OaseNuus 29 April

Page 1

Sondag 29 April

Wat ʼn wonderlike troos dat, al kan ons ons hemelse Vader nie sien nie, sý oog altyd op ons is. -Anoniem-


Kyk uit vir die buiteperd Skriflesing: 1 Samuel 17

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou onder die afdak.

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Daar is geen Kleutererediens vanoggend.

Laerskoolbediening Ook geen byeenkoms vir die kinders vandag, almal hou langnaweek

Stad op die berg erediens Geen erediens vanaand

Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, by die Koffie Oase. Almal welkom!

Pinkster Paassondag en Pinkstersondag omraam die oudste en belangrikste seisoen in die kerklike kalender, ‘n periode van vyftig dae. Hemelvaartdag is ook deel van hierdie siklus en val op die veertigste dag na Paassondag en tien dae vóór Pinkster. Oorspronklik is nie net na die laaste dag nie, maar na die hele seisoen verwys as Pinkster. Die Engelse Pentecost kom van die Griekse pentekoste wat vyftig beteken. Tydens hierdie 50 dae gedenk ons Jesus se opstanding, asook die werk van drie Persone: Vader, Seun en Heilige Gees.

Ook in ons gemeente vier ons hierdie dae...

Hemelvaartdag is 10 Mei Almal word uitgenooi om te kom aansit aan die feesmaal om 17:30, daarna is die erediens om 18:30 in die kerk. Kom haal reeds van vandag jou gratis ete-kaartjie af. Dié kaartjie is die toegang tot die feesmaal. Pinkster begin 13 Mei as Ds Jaco Strydom die oggend begin en elke aand dieper delf. Kinderpinkster en Jeugpinkster is ook elke aand. ʼn Hoogtepunt tydens Pinkster is elke aand se sop om 17:30 in die saal. Kom kuier as geloofsgemeenskap saam. (Die sop-span vra asb vir roomysbakke, bring nou reeds kantoor toe.)


Maandag 30 April 18:00 GriefShare

Dinsdag 8 Mei Sitkamer

08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Finansiële Bedieningverg. DivorceCare

Dinsdag 1 Mei Werkersdag

Woensdag 2 Mei 10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Woensdag 9 Mei 10:00 Kreatiewe vers

Donderdag 3 Mei Kursus: Geestelike Dissipline - Vuur, word uitgestel tot later hierdie kwartaal

Konsistorie Kerk Konferensie Sitkamer Bovertrek

Donderdag 10 Mei 17:30 Hemelvaart-ete 18:30 Hemelvaart-erediens

Kerksaal Kerk

Maandag 7 Mei 18:00 GriefShare

Sitkamer

Witrivier Karnaval Nuus

CSport

Volleyball naweek 15-17 Junie oor

weke by Ella Combrink kampterrein! Daar is verskeie pakkette om dié naweek saam nuus te kuier en volleyball te speel. Daar is o.a. Naweek- / Dagbesoekers- / Pensionarispakket. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kantoor. Wees voorbereid en betyds om teleurstelling Vermaaknuus te voorkom.

b

t Finansiële nuus Klop jou begroting met Karnaval winskopies. Versprei jou uitgawes en koop solank jou Robbie-kaartjies en volgende maand die Ella-kuiernaweek pakket.

Vrydag 3 Augustus tree

Robbie Wessels op! Kaartjies is beskikbaar by die kantoor. Nooi jou vriende en kom kuier saam. Daar is heerlike eetgoed en koeldrank te koop. Volwassenes @ R100 per persoon & Skoliere @ R70 elk.

Maak gebruik van hierdie geleentheid om vir hulle ’n persoonlike boodskap te stuur. In die kantoor is briefies waarop jy kan kom skryf en ons sal dit alles bymekaar sit en inlaai om hulle met ons gemeente se warm liefde te omring. Dankie vir almal se voortdurende gebede.


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. As jy wil weet of jy dankbaar is vir wat Jesus vir jou gegee het, kyk in jou beursie; dit is die eerlikste manier om in jou hart te kyk. ~Peter Marshal~ TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

850 800

750 700

650 600 550

500 R,000

450 400

350 300

250 200 150

100 50 0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.

Die volgende herdenkings... 27 April

28 April

29 April

Jan Botha 74 Verjaar Eddie Meyer 71 Verjaar Bertie Burger 70 Verjaar Francois & Roekie Labuschagne 50 Huwelik Thinus Verreynne 72 Doop Piet Posthumus 70 Verjaar Dolf Botha 62 Belydenis Lettie Labuschagne 82 Verjaar Louis Marais 62 Doop

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 1 Mei Danie du Toit Hendrik Mentz 2 Mei Chris Oosthuizen Renier J.v Rensburg 3 Mei Ina Schutte 4 Mei Anna Erasmus Japie & Hester Vorster Chris & Jorina Schutte 5 Mei Ena van Aswegen

Zoë-kamp 11 - 13 Mei by Ella Combrink kampterrein Hierdie unieke kamp is ‘n geleentheid om in te bou in die lewe van iemand in jou invloedsfeer deur hom/haar in staat te stel om hierdie geleentheid by te woon. Die kamp word in Swazi aangebied en gaan oor geloofsekerheid, gebed, sondevergifnis, goeie keuses. Borg gerus jou werker/s of iemand @ R250/p. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kantoor.

75 Verjaar 52 Doop 83 Verjaar 42 Doop 70 Verjaar 79 Verjaar 61 Huwelik 44 Huwelik 79 Verjaar

Ernan & Lander het vir ons MANGO’S (R130/kilogram) gestuur van Inhambane. Die laaste 3 pakke vir hierdie seisoen is nog beskikbaar by die kantoor.


Fokus op GEBED r

r r

t

r

r r r r

bid vir

‘n Anonieme briefie vra: “Bid vir my huwelik en my vrou, dat sy die pad kan terugvind na die Here toe”... Mag die Here elke huwelik beskerm en seën, mag ons met “sagte oë” na mekaar kyk en mekaar maklik vergewe, soos die Here ons ook vergewe. Hester Steenkamp, sy het Donderdag ‘n nek– en handoperasie by Medi-Clinic gehad. Ons bid dat die operasie ‘n sukses was en bid dat Hester spoedig en volkome sal aansterk. Almal in hierdie moeilike tyd waardeur ons gaan. Vir mense wat sonder werk is omdat besighede hulle deure sluit. Here, voorsien U asb. in detail in U perfekte tyd. Ons dra ook die sake-ondernemings aan op aan ons Vader. Here... Asb. neem net oor... (hierdie kindergesiggies is ons jeug gebede, as ons jeug sulke “grootmensgebede” begin bid moet ons ook vir hul intree, mag die Here ons help om hulle te help met streshantering en te fokus op ewigheidsdinge). Hugo le Roux, wat in ‘n fratsongeluk was nadat ‘n sleepwa se veer gebreek het en deur die motorvenster geskiet het. Hy is tans in Medi-Clinic nadat hy in teater was om sy kakebeen te heg, die linkerkant van sy gesig is vergruis, ons dank die Vader dat daar geen swelling op sy brein is nie. Mag die Here hom aanraak en daar wonderwerke plaasvind in sy liggaam. Ons land: dis so deurmekaar maar dankie Here, dat ons weet U is in beheer. Elkeen wat tans deur kanker geraak word: die wat in remissie is en die wat onder behandeling is, mag die Here, die groot Geneesheer lewe en genesing bring. Die wat geliefdes verloor het en in rousmart is, in besonder Glenda Cilliers en Shalayne Leygonie se geliefdes, wat in die week langs ‘n oop graf gestaan het, mag die Here hulle Sy vrede gee in hierdie hartseer tyd. Bid asb. saam talle ouers teen die aanslag van die bose op ons kinders: dwelms in skole en losbandigheid wat al meer opvallend raak. Bid dat hulle beskerming van die Gees sal ervaar en die regte keuses sal maak. Ons bid ook vir al ons

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)


r

r r

r

onderwysers en skoolhoofde, dat die Here hulle sal lei en beskerm. Louise Grové (92 jaar) van Macadamia wat geval het en haar nek beseer het, sy is tans in die hospitaal. Mag die Here hier genesing bring. Org van Rooyen se pa is laas week oorlede, ons bid vir hul familie in hierdie tyd. Ons boere, en spesifiek in die Stella-omgewing, naby Mahikeng wat erge opstande beleef het die week. Daar is geplunder en afgebrand: die munisipale kantore en ook plase en vee. Die boere het onder andere die skool en ouetehuis opgepas in die tyd. Selfs die plaaswerkers en persone wat in die dorpie werk is geïntimideer en kon nie help om hul dorpie te beskerm nie. Skole is gesluit. Ons sien Dinsdag hierdie Facebook inskrywing van ‘n Gr.10 leerling van Hoërskool Stella: Vanoggend word ek wakker. Dit voel soos ‘n gewone Dinsdag oggend. Ek wil reg maak vir skool, maar daar is net een verskil: vanoggend in plaas van om die voëltjies te hoor tjirp, is dit net geweerskote wat klap. Wat het van ons wêreld geword en waarheen is dit op pad. Wat gaan ons eendag los vir ons nageslagte? ‘n Gebed vir vrees: “Dankie God vir die voorreg om vandag hier te kan wees. God ek is bang, dit voel asof my vryheid weggeneem is, want ek kan nie meer soos elke oggend in die tuin gaan rondloop nie. As ek dit doen dan vrees ek vir my lewe. God, sal U asb. U hand van beskerming oor elke Suid-Afrikaner hou. Sal U die land regruk en vir almal gee wat hulle benodig. Dankie vir ALLES wat U vir ons gee. Amen” (Deut. 31:6) Dr. Rassie Erasmus, wat ‘n rugoperasie ondergaan het in die week. Ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid dat hy spoedig en volkome herstel met die minimum pyn en ongemak. WAS JY OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê. E-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za of SMS/WhatsApp 079 223 8321

Dankie Heer vir

 

t 

Baba Ivan Gelderbloem se hartoperasie was ‘n reuse sukses! Hy is ook nou uiteindelik uit die hospitaal. Dankie Here, vir U getroue liefde, genade en genesing. Adri skryf: “Dankie ons Vader, Jesus Christus, dat ons elke wonderwerk en beskerming van U hand kan sien, waar U ons kinders en kleinkind beskerm het in ‘n gewapende roof by hul huis. Ons sien hoe groot U genade is.” Ons wil net baie dankie sê dat die Here Luka Swanepoel nog ‘n jaar veilig opgepas het. U is ons God, ons loof U Heilige Naam!

Sendeling Nuus

Bid asb. saam vir die vd Walt gesin, wat wag om Kanada toe te gaan om sendingwerk te gaan doen. Spencer stuur verlede naweek vir ons ’n WhatsApp: Ons moet oor 9 dae hier by ASM uit en ons wag nog om te hoor oor die seuns se visums. Dis hol-kol-op die maag tyd! Erg!!! Ons hele huis se besittings is verkoop of weg gegee! En tog weet ons, én het die Here self vir ons oor en oor gewys, oor 'n tydperk van amper 2 jaar, dat dit wat ons nou doen in lyn is met Sy roeping in ons lewens is. Dis nie blinde


geloof nie! Dis stap vir stap, openbaring op openbaring, tree-vir-tree geloof. Geloof wat stap saam met Jesus in die rigting wat Hy vir ons uit gewys het. Dis die moeilikste ding wat ek nog ooit in my lewe gedoen het! Dis seker soos Moses moes gevoel het voor die dooie see, met die hele Egiptiese weermag agter hulle, en ek is die laaste in die ry! Ek is nie voor by die see langs Moses waar party dalk gedink het, "wel hier kom moeilikheid maar die Egiptiese soldate moet deur plus minus 6 miljoen deurwerk voor hulle by my uitkom" nie! Dis seker hoe Noag moes gevoel het toe hy die Ark gebou het. 'n Massiewe skip op droë grond, toe reën nog nie eers bestaan het nie! Sy seuns en familie dra planke aan en wonder óf pa regtig weet wat hy doen, maar tog vertrou hulle sy karakter genoeg om te weet dat hy werklik 'n diep persoonlike verhouding met God het wat ‘real’ is! Ek kyk na my seuns en sien hulle kinderlike geloof in my geloof en tog weet ek die Egiptenare is op ons! Ek sien vir Karen, my vrou, wat saam met my hierdie pad stap - maar 16 jaar in Indië het sy tol op haar lewe geëis. Sy glo werklik en Jesus het self van die "ligtorings" vir haar gegee in hierdie hele proses maar ons ruik die asems van 'n hele Egiptiese ‘army’ in ons neuse en ons kan nie eers swem nie! Soos ons huis leër en leër raak en alles "weg" raak word die "hol-kol-op-die-maag" gevoel net groter en groter met die wag vir die Konsulaat - seker soos Noag moes gevoel het toe die laaste planke op die Ark ingeslaan is en die diere al in lyn staan - die kinders al uit die skool gehaal is en ons sien nie 'n wolkie of ruik eens die reën in die lug nie! So sien ek my vrou se oë, die geloof is daar, sy het ook gehoor maar die energie en krag het flou geraak! Ek onthou nog so goed toe sy in die tronk in Varanasi toegesluit is, toe sy Bybels vir die gevangenes geneem het, hoe sy 3 keer seuntjies in die wêreld gebring het op net 'n tafel en 'n dokter wat 2 keer amper te laat was! Sy is werklik die sterkste persoon wat ek ken. Terwyl ek hier in die ry staan by PicknPay, wat so lank is dat ek amper tussen die eiers staan, probeer ek hierdie briefie klaar skryf en ek op kyk toe die ry aan beweeg is sien ek 'n koerant langs my lê met die opskrif "bly net kalm" en ek weet die skrif in my kop deurwerk nadat ek met Jesus gepraat het so 'n rukkie terug en Hy my duidelik wys om Deuteronomium 2:3 te lees met die woorde "You have been wandering around in this hill country long enough; turn to the north." en ek WEET Jesus sê dis tyd om aan te beweeg! Dis nie maklik nie maar ons hou vas met elke stukkie grein van geloof wat Jesus vir ons gegee het! Bid asseblief saam met ons! So baie dankie vir al julle liefde, vertroue en omgee.

Spencer, Karen, Reuben, Simeon & Benjamin


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. BEHUISING BESKIKBAAR 1 Slaapkamer woonstel by Rosebridge Manor beskikbaar. Kontak: Ursula 082 660 9996

Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat doen hulle, kom haal hulle nuusbrief in die kantoor of kontak hulle.

Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za

Berading in gevreesde siektes Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel nie, gesels met Magda 082 498 4256

Eenmanswoonstel (Bachelor) woonstel op plot, dadelik beskikbaar. Tweeslaapkamer woonstel met kuier stoep op plot, beskikbaar 1 Junie. Ongelukkig geen kinders en diere. Kontak: Erica 082 337 6534

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Navrae: Annalise 082 958 3874

SOEK WERK Dame soek na ʼn admin pos, het goeie ondervinding, in Witrivier / Rocky’s Drift . Kontak: Tania 082 784 6744 Boekhoudster soek werk. Kontak: 079 166 6884 Betroubare huishulp is beskikbaar op Do. van 1 Mei. Kontak: Hannelie 082 684 0038 3

EK SAAI GRAAG As jy ʼn kreatiewe persoon is, hierdie is vir jou. Verskeie items word aangebied vir gebruik. Die tannie trek Rustig toe en plek is beperk. Kontak: Anneke 072 242 4993

Stel jy belang om op hier te adverteer?

Geen koop, verkoop of ruil transaksies nie. Stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za

Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.

Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK ONS OM MEER UIT TE VIND. YVONNE 076 903 0660

Like” ons by

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.