OaseNuus
Sondag 26 Augustus
Jesus maak tyd vir stiltes in die storm Skriflesing: Markus 4:35-40
Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes en kan op verskeie maniere uitgeleef word. Sondae is een daarvan - die geur van vars koffie wat reeds vroegoggend die KoffieOase vul met die aroma en vriendelikheid van die span wat dit bedien. Koffie en kuier is sinoniem en veral na die erediens is dit die plek waar almal saamkom. Kom kuier, ontmoet nuwe Mense of gesels sommer oor die wel en wee saam met ou bekendes. Ook hier ontvang ons graag nuwe lidmate na die erediens. Kom skakel in, vertel ons waar jy woon en waar jy jou passie wil uitleef in die gemeente.
Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Stad op die berg erediens
Alle kleuters is welkom
VANMIDDAG 17:00
om hierdie erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Laerskoolkinders
Jaloesie! Hierdie sonde sluip stilletjies in en rig (sonder dat ons dit altyd besef) ons optrede. Kom gesels Sondagaand saam oor hierdie sonde. Moet nie Sondagaand misloop nie, sien jou 17:00 na Stadopdieberg #ligvirdiewêreld Volwassenes is ook welkom!
Jeug Kabarette
Die Gr. 1-6 kinders Verdaag later na hul groepies.
Sondag 2 Sep. 17:00
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 26 Aug. 27 Aug. 28 Aug. 29 Aug.
Joey Hattingh Hennie & Lorraine de Koker Rienie Booyens Annetjie Pretorius Carel Maree Grace Terblanche
79 Verjaar 39 Huwelik 83 Verjaar 75 Verjaar 74 Verjaar 92 Verjaar
30 Aug. 31 Aug.
Hannerie Strydom 42 Doop Andre & Adri Swanepoel 37 Huwelik Henk Berends 80 Verjaar Boy Eksteen 71 Verjaar Gerhard & Lorinda Mulder 45 Huwelik
Maandag 27 Augustus
Maandag 3 September
16:00 GriefShare Sitkamer 16:00 GriefShare 18:00 Apologetiese gesprek Bovertrek 18:00 Huweliksvoorbereiding Kreatiewe vers Aandklas Konsistorie
Sitkamer Bovertrek
Dinsdag 4 September
Dinsdag 28 Augustus 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare
08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 17:00 Lofdans Kerk 18:00 Finansiële Bedieningverg. Sitkamer DivorceCare
Woensdag 29 Augustus 10:00 Kreatiewe vers
Woensdag 5 September
Bovertrek
Donderdag 30 Augustus 18:00
Genesingsdiens
Konsistorie Kerk Konferensie Sitkamer
10:00 Kreatiewe vers
Bovertrek
Donderdag 6 September
Bovertrek
15:30 Dagbestuurvergadering
Konsistorie
Bestaan God regtig? Kan ‘n mens glo dat daar ‘n “God” is wat alles geskep het? Wie sê dat alles rondom ons nie dalk net per toeval ontstaan het nie?
Huweliksvoorbereiding Is jul die afgelope 6 maande in die huwelik bevestig of trou jul in die volgende 6 maande? Dan is hiérdie kursus van Ds Nati vir julle. Wanneer: Maandae 3 & 10 & 17 September Tyd: 18:00 Waar: Gemeentesentrum
is ʼn kursus vir die getroudes! Teken solank die volgende datums aan. Maandae 15 & 22 & 29 Oktober om 18:00.
Dit is die vraag wat Dr Bohlin en Dr Muller op
Maandag 27 Augustus om 18:00 by gemeentesentrum kom aanspreek. Dr Bohlin - afkomstig van die VSA is ‘n bekende apologeet en die titel van sy lesing is: “How Biology Points us to God”. Direk na afloop van Dr Bohlin se lesing, sal Dr Miller die verhoog neem en met ons oor die nuutste bevindinge van evolusie praat. Daar is gevind dat die evolusionêre teorie groot leemtes het, en Dr Miller stel die saak van “Intelligent Design”, oftewel die geloof dat daar ‘n “Intelligente Ontwerper” – God – agter die beplanning van die skepping is.
Hierdie aand gaan jou geloof in God versterk! Daar sal geleentheid wees om vrae te vra. Bring gerus ook vriende saam wat twyfel in God se bestaan.
Hoe om te belê in die koninkyk... Op Bybelsondag fokus ons op die Bybel en die voorreg om die volledige Bybel in elkeen van ons 11 amptelike landstale te hê. Tog is daar 5,5% Christene in ons land wat glad nie ‘n Bybel besit nie. Onlangse navorsing deur die navorsingsmaatskappy, Ipsos, het bevind dat daar steeds meer as 23 miljoen Bybels in Suid-Afrika benodig word. Byna 44% van Christen-
huishoudings in die land het aangedui dat hulle nie meer Bybels benodig nie, terwyl 46,7% steeds tussen een en drie Bybels vir lede van die huishouding benodig. Volgens hierdie navorsing behoort 68,8% van die Suid-Afrikaanse bevolking, ouer as 15 jaar, tot die Christelike geloof. Net meer as ‘n kwart van die bevolking (25,4%) ouer as 15 jaar, behoort tot geen
Bybels beskikbaar! In ons gemeente stel ons Afrikataal Bybels aan lidmate beskikbaar teen R100 elk. Bederf iemand met sy eie Bybel. Die volgende tale is tans beskikbaar by die kantoor: Zulu, Swati, Sepedi en Tsonga.
godsdienstige groep nie. Die Bybel is vir die meeste Christene steeds baie relevant. Op ‘n skaal van 1 tot 10, met 10 die belangrikste, het 64,9% die belangrikheid van die Bybel in hulle lewens tussen 8 en 10 geplaas. Die meerderheid van Christene in Suid-Afrika (79,1%) besit ook reeds een of meer Bybels. Bron: www.bybelgenootskap.co.za
“Be renewed in your walk with God!”
Hierdie is ‘n geleentheid om jou werkers te seën met ‘n kamp waar hul geestelik groei en ook heling kan ervaar as dit nodig is. Wanneer: Waar: Tyd: Koste:
7 tot 9 September Ella Combrink Kampterrein Vrydag 17:00 tot Sondag 14:30 R250/persoon
Inskrywingsvorms by kantoor. Kontak Ds Eddie / Antoinette 082 450 9434 Uit dankbare hande vloei muntstukke
R,000
TOTALE DANKOFFERS PER MAAND
Werklik
Begroot
850 800 750 700 650 600 550 500 450 400 350 300 250 200 150 100 50 0
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies
Ons bid vir
r
r
r
André vra weer vir gebed: “Please pray for Anna to be released from jail.” Die Here ken die detail van hierdie versoek en mag Sy wil in Sy tyd volkome geskied. Oom Ben Engelbrecht, wat in die week in ‘n motorongeluk tussen Pretoria en Warmbad was. Sy vrou, tannie Rina is oorlede (haar roudiens Dinsdag 12:00) en oom Ben was in Montana hospitaal in Pretoria met kop– en ribbeserings. Ons dra hul gesin op in hierdie hartseer tyd en bid ook vir oom Ben se herstel na die ongeluk. Tannie Louisa, wat verlede week opgeneem is in ‘n Pretoriase hospitaal met ‘n outo-immuunsiekte. Ons bid dat die Here haar fisies en geestelik sal aanraak sodat sy Sy vrede sal ervaar en haar sal lei in die diagnose en behandeling.
Dankie Heer
Hannetjie Wiid getuig: dit is al 2 jaar na my operasie en dit gaan baie goed! Dankie Jesus! Annamarie dank God vir die wonderlike reën, ook vir Jason Esterhuizen se vordering! Ons dank die Here vir ons Leraars, wat almal die week Kaap toe kon gaan en saam Bybel Media en ander leraars (insluitende ds. Gerrie) ‘n reeks vir volgende jaar kon doen. Ons bid vir die klaarmaak hiervan en dank God dat Hy hulle beskerm en bewaar het op die pad. Ons dank die Heer saam Cilla Beale vir die lang pad van herstel en dat sy stadigaan al die terugslae te bowe kom. ...Vir die goeie toetsuitslae van Tokkie!
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)
Whatsapp uit Kanada Aan ons liewe vriende en familie! Ons is besig om gewoond te raak aan al die nuwe dinge hier rondom ons maar dis nie so maklik soos dit "lyk" nie! In die midde van "'n wonderlike eerste wêreldse land", soos Kanada, is daar 'n ontsettende "donker wêreld" van dwelm verslawing, alkoholisme en diepe depressie!
Saskatoon City of Bridges
Ons huisie is net buite "The Hood" geleë. So 2 blokke weg en selfs net oor die parkie voor ons huisie is daar 'n wêreld wat in diep hulpelose woede omsingel is! Meeste is First Nations People. Die ou “Rooihuide”. So week gelede het ons 'n man hoor skree en gil in pyn wat diep binne in my siel in gesny het. Ek het nog nooit so iets in my lewe ervaar nie! Dis ontsettend moeilik om te probeer verduidelik wat met hierdie "Aboriginal" volke gebeur het, want selfs voordat ons dit hier met ons eie oë gesien het nie, sou ons nooit kon glo wat in die midde van een van die welvarendste nasies in die wêreld gebeur het nie! Hulle noem dit “Kanada’s darkest secret”. Hierdie volke (Cree, Metis, Dene, Blackfoot....) se identiteit is totaal vernietig en dis glad nie oordrewe as ons dit so uitspel nie! Die staat het met 'n absolute sistematiese plan alles wat “Native American” is probeer uitwis. So ons sit vandag met 'n klomp Aboriginal volke, wie nie 'n idee het wie hulle is of waar hulle vandaan kom nie! Dan, die ergste van dit alles is die donker waarheid, dat die staat die Katolieke Kerk gebruik het as die “voertuig” om dit te doen. Die ergste gebrokenheid het in “Residential Schools” gebeur, waar die staat kinders van 3 jaar en ouer van hulle ouers af weg geneem het “to take the Indian out of the child”. Hulle het meer as 150 000 kinders oor 130 jaar van hulle ouers af weg geneem. “And they left 3 to 4 generations who did not have an identity, who did not know who they were or where they came from, culturally, emotionally an spiritually.” Hulle het met ‘n “Truth and Reconciliation” inisiatief so paar jaar gelede begin en die getuienisse wat uitgekom het oor brutale moorde wat toegesmeer is, verkragtings en die vrees waaronder hierdie kinders moes leef is ontsettend ontstellend – en dit was die Rooms Katolieke kerk wat die meeste van dit bestuur het! Die kinders se hare is almal afgesny (kultureel moes hulle lang hare hê, wat in ‘n vlegsel gebind was – seuns en dogters), broers en susters is geskei en hulle is verbied om hulle eie moedertaal te praat. Dis ongelooflik om met ons eie oë te sien hoeveel van hierdie kosbare mense in die strate dronk rond slinger. As ons deur die parkie loop, op pad kerk toe, moet ons pasop om nie in dwelm naalde te trap nie! Daar is 'n verlorenheid en hopeloosheid wat na die grootste selfmoord syfers in die land lei! Ek deel graag die storie oor Noah 'n “First Nations” jong man, wat so paar jaar gelede in sy klas geskiet is toe iemand die klas binne gebars het en net wild begin skiet het met 'n haelgeweer. Baie van sy klasmaats is dood. Noah het sy arm opgelig toe die skoot afgegaan het en sy linkerarm is verpletter deur die bokhael en hy is ook in sy bors gewond. In die hele proses weet hy, soos hy self getuig, dat God hom opgepas het. Vandag, 4 jaar later, sit Noah in 'n diepe depressie en soos hy self sê "I've tried all the drugs that exist, I'm in constant pain and don't want to live anymore ". Ek en my mede leraar, Rick het net ons harte gedeel oor
die werklikheid oor wie Jesus is en wat Hy vir ons beteken. Die ware hoop en vrede Wat en Wie Hy is. Noah sê hy wil hierdie Jesus ken en ontmoet. Ons is besig om 'n pad met Noah te stap. Bid asseblief saam met ons dat Jesus vir hom waar en lewend sal word! Die “First Nation Aboriginals” is werklik in alle terme verlore volke, wie in die midde van ‘n ontsettende welvarende 1ste wêreldse land, heeltemal vergete is en in afgebroke stukkende dele van die stad bly. Ons familie bly een blok weg, het ‘n klein Kerkie in die middel van dit alles en is vasbeslote om Jesus se helende liefde in al Sy fasette te openbaar! Meeste van julle stap hierdie paadjie met ons koms Kanada toe al lank met ons saam. Julle is en was deel van die amazing wonderwerke, wat Jesus in plek laat val het om ons hier te kry. So baie van julle ondersteun ons in gebed en ook finansieel. .
Al werk ons saam met die Kerk in Kanada, is ons uit Suid-Afrika gestuur as Sendelinge, om die lewende liefde van Jesus met hierdie nasies te deel, wie baie sukkel met die beeld van die kerk hier in Kanada. Ons gesin word nie deel van hierdie “Kerk” gesien nie en het in die 2 maande wat ons hier is in huise en gesinne se harte ingekruip en diep spore met hulle begin stap. Dis absoluut net Jesus se liefde wat dit vir ons kon doen. Met al hierdie dinge in gedagte wil ons met groot verootmoediging met julle die volgende deel: Ons vergoeding of “support” om hier te wees word net helfte deur die Kanadese Kerk gedra. Ek dink ek het dit al in die verlede genoem, maar ek doen dit weer, die helfte van ons “support” moet ons “genereer” vanuit Suid-Afrika. Die hoop is dat, met die aftrede van Rick en Ruth oor 15 maande, ons hulle besoldiging in totaal sal ontvang. Party kan vra hoekom dra die Kanadese Kerk nie ons in totaal nie en my antwoord is omdat Jesus ons vanuit die Kerk in Suid-Afrika gestuur het en die Kerk in Suid-Afrika sal deel hê eendag voor die troon van Jesus aan die wonderlike krone van “First Nations Peoples”, wat tot bekering gekom het. Ons is hier as gestuurde sendelinge vanuit die Suid-Afrikaanse Kerk. So, nou vra ons, Ek (Spencer), Karen, Reuben, Simeon en Benjamin of julle ons asseblief finansieel sal help dra om hier te wees. Die rand is baie swak en kom nie ver hier in Kanada nie, maar as genoeg mense saam met ons glo in hierdie visie, sal dit ons hier dra in die wonderlike roeping om hierdie nasies aan Jesus se voete neer te lê en te bearbei. Ondersteun gerus die gemeente se Geloofsoffer. Indien julle ons as begunstigde opsit, word daardie geld na ons oorbetaal deur die gemeente, saam met die gemeente bydra uit die begroting. Dankie reeds vir die wat bydra en die Geloofsoffer versterk om ons te versterk. (Gesels met Ds Eddie / Jacobus Verster / Antoinette Bester) Ons gesin wil afsluit met ‘n woord van diepe dankbaarheid en opgewondenheid om saam arbeiders te wees in die wonderlike opbrengs wat Jesus in en deur ons lewens gaan bring. Julle diensknegte in Christus
Spencer, Karen, Reuben, Simeon en Benjamin Bestel by kantoor: L 1kg gedroogde pynappels @ R130/pak L 1 liter kokosneutolie @ R80 elk
Skryf jou naam op in die kantoor OF SMS/WhatsApp na 079 223 8321.
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. BEHUISING BESKIKBAAR 2 Slaapkamer Duplex woonstel beskikbaar by Pelindaba Place met lekker groot stoep en leefarea beskikbaar. Ongelukkig geen diere nie. Kontak: 073 896 4762 Enkel woonstel vir enkellopende persoon te huur. Kontak: Pulaan 083 449 1259 Eenmanswoonstel in Witrivier beskikbaar. Slegs enkellopendes, ongelukkig geen kinders en diere. Kontak: Tokkie 082 826 1099
Groot eenslaapkamer woonstel in Bon Accord beskikbaar 1 September. Sluit water en elektrisiteit in. Kontak: Bertie 083 628 0209 Elsabé 013 750 1811 Manspersoon het ʼn kamer om te deel beskikbaar, in ʼn 2 slaapkamer woonstel wat sentraal geleë is. Kontak: André 076 022 7950 SOEK WERK Soek werk as ‘n toesighouer, drywer (het kode 14 lisensie) of swembaddens skoon te maak. Kontak: Boet 073 131 7463 Dame is op soek na algemene kantoor werk of enige werk. Kontak: Annemarie 076 193 0230 Afgetrede Boekhouer met nog baie energie soek werk. Kontak: Antoinette by kantoor
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Navrae: Annalise 082 958 3874
Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.
Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak
Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND. Berading in gevreesde siektes Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel nie, gesels met Magda 082 498 4256
Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat doen hulle,
kom haal hulle nuusbrief in die kantoor of kontak hulle.
Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321