Sondag 18 Augustus
Die wêreld sê: Jy kan maar saam slaap voor die huwelik. God sê....
Skriflesing: Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.
Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.
Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Laerskoolkinders Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Stad op die berg-erediens Doen wat jy moet… omdat jy wil....
Kom kuier saam by Rut en besin saam oor “commitment” Sondagaand Stad op die Berg Kom dink saam! #stadopdieberg #ligvirdiewêreld
Maandag 19 Augustus 11:00 Koskasvergadering
Maandag 26 Augustus
Konsistorie 17:30 Kom word nuutverg.
Dinsdag 20 Augustus 08:00 17:00 18:00 18:00
Gebedsbyeenkoms Lofdans DivorceCare Immergroen &♥
Konsistorie Ouditorium Gebedskamer Burgerstr 83
Dinsdag 27 Augustus 08:00 17:00 18:00 18:00
Woensdag 21 Augustus 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Voorhuwelikkursus
Bovertrek Bovertrek
10:00 Kreatiewe vers 18:00 Voorhuwelikkursus
Ouditorium 18:00 Voetspoorgesprek Bovertrek
Konsistorie Ouditorium Gebedskamer Burgerstr 83 Bovertrek Bovertrek
Donderdag 29 Augustus
Vrydag 23 Augustus 06:00 Besigheidspersone Bid
Gebedsbyeenkoms Lofdans DivorceCare Immergroen &♥
Woensdag 28 Augustus
Donderdag 22 Augustus 18:00 Genesingsdiens
Kerk
Konsistorie
Vrydag 30 Augustus 06:00 Besigheidspersone Bid
Bovertrek
Retief Burger Wanneer: Saterdag 19 Oktober Waar: NG Witrivier Koop kaartjies by kantoor of www.quicket.co.za
Koste: R120 / volwassene R50 / laerskoolkind
ALLE kaartjies in Ouditorium is BESPREEKTE PLEKKE. Kindertoesig: R30/kind <10jr - Bespreek toesig per WhatsApp 079 223 8321
Die volgende persone is verkies tot ouderlinge: Doreen Botha Mervyn van Wyk
Marie Geldenhuys Pieter Briel
Mag hul diensbaarheid geseënd wees!
Hier is ʼn geleentheid om diensbaar te wees en naasteliefde in oorvloed te gee en te ontvang. Sluit aan by die span vrywilligers wat by Rustig Aftreeoord die haarsalon doen. Geen ondervinding is nodig, hoewel daar groot behoefte is aan iemand wat hare kan sny. Navrae: Hannatjie 072 563 7823
Spogbroodjie-ete Hierdie is iets om na uit te sien... Begin solank jou gunsteling broodjie resep afstof of hou jou oë oop in winkels om Sondag 8 September ‘n Spogbroodjie te bring. Na die erediens kuier ons as gemeente by die KoffieOase en sluit ʼn bedrywige kwartaal af.
Hoe kan ons gemeente ons geestelike voetspoor vergroot? Tien gesprekspunte wat tydens April se Kerkraadsvergadering geïdentifiseer is en waarby jy betrokke kan raak om saam ʼn verskil te maak.
Watter redes sou kon aanleiding gee dat kerke se lidmaatgetalle kwyn, en hoe voorkom ons dit in ons gemeente?
Kersmark
Wanneer: Donderdag 29 Augustus 18:00 27 November - 30 November Tyd: Konsistorie Uitstallers word genooi om deel te Waar:
hê aan hierdie jaarlikse mark. Voorkeur word verleen aan uitstallers wat tuis- of handgemaakte produkte wil uitstal. Aansoekvorms beskikbaar by kantoor of stuur e-pos na heleen@ngwitrivier.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 23 Augustus
Navrae & Gesprekleier: Elzette Kruger 082 446 2282
Het jy ʼn opinie? Wil jy ʼn sinvolle bydrae maak en jou stem laat hoor? Dán is jy uitgenooi om te kom deelneem. Indien jy net nuuskierig is, jy is ook nét so welkom. Alle lidmate word genooi en elke inset word geag.
Mavilamahle Handwerkprojek in Masoyi Projekleier: Hester Loubser 082 926 8972 Dinsdae is ʼn vreugdedag, ʼn dag om te dien en vroue te sien glimlag. “Daar gaan ek elke week verkwik weg.” sê Hester. Word deel van hierdie projek op die volgende wyses: Gee van jouself! Word deel van die weeklikse uitreik, veral as admin jou gawe is, sal jou bydrae Hester help. Gee van jou goed! Skenk wol, hekel-, katoengare of enige iets wat die vroue kan gebruik.
Verryk jouself deur te dien!
18 Aug. Wim van Aardt Annamarie Viljoen 19 Aug. Joey vd Heever 21 Aug. Martiens & Magda Stander 22 Aug. Britz Chris Schutte 24 Aug. Gesina Taljaard Koot vd Heever
87 Verjaar 73 Verjaar 91 Verjaar 43 Huwelik 78 Verjaar 74 Verjaar 76 Verjaar 72 Verjaar
Gebedsfokus Ons bid & sê dankie.. P P P
P
P
P
P
P A
‘n Anonieme briefie skryf: “Here, ons vra asb. dat U met ons jongmense gaan, wat swig onder groepsdruk en verkeerde keuses maak. Ons bid dat U Heilige Gees in hul harte sal werk. Dankie Here, U ken ons harte!” Linelda le Roux, wat op die laaste van haar tweeling swangerskap is en swaar kry met die mannetjies wat mamma moeg maak. Ons bid vir die laaste week en vir die voorbereiding vir hul koms, dat dit alles in die Here se wil en tyd sal geskied. Die Kom Word Nuut Kamp van ons belydenisklas, wat hierdie naweek was. Ons bid vir elkeen van die lidmate maar ook die werkers op die kamp, dat die Here hulle ontmoet het en elkeen kom nuut maak het op Sy unieke wyse. Mag die saad wat geplant is groei en God verheerlik word. Elkeen van ons kinders wat siek is, Jacques en Elizabeth Grobler het in die week laat weet: “Ons is in ongevalle met boetie, sy koors is 39.7 en daar moes bloed getrek word ens.” Ons bid vir die bakteriële infeksie wat by hom gediagnoseer is en bid vir elke ouer wat in die aande sukkel om koors gebreek te kry, mag die Here hulle rustig maak en vir hulle wysheid gee. Wim van Aardt (wat vandag 87 jaar oud is), ons het die volgende boodskap van sy dogter in die week ontvang: Pa se hand lyk sleg en dit lyk of hul sy arm onder die elmboog gaan afsit. Terselfdertyd wil hul die kliere onder sy arm verwyder. Hul wag nou om te hoor wanneer hul die 2 operasies gelyktydig kan doen. Die familie is in die week Pretoria toe… ons bid vir Wim, maar ook vir Karin (sy dogter) en Jacques (sy seun), asook die res van die familie. Mag die Here vir hul Sy vrede gee wat alle verstand te bowe gaan in hierdie uitdagende tyd en mag Hy vir die Medici wysheid gee. Karen Eksteen, wat Dinsdag Wilgers hospitaal toe gegaan het om ‘n verdere operasie aan haar arm te ondergaan na die motorongeluk waarin sy 8 jaar gelede betrokke is. Sy het ontsaglike pyn gehad voor die operasie en ons bid dat die operasie ‘n sukses was en dat die pyn nou onder beheer is. Hester wat in M-Care aansterk, ook vir Louise, in Rubicon wat baie pyn ervaar nadat sy geval het. Marie van Rustig Ouetehuis is baie siek, ook Lydia sukkel steeds om normaal te funksioneer met haar knie. Janet is in Temba Hospitaal nadat sy haar heup gebreek het. (Dankie aan tannie Lena wat getrou die siekes besoek en terugvoer gee, sy ʼn ʼn getroue diensmaagd.) Alfred Peatzhold, wat baie swaar kry omdat hy nie meer kan hoes nie en ook nie kan diep asemhaal nie. Die slym bly opbou en ons hou hom en Belinda in ons gedagtes en gebede, mag die Here uitkoms gee. Ons dank die Here saam die Adlem gesin dat Sean se immuunstelsel opgetel het na sy behandeling wat hy in Alberton ontvang het en dat hy Dinsdag middag ontslaan kon word om te kon huis toe kom voordat hy weer vandag (Sondag) terug
A
t A
moet gaan vir sy 6de Chemoterapie sessie. Mag die Here hom vashou en na liggaam en gees versterk terwyl Hy hierdie medisyne gebruik om Sean volkome te genees, sodat hy ‘n vol lewe kan lei as getuie van ‘n genesende, wonderwerkende God. Mag die Here ook Sy vrede gee vir ma Amor, pa Patrick en boetie Alec. Tannie Pinkie Strydom het spesiaal ingekom kerkkantoor toe om DANKIE te sê vir almal se gebede toe sy so siek was, sy kon beleef hoe ons haar gebede gedra het.
“Dankie dat oom eriek beesig is om gesont te word”
Monica Simpson wil eerstens ons Hemelse Vader dank vir Bobby se suksesvolle operasie, da ook vir elkeen se gebede en ondersteuning hierdie afgelope week.
Gebedsbrief Augustus 2019 Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig staan” Ps.18:33-34 “Ek voel opgewonde, dankbaar en gevul met intense nederigheid wanneer ek terugdink aan die konferensie. Die Here is besig om Petra Instituut en ons vennote te neem na ’n plek en posisie as rolspelers wat onsself nie kon bedink of beplan nie. Dit is net GENADE.” Dit was die woorde van Dirk Coetsee, Uitvoerende Direkteur van Petra Instituut, na afloop van die jaarlikse PAN AFRICAN Kinderbedieningskonferensie, wat in Ghana aangebied is. Die konferensie is deur meer as tweeduisend leiers van regoor die wêreld bygewoon. Dit is verblydend om te kon sien dat 90% van die konferensiegangers onder die ouderdom van 40 jaar was, met ‘n beduidende groep binne die ouderdom van 20-30 jaar oud. Die oogmerk van die konferensie was om die huidige stand van die situasie van kinders in Afrika uit te lig en die uitdaging aan die kerk en gemeenskap te stel om dit in alle erns aan te spreek. Lees gerus meer hieroor op Petra Instituut se Facebook-blad. Ons loof die Here vir die geleentheid wat Petra Instituut kon kry om as sprekers, fasiliteerders en gespreksleiers ’n rol te kon speel. Die familiekursus wat in Touwsrivier deur Maria Visser en Jenni Meyer aangebied is, is deur verskeie gesinne bygewoon, meestal enkelouer-gesinne. Dit was vir beide die ouers en die kinders ’n positiewe ervaring dat die kinders ingesluit was. Hulle het veral die tegniek ten opsigte van konflikhantering baie waardevol gevind. Christa Booysen het weer met die dames van Ceres ’n opvolgnaweek gehad. Dit was ’n kleinerige groepie dames en daarom kon hulle baie tyd spandeer aan die praktiese luistervaardighede en ook die praktiese sessies met die kinders. Tydens die kursus wat in Tweeling in die Vrystaat aangebied is, berig Riëtte Botha dat die studente veral geskok was oor die wreedheid wat in die stories tydens die sessies met die kinders na vore gekom het. ’n Mens vra jouself die vraag af: Is dit die realiteit of die effek van blootstelling aan die TV? Die oogmerk met die pas afgelope kursus wat in Egipte vir die organisasie Coptic Orphans aangebied is, was dat hulle self verder veldopleiding sal doen. Die afgelope naweek het die eerste van die sessies plaas-
gevind, waar vier groepe van 250 vrywilligers bymekaargekom het om toegerus te word. Dit is verblydend om te sien dat Petra Instituut se beginsel van vermenigvuldiging deur leiers te bemagtig, baie vrug voortbring. Ons loof die Here! Na aanleiding van die kinderweek wat in Mosambiek aangebied is, is daar ’n moontlikheid van drie studente wat graag volgende jaar die aanlynkursus wil doen. Bid asseblief saam vir die nodige fondse daarvoor. Bid asseblief vir die volgende aktiwiteite: 18-19 Augustus, Kaapstad: Christa Booysen en Dirk Coetsee woon die African Regional Child Trauma Conference in Kaapstad by. Ons bid dat die werkswinkel wat aangebied word bewusmaking en belangstelling sal wek. 23 Augustus - 11 September, Uganda: Louwrens en Theunis Scheepers gaan die toerusting van tien fasiliteerders-in-opleiding in die Saamloop met Seerkrykinders-kursus voortsit. Die deelnemers is SuidSoedannese predikante en leiers wat opgelei word om binne die vlugtelingkampe te werk. Die projek word saam met Incontext Ministries International aangebied. 19-23 Augustus, Geita (Tanzanië): Gerhard Strobos bied die kursus Betree die leefwêreld van ’n kind by die Teologiese Kollege in Geita aan. 24 Augustus, Nelspruit: ’n Penreach-toerustingsgeleentheid vir onderwysers word deur Emily Dinhira en ’n Petra-medewerker aangebied. 29 Augustus - 15 September, Singapoer: Carine Steyn, Carlé Jonker en Gerda Jordaan vertrek na Singapoer. Bid asseblief vir die voorbereiding, praktiese reëlings en guns vir hierdie projek. Verdere inligting sal in die volgende brief gegee word. In Pretoria word daar opleiding aan ’n nuwe groep naskoolversorgers aangebied. Dit word op ’n weeklikse basis vir 10 weke aangebied. Ons eer die Here vir die effek wat hierdie toerusting op gemeenskappe het. In De Doorns is die span aktief besig met verskeie aktiwiteite in die gemeenskap, naamlik Bybelstudiegroepe vir kinders, gebedsgroepe, geleentheidsaalopenings en praktiese terapiesessies met kinders. Hulle fokus ook op toerusting en bediening aan families. Bid vir Maria Visser wat besig is om ’n handleiding vir die familiekursus te ontwikkel, ook vir Carine Steyn wat besig is met die skryf van verskeie aanbiedersgidse. Loof die Here vir Taleta Coetsee wat die aanbiedersgids vir die Bewusmakingswerkswinkel voltooi het. Bid ook vir Jan Grobbelaar wat werk aan die skryf van ‘n boek en Rudi Mans se skryfwerk. Bid asseblief dat Odette Davids, wat tans in Indonesië werk, die geleentheid sal kry om opleidings daar aan te bied. Manie Loubser neem weer verantwoordelikheid vir die finansiële afdeling en vir die opleiding van Linette Swart, wat bereid is om te help. Hy moet by SARS as verantwoordelike beampte registreer word. Bid asseblief dat dit dringend gedoen kan word, vorige pogings het misluk. Die fondse en werwing van nuwe beleggers bly ’n uitdaging. Dankie vir die getroue beleggers wat maandelikse bydraes gee. Bid asseblief vir Sonia Swart wat gedurende Augustus die beleggers in Limpopo kontak. Bid ook vir beleggers wat vroeër bygedra het, dat hulle weer positief sal oorweeg om betrokke te wees. Bid vir guns en oop deure vir Sonia en ook vir Boetie Lourens om nuwe beleggers te kan werf. Die elektroniese nuusbriewe kan tans nie uitgestuur word nie omdat die program wat daarvoor op die databasis gebruik word op die oomblik in onbruik is. Dit moet teen hoë koste opdateer word. Bid asseblief vir 'n oplossing van die probleem en dat ons 'n geskikte en goedkoper alternatiewe program sal kry wat in ons behoeftes sal voorsien.
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. SAAMRYGELEENTHEID BESIKIKBAAR Geleentheid weeksdae beskikbaar van Witrivier om 07:00 na Nelspruit en middae 16:30 terug. Sy werk industriële gebied Besterstr. van Nelspruit. (Ou koöperasie) Kontak: Louise 083 739 1434
Besigheidspersone bid saam
SOEK WOONSTEL TE HUUR Soek 2 of 3 slaapkamer huis naby Laerskool. Kontak: Amanda 060 431 0401 Egpaar soek na 1 of 2 slaapkamer woonstel te huur, verkieslik op ʼn plot. Het nie diere / kinders. Kontak: Anthea 082 057 3802 Egpaar is opsoek na 1 slaapkamer woonstel / Bachelorswoonstel te huur. Het nie diere / kinders. Kontak: Mark / Shirley 063 345 7715 SOEK WERK Pensionaris met goeie gesondheid soek werk as drywer (nie langafstande) of toesighouer. Kontak: Boet 073 131 7463 REMEDIëRENDE DIENS BESKIKBAAR Het jou kind ʼn probleem met lees, spel, taal en wiskundige vaardighede. Kontak: Celeste (Remediërende terapeut) 073 668 8271
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
“Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!”
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
Num.6:24-26
079 223 8321