OaseNuus 14 April 2019

Page 1

Sondag 14 April

Filippense 2:2-11


Spesiale welkom op Palmsondag. Mag jy gedurende hierdie Paastyd die lydingspad opnuut stap saam met Jesus en Hy vir jou nuwe merkers in jou geestelike lewe gee. Die Heilige Paasweek begin vandag en ons nooi almal om elke aand die pad saam te kom stap tydens die eredienste. Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Die TWEEDE kruiswoorde

En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. ( Lukas 23:43) Die SEWENDE kruiswoorde

En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor!

Die DERDE kruiswoorde

Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” (Johannes 19:27) Die VIERDE kruiswoorde

(Lukas 23:46) Die SESDE kruiswoorde

Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?"Dit is: My God, " my God, waarom het U My verlaat? (Matteus 27:46)

Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: "Dit is volbring!"

Die VYFDE kruiswoorde “Ek is dors.” (Johannes 19:28)

Johannes 19:30

Heilige Paasweek 14 April 15 April 16 April 17 April 18 April

18:00 18:00 18:00 18:00 18:00

Paasoordenking Paasoordenking Paasoordenking Paasoordenking Paasnagmaal en Bybelse ete

19 April 20 April 21 April

08:30 06:00

08:30

Goeie Vrydag-erediens Stil Saterdag Sonsopkoms by Hoërskool Rob Ferreira paviljoen Opstandingserediens


Palmsondag

Ons almal ken die verhaal van Palmsondag, Jesus se intog in Jerusalem. Min van ons besef dat daar daardie dag TWEE intogte in Jerusalem was. Marcus Borg en John Dominic Crossan se boek, “The Last Week”, het vir my dié liggie laat opgaan.

Die een ken ons. Jesus wat Jerusalem vanuit die Ooste op die donkievul inry. Die klere en palmtakke wat op die pad voor die donkie neergegooi is. Jesus wat van die klein, armoedige dorpie, Nasaret, was, met ‘n boodskap oor die Koninkryk van God, gevolg deur meestal arm mense. Jesus en sy dissipels het na Jerusalem gekom vanaf Galilea, so 160 km noord van Jerusalem. Vanuit die weste is daar nog ‘n optog, een wat die mense van Jesus se tyd goed geken het, maar wat vandag minder bekend is. Die Romeinse goewerneur, Pontius Pilatus, kom die stad binne vooraan kolonne kavellarie en soldate. Pilatus het in Sesarea gewoon, so 100 km wes van Jerusalem. Met groot Joodse feestye het die goewerneur dan Jerusalem toe gekom in geval van moeilikheid. Sy gevolg soldate het dan ook die garnisoen in Jerusalem versterk.

Paasfees

Tussen die twee optogte kon daar seker nie ‘n groter verskil gewees het nie: Q Jesus op ‘n donkievul. Saal gemaak van klere. ‘n Kleinerige groepie juigende mense wat hulle klere en palmtakke voor Hom op die pad neergooi. Q Vanuit die weste die imperiale optog, ‘n toonbeeld van mag en krag. Kavellarie op perde, voetsoldate, gepoleerde leerpantser, glinsterende helmette, goue arende op baniere – maar ‘n skare wat die onderdrukker stil aanstaar. Menigte staan en staar na die kruis. Onder die skare met gebalde vuis. Woedend kreet hulle: "Kruisig Hom!" En Hy staar na die skare, sonder verwyt, stom. Bleek is Sy gesig, Sy mond is droog.

Daar is egter ‘n verdere, baie belangrike, verskil. Pilatus se optog vertoon nie net die imperiale Romeinse mag nie, maar ook die Romeinse godsdiens. Reeds met Augustus, 31VC, is die keiser as goddelik aangesien en in die amptelike staatsgodsdiens aanbid. Inskripsies verwys na Augustus as “seun van god”, “here” en “redder”. Alhoewel Tiberius wat na Augustus keiser geword het, en toe in die tyd van Jesus keiser was, nie so baie gemaak het van die keiseraanbidding as Augustus nie, was dit nog steeds, 10-15 jaar na Augustus se dood, die amptelike staatsgodsdiens.

Hierteenoor is die, by vergelyking, armoedige optog van Jesus, “Seun van God”, “Here” en “Redder” uit die ooste. Jesus se optog is nie net ‘n kompeterende intog nie; dit gaan ook oor ‘n kompeterende godsdiens! Die evangelieskrywers het dit baie duidelik verstaan! In Jesus se hele intog sou ‘n Jood van daardie tyd dadelik Sagaria 9:9 raakgesien het: “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie.” Jesus se intog is ‘n doelbewuste vervulling van die profesie in Sagaria en dit sou nie ongemerk verbygegaan het nie. Pilatus kom die stad binne as heerser, met vertoon van wapens en mag en krag. Jesus kom die stad binne as vervulling van ‘n profesie as koning, maar ‘n koning wat, volgens die res van Sagaria, van oorlog ontslae sal raak, wat vrede sal bring, waarlik die Vredevors teenoor die oorlogsvors! Bron: Deon se blog

"Red jouself van die kruis klim af, poog." Moeg sluit Hy Sy oë. Sy moeder en broers, krom, bewoë. Toe Hy dors is, word suur wyn as water aangebied. Pyne bly deur Sy deurboorde hande en voete skiet. Vog bly uit die sy wond vloei,

terwyl Sy doringkroonwonde pynlik bloei. Genadig word die laaste asem uitgeblaas, nadat Hy prewel "Dit is volbring" oplaas. Sy gebroke liggaam hang aan die kruis vir my en jou. Sy bloed gestort vir ons sonde berou.


Stil Saterdag Die geskiedenis vertel dat gelowiges reeds in die tweede eeu n.C. op hierdie Saterdag tussen Goeie Vrydag en Opstandingsdag gevas het. Die vas het, gewoonlik ter voorbereiding van die viering van Jesus se opstanding, op ‘n nagwaak uitgeloop. Ons sou op hierdie dag kan vas van iets waarvoor elkeen baie lief is, byvoorbeeld koffie, biltong, sjokolade, die koerant, visvang of enige iets wat ons normaalweg op hierdie dag sou geniet. Die uitsluitlike doel moet wees om, wanneer ons verlang na dit waarvan ons ons tydens die vas weerhou, te onthou van die offer wat Jesus gebring het. Hierdie verlange word gestil – of minstens hanteer – deur ruim tyd in gebed deur te bring. Tradisioneel was stil Saterdag ‘n dag vir treur- en boetegebede wat knielend gebid is. Ons sou ook hiervan ‘n dag van introspeksie, skuldbelydenis en nadenke oor ons geloofslewe kon maak. Ons almal kan waarskynlik aan talle psalms dink om ons gedagtes vir hierdie doel te stimuleer. Verder het gelowiges se treur- en boetegebede op Opstandingsondag plek gemaak vir jubelsange en jubelgebede wat staande gesing en gebid is. Doen moeite om klem te lê op lofprysing in die Opstandingserediens. Hoewel my ervaring is dat baie 21ste eeu mense maar skrikkerig vir alleenwees en stilte is, kan die waarde van ‘n “dag alleen in gesprek met die Here” – stil Saterdag – nie oorbeklemtoon word nie. Ons kan ook: † tuis bly † nie radio’s of TV’s aan skakel of na musiek luister nie † op eie gedagtes konsentreer † om die minimum gesprekke met gesinslede te voer † eenvoudige maaltye wat vooraf voorberei is, eet † slegs die Bybel lees en daaroor nadink en bid. Lees sommer ‘n hele Evangelie deur. Persone wat daarvan hou om visueel en simbolies gestimuleer te word, kan iewers in hul huise ‘n eenvoudige kruis op ‘n strategiese plek plaas waar almal dit ‘n hele paar keer deur die loop van die dag sal raaksien. Die kleur wat met stil Saterdag geassosieer word, is swart. Die kruis kan dus in swart gedrapeer word. ‘n Mens sou op hierdie dag ‘n swart kledingstuk kon dra, of ‘n gordyn of blinder sou vir die hele dag toegetrek kon bly sodat (byvoorbeeld) die leefvertrek van die huis die hele dag donker bly. In kontras met die donkerte kan ‘n kers of kerse gebrand word om as simbool te dien van die lig wat nooit uitgedoof word nie, al lyk dinge ook hoe donker. Bron: Artikel van Ds Jaco van Niekerk uit Kruisgewys

Sonsopkoms byeenkoms

Kom geniet die oomblik as die son opkom. Ons kom vanaf 6:00 op die paviljoen van die Hoërskool bymekaar.. Son kom 06:14 op

Ons jubel oor ons Koning wat opgestaan het. Dra wit klere na die erediens


WAT HET ALLES TYDENS DIE OPSTANDING WERKLIK GEBEUR? 1. 2. 3. 4. 5.

Deur die kruisiging en die opstanding is die mag van die dood oorwin. Matteus 27:52-54. Die mag oor sonde is verbreek. Hebreërs 9:22 Hy het oor die magte en owerhede van hierdie wêreld kom triomfeer. Kolossense 2:15 Die sleutels van die doderyk is oorgeneem. 1 Korintiërs 15 word die vraag duidelik gestel waar die oorwinning van die dood in lê. Dan bevestig Paulus dit dat dit in Christus is. Hy het aan ons nuwe lewe kom bied wat sal voortduur tot in alle ewigheid, en dat ander ook sal opstaan. Dit gee aan ons die blye wete dat soos Hyself bevestig het dat Hy sal opstaan, so sal Hy weer kom. Johannes 14. Hy het vir ons 'n nuwe plek kom berei. Daarom sê Joh.8:36 "As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees."

BEWYSE VIR DIE OPSTANDING: 1. 2. 3.

Die leë graf. Matteus 28:6 Die getuienis van Engele. Matteus 28:6 & Lukas 24:5-7 Mense wat met Hom gepraat het na die opstanding: Petrus, Maria, Cleopas, en Thomas ens. Lukas 24:36-43 4. Jesus het geëet en gedrink en het sy wonde gewys, na die opstanding. 5. Die 500 wat Hom gesien het. 1 Korintiërs.15:6 6. By die steniging van Stefanus in Handelinge 7:56 7. Deur Johannes op Patmos. Openbaring 1:10-19 8. Vir Paulus op die Damaskuspad. Handelinge 9:5 9. Deur die getuie van miljoene deur die geskiedenis wat Hom as die opgestane Heiland oor sonde ervaar het. 10. Deur baie tekens onder andere die hemelvaart. Handelinge1:3


Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.

Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Laerskoolkinders Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder Stad op die berg-erediens leiding van Christine in die Bovertrek Vanaand 17:00 aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul Geen erediens nie. Ons skakel by die Heilige Paasweek in. gemak is.

Rustig kollekte by die deure

Hierdie boek van Jaco is beskikbaar by die kantoor @ R140,00

Ons sê DANKIE vir… DIE KRUIS… wat ons hierdie Paastyd kan vier… Sy offer… Sy liefde… Sy verlossing en SY OORWINNING!!! Dit is waar ons krag lê… Dit is waarin ons glo… want DIT IS ONS GOD: ‘n Drieenige God wat verlos, oorwin & Wie se liefde vir ons & ons nageslag vir ALTYD aanhou!


Vrydag 19 April

\

Sondag 14 April 18:00 Heilige Paasweek-erediens Ouditorium

08:30 Goeie Vrydag-erediens

Maandag 15 April

Saterdag 20 April

Dinsdag 16 April

Sondag 21 April

Stil Saterdag

18:00 Heilige Paasweek-erediens Ouditorium 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 18:00 Heilige Paasweek-erediens Ouditorium

Woensdag 17 April 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek 18:00 Heilige Paasweek-erediens Ouditorium

Donderdag 18 April 18:00 Paasnagmaal & Bybelse ete Kerksaal

Opstandingsondag 06:00 Sonsopkoms-byeenkoms by Rob-paviljoen 08:30 Erediens Ouditorium \

Dinsdag 23 April

08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare

Klere Komberse Kussings Eetgerei

Skoene Linne Kastrolle “Utensils”

Bring gerus kantoor toe.

Konsistorie Ouditorium Gebedskamer

Woensdag 24 April 10:00 Kreatiewe vers

Ons help nog om die nood in Mosambiek te verlig

Ouditorium

Bovertrek

Geestelike groei gesprekke deur Ds Nati

30 April Hoe groei ʼn mens geestelik? 6 Mei Hoe beleef ʼn mens God? 14 Mei Ontdek jouself? 21 Mei Geestelike dissiplines 28 Mei Hoe praat ʼn mens oor Jesus? Daar is slegs 12 sitplekke en begin 18:00 SMS/WhatsApp watter kursus en jou naam na 079 223 8321

Rustig Haarsalon benodig vrywilligers wat Woensdae 07:00 - 10:30 in hulle vreugde te kom deel as hulle die inwoners van Rustig bedien.

Vaardighede: hare indraai, droogblaas en as jy kan sny, is dit ʼn bonus. Navrae: Hannatjie du Plooy 072 563 7823

14 April Sias Stoltz 70 Verjaar Ben & Sonja Lombard 48 Huwelik 15 April Gert Coetzee 75 Verjaar Frik Taute 70 Verjaar 17 April Kitty van Heerden 83 Verjaar Hettie Oosthuizen 72 Verjaar Neels & Marina Venter 43 Huwelik 18 April Kotie Botha 72 Verjaar Tienie Saad 72 Verjaar Wessie & Riena vd Westhuizen 49 Huwelik 19 April Maria Schoeman 62 Belydenis


Gebed

Mavilamahle Handwerkprojek in Masoyi

HOE OM

BETROKKE TE RAAK BY GEBED Die gebedsbediening wil graag sien dat alle lidmate op die een of ander vlak deel word van die bediening. Enige persoon wat wil saambid is welkom om by die gebedsbyeenkomste in te skakel.

WANNEER 1. 2.

KAN EK KOM SAAMBID? Dinsdae 08:00 Konsistorie Ons wil ʼn aandbyeenkoms skep. Wil jy inskakel? SMS / WhatsApp jou naam en jou “voorkeur” dag en tyd na gemeentenommer 079 223 9321 of Bel Chris 062 948 9771

Dankbare dankoffers

Projekleier: Hester Loubser 082 926 8972 Dinsdae is ʼn vreugdedag, ʼn dag om te dien en vroue te sien glimlag. “Daar gaan ek elke week verkwik weg.” sê Hester. Word deel van hierdie projek op die volgende wyses: Gee van jouself! Word deel van die weeklikse uitreik, veral as admin jou gawe is, sal jou bydrae Hester help. Gee van jou goed! Skenk wol, hekel-, katoengare of enige iets wat die vroue kan gebruik.

Verryk jouself deur te dien! Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.

Bydraes: Werklik teenoor Begroot

R'000 1200 1100 1000 900 800

700 600

500 400

300 200

100 0

-100 -200

-300 Mrt '19

Tot 10 Apr '19

Mei '19

Werklik

Kwartaal 2

Begroot

Sep '19

Okt '19

Nov '19

Kwartaal 4

Tekort Mrt - Apr

Kontak Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


Tien gesprekspunte waarby jy betrokke kan raak en saam ʼn verskil maak. Hoe kan ons verseker dat die Woordverkondiging in ons gemeente altyd relevant bly? Hoe verskerp ons die gemeente gerigtheid na buite?

Chris Kotzé 082 465 2476 Wanika du Plessis 083 296 0806

Watter redes sou kon aanleiding gee dat kerke se lidmaatgetalle kwyn, en hoe voorkom ons dit in ons gemeente?

Elzette Krüger 082 446 2282

Hoe begelei ons mense om in hulle verbintenisse met die Here en hulle onderneming teenoor die gemeente, te verdiep?

Woudi von Solms 082 598 7911

Hoe voorkom ons dat daar ooit interne faksies of “clicks” in ons gemeente ontstaan?

Frans van Wyk 082 570 1868

Hoe kan ons die gemeente se kampterrein, Ella Combrink, optimaal benut?

Theo de Beer 076 103 5660

Hoe kan die gemeente tegnologie en sosiale media in hierdie veranderende tye, kreatief en inspirerend – en gelyktydig verantwoordelik – gebruik?

Amanda Brugman 082 339 6465

Hoe kan ons die funksionering van omgeegroepe in ons gemeente, prioriteit maak?

Paul Roelofse 082 464 1548

Wat is die impak van Witrivier se veranderende demografie op ons gemeente, en watter geleenthede bied dit ons?

Nati Stander 082 216 3710

Op watter manier kan ons die verbrokkeling van families bekamp, en mense wat daardeur geraak word, bedien?

Jan Bodenstein 083 299 0941


Gebedsfokus Ons bid & sê dankie..  

 

A

My Here, ek bid vanoggend vir ‘n goeie en eerlike werksgeleentheid, vir my en ook vir elke ander persoon daar buite wat in vertroue wag. Dankie Here! Celeste Kotze (dogter van Louise & Chris), wat Maandag oggend ‘n operasie ondergaan het aan haar regteroog. Ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid vir die herstel van die oog. Mag die Here Celeste se liggaam en gedagtes aanraak en Sy wonderwerke en vrede gee. Bid vir ‘n student (my kind) om vriende te maak, sy is baie alleen. Bid ook dat al ons jongmense beskerm sal word en gelei sal word om die regte keuses te maak. Tannie Pienkie, wat gediagnoseer is met nuwe kankergewasse. Sy ervaar steeds baie pyn en ongemak onder andere wanneer sy probeer eet. Mag die Here haar liggaam aanraak en genesing bring en mag Hy haar gedagtes lei in geloof en vertroue. Louise Kotze getuig: Dankie aan ‘n getroue, liefdevolle Vader! My ouers trek Witrivier toe! Wanneer ons as mense opgee, kom God en gee vir ons ‘n wonderwerk! Loof en prys die Here!

WAS JY OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Stuur e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za of SMS/WhatsApp 079 223 8321

Ons bid vir ons Sendelinge Ester & Danie in Masedonië

Na 3 ure en nogal baie vriendelike mense, het ons die verblyfpermitvorms ingegee en kan ons verblyfpermitte oor so 2-3 weke afhaal. Cherenii het die “brug gebou”. Hulle wou weet waar is haar aansoek en ons sê toe, maar sy is Masedonies, toe het almal daar baie vriendelik gehelp. Selfs die vrou, wat laas so kort-af was met Danie het haar opgetel en met haar gespeel. Ons sal binnekort ‘n nuusbrief stuur en ons planne vorentoe uitlê. Ons is almal doodmoeg na die dag, dit voel nie so lank nie, maar die stres en emosie maak dit ‘n lang dag. Dankie vir al die gebede.

Die Peatzholds in Jeffreysbaai

Christiaan het uit VSA kom kuier, ons deel in Alfred en Belinda se vreugde en is saam met hulle opgewonde. Mag die Here baie kosbare oomblikke gee.


Colin & Pat in die Strand

Hello dear friends and prayer-supporters,

Since December we have faced all the usual “health issues’ that 70-plus folks face. I would call these the normal routine – dentists, physiotherapists, audiologists etc. However, late January, Colin woke up one night with severe pain in his right lung when breathing. Pain tablets did not bring much relief and it became so painful I decided to take him to Emergency. We committed the situation to the Lord and on arrival found the doctor on call had been at our church that Sunday morning. Colin was admitted after a chest X-ray and later had a CT Scan. This showed considerable inflammation in the painful area, but the specialist was concerned about “something” under the inflammation, which could not be seen clearly. Colin was treated in hospital for four days and told to come back in a month’s time for a follow-up scan to see if this “something” was still there and could be diagnosed. This past month has been a huge experience of trusting our Lord through difficult times. The scan on 18th February showed a typical primary growth with enlarged lymph glands and we were given the diagnosis that no one wants to hear. Surgery was scheduled for 27th February to remove the lobe of the lung. We committed the whole situation to our Father. Colin asked others to pray, firstly that God would be glorified either through the way we handled this and that we would be given grace to face each day, or that we would praise Him for healing. At the commencement of surgery three biopsies were taken and no cancer cells were found. The surgeon was able to remove just the growth, which was found to have extended into both lobes of the lung. Colin is making a good recovery and we are very thankful for so many prayers on our behalf. Last Wednesday (27th March), Colin had a follow-up colonoscopy and the surgeon removed more polyps, which appeared again to be pre-cancerous, but we are waiting for the full pathology report next week. We have been told he will need this procedure six monthly for a year or two to keep a check on this. Since the Lord has given me (Colin) “extra time”, I knew it was not just to sit around and smell the roses so I have accepted the request to be a deacon in the church. (A position I refused previously “because of my age!!”) These events put on hold our plans to visit my (Pat’s) family in England, but it seems that, through God’s grace, we shall still be able to go. There are several family celebrations this year and it will be wonderful to be together. I shall be 80 this year and am still fit and capable of doing so much, for which we are both very thankful. Also, my son-in-law David, has his 50th birthday and he and my daughter Reinet celebrate 25 years of marriage.


How quickly the years go by and we can look back on memories of so many happy times with so many of you and would love to visit you as well! However, our budget cannot manage that, now that we are retired, so we shall continue to pray for you as you pray for us. Thank you all for your prayers. May God bless you and continue to make you a blessing to others around you – and further afield. Thanks too, to “Blessing” for your gift. Always much appreciated! About the effects of Cyclone Idai in Mozambique, Zimbabwe and Malawi: We hear from our missionaries much more of the devastation than one hears on the news. The total destruction of villages in various areas is revealing the tragic loss of life and livestock – far greater than reported numbers. Cholera is spreading rapidly and many areas can only be reached by helicopter. From Mark and Lesley: “The Beira-Chimoio floods needs immediate action. Mark is leaving me in Inhambane to finish training the 14 evangelists, and going back to XaiXai to repair and load an old water filter from the 2000 floods ... its a monster machine. Then he will come up with whatever other blankets and 200 litre water drums he can load with tools to cut them into mini septic tanks - first stop our friend Jac's farm, housing 1000 people on his veranda and in the mango packing sheds... danger of contaminating the ground water is great... cholera is a huge risk. Over a thousand people are feared dead ... 90 percent of Beira city is destroyed (third largest city in Mozambique)...” The newsletter from Jaco and Inge is particularly descriptive of the situation (dit was in verlede week se OaseNuus). Now it’s time to close and once again say a huge “thank you” to all who have been supporting us in prayer and giving. We do hope to keep in contact more regularly during the coming days. With our love,

Pat and Colin


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee SOEK VERBLYF Anthonie (23 jaar) met sober gewoontes, lief vir draf lees en fliek. Soek woonstel, gemeubileerd sal wonderlik wees, vir 5 maande. Hy het 1 April begin met internskap in Witrivier. Kontak: Barene (sy ma) 082 327 1778 WERK BESKIKBAAR Kantooradministrasie pos beskikbaar by Rustig Aftreeoord. Moet beskik oor kennis van finansies en Microsoft Word & Excel. Stuur CV na: rustig.bestuurder@savf.co.za SOEK WERK Betroubare bediende, is beskikbaar op Woensdae. Sy ʼn Christen, stil en Afrikaanssprekend. Kontak: Annetjie 082 870 0080

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Navrae: Annalise 082 958 3874

Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.

Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Manie 071 930 7853 vir ʼn afspraak

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND. Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Magda 082 498 4256

Dame soek algemene kantoorwerk, is rekenaargeletterd en ook bereid om te leer. Kontak: Carina 079 273 5871 Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of e-pos nuus@ngwitrivier.co.za. Advertensies moet Woensdae 09:00 in wees. GEEN te koop of ruil transaksies nie.

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder

wat hulle doen, kontak of gaan kuier vir hulle.

Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.