OaseNuus 24 April

Page 1

OaseNuus Sondag 24 April 2016

Die Koning... is my Pa! En jy het gedink God is awesome?


Ds. Eddie le Roux

Hy is ontsagwekkend Skriflesing: Jesaja 40 Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jy hierdie kwartaal die Koning opnuut as jou Pa ontmoet, met nuwe respek en intimiteit met Hom omgaan.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

BELYDENISAFLEGGING 'n GROOT VOORREG EN VERANTWOORDELIKHEID

Een van die groot voorregte in ons gemeente is die geleentheid waarby lidmate hulle liefde vir die Here verklaar. Hetsy dit ouers is wat hul kindjies bring na die doopvont of jongmense wat kies om van dooplidmaat na belydende lidmaat te beweeg. Dis mooi om te sien dat lidmate vandag nog steeds ag slaan op die verbond wat die Here aan Abraham gegee het en die voorbeeld Timoteus navolg. Genesis 17:7 "Ek bring ‘n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is ‘n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag. In 1 Timoteus 6:12 skryf Paulus aan Timoteus dat hy moet onthou dat hy “die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het”. Almal sal saamstem dat dit 'n wonderlike gebeurtenis is wanneer lidmate, net soos Timoteus in die vroeë kerk, bely dat hulle God liefhet en dat hulle bereid is om medeverantwoordelikheid vir die gemeente te aanvaar.

Welkom aan die volgende lidmate Christelle Bezuidenhout Juané Botha Wilna Geel Isabel Gouws Ti-Ane Labuschagne Nicolene le Roux Dewiko Loots Janco Lourens Michéll Lourens Nicole Marais

Gregory Nel Boshoff Pieterse Joseph Saunders Arno Smith Paul Steenberg Elaine Troskie Delano van Rooyen Jean van Wyk Lohan Venter


Gesinserediens, alle kinders van

Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers baie welkom! Jeug-erediens vanaand @ 17:00

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... ʼn Bediening propvol uitdagings is die uitsending na die Konsistorie vir ouers met peuters. Ons weet die beeld is nie op standaard nie, maar wees verseker ons werk aan ʼn oplossing. Dankie aan die manne wat die uitsending met die videokamera behartig.

Ons nooi ouers met peuters om van hierdie diens gebruik te maak.

17:30 18:00 18:30

08:00

Maandag 25 April

Kom word nuutverg. Immergroenkursus GriefShare

Dinsdag 26 April

Gebedsbyeenkoms

17:00 Konsistorie Bo-vertrek Sitkamer

Kerk Sitkamer

Donderdag 28 April

18:00

Konsistorie

Lofdans DivorceCare Moz-uitreikverg. Konsistorie

Gebeure in vooruitsig 5 Mei 18:30 8 Mei 08:30 8-12 Mei 18:00 18:45 18:00 18:30

Hemelvaart-erediens deur Ds. Nati Stander Pinkster deur Ds. Gawie Snyman Sop en broodjies Erediens in kerk Jeugpinskter by Hoërskool Rob Ferreira Kinderpinskter in saal deur Carine Steyn

Mylpale 24 April Houghie Hough

94 Verjaar Nancy Raath 89 Verjaar Hester Sutherland 82 Verjaar Bettie Bauer 77 Verjaar Japie de Villiers 74 Verjaar 25 April Andre Botha 72 Verjaar 26 April Willie Bronkhorst 74 Verjaar Johannes Swart 60 Belydenis Danie & Martie Barwise 41 Huwelik

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 27 April Jan Botha 72 Verjaar Francois & Roekie Labuschagne 48 Huwelik Hendrik Boshoff 30 Doop 28 April Thinus Verreynne 70 Doop Dolf Botha 60 Belydenis 29 April Lettie Labuschagne 80 Verjaar Louis Marais 60 Doop


Sakke van Hoop

Hierdie projek is van nou tot Pinkster. Die doel is om elke dag vir dié tydperk ‘n kledingstuk in die sak te gooi, verlede week kon gemeente ‘n swart sak by die deur kry, daar is nog beskikbaar vanoggend. Bring jou sak klere gedurende Pinkster na die gemeente. Gesinne kan aan elke lid ‘n sak gee om elke dag iets uit te haal en in die sak te sit en te bid vir die persoon in nood wat die betrokke kledingstuk gaan ontvang. Die doel is nie om eenmalig jou kas uit te sorteer nie, dit is soos ‘n vastydperk waar dit stukkie vir stukkie gebeur en saam met die uithaal, insit en bid is daar ‘n geestelike toewyding aan God wat gebeur. Gedurende Pinkster bring ons uit ons oorvloed en gee dit aan die Kos– en Klerekas, wat namens ons die nood verlig in die gemeenskap.

Koskas deel meer uit in 2015... Maandpakke: is ‘n pak basiese kruideniersware vir ‘n gesin 705 pakke word uitgedeel ter die waarde is R 84 724 Kospakkies: word weekliks uitgedeel en bestaan uit bederfbare produkte en groente 5 129 pakkies word uitgedeel, die waarde is R 384 516

Klerekas deel meer uit in 2015: 1 782 pakkies, met verskeie kledingstukke, word uitgedeel. Waarde van die klere wat uitgedeel is aan persone wat die Kos– en Klerekas besoek is R 126 260. Dit sluit ook klere in wat geskenk is aan projekte. Waarde per item word bereken ongeveer R5 / stuk. Hierdie is ’n getuienis van die werk wat Jesus in gemeentelede en in die gemeenskap se harte doen. Die seën en oorvloed van skenkings ontvang, kan nie is randwaarde gemeet word nie. Alle eer aan die Here! Alle klere en linne in goeie toestand is baie welkom!

Pinkster is op hande... Opstandingsondag en Pinksterfees is sekerlik die 2 oudste en belangrikste dae van die Christelike kalender. Dit word voorafgegaan met Aswoensdag wat Lydenstyd inlei tot Opstandingsondag. Dan volg ‘n periode van 50 dae wat nie net handel oor Jesus se opstanding nie. Dit is ‘n tyd waar die werk van al drie Persone Vader, Seun en Gees asook God gevier word. In ons gemeente word Pinkster gekenmerk met geestelike groei en

heerlik saam kuier, waartydens die heerlikste sop geniet word. Hierdie jaar is ook geen uitsondering, ons is al aan die beplan om Ds. Gawie Snyman te verwelkom vir die dienste in die kerk en herhaling die volgende oggend. Die Jeugpinkster word by Hoërskool Rob Ferreira aangebied en Kinderpinkster in die saal.

Nou reeds word die resepteboeke nader getrek om die watertand SOP resepte te bestudeer. Die span wat die sop koördineer vra as jy ʼn pot sop kan kook of toebroodjies kan maak gedurende die week, daar word 70 liter sop en 12 brode se toebroodjies elke aand bedien. Stuur nou sms na Heleen 083 233 0933 of kontak haar by kantoor.

Sê vir haar:

Wat gaan jy maak: Watter aand:

Sop OF Broodjies Sondagaand 8 Mei tot Donderdagaand 12 Mei


Wie kan onthou?

NG Witrivier

Ons kerk brand af... Hierdie is ʼn herinnering vir baie in die gemeente, vir ander is dit slegs iets waarvan ons hoor. Oorvertel van verhale is noodsaaklik vir vaste fondamente... Daarom is dit tyd dat ons weer die verhale vertel tydens die gemeente se 75ste bestaansjaar. Die beplanning het begin en die fees vind plaas op Sondag 19 Junie, meer inligting later, maar merk die datum! Seënwens vanuit die gemeente vir die gemeente... Hierby ingesluit is ʼn geel briefie waarop jy jou seënwens vir die gemeente kan skryf. Gee dit in by die kantoor of gooi in die kollektemandjie. Ons benodig al die wense terug teen 8 Mei asb.

Foto’s en verhale Pak jou boks van herinneringe uit en deel dit met ons. Ons het foto’s en verhale nodig: Bring dit kantoor toe vir Antoinette, maak net asb seker dat jou foto’s gemerk is sodat ons dit aan jou kan terugbesorg. Ons wil ʼn collage van foto’s maak wat die geskiedenis uitbeeld. As jy wil help met dié tydlyn, laat weet asb. die kantoor. Spore-uitgawe propvol antieke verhale gaan ook uitgegee word, vertel vir ons. As ons by jou moet kom kuier om die stories te hoor , laat weet ons en iemand sal jou kontak. Ons sien uit na hierdie waardevolle gesprekke. Alles moet by die kantoor wees nie later as 9 Mei. Indien iemand ʼn advertensie wil plaas, stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za Die redaksie kontak jou met groot dankbaarheid.

Wat is ʼn verjaarsdag sonder ’n feestelike kuiertjie en koek Na die vorige lekker kuier om die Teelepeltjie-ete se tafel, beplan ons weer so ʼn kuiertjie tydens die fees. Ons benodig elke gesin wat kom se spesialiteit eenskottelgereg. Vul die vormpie in en gooi in die kollekte mandjie of bring kantoor toe. Die kos span koördineer graag almal se smul geregte en sal kontak maak met almal. Handig in nie later as 15 Mei .

Hou die partytjie datum in die oog... Wanneer: Sondag 19 Junie Waar: By die gemeentesentrum Tyd: Direk na die Fees-erediens

Lorrai-


Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . P P

P P P

P P P

Vier van my geliefdes, wat Woensdag Kaap toe gevlieg het – vir hul veiligheid en ‘n veilige terugvlug. Dankie dat ons kan weet dat God die God van yster en beton ook is,.. ‘n Kollega, wat verlede week haar werk verloor het. Gee haar krag! Ons bid ook vir ander in ons gemeente wat swaar nuus die week gekry het oor afdankings, broodwinners wat hande in die hare sit oor waarheen hul moet gaan en hoe hulle die maand gaan deursien. Die Here weet, hoe swaar soveel van ons finansieel kry en hoeveel stres en konflik dit (ongelukkig) veroorsaak in huwelike. Mag God in detail voorsien in wat ons nodig het en mag ons mooi luister en “intap” by wat Hy ons lei werklik belangrik en noodsaaklik is. Here, seën ons land en sy mense en hul finansies... Die anonieme Mamma wat skryf: “my kinders verhuis na Bettiesbaai. Ek vra God se beskerming en dat hulle aanpassing maklik sal wees.” ... die myn in Pelgrimsrus en al die mense wat daar werk, vir befondsing. tannie Lettie (Nellie Roux se ma) wat verlede Sondag oorgeplaas is na Pretoria. Hulle het nog nie geweet hoe ernstig sy is nie, maar ons bid vir haar en elkeen van haar geliefdes vir rustigheid en God se vrede wat alle verstand te bowe gaan asook vir wyse besluite vir die Medici betrokke by haar versorging. “Here, lei asb. ons manne in ons huise en in ons gemeenskap om Christelike leiers te wees, nie een nie, maar almal. En so dan ons vrouens om ons mans te versorg, maar nie te versmoor nie. Amen.” Jotham van Tonder wat Maandag vir ‘n katerakverwydering van een oog gegaan het en weer volgende week die ander oog laat doen. Ons bid dat die operasies ‘n sukses sal wees en dat die herstelperiode spoedig en met die minimum pyn en ongemak sal wees. Ansie Potgieter, wat lank by die Koskas betrokke was, is gediagnoseer met kolonkanker. Ons bid dat God Ansie na liggaam en gees sal aanraak met wonderwerke en Sy vrede en lewe. Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


P P P

Frans van der Merwe sukkel steeds met herstel van die spinnekopbyt, hy is weer in die week opgeneem vir behandeling, ons bid dat dit korrek sal wees, vinnig sal werk en dat Frans sommer baie vinnig baie beter sal voel. Ons bid ook vir Annelise wat hom liefhet & bystaan. Wilna Claassens, wat in Medi-clinic opgeneem is en werklik baie siek was, ons bid dat dit reeds baie beter met Wilna gaan en dat die Here haar volkome sal genees. Ons bid spesiaal vir Christiaan, die middelste seuntjie van Nati en Lindi. Hy is die afgelope week baie siek en Donderdag opgeneem in hospitaal. “Here, ons staan by U vir Christiaan se gesondheid, raak hom aan en genees sy lyfie volkome. Dankie dat hy U seuntjie is. Amen” GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES?

Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.

A A

A

Ons is dankbaar oor Chris & Alta de Jager sê dankie vir die gemeente se gebede, goeie wense en boodskappe met Chris se angiogram en die stents, wat hy moes kry. Hy is tuis en dit gaan baie goed. “Here, dankie vir U geduld en liefde vir ons, maak nie saak hoeveel keer ons, ons koppe stamp, U lei, koester en versorg ons. Fokus asb. ons gedagtes op U en help ons om hierdie afdwaal te verminder. Amen” Die heerlike herfs-reëntjies wat die week geval het en steeds ‘n verskil in die veld en aan ons damme maak.

WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-mail ons: nuus@ngwitrivier.co.za

Ons Jeug bid vir..

t “ontspanning” (minder stress) in en deur eksamentye en toetsreekse. t ‘n verhouding: gaan sleg met my verhouding vir iemand wat ek baie lief het. My hart is so t t

seer ek wil nie die verhouding verloor nie. Ek bid dat dinge sal beter word. Tiener-swangerskap, Bid asb. vir ‘n vriendin van my wie se ouma verlede Sondagoggend oorlede is. Bid vir rustigheid vir die familie.


t Ek kom en vra dat Here Jesus asb. help my met my beheer oor aggressiewe houding by die

t

skool selfs op sportgronde. Help my asb. om ‘n beter mens te wees. Amen vriende * goeie verhouding met ouers * talente

“…and after you have done everything, to stand.” Ephesians 6:13 Dearly Beloveds, You will understand my wishing you a splendid 2016 when I tell you I only surfaced in February. The reason being that I had total fatigue by the end of 2015, but am now back on track. Mariki's progress: I am happy to announce that we had a Thanksgiving Celebration on her birthday on 16 March, for our year of grace from God's hand. She is so much better that she can move around with a rolator and even at times on crutches… This is how the umpteenth newsletter started. But the situation has changed. The sad fact is that the last appointment with the oncologist revealed that the cancer has spread. Today (12 April 2016) the Hospice doctor came to see her with the news that it has now spread to her lymph glands. The journey thus far has been gruelling. She was so much better that I could envisage her driving her own car again, so you can imagine the struggle I had to make peace with the diagnosis. I lost my only child in 1992 in a motorbike accident. A shock I cannot describe to anyone. But it was so final that I knew it was out of my hands. Seeing a very precious sister suffering over a period of more than a year is shattering. And somehow it is not out of one's hands. I keep on feeling there is something more to be done –but there isn't, is there? It is still in the Lord's hand. The original message that I thought was from the Lord was: “Pray for the death of the cancer cells.” It seems I was wrong and that is not the way He chose. The road thus far has been hard and often very insightful. I have seen tremendous spiritual growth in many people around me and also my own growth has been acute. God did, in His grace, send support from surprising sources, and sadly the support we thought would be forthcoming from certain areas did not materialise. So there were many ‘peaces’ to be made. And God kept us amazed by His grace. The big question is, “And now...?” Well, I do believe my ministry for now is to take care of my sister as best I can and let His grace carry me through the days ahead, taking each day as His gift to us –He IS still in control. Thank you for standing with me in this dark time. The prayers,


the encouraging phone calls and text messages. Your faithful financial support in these very trying times. May you receive and recognise God's blessings and grace in your life every day. Much love,

Nel Claassen

Uit Kruger se Pen

Liewe familie en vrinne,

Gegroet! Hoop julle het 'n heerlike naweek belewe. Alhoewel ons in die 7's rugby teen NZ verloor het, het ons darem net-net teen OZ gewen! Mag mens bid dat 'n ou die bal mis skop in beseringstyd wat 'n verskil sal maak tussen 'n wen en verloor? Ek pleit skuldig indien dit nie aanvaarbaar is nie! Ek en Antoinette het die naweek gaan kyk na 'n opvoering: “Blood speaks” in die Sand du Plessis teater, wat gebasseer is op die menseslagting van die Armeniane, hier by die 1ste en 2de Wereldoorlog deur die Turkse Moslems. Die onderliggende vraag was, wat van ons verwag word: Wraak of Vergifnis? 'n Keuse word gemaak vir lg. op alle vlakke, beginnende by die familie en eindigende op die politieke vlak. Dit is opgevoer deur die Christelike “Arts & Ministry Centre” hier in Bloemfontein, wat opleiding gee in musiek, drama, dans, kuns, multi-media en ander vaardighede. Hulle het sowat 1 800 studente op nasionale vlak op 'n weeklikse basis. Hulle is al 19 jaar aan die gang en doen opleiding in 30 lande. Is dit nie 'great' nie? Op die verhoog was 'n goeie weerspieëling van die reënboognasie, met veral baie kinders. Onthou dat ek weekliks besig is met 'n "Afrondingskursus" vir my senior katkisante en besluit het op 'n christelike lewens- en wêreld beskouing. Ek probeer in kort en bevatlik antwoorde verskaf op 9 vrae. Vandag publiseer ek die antwoord op die eerste vraag. Laat maar weet indien jy meen daar moet meer oor God en Sy skepping gesê word - of dat dit dalk anders gestel moet word. Hê 'n lekker week! WIE IS GOD EN WAT IS SY VERHOUDING MET HIERDIE WÊRELD? Wel, die eerste ding wat ons moet sê is dat ons werklik glo dat daar ‘n God bestaan. Ons glo dat God Homself openbaar in die natuur, deur die Bybel, deur mense en omstandighede maar Homself veral openbaar het in Sy Seun Jesus Christus wat ons in die Skrif leer ken. Ons glo dat daar net een God is en dat Hy Homself openbaar as ‘n Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees. Hierdie God is in die eerste plek heeltemal anders as ons; Sy wese, ja Sy denke is ver bo ons redenasies en gedagtes – ons sê Hy regeer soewerein – alleen. Ons glo egter ook dat hierdie Drie-enige God nie hierdie wêreld geskep en toe sommer so gelos het nie, nee Hy is nog aktief betrokke by Sy skepping en by ons – Hy is Immanuel – God met ons. Alhoewel ons gewoonlik van God die Vader as die Skepper God praat, was en is die tweede Persoon van die Goddelike Drie-eenheid ook baie betrokke by die skepping. Dink bv. aan Kol 1:16 – 17... God se skepping is tot Sy eer en verheerliking geskep, is ordelik geskep en dra ‘n boodskap uit. Dink hier aan Psalm 19:1 – 5... Wat belangrik is om te weet is dat God Sy magte gedelegeer het na ons as mense toe. Ons tref die sg kultuuropdrag reeds in Genesis 1:26 – 28 aan.


Toe het God gesê: ‘Kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy/sy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip. God het die mens geskep as sy verteenwoordiger.’

Hierdie is ‘n groot verantwoordelikheid wat die mens opgedra is, om om te sien na God se skepping – nie as base nie maar as diensknegte van ons Skepper - as Sy verteenwoordigers. God het hierdie aarde goed geskep en verwag van ons om dit so in stand te hou en te ontwikkel. Die mens dien óf die ware God óf dien ‘n afgod. Daar is dus nie iets soos om neutraal te wees nie. Jy gee óf eer aan God in alles wat jy dink en doen óf jy gee eer aan ‘n afgod soos die natuur, finansiële sekuriteit, genot, sport en ontspanning of wat ookal. So maklik word die mens verafgod en word daar volkome staat gemaak op die mens se eie denke – dit is wat ons dan humanisme noem. Juis om dié rede moet die Christene nie al te maklik hulle politiek, onderwys ens. oorlaat aan suiwer humaniste nie – as jy net op die mens se filosofië staatmaak vir alles loop jy gevaar. Daarom die oproep; raak betrokke by jou gemeenskap en wees die lig en die sout daar tot God se eer! Daar moet altyd onthou word dat God die bron van Waarheid is en die waarheid besit – buiten Hom is daar geen suiwer waarhede nie. En dit was Jesus wat vir ons hierdie waarhede kom duidelik maak het toe Hy mens geword het en onder ons kom woon het en in mense taal ons onderrig het. En dit is die Heilige Gees wat ons vandag nog in hierdie waarhede lei en dit bevestig. Daar is mense wat redeneer dat om in God te glo ‘‘’n sprong in die donker” is en net geloof en hoop verg, maar dit is nie so nie. Die Bybel vra ons om kennis en wysheid op te doen en duidelik te onderskei wat reg en wat verkeerd is en daarom dinge te ondersoek en te toets aan die beginsels van die Woord. As ons vra Wie God is moet ons onthou dat Hy ook ‘n God van die geskiedenis is. Ons glo dat in die breë God nog in beheer is van die gang van die wêreld en dat dit wat gebeur nie buite Hom om plaasvind nie en dat Hy ‘n groot plan het met Sy skepping. Ons sê ook dan dat die geskiedenis, ook van alle volke, eintlik ‘God se storie’ is en dat Jesus ‘n besondere rol daarin speel. Ons glo dat die aarde waarop ons nou woon heeltemal sal verander aan die einde van die tye en met Jesus se wederkoms, dit is deel van God se geskiedenis.

Ons geloof in die Drie-Enige God en Sy Woord is gebaseer op absolute waarhede en nie relatiewe waarhede nie. ‘n Relatiewe waarheid word beskryf as ‘n waarheid wat nou ‘n waarheid kan wees maar later in ander omstandighede nie. Ons geloof in God en in Sy Woord en dié se beginsels en waardes is vir altyd en nie onderhewig aan omstandighede nie. Ons verwerp dus die gedagte dat alle godsdienste die waarheid het en alle paaie maar na God lei – dit is nie wat ons in die geopenbaarde Woord van God kry nie. Kom ons sluit hierdie gedeelte oor die vraag Wie God eintlik is en wat Sy verhouding met hierdie wêreld is af op ‘n positiewe noot. Ons is geskep met ‘n doel: Om die Almagtige God te vereer met alles wat ons het en dink en doen en beplan. In die Westminister Korter Kategese word die vraag gevra: Wat is die hoofdoel van die mens? En dan kom die interessante, veelseggende antwoord: Om God te verheerlik en om Hom te geniet vir altyd. Is dit werklik jou doel? Om God te verheerlik en Hom, Sy natuur, Sy Woord en Sy teenwoordigheid te geniet in hierdie wêreld waarin ons lewe? Dit bring ons by die tweede groot vraag wat ons gaan beantwoord: In watter tipe wêreld

leef ons nou eintlik?

CHRISTUS BO ALLES! Kruger


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WERK BESKIKBAAR

SOEK WERK

ʼn Gerespekteerde maatskappy in Tzaneen, wat tans uitbrei na die buiteland, het die volgende pos vir ʼn jong persoon beskikbaar: Ingenieur (Meganies, siviel, industrieel of derglik) met 2-3 jaar ondervinding in die landbousektor is ʼn noodsaaklikheid. Stuur CV na: ann@trueco.co.za Kontak: Annatjie 082 870 0807

Jong meisie soek werk, kan kantoor werk doen, maar sal graag met mense wil werk. Kontak: Alicia Geel 072 227 3908

Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af  Gaan na die “App Store” op jou selfoon  Soek “SnapScan”  Laai die applikasie af (so 5MB)  Maak die toepassing (App) oop Stel die toepassing (App) op  Volg die instruksies: tik jou e-posadres in en dan jou naam en telefoonnommer  Hulle stuur dan ‘n bevestiging na jou e-posadres. Gaan na jou e-pos en klik op die “link” ter bevestiging  Jy ontvang ‘n SMS kode, wat jy in die spasie in die toepassing (App) moet in tik  Nou laai jy jou kaart deur “add card” te kies en dan jou kaart inligting in te vul: naam en CVV no.  Kies ‘n kode wat jy gaan onthou en jy is reg om jou bydrae te maak

Dame met goeie ondervinding en verwysing as “Care Giver” is op soek na werk. Kontak: Joyce Khumalo 082 409 2979

Nuwe era propvol nuwe moontlikhede breek vandag in ons gemeente aan... Bly ingelig, wees op die voorpunt van gebeurlikhede, lees die jongste nuus of luister na die laaste preke. Alles is moontlik en boonop is daar plek om jou gebedsbehoefte met ons te deel en nog vele moontlikhede! Laai die APP (Toepassing) Vandag nog af:

Anroid gebruikers laai af by Play Store en iPhone gebruikers laai af by iStore. Tik in:

Kontak soggens die kerkkantoor vir navrae.


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die “Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

APP af:

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

NG Kerk Witrivier KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.