OaseNuus vir Opstandingsondag 21 April 2019

Page 1

Sondag 21 April


Baie welkom by OPSTANDINGSONDAG-erediens. Mag jou ontmoeting met ons Vader vanoggend ‘n besondere ervaring wees.

Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.

Die Gekruisigde lééf. Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai. Geen Kleuter-erediens

Laerskoolkinders Stad op die berg-erediens Geen erediens nie.

Geestelike groei gesprekke deur Ds Nati

30 April Hoe groei ʼn mens geestelik? 6 Mei Hoe beleef ʼn mens God? 14 Mei Ontdek jouself? 21 Mei Geestelike dissiplines 28 Mei Hoe praat ʼn mens oor Jesus? Daar is slegs 12 sitplekke en begin 18:00 SMS/WhatsApp watter kursus en jou naam na 079 223 8321

Vir die eerste gelowiges – bevreesde vroue, diep teleurgestelde dissipels, twyfelende tomasse, ja, almal wat ná Golgota maar weer sonder hoop padlangs wou voortsuiker – vir húlle verander dié nuus alles radikaal. Alles word dramaties, opnuut net mooi op die kop gekeer. Want sy beloftes was dus tóg waar! … Hulle het Hom dus tóg nie vergeefs gevolg nie. Hulle drome tóg nie ydel en leeg nie… Sy gelykenisse het dus tóg die wêreld herbeskryf soos wat dinge wáárlik is! Sy werke was dus tóg die eerste vooraf trillings van ‘n wonderbare kosmiese wedergeboorte wat kom. Sy prediking was dus tóg vol gesag, waarheid en krag! God is dus tóg oneindig liefdevol en genadig. God gee dus tóg om, ook vir die eenvoudiges en hulpelose … Vir enkele verskriklike dae het dinge anders gelyk – maar na Jesus se opwekking sal niks ooit weer dieselfde wees nie. Alles staan skielik in ‘n ander lig; alles is onherroeplik op die kop gekeer. Wanhoop verander in hoop; moedeloosheid slaan om in oorvloedige lewe, radeloosheid wyk voor roeping ~ Dirkie Smit ~ Uit: Die Groot Aanhalingsboek


Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’ Mat 28:7 Toe die vroue by die graf kom, vind hulle dit leeg. Die klip was weggerol, nie om Jesus uit te laat nie, maar om mense in te laat – om te sien dat Hy waarlik opgestaan het. Die engel se boodskap is dat Jesus leef en dat Hy sy dissipels in Galilea sal ontmoet. Waarom dan Galilea? Wel, hulle was almal Galileërs, en na die vreeslike gebeure in Jerusalem sou hulle werklik graag huistoe wou gaan. Galilea was egter ook waar alles begin het – en nou

was dit nodig dat Jesus weer met hulle daar begin. By die See van Galilea het Hy hulle die eerste keer geroep – en nou sou Hy hulle weer daar gaan roep. Soms moet ons weer begin met die Here. Soms moet ons terugkeer na die begin, toe alles nog vars en nuut en wonderlik was, toe sy nuwe lewe nog deur ons gebruis het. Daardie kragtige en oorwinnende nuwe lewe bestaan steeds – dit is die boodskap van Paasfees! Jy moet net teruggaan en Hom weer gaan ontmoet, sy nuwe lewe weer gaan ontdek! Hy wag reeds daar vir jou.

Gebed

HOE OM

BETROKKE TE RAAK BY GEBED Die gebedsbediening wil graag sien dat alle lidmate op die een of ander vlak deel word van die bediening. Enige persoon wat wil saambid is welkom om by die gebedsbyeenkomste in te skakel.

WANNEER 1. 2.

KAN EK KOM SAAMBID? Dinsdae 08:00 Konsistorie Ons wil ʼn aandbyeenkoms skep. Wil jy inskakel? SMS / WhatsApp jou naam en jou “voorkeur” dag en tyd na gemeentenommer 079 223 9321 of Bel Chris 062 948 9771

Jimi le Roux

www.jimileroux.com

Mavilamahle Handwerkprojek in Masoyi Projekleier: Hester Loubser Dinsdae is ʼn vreugdedag, ʼn dag om te dien en vroue te sien glimlag. “Daar gaan ek elke week verkwik weg.” sê Hester. Word deel van hierdie projek op die volgende wyses: Gee van jouself! Word deel van die weeklikse uitreik, veral as admin jou gawe is, sal jou bydrae Hester help. Gee van jou goed! Skenk wol, hekel-, katoengare of enige iets wat die vroue kan gebruik.

Verryk jouself deur te dien!


Maandag 29 April

\

\

Dinsdag 23 April

18:00 Bedieningskoördinering Bovertrek Konsistorie Ouditorium Dinsdag 30 April Gebedskamer 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 14:00 Bloed skenk Voorportaal Woensdag 24 April 17:00 Lofdans Ouditorium 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek 18:00 Kursus: Hoe groei ʼn mens geestelik? DivorceCare Gebedskamer 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare

Donderdag 25 April

18:00 Voetspore gesprek

Voorportaal

Donderdag 2 Mei 18:00 Voetspore gesprek

Voorportaal

Baie geluk ! 22 April Kobus Herbst 77 Verjaar 23 April Nic J.v Rensburg 92 Verjaar Maud Claassen 47 Belydenis 24 April Nancy Raath 92 Verjaar Hester Sutherland 85 Verjaar Bettie Bauer 80 Verjaar Japie de Villiers 77 Verjaar Basil & Annamaré Ferreira 48 Huwelik

Hoe kan ons gemeente ons geestelike voetspoor vergroot?

25 April Andre Botha 75 Verjaar 26 April Willie Bronkhorst 77 Verjaar Johannes Swart 63 Belydenis Danie & Martie Barwise 44 Huwelik 27 April Jan Botha 75 Verjaar Eddie Meyer 72 Verjaar Bertie Burger 71 Verjaar Francois & Roekie Labuschagne 51 Huwelik

Hoe kan ons verseker dat die Woordverkondiging in ons gemeente altyd relevant bly? Hierdie is die eerste gesprek n.a.v. die Kerkraadsvergadering.

Het jy ʼn opinie hieroor, wil jy ʼn sinvolle bydrae maak om te verseker dat relevante Woordverkondiging waar is van ons gemeente? Dán is jy uitgenooi om te kom deelneem. Of indien jy net nuuskierig is, jy is ook net so welkom. Alle lidmate word genooi en elke inset word geag.

Wanneer: Donderdag 25 April Tyd: 18:00 Waar: Voorportaal Navrae & Gesprek leier: Chris Kotzé 082 465 2476

Wanneer: Saterdag 1 Junie Waar: NG Witrivier Gemeentesentrum Tyd: Vertoning: 18:30 Kuier: 17:00 Koste: R120 / volwassene R50 / laerskoolkind Kindertoesig: R30/kind < 10jr, sluit hotdog in

Beperkte bespreekte plekke Kaartjies by die kantoor Kosstalletjies beskikbaar, kom kuier saam by die KoffieOase!


Gebedsfokus Ons bid & sê dankie..   

  A

A

A

Arene Botha en haar gesin en geliefdes na die skielike afsterwe van haar seun, Jean (Bubbles) na ‘n hartaanval Sondag oggend. Ons bid vir hulle in hierdie routyd vir troos en vrede wat net God kan gee. André Groenewald se geliefdes na sy afsterwe laas week, ons bid in besonder vir Susan en die familie in die hartseer tyd. Mag die Here self hul trane afdroog. Oom Theuns Steenkamp, wat na 2 weke in die hospitaal by die huis aansterk, mag hy God se krag fisies en emosioneel in homself ervaar. Tannie Dina Pretorius, wat op die stadige herstelpad is na ‘n beroerte, mag die Here haar geduld gee in hierdie tyd. Jane Schutte, wat ‘n operasie moet ondergaan, ons bid vir die fisiese, maar ook geestelike voorbereidings. Ons juig saam met die De Jagers vir ‘n pragtige nuwe toevoeging tot die familie, Welkom Eben, mag JZ en Carla tonne vreugde ervaar. Asook baie speel oomblikke by oupa en ouma! Ons word stil in aanbidding en dankbaarheid vir hierdie tyd van die jaar, waarin ons kan stil word en herinner word aan ons Heer se offer aan die kruis. Ons bid vir hierdie tyd, dat ons oordenkingstye mag uitsit en neem en weer sal vasmaak met Jesus en Sy offer vir ons, wat dit Hom gekos het en hoe groot Sy liefde vir ons is. Mag ons onsself deur Sy oë sien en ons situasies in die lig van die kruis, sodat ons ewigheidsperspektief sal kry en ons lewens ‘n getuienis sal wees van ‘n lewende God. Tannie Lena en oom Piet de Beer sê dankie vir gebede na die afsterwe van oom Piet se suster van 92 jaar.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)

Ons bid vir ons Sendelinge Alfred & Belinda in Jeffreysbaai

Liewe Witrivier Gemeente,

So ‘n bietjie nuus uit die Oos Kaap.... Fisies gaan dit glad nie goed met Alfred nie, maar geestelik weer, regtig goed. Prys die Here. Alfred het Sondag in die kerk ‘n getuienis gegee deur sy “Eye Tracker” en tablet stem. Dit was regtig baie spesiaal en dit het ons almal diep aangeraak. (Hier is ‘n skakel na die kort video - https://youtu.be/y-ZmWO7Bvic.) Daar is ook ‘n artikel oor hom in die Maart uitgawe van “Die Lig” tydskrif as jul wil gaan lees.


Van Januarie af het ons ‘n jong man, Raymond, uit ons gemeente wat nou by ons woon om te help met Alfred se versorging. Hy het baie vinnig geleer en pas goed in en is ‘n wonderlike seën! Hy help my nou ook 4 nagte per week, want ek kon net nie meer regkom met so min slaap nie. Alfred het nie pyn nie, maar tog heelwat ongemak en maak ons elke uur wakker om gedraai te word. Ons het ons kamer so bietjie verander en langs die hospitaal bed ‘n enkel bed ingesit. Raymond slaap daar van Maandag tot Donderdag en dan help ek Alfred die res van die naweek. Dit help my ook baie om hom hier saam met Adele (die versorger) elke weeksoggend te hê, aangesien ons twee mense ten alle tye moet wees om Alfred te kan help. Met hulle twee hier in die oggende kan ek inkopies doen, die kinders skool toe vat en gaan haal en al die ander takies doen wat ‘n ma maar moet doen. Ons is baie dankbaar vir hierdie twee sagte en dierbare mense se hulp. Met die huis oordrag-saga gaan dit nie goed nie. Die oordragsprokureur (deur die eienaar gekies), was onlangs gearresteer vir bedrog van sy Trust Rekening. Ek het prokureurs wat my help en ek het ook ‘n saak aanhangig gemaak by die Valke. Die volgende stap is om die eienaar aan te kla. Die advokaat vra ‘n verminderde bedrag, maar eerlikwaar is ek regtig ontsteld dat die eiendomsagent (van Pam Golding!), die eienaar en die prokureur almal kop in een mus was en ons as ‘n maklike prooi raakgesien het! Maar ons weet ook die Here weet van alles wat gebeur en sien alles raak. Ek glo Hy gaan geregtigheid laat geskied. Toe ons die huis gekoop het, het die Here vir my ‘n klomp verse gegee en amper in elkeen belowe Hy, dat Hy vir ons sal veg. Hy lei ons ook stap vir stap in hierdie aaklige proses. Ons bly vertrou dat die Here uitkoms sal gee en al sien ons nie nou Sy plan nie, kan ons weet Hy is steeds in beheer. Christiaan het in Januarie weer sy studies by Moody Bible Institute voortgesit. Hy het nog een blok oor, dan is hy klaar met sy tweede jaar. Hy hoop om in Junie huis toe te kan kom, maar wil ook kyk of hy nie ‘n ekstra klas kan doen tydens die vakansie nie. Hy is akademies baie sterk maar geniet ook om weer tussen sy eie portuurgroep te wees – die jaar wat hy hier by ons was, was daar maar min vriende van sy ouderdom. Ons mis hom baie, maar kan sien dat hy regtig floreer! Bernard is hierdie jaar in graad 12 en doen baie goed. Hy het nou sy eerste aansoek vorms na die Universiteit ingestuur! Hy wil graag B.Sc. Computer Science studeer. Ons is opgewonde saam met hom vir hierdie nuwe fase. Hy is ook ‘n prefek hierdie jaar en geniet al die geleenthede wat daarmee saamkom. Verlede jaar het hy eerste in sy graad gekom – ‘n pluimpie vir Tuisskool!! Hy geniet dit ook baie om te snorkel en het ‘n klein onderwater kamera gekoop en neem die mooiste see lewe af! Alfred, wat ook baie van duik hou, geniet dit om die foto’s saam deur te kyk.

Stefan doen ook baie goed en is nou in graad 11. Hy was die naweek op ‘n Wetenskap Expo toer in Grahamstown en het dit vreeslik baie geniet! Hy geniet ook veral om tennis te kan speel op ‘n regte tennisbaan en nie ‘n tuisgemaakte modder of sand baan soos in Mosambiek nie! Ons geniet dit om te sien hoe hy groei in wie hy is en kan sien dat hy goed aanpas in die skool omgewing en regtig ‘n positiewe invloed op sy maats is. Akademies gaan dit ook baie goed met hom! Ek, veral, is baie verlig! Hy het ook ‘n nuwe hondjie gekry (sy eerste hondjie het nierkanker gehad en is in September oorlede). Chip, Bernard se hondjie, en Solo verskaf ure se pret. Ons is baie dankbaar dat hulle in so ‘n wonderlike skool kan wees met baie geleenthede om te dien en te leer en pret te hê. Hulle altwee help my steeds baie met Alfred se versorging en is sterre! Dit is nie ‘n makli-


ke tyd vir hulle nie, maar ons kan sien hoe die Here hulle karakters vorm en rek en laat groei. Ons wil ook goeie nuus deel uit Mosambiek – hier volg ‘n uittreksel van ons kollegas wat steeds daar woon se onlangse nuusbrief: Dear family and friends, As we look back at 2018, we are thankful to God for blessings as well as challenges showered along our way; for the strengthening of the faith of the believers here and for the growth in stature and wisdom of both Netanya and Samara. In October of last year, we had a baptism service – the first planned, organized and carried out by the believers themselves. It was a powerful testimony of their declaration of faith in the midst of threats and persecution from family and neighbours against the baptism. We are thankful that in the end, all those threats fizzled out. In November, two of our colleagues came from Nampula to conduct a workshop for our key Bible teachers on how to develop Bible lessons. Through the hands-on practical, they were able to get a good idea of how the process works and even the cultural way of teaching effectively. The key Bible teachers are now coteaching with Anthony through the book of Ephesians in our Sunday believers’ meetings. Later that month, we celebrated with a couple from church who wanted to renew their wedding vows before God and before the community, that they now understood the Biblical view of marriage and wanted to testify to that fact. In fact, the wife was one of those who was baptized the month before and had been threatened but persisted in the face of persecution. A few days later, we held a graduation ceremony for another batch of literacy students. This was the first batch of students who started out completely illiterate, but through hard work and persistence, are now able to read and write in their mother tongue two years later. In fact, a few of the ladies are now reading Bible passages at service, putting some of the more “educated” guys to shame! And two weeks ago we celebrated our first Christmas with the believers here! Many of them had heard of Christmas but did not know its true significance. It rained all morning that day but that did not dampen the celebration as many walked more than an hour in the rain and mud to get to the meeting! We even had a little skit put on by the kids on the birth of Christ. These believers have had to give up most of their traditional celebrations because of the immoral practices and are therefore delighted to embrace a new soon-tobe traditional/annual celebration?!! We are now in the midst of the rainy season and the villagers including the believers are busy in their fields. We are taking this opportunity to prepare teaching materials and reading books for the believers and literacy students to use come end of the rainy season. We praise the Lord that we continue to hear mostly good reports of transformed lives among the believers which is a testimony far greater than all of our words. Please continue to pray for the believers – they are a small group, young in their faith, and often times are challenged, despised and tempted to go back to their old sinful ways. In His Service Anthony, Jennie, Netanya & Samara Ek dink al gaan dit ook hoe met ons as gelowiges hier op aarde, wil die Here hê ons moet Hom maar net bly vertrou, bly glo in Sy Goedheid, bly glo in Sy sorg en Sy liefde. Heb. 10:23 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. Baie dankie vir julle ongelooflike intree vir ons as gesin en ook vir al die praktiese ondersteuning. Mag die Here julle seën!

Alfred, Belinda, Christiaan, Bernard & Stefan


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. WERK BESKIKBAAR Kantooradministrasie pos beskikbaar by Rustig Aftreeoord. Moet beskik oor kennis van finansies en Microsoft Word & Excel. Stuur CV na: rustig.bestuurder@savf.co.za Tydelike werk as naaldwerkster in Ngodwana, inwoon opsie is ʼn moontlikheid. Kontak: Erika Slabbert 082 827 7092 SOEK WERK Man soek werk as toesighouer / faktotum. Vaardighede in sweis en teël. Praat Afrikaans, Engels, Swati, Zulu en Portugees. Kontak: Jeremy 072 970 0007 Betroubare bediende, is beskikbaar op Woensdae. Sy ʼn Christen, stil en Afrikaanssprekend. Kontak: Annetjie 082 870 0080 Man soek dringend werk, beskik oor sweis en loodgieterwerk vaardighede. Kan met hande werk en bereid om te leer. Kontak: Michiel 072 181 8259

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.