir haar en haar familie: die kinders asook kleinkinders, wat swaar kry tans. Mag die Here hulle as familie seën, dra en vashou in hierdie moeilike en uitdagende tyd en mag hulle beleef hoe Hy in detail sorg. Ons bid steeds vir Liana Kruidenier, wat weer hierdie week in die hospitaal opgeneem het vir knaende hoofpyne. Ons bid dat die spesialiste God se wysheid en leiding sal ervaar en reeds ‘n akkurate diagnose gemaak het sodat Liana behandel kan word en beter sal word. Ons bid ook vir Jan-Cor en klein Xian by die huis. Ons bid steeds vir Melanie Hall se sussie, wat in ‘n hospitaal in die Vrystaat is, sy laat weet: Sy kry nou aarvoeding, antibiotika en pynstillers. Haar bene is gelig in die dag, want daar is nog baie infeksie in die been en sy is steeds baie emosioneel, ons bly bid vir fisiese en emosionele genesing. Oom Piet en tannie Lena, oom Piet het in die week ‘n prosedure in die hospitaal ondergaan en ons bid dat die wond spoedig en volkome sal genees en vertrou ook vir ‘n goeie uitslag van die biopsie.

Vir die toewyding van almal by die koskas, hulle is ‘n groot seën vir almal en ons bid die Here se seën oor elkeen hier betrokke. Jurgens Grobler loof en dank die Heer dat hy weer ‘n werk gekry het, mag Hy die Here se hande en voete wees in hierdie omgewing waar Hy hom geplaas het. Rob verheerlik God deur te skryf: Dankie Heer vir U genade! Ons is dankbaar en loof die Heer na ons goeie nuus gekry het van Celia Wessels se sus, Nicola Keall, wat komplikasies gekry het na ‘n hartomleiding in Durban ondergaan. Celia laat weet: “Dit gaan baie beter. Dit was regtig “touch & go”, maar die Here het ons gebede verhoor. Sy is af van die ventilator en haar hart het nie skade opgedoen na die terugslag nie. Sy is nog in ICU maar is sterker elke dag!”

Van esther uit Masedonie Ons het die afgelope naweek so stil-stil gebid vir Ester en haar vriendin (Beti), wat ‘n konferensie in Masedonië bygewoon het, Ester laat weet via WhatsApp: “Thank you for all your prayers. The weekend was really good. She could attend most of it, even though she felt very ill in the first part of the conference. God is working, although slower than I hoped for. But His timing is perfect and I just have to abide in Him. This whole weekend was about seasons and abiding... So this is my season for waiting. I am trying to get her involved in a local Macedonian church and also into a bible study for non– or first time believers.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.