OaseNuus 19 Augustus 2018

Page 1

OaseNuus

Sondag 19 Augustus

Jesus het gevoel ! Skriflesing: Johannes 11:33-44


Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes en kan op verskeie maniere uitgeleef word. Sondae is een daarvan die geur van vars koffie wat reeds van vroeg die KoffieOase vul met die aroma en vriendelikheid van die span wat dit bedien. Koffie en kuier is sinoniem en veral na die erediens is dit die plek waar almal saamkom. Kom kuier, ontmoet nuwe mense of gesels sommer oor die wel en wee saam met ou bekendes. Ook hier ontvang ons graag nuwe lidmate na die erediens. Kom skakel in, vertel ons waar jy woon en waar jy jou passie wil uitleef in die gemeente.

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

“There is something in you that the world needs.”

Alle kleuters is welkom om hierdie erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Laerskoolkinders Die Gr. 1-6 kinders Verdaag later na hul groepies.

Stad op die berg erediens DAAR IS NIE VANAAND ’N BYEENKOMS NIE, ONS ALMAL GAAN UITREIK. Kom saam, nooi jou vriende en verryk almal se lewe. Julle wat gaan en hulle wat julle ontvang. Sien jou daar! Inligting

Sondag 19 Augustus 2018, reik Stad op die Berg weer uit na ons gemeenskap! Kom skakel gerus in, raak betrokke, wees deel van iets groter as onsself. ALMAL WELKOM!! Al die projekte vertrek van die Gemeentesentrum, saam met wie gaan jy? WITRIVIER POLISIESTASIE Vertrek 14:00 Die Gr. 10’s gaan vir die mense wat die vrede om ons probeer bewaar ‘n bederfie vat en ook hul voertuie was. THEMBA HOSPITAAL Vertrek 15:30 Die Gr. 9’s gaan vir die kinders en personeel in Themba hospitaal kuier. Hul gaan weer beertjies uitdeel. Ons benodig nog mense om beertjies op te stop en gesiggies aan te werk. Hou ook asb aan met beertjies brei, dit maak ‘n reuse verskil in ‘n siek kind se lewe.

MICHAELS CHILDRENS VILLAGE Vertrek 14:00 Die Gr. 8’s gaan tyd saam met die kinders van Michaels Childrens Village spandeer, speletjies speel en net lekker kuier.

Kom en wees saam met ons die verskil wat ons in die wêreld wil sien ! Vir enige navrae kontak gerus vir Wanika 083 296 0806


Dinsdag 21 Augustus

Maandag 27 Augustus

08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Bluetooth Ouerskap DivorceCare

Konsistorie 18:00 Apologetiese gesprek Bovertrek Kerk Kreatiewe vers Aandklas Konsistorie Bovertrek Dinsdag 28 Augustus Sitkamer 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 17:00 Lofdans Kerk Woensdag 22 Augustus 18:00 DivorceCare Sitkamer 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek 18:00 GriefShare Sitkamer Woensdag 29 Augustus 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek Donderdag 23 Augustus 18:00 GriefShare Sitkamer 18:00 Geestelike Dissiplinekursus Sitkamer

Donderdag 30 Augustus

18:00

Genesingsdiens

Bovertrek

Bestaan God regtig? Kan ‘n mens glo dat daar ‘n “God” is wat alles geskep het? Wie sê dat alles rondom ons nie dalk net per toeval ontstaan het nie? Dit is die vraag wat Dr Bohlin en Dr Muller

op Maandag 27 Augustus om

Bluetooth Ouerskap bied aan:

18:00

by gemeentesentrum kom aanspreek. Dr Bohlin - afkomstig van die VSA is ‘n bekende apologeet en die titel van sy lesing is: “How Biology Points us to God”. Direk na afloop van Dr Bohlin se lesing, sal Dr Miller die verhoog neem en met ons oor die nuutste bevindinge van evolusie praat. Daar is gevind dat die evolusionêre teorie groot leemtes het, en Dr Miller stel die saak van “Intelligent Design”, oftewel die geloof dat daar ‘n “Intelligente Ontwerper” – God – agter die beplanning van die skepping is.

Geestelike dissiplines is bewys as ’n belangrike sleutel wat geloofsgroei ontsluit. In hierdie kursus gaan jy bekendgestel word aan 10 klassieke dissiplines wat jou geestelike lewe gaan Hierdie aand gaan jou geloof verryk. in God versterk! Daar is slegs plek vir 12 persone in dié kursus op 23 Augustus om 18:00 in die Daar sal geleentheid wees om vrae te sitkamer.

vra. Bring gerus ook vriende saam wat twyfel in God se bestaan.


Caritas beteken “sorg”. By die Caritas Bediening help ons stukkende mense om weer heel te word. Ons gebruik die narratiewe benadering. Dit beteken dat ons na die persone se lewensverhale luister en daarby aanhaak. ʼn Hele groep sit in by die sessies. Suksesresep van Caritas:  Maak self die keuse om hulp te vra.  Maak 'n afspraak.  Die gesprekke is konfidensieel. (Jy kan veilig voel).  Die span luister nie veroordelend na jou storie. Saam soek ons na oplossings vir die uitdagings wat jou lewensreis bemoeilik.

HOE OM

’N AFSPRAAK TE MAAK

A Manie Loubser 071 930 7853 Care Buddies is ‘n groep vrywillige mans en vroue met die gemeenskaplike doel om die lewens van senior burgers en verswakte inwoners van plaaslike aftreeoorde aan te raak. Ons doen dit deur ‘n gewillige oor te bied tydens weeklikse kuiersessies met ‘n spesifieke bejaarde, asook deur middel van jaarlikse funksies soos tee- of Kerspartytjies vir die bejaardes te reël. Ons kuiers gaan oor liefde en geselskap bied en is ‘n hoogtepunt in die week vir menige bejaarde. ‘n Care Buddy kan dalk van tyd tot tyd ‘n bejaarde behulpsaam wees met kruideniersware aankope maar mag nie betrokke raak by die mediese behandeling van ‘n bejaarde nie. Ons missie: “We are a caring non-profit organization who provide weekly “one-on-one” loving and supportive emotional care toe the aged within our community. We are devoted to making them feel loved, secure and valued.” Stel jy dalk belang om ‘n ouma of oupa “aan te neem”?

HOE OM A

BETROKKE TE RAAK

Yvonne 076 903 0660

Daar is tans ʼn behoefte vir ʼn ADMIN-buddy. Sy/hy moet oor rekenaar- en administratiewevaardighede beskik. As jou passie nie is om bejaardes te besoek nie maar jy sou graag deel wou word van hierdie vrywillige bediening, is hierdie die geleentheid vir jou.

GriefShare is ’n groep wat omgee. Jy hoef nie alleen deur die rouproses te gaan nie. Daar is mense wat die pad saam met jou wil stap en jou wil ondersteun by die verlies van ’n geliefde. Jy kry toegang tot waardevolle inligting wat jou sal help om te herstel na die verlies van ’n geliefde. Dit sal jou opbou en help om die toekoms positief te hanteer. Dit mag nou vir jou baie moeilik wees om optimisties te wees wanneer jy ’n geliefde verloor het. Hierdie tydperk van rou kan ’n tydperk wees waarin jy baie verward en geïsoleer voel. Jy het ook baie vrae oor dinge wat jy nooit voorheen aan gedink het nie. Hierdie groep kom weekliks bymekaar vir 13 weke om jou te help om die uitdagings wat jy nou in die gesig staar, vierkantig in die oë te kan kyk en jou lewe weer op te bou. Enkele sinne uit verskeie getuienisse:  Ek het my oudste dogter (31), my ma en albei my skoonouers in ʼn jaar verloor.  Is so dankbaar teenoor ʼn vriendin wat my vertel het van die kursus.  Een van die mees vertroostende dinge wat ek met die aanvang besef het - is dat ek op ʼn reis is.  No one gets OVER it. You get THROUGH it.

HOE OM A Annalise

’N AFSPRAAK TE MAAK

082 958 3874

DivorceCare is vir persone wat deur egskeiding geraak word. Enige persoon wat onlangs deur ’n egskeiding is of lankal reeds gegaan het kan deel word van hierdie groep. Die kursus van 13 weke, gee jou toegang tot waardevolle riglyne wat jou sal help om jou situasie te hanteer en die seer van die verlede te hanteer. Dit help geskeide persone om vorentoe te kyk en ʼn nuwe lewe te begin. Van die onderwerpe wat behandel word: EDie pad na herstel / soek hulp EKonfronteer

EKonfronteer depressie EKonfronteer eensaamheid EWat sê die Bybel? ENuwe verhoudings EFinansiële oorlewing EKinders en egskeiding (KidCare) EVergifnis E Versoening E Beweeg aan / beweeg nader na God. jou woede

HOE OM A Wilna 082 335 5295

’N AFSPRAAK TE MAAK


Ons bid vir

r r r

t r r r

Anna Botha, wat ‘n ligte beroerte en hartaanval gehad het laas Woensdag. Sy was Sondag nog in Mediclinic, Nelspruit. Ons bid dat sy gou sal herstel. Desmond Moolenaar, hy lê baie kritiek in ICU, na ‘n gruwelike plaasaanval, ons bid vir fisiese en emosionele wonderwerke in nie net Desmond se lewe maar ook vir die van sy geliefdes. Ek glo in die krag van gebed. Bid asb. vir ons seun en sy vrou, wat nog kinderloos is, vir gesonde, welgeskape kindertjies. Bid asseblief vir my Pappa, Louis Weber, wat Maandag vir ‘n rugoperasie gegaan het. Ons bid dat Louis ‘n suksesvolle operasie gehad het en spoedig en volkome sal herstel. André skryf: Please pray for Anna to be release from prison... Die Here ken die detail van hierdie gebed en ons bid dat Sy wil sal geskied en dat Hy verheerlik sal word. Kokkie Pitout, wat volgende Maandag vir ‘n rugoperasie in Mediclinic gaan. Ons gebed is dat die Here die spesialiste in die teater sal lei en die operasie sal seën. Kom Word Nuut Kamp vir die belydenisklas, wat hierdie naweek aan die gang is, ons gebed is dat die kinders die Here sal ontmoet, nader trek en ewigheidsbesluite sal maak en hou.

Dankie Heer 

Marie skryf: Dankie vir al die gebede wat opgaan vir my seun, William. Hy is nou in rehab maar kan nog nie voedsel inneem, as gevolg van die pyp in sy keel nie. Hy praat so ‘n bietjie, as hulle die pyp toedruk en hy leer weer om te loop. Die Vader is goed vir ons en ek dank Hom met my hele hart en glo en vertrou dat hy een van die dae weer die ou William sal wees. Nogmaals dankie aan almal. Moet asb. nie ophou bid nie! Ons het ‘n groot, Almagtige God! Tokkie van Wyk stuur vir ons die WhatsApp: Jesus se Naam, as Geneesheer, het die afgelope tyd weer opnuut vir my betekenis gekry. Alle eer en dank aan Hom,

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)


wat my so getrou bygestaan het die afgelope 6 weke, na my rugoperasie. My tyd van "ballingskap" is verby en dit gaan goed. En dan ook baie dankie aan elkeen wat vir my gebid het, aan my gedink het, vir boodskappe, vir besoeke, vir moed inpraat, vir kos, lekkernye, blomme en geskenkies wat aangedra was!! Elkeen en alles word uit my hart waardeer. Lief vir julle!

Sendeling Nuus Van Alfred

Liewe Witrivier Gemeente,

Hierdie keer is dit ek, Alfred, wat aan die woord is. So baie het gebeur sedert ons laaste nuusbrief, ek weet amper nie waar om te begin nie. Deur dit alles staan die Here se getrouheid vir ons uit want, al verstaan ons nie al Sy planne nie, maak dit nie dat God nie goed is nie! Geloof is juis om God te vertrou wanneer ons nie verstaan nie. Bernard en Stefan is in ‘n besondere goeie en unieke skool en hulle geniet dit en doen baie goed. Vir die wat meer oor die skool te wete wil kom, gaan kyk na GLA http://www.gla-jbay.org Christiaan se studies vorder baie goed deur Moody Bible Institute. Weens my siekte het hy besluit om van die huis af te swot, deur die internet tot in Januarie. Hy help Belinda baie met verbeteringe, om goed te maak vir die nuwe kombuis en natuurlik om my te versorg. Ons is waarlik geseënd met ons drie staatmaker seuns! Met Belinda gaan dit O.K. onder omstandighede. Sy dra natuurlik nou ‘n dubbele las, want al my verantwoordelikhede kom nou op haar neer. Haar mediese kennis en ondervinding help baie met my versorging, wat sy liefdevol aanhou doen! Ons is baie geseënd met die kerk wat ons hier in Jeffreysbaai het: hulle woordverkondiging is baie skrifgetrou, die mense is baie liefdevol en hulle ondersteun ons as gesin in elke opsig. Dis asof die Here vir ons ‘n kits familie gegee het. Verder is daar ‘n ‘hospice’-suster in die kerk, wat my weekliks besoek en baie goeie ondersteuning bied. Met my gesondheid gaan dit nie so goed nie: weens my motorneuron siekte kan ek nie meer loop of praat nie en my hande kan amper niks meer doen nie. Eet en drink het te moeilik geword en gevolglik het ek drie weke gelede ‘n PEG


voedingsbuis gekry. "Maaltye" is nou nie meer stresvol nie. Ek kan basies niks op my eie doen nie. Belinda versorg my amper voltyds en dan help Christiaan ook nog, want uit die aard van die saak kan Belinda my nie alleen optel nie. Ons het nou ook ‘n versorger gekry om twee oggende ‘n week te kom help. Bid asseblief vir genade en krag vir elke dag. Ek is baie dankbaar vir SIM, ons sending organisasie, wat vir my ‘n “eye tracker” gekoop het. Dit het ‘n tablet met ‘n infrarooi toestel, wat my oë volg en bepaal presies waar ek op die skerm kyk. Deur vir die letters op die sleutelbord op die skerm te kyk, kan ek met my oë tik. Dan gebruik ek sagteware, wat die teks namens my praat, met ‘n Afrikaanse of Engelse stem. Ons dank God vir hierdie tegnologie, wat dit vir my moontlik maak om nog te kommunikeer. Dieselfde sagteware stel my in staat om WhatsApp en SMS boodskappe te stuur en ontvang en ander rekenaar werk te doen. Ek het hierdie hele nuusbrief net met my oë getik. Dankie vir al die gebede en ondersteuning, tydens hierdie moeilike tyd. Soveel van julle het op allerlei praktiese maniere gewys dat julle vir ons omgee. Dit beteken vir ons baie en ons waardeer dit opreg. Hou asseblief aan om vir ons te bid want dit is beslis nie vir een van ons ‘n maklike tyd nie In die tyd wat ek gediagnoseer was, het die Here vir my Psalm 18 in ‘n droom gegee (dis iets wat nog nooit van te vore met my gebeur het nie). Menigmale het die Here my al uit verskillende dele van hierdie Psalm bemoedig. Ek haal die eerste twee verse aan:

"Hy het gesê: Ek het U baie lief, Here, U is my sterkte. Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting."

Nuus uit ons dorpie in Mosambiek is dat die gelowiges groei in hul geloof, ten spyte van vervolging en dreigemente. Op die tweede plek, waar die nuwe gelowiges die Bybellesse aangebied het, moes hulle vir eers ophou weens dreigemente van die ander geloof se leiers. Nou word oorweeg om in ‘n ander dorp met die lesse te begin. Bid asseblief vir hierdie gelowiges. Baie groete van ons al vyf

Alfred, Belinda, Christiaan, Bernard en Stefan

Bestel by kantoor: L 1kg gedroogde pynappels @ R130/pak L 1 liter kokosneutolie @ R80 elk Skryf jou naam op in die kantoor OF SMS/WhatsApp na 079 223 8321.


19 Aug. Joey vd Heever 90 Verjaar 21 Aug. Martiens & Magda Stander 42 Huwelik 22 Aug. Britz 77 Verjaar Chris Schutte 73 Verjaar 24 Aug. Gesina Taljaard 75 Verjaar Koot vd Heever 71 Verjaar

Wanneer: Waar: Tyd: Koste: Kaartjies:

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!

Sondag 26 Augustus Hervormde kerk Nelspruit 15:00 R100 volwassene R80 Bejaardes en Laerskoolkinders Beskikbaar by NHK & Mopani Apteke By deure sal ook kaartjies wees

Huweliksvoorbereiding

Is jul die afgelope 6 maande in die huwelik bevestig of trou jul in die volgende 6 maande? Gedurende September.

is ʼn kursus vir die getroudes! Gedurende Oktober.

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.