OaseNuus
Sondag 30 September
Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes en kan op verskeie maniere uitgeleef word. Sondae is een daarvan - die geur van vars koffie wat reeds vroegoggend die KoffieOase vul met die aroma en vriendelikheid van die span wat dit bedien. Koffie en kuier is sinoniem en veral na die erediens is dit die plek waar almal saamkom. Kom kuier, ontmoet nuwe mense of gesels sommer oor die wel en wee saam met ou bekendes. Ook hier ontvang ons graag nuwe lidmate na die erediens. Kom skakel in, vertel ons waar jy woon en waar jy jou passie wil uitleef in die gemeente.
Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Bitterheid maak die lewe galbitter Skriflesing: HebreĂŤrs 12:14-15
17:00 Lofdans Kerk Konsistorie 18:00 Finansiële Bedieningverg. Konferensie DivorceCare Sitkamer
Dinsdag 2 Oktober 08:00 Gebedsbyeenkoms
Maandag 8 Oktober
Woensdag 10 Oktober 11:00 Koskasvergadering Konsistorie 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek 16:00 GriefShare Sitkamer 18:00 Eiendomsbedieningverg. Konsistorie Donderdag 11 Oktober 09:30 Care Buddies vergadering Bovertrek Konsistorie Konsistorie 18:00 Kerkraadsvergadering
Dinsdag 9 Oktober 08:00 Gebedsbyeenkoms
Bestel
vinnig om teleurstelling te voorkom!
Kalender
2019
Kalender 2019 loer reeds vir ons...
Ten minste 25 items
Koop vir Kerstyd vir jou werkers of iemand in nood ʼn en
NOU!
Vorms by die kantoor.
Sluitingsdatum is 31 Oktober
Bestel voor
5 Oktober. Daar is 4 keuses
h Gemeentekalender @ R55 h Lessenaarkalender @ R55 h A4 boekie @ R35 h A4 boekie @ R25 Jy kan bestel wat jou behoefte is en wat jou begroting toelaat.
Keuse + naam + Selnommer te e-pos na
Bestel deur jou:
nuus@ngwitrivier.co.za OF WhatsApp / SMS na 079 223 8321 OF skryf jou naam op in kantoor. Plaas asseblief net op een van dié mediums jou bestelling.
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 1 Okt 2 Okt 3 Okt 4 Okt
Dewald Nel Henry Myers Paul & Marina Meyer Hansie Erasmus Doep & Silla du Preez Dirkie Heymans
40 Doop 58 Doop 47 Huwelik 81 Verjaar 48 Huwelik 88 Verjaar
5 Okt
6 Okt
Danie Kruger Hester Kruger Jan & Hendrien Botha Eddie & Annetjie Meyer CP & Pop Pretorius Liezel van Wyk
74 Verjaar 72 Verjaar 50 Huwelik 50 Huwelik 50 Huwelik 44 Doop
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Werklik
TOTALE DANKOFFERS PER MAAND
Begroot
850 800 750 700 650
600 550 500 R,000
450 400 350 300 250
200 150 100 50 0
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies
r
r
r
r
r
Norman Maguire wat in Mediclinic is na ‘n hartomleiding. Hy was steeds ernstig siek, op maksimum ventilasie en antibiotika, vir ‘n longinfeksie vroeër die week. Ons bly bid vir sy liggaam se genesing en vir wysheid vir sy dokters en versorgers. Dries Lombaard, wat Suid-Afrika toe gekom het vir ‘n beenmurgoorplanting. Nita het Dinsdag aand laat weet: “Nou ja. Dit waarvoor ons S.A. toe gekom het, gebeur more. Die skenker se selle kom vanaand en Dries kry die oorplanting 11:00. Ons vertrou vir ‘n suksesvolle oorplanting en spoedige herstel. Ons waardeer julle gebede en omgee. Liefde!” Tessa, Melanie Hall se oudste sus, wat in Virginia in die Vrystaat woon. Sy het erge infeksie in haar bene, sy slaap bitter min en het erge pyn. Hul huisdokter het haar Dinsdag laat opneem in die hospitaal vir ‘n Spesialis om die infeksie verder te behandel. Melanie skryf: “...my hart is baie seer vir my sussie, sy is my steunpilaar, gee altyd raad en is positief oor alles maar sy het erge pyn en is bang vir die hospitaal omdat sy my Pa en Ma versorg het toe hulle siek was...” Mag Tessa, haar geliefdes en die wat haar behandel en ondersteun wysheid en krag van die Here ontvang in hierdie moeilike tyd. Marthinett Reyneke en haar familie nadat hulle swaer laas week oorlede is na ‘n paar dae in die hospitaal, dit was baie skielik en ons bid die Here se troos oor Klaas se geliefdes in hierdie hartseer tyd. ‘n Briefie lui: Vanoggend se tema laat my aan Alfred dink, wat so ‘n swaar lyding deurgaan. Belinda en die seuns trek ook swaar. Hulle huis is steeds na ‘n jaar nog nie
r
r
r
r
r r
geregistreer nie. Hul een hondjie ly ook aan ‘n ernstige nierkwaal. Vir hulle voel dit of medisyne en die regstelsel hulle versaak. Maar hulle klou aan die Here. Kom ons bid saam vir hulle en hierdie moeilike, uitdagende situasie. Oom Piet de Beer, ’n operasie wat vir Vrydag geskeduleer is, hul wag tans nog vir Transmed vir goedkeuring. “Here, U is in beheer van die detail van die operasie en die mediesefonds, wil U oom Piet en tannie Lena omvou in hierdie onseker tyd. Mag hulle nou meer as ooit U nabyheid ervaar.” Ons dink spesiaal aan Ivan se familie, na sy afsterwe vroeër die week na ʼn kort siekbed. Hy is die koeksister en fudge-verkoper, wat bekend is aan baie in die dorp, hy het veral by die skole en met sportbyeenkoste verkoop. Nicola Keall, Celia Wessels se sussie wat ernstig siek is in Gateway hospitaal in Durban. Komplikasies het ingetree na ʼn hartomleidingsoperasie. Ons dink in die besonder aan hul hele familie in hierdie moeilike tyd. Laetitia Bull het Dinsdag ʼn heupvervangingsoperasie ondergaan, sy is Donderdag ontslaan en sterk tuis aan. Ons dra haar spesiaal op in hierdie tydperk van herstel, dat sy oorvloed geduld aan haarself sal betoon en dat sy volkome genesing sal ondervind nou met die minimum pyn en ongemak. Izet van der Watt se pappie wat die afgelope week oorlede is. Here, troos hul familie en wees hul baie naby in hierdie tyd van rou en afskeid neem. Ester vra uit Masedonië: Prayer request: My friend Beti and I will attend the ANA conference in Ohrid this weekend. I took her to the conference 2 years ago and she had a great experience. This time I am asking if you could intercede with me this weekend. I want her to have a Holy Spirit encounter so that she encounters Jesus, really start to understand that Jesus is Lord and can be known to understand what He sacrificed for us. We are leaving tomorrow and will return Sunday afternoon. The Ana conference is a Macedonian Woman's Christian conference for believers and non-believers.
Vir diegene vir wie ons laas week gebid het, wat ontslaan is uit die hospitaal en verder kan aansterk by die huis, in besonder dink ons aan Brandon Macaulay en Liana Kruidenier. Ons bid dat die medikasie en behandelings spoedig sal werk en dat hul volkome gesond sal word. Donderdagoggend laat weet Nita: ”Groot dankbaarheid. Dries het sy nuwe lewe beenmurgselle gekry en ons prys die Here vir Sy genade en hierdie tweede kans. Sê asb vir almal wat vir ons bid so baie dankie ons voel Sy krag en vrede en weet sonder Hom kan ons nie die pad stap nie. Nou moet sy liggaam die nuwe selle ervaar en die moeilike tyd is volgens dr n week na oorplanting. Ons vertrou dit was suksesvol en dat Dries n tweede kans het. Hy is v Ma af al in isolasie en nog daar vir vlg 2 weke. Sê asb vir almal wat so omgee en ons dra in hierdie tyd en die pad saam met ons stap hulle is baie kosbaar en ons kan nie genoeg dankie sê vir almal se ondersteuning nie. Mis julle. Liefdegroete.