Opstandingsondag
Baie welkom by OPSTANDINGSONDAG erediens. Mag jou ontmoeting met ons Vader vanoggend ‘n besondere ervaring wees.
HY HET OPGESTAAN EN HY WAG VIR JOU Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’ Mat 28:7 Toe die vroue by die graf kom, vind hulle dit leeg. Die klip was weggerol, nie om Jesus uit te laat nie, maar om mense in te laat – om te sien dat Hy waarlik opgestaan het. Die engel se boodskap is dat Jesus leef en dat Hy sy dissipels in Galilea sal ontmoet. Waarom dan Galilea? Wel, hulle was almal Galileërs, en na die vreeslike gebeure in Jerusalem sou hulle werklik graag huistoe wou gaan. Galilea was egter ook waar alles begin het – en
nou was dit nodig dat Jesus weer met hulle daar begin. By die See van Galilea het Hy hulle die eerste keer geroep – en nou sou Hy hulle weer daar gaan roep. Soms moet ons weer begin met die Here. Soms moet ons terugkeer na die begin, toe alles nog vars en nuut en wonderlik was, toe sy nuwe lewe nog deur ons gebruis het. Daardie kragtige en oorwinnende nuwe lewe bestaan steeds – dit is die boodskap van Paasfees! Jy moet net teruggaan en Hom weer gaan ontmoet, sy nuwe lewe weer gaan ontdek! Hy wag reeds daar vir jou. Jimi le Roux
BEWYSE VIR DIE OPSTANDING 1. Die leë graf. Matt.28:6 " 2. Die getuienis van Engele. Matt.28:6 & Luk.24:5-7 3. Mense wat met Hom gepraat het na die opstanding: Petrus, Maria, Cleopas en Thomas ens. Luk.24:36-43. 4. Jesus het geëet en gedrink en het Sy wonde gewys, na die opstanding 5. Die 500 wat Hom gesien het. 1 Kor.15:6. 6. By die steniging van Stefanus in Hand.7:56. 7. Deur Johannes op Patmos Openb.1:10-19. 8. Vir Paulus op die Damaskus pad. Hand.9:5. 9. Deur die getuie van Miljoene deur die geskiedenis wat Hom as die opgestane Heiland oor sonde ervaar het. 10. Deur baie kentekens onder andere die hemelvaart. Hand.1:3.
www.jimileroux.com
Fokus op G E B E D Ons vra en sê dankie r
Natie van Staden en sy gesin (van Hazyview), nadat hul 26jarige seun (Gerhard) laas week oorlede is. Ons bid dat die Here Sy vrede en troos sal bring in hierdie hartseer tyd.
r
Frikkie Roux, wat Dinsdag ‘n operasie ondergaan het om ‘n veloorplanting in sy nek te doen (na die groot operasie wat hy vroeër gehad het om kanker uit sy gesig en limfkliere ty verwyder). Frikkie en sy geliefdes gee alle eer aan die Here vir die wonderlike herstel en ons glo dat die operasie ook ‘n sukses was en dat die veloorplanting pragtig sal herstel.
r
‘n Anonieme briefie vra: “Tree asb. in by die Here vir ons finansiële omstandighede. Op 70jarige ouderdom het my man dringend ‘n werk met goeie inkomste nodig. Hy is ‘n “professionele afgetredene” en ons het geen ander inkomste nie…” Mag die Here tog in detail en spoedig voorsien aan hierdie belangrike versoek van Sy kinders.
r
Ons bid vir al ons senior burgers, daar is baie wat swaar kry, nie net fisies en emosioneel nie, maar ook finansieel. Mag die Here voorsien aan elkeen se behoeftes in Sy perfekte tyd en in Sy oorvloed, soos Hy vir ons beloof in Sy Woord (Joh.10;10)
t
Sonique skryf: “Bid asb. vir my maatjie Mieka Marais, wat oorlede is, se ouers — hulle is baie hartseer”, mag die Here hierdie gesin in hierdie diep rou bystaan en vertroos.
r
Glenda Cilliers, sy is opgeneem in Nelspruit MediClinic met ’n maagseer wat erge pyn veroorsaak. Sy sukkel ook nou met haar longe en is tans in I.C.U. Mag die Here vir Glenda aanraak en haar na liggaam en gees versterk en oprig.
r
Cilla Bealle, wat geval het en haar bene net bo die enkel gebreek het, sy is Maandag geopereer en ons bid en glo dat die operasie ’n sukses was en dat die Here haar en haar kinders sal lei in geduld en genesing. Ek dank die Here dat ons werklik “aanbidding” in ons gemeente beoefen. Die lofprysing en prediking is vir God offers van lof. Daar heers liefde en ons ervaar dit! Dankie Heer! Marthinett Reyneke, wie se handoperasie so goed afgeloop het, mag die Here volkome herstel nou gee. Die goeie reën laas week!
A
A A
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (079 292 9545) te kontak of SMS/WhatsApp na gemeente nommer (079 223 8321)
Ek sien die water drup op jou voorkop: In die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Ek kyk na die Here op om by Hom hulp te vra in hierdie taak wat Hy aan my opdra. God het Sy water oor jou gegiet om jou daarmee te seën. Ons as ouers word gebied om Hom te vrees en te glo dat Hy altyd by jou sal wees. Nederig staan ons hier voor U, van alle waardigheid gestroop. In my keel is daar ‘n knop wat stu, oor my wange is daar trane wat loop, in my hart is daar onbeskryflike hoop. Hoop vir jou, my kind, dat jy die regte pad sal vind, want God het jou aan ons toevertrou en deur geloof aan ons gebind. Ronel Louw
Like” ons by
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321