OaseNuus 28 Augustus

Page 1

Sondag 28 Augustus

Moet nooit tou opgooi nie Skriflesing: Lukas 18:1-9


Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

Gesinserediens

Geniet as gesin met Laerskool kinders die erediens in die saal vanoggend. Almal welkom!

Jeug-erediens vanaand 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Daar word tans gebou en gewerk aan die moederskamer, dankie vir jul geduld, die fasiliteit is steeds beskikbaar vir gebruik vanoggend. Eersdaags gaan jul die nuwe fasiliteit geniet. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Wen ‘n gemeubeleerde pophuis vir jou prinses! Slegs 100 Kaartjies @ R50 elk is beskikbaar, by die kantoor.

Yes!! Yes!! Dit gaan lekker wees...

Daar is ‘n Kinderkamp vir Gr 4-6 in die pyplyn... Hou solank die datum oop, meer nuus volg binnekort. Wanneer: Koste: Navrae:

23 & 24 September R150 per kind Ds Nati / Jaco 082 736 2164


Maandag 29 Augustus 18:00 GriefShare

Sitkamer

Vrydag 2 September 17:30 Volleyball semi-finaal

Dinsdag 30 Augustus 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Eiendomsbedieningverg. DivorceCare

Saterdag 3 September

Konsistorie Kerk Konsistorie Sitkamer

07:00

OaseDank FEES!!

Gebeure in vooruitsig 6 Sep.

Woensdag 31 Augustus 18:00 Bluetooth Ouerskap

Kerksaal

8 Sep. 9-11 Sep.

Bovertrek

Alpha kursus begin! Finansiële Bedieningvergadering Kerkraadsvergadering Ontmoet die Gees kamp

Maak ʼn belegging in jou huiswerker of plaaswerker se lewe Die Here plaas in elkeen van ons se invloedsfeer mense vir wie ons geestelike verantwoordelikheid moet neem. Dit is nie altyd so maklik om dit oor taal- en kultuurgrense te doen nie. Die kamp wat VGK Alkmaar gedurende September by Ella Combrink aanbied, kan jou hiermee help. Die taal op die kamp is Swazi, maar groepbesprekings vind ook waar nodig in Zulu, Tsonga, Pedi ens. plaas. Die doel is om mense te begelei tot 'n intiemer kennis van en wandel met Christus, hulle te help om gewoontes vir geestelike groei aan te leer en om hulle te ondersteun met probleme en vrae waarmee hulle worstel. Gebruik die geleentheid. Identifiseer iemand in wie jy 'n geestelike belegging wil maak en maak dit vir daardie persoon of persone moontlik om die kamp by te woon. Wees ook voorbidder vir die persoon omdat net die Heilige Gees mense se lewens kan nuut maak. Inskrywingsvorms is by die kantoor beskikbaar. Datum en tyd: Vrydag 16 September vanaf 17:00 tot Sondag 18 September om 15:00 Koste: R200 per persoon Meer inligting: Skakel ds. Koos Kriel by 084 500 1082 OF Antoinette 082 450 9434 by die kerkkantoor

Die Heilige Gees is vir my bekend, ek lees baie oor die Gees, soms beleef ek die nabyheid van die Gees. Sal ek baat om iets nuut of vars te leer by so ‘n kamp? Terwyl ek hieroor sit en dink, kom ʼn flits gedagte deur... Wat gaan dit kos, hoe gaan ons dit bekostig. Tog loei die gedagte deur my kop en ek besluit om navrae te doen... Wanneer: Waar: Koste:

Navrae:

Vrydag 9 September tot Sondag 11 September Ella Combrink Kampterrein R300,00 per persoon (maar moenie dat dit ʼn klippie in jou skoen wees, gesels met ons.) Ds. Nati of Alec Somers 082 858 8163

Almal is welkom

Help

ander

Lag Poedings en pasta

Alle vrae is

welkom om ʼn groeiende verhouding met Jesus te ervaar

Begin Dinsdag 6 September om18:30 in die Bovertrek. Daarna elke Dinsdagaand, waar ons saam groei en ontdek. Koste is R300 wat alle kursusmateriaal en ʼn kamp met heerlike kos insluit. Navrae: Ds. Nati & Adel 082 327 6565

Mylpale 28 Aug. Carel Maree 29 Aug. Grace Terblanche Hannerie Strydom Andre & Adri Swanepoel

72 Verjaar 90 Verjaar 40 Doop 35 Huwelik

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 30 Aug. Henk Berends 78 Verjaar 31 Aug. Lorinda Mulder 43 Huwelik Gerhard & Lorinda Mulder 43 Huwelik


Die kleurvolle karakters is reeds besig om in die agtergrond te woeker, kom haal gerus van die baie bestanddele wat ontvang is, bak en brou hierdie week vir die fees wat wink! GROOT DANKIE vir die bestanddele wat ingekom het.

Volleyball-nuus! Vrydag is semi-finale en die finaal word Saterdag tydens die Basaar gespeel. Daar is ook Vrydagaand boereworsrolle te koop @ slegs R20 elk, dit sal vanaf 17:30 gereed wees. Nog net die volgende BESTANDDELE is nodig... Bakpoeier Koekmeel Cremora Kondensmelk Karamel kondens-

Swart peper Suiker Blatjang Wit asyn Uie melk Aartappels Tennisbeskuitjies Wortels Klapper Tamaties Rys Suurlemoene Knoffel (fyn) Spek Matige Kerrie Eiers Borrie Kaas Sout Los lekkertjies

Kom stap saam in die opbou en geesvang tot die Basaar. Produktetafel propvol vars produkte soos vleis, groente, vrugte en baie ander. Herinner ons om diĂŠ aankope nie gedurende die week te doen nie, maar gerus te kom geniet van die varsheid en oorvloed van hul tafel. Ons hou die deur dop vir en items om in te kom. As jy handwerkartikels gemaak het bring gerus. Ook artikels wat heel en bruikbaar is, ons werk daarmee.

Daar is van vroegdag ontbyt beskikbaar! Kom geniet gerus hierdie Oase-ontbyt!

As daar iemand is wat wil kom help bak of oprol by die Pannekoektafel, bel Marinda 083 349 6519, sy is ons privaat agent daar in die gemeente en het nog ʼn paar openinge.

Navrae oor enige aspek van die Basaar: Hannatjie 072 563 7823


Met jou belydenis beloof jy: ♡ Dat Jesus my persoonlike Verlosser is. ♡ Dat alles oor my verlossing uit die Bybel kom. ♡ Dat ek solank ek leef ’n Christen sal wees. ♡ Dat die kerk op my betrokkenheid kan reken. ♡ Dat ons mekaar gaan help wanneer iemand die pad byster sou raak.

Baie welkom aan die nuwe lidmate van die gemeente:

Danielle Griesel Niel Erasmus Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Die wêreld het mense nodig... Wat nie ‘n prys het waarteen hulle omgekoop kan word nie; wat nie by integriteit leen om vir eie voordeel te betaal nie; wie se handdruk so goed soos ‘n formele kontrak is; wat nie bang is om risiko’s te loop nie; wat oorwoë menings het in plaas van vooroordele; wat ewe eerlik in klein en groot genoeg is om ook ander mense se insette te akkommodeer; wat geleer het om met nederigheid te wen en met waardigheid te verloor; wat nog steeds vriendskappe handhaaf wat hulle 20 jaar gelede al aangegaan het en wat soms verkeerd is, maar bereid is om dit te erken. ~Anoniem~ GEMIDDELDE KERKBYWONING (Belydende Lidmate = 1 777) 450

445

444 427

425 400

375

410 387

384

408

374

Aantal

Aantal

350 325 300 275 250 225

200 175

150 125

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


P

P P P P P P P

P

Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . My man is 4 maande al sonder werk, bid asb dat hy werk kry. Ons sukkel sonder sy inkomste. Baie dankie. Daan Kruger, wat baie sukkel met sy gesondheid. Ons bid dat die Here sy liggaam en gedagtes sal aanraak, hom sal genees en Sy vrede gee. Annetjie van Rooyen (88 jr) wat in Rustig, bly wat opgeneem was in Medi-Clinic. Ons vertrou dat die Here hierdie pad saam met haar sal loop en haar sal genees. Alta vra: “Bid asb vir my suster se dogter, Mariaan. Sy het longontsteking. Dankie Here dat ons haar aan U kan opdra. Amen” Elizma vra: “Here gaan asb. met ons dogter wat begin met Rekord Eksamen. Bid vir nodige krag, helderheid en verstand. Bid ook asb. vir ons personeel by die werk, wat Vrydag afskeid neem van ‘n geliefde kollega wat verhuis Kaap toe.” Oom Jasper Hough, van Macadamia wat deur die week opgeneem is vir hartversaking asook baie vog op die longe, ons bid dat hy vinnig beter sal voel, ook vir Alta Smith bid ons, wat reeds 3 maande siek is. Rhona se pappa, sy skryf: “Sê asb. ‘n gebedjie vir my pa op... Hy doen nie goed nie.... Ons het ‘n wonderwerk nodig, waar hy in Rob lê met kanker,” Ons bid ook vir Rhona en sy geliefdes. Verhoudinge in gesinne en tussen gesinslede, ons bid vir ons huwelike wat erge aanslae beleef, mag God self die gom wees wat ons huwelike vasbind en seël sodat ons al die lewensstorms saam kan weerstaan en nader na mekaar trek. Ons bid vir die kinders in huwelike wat swaar kry, dat hulle steeds God se liefde en stabiliteit sal ervaar ten spyte van die onmin. Steeds vir Hannes Raath, dat hy volkome sal herstel na hy in die hospitaal was 2 weke gelede.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.


P P P P P

Die verskriklike droogte in ons land, dat die Here sal verligting gee maar ook die reën wat aanhou en deurdrenk sodat die damme kan vol raak en die veld kan groen raak. Alle kankerlyers in ons gemeente en wat deur ons gemeente geraak word, spesiaal vir Estelle Gutjahr en Manie, dat die Here hulle Sy rus sal gee en die Medici sal lei om persoonlike en ideale besluite te maak vir hulle behandeling. Jennie Schroeder se geliefdes, na haar afsterwe en roudiens wat Maandag was, in besonder haar man Steve en seun, Steven in hierdie routyd. Gerda Strydom en Jaco Grobler se geliefdes, wat ook in rousmart staan na hul afsterwe, mag God Self hulle trane afdroog. Ons bid steeds vir Kobus en Helani Visser se seun in Stellenbosch (student), wat weer in die hospitaal opgeneem is, mag die dokters vinnig ‘n diagnose en die regte behandeling kry.

ERIC NILSSON SE BLOG (www.ericnilssonphotograpy.com/blog) Eric het ‘n blog begin, wat ons baie help om te weet waarvoor om vir hom te bid. Ons bid ook spesifiek vir sy vrou, Veronica en hul dogtertjie Zara, op die foto... Hierdie het hy die week gedeel: First One of Many - Testimony (August 22, 2016) Today is day 5 of the first set of chemo therapies, which is the most intensive period because I receive chemo therapy every day for the first 5 days. After today, treatment is spaced out a little more according to the treatment protocol for ALL (Acute Lymphoblastic Leukemia), also taking into account how my body is reacting to treatment. I am feeling great! This is already is a testimony of God’s goodness to me. I wanted to share a short testimony, one of many that I believe will happen along the way… At the moment, a nurse from the lab draws my blood for tests at least every 6 hours, over and above the HLA typing (bone marrow match test) which I have done to give me a bone marrow profile for transplant purposes. On one particular morning, one of the nurses working the day shift took a good look at my arm. By this stage it looked like my inner elbow had been stung by bees numerous times on the same place. She asked me if she could try another vein. (We couldn’t use my other arm because it had the IV drip in it.) She started pressing on the inside elbow of my arm to find another vein, and said she found a vein she thought she should try. I could feel the vein when she pressed on

WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za


it, but I couldn’t see it with my naked eye. When she withdrew the blood there was zero pain or discomfort. That evening, while doing her last rounds before going home, she came back to me as one of her last patients for the day. I thanked her for trying another vein that morning to give the main vein in my right arm a break, and told her how little I felt it. She said to me that she had asked God that morning on the way to work if she could make a difference to someone that day. When she saw what my arm looked like that morning, that’s when she felt she had to try another spot. She said that she could now thank God for using her to make a difference.

Ons jeug bid so.. …

t Verhoudings,.. Eksamens... t Bid asseblief vir familie en vir nuwe verhoudings en laat ons God ons middelpunt maak. t t t t t t t t

Amen ♥ Bid vir verhoudings en families asook vriendskappe. Verhoudings met familie, toekomstige verhoudings, vriendskappe. “My vriendin se pa is Saterdagoggend oorlede aan kanker, wil bid dat die familie okay sal wees – Amen –” Pappa, help my die week waar ek mag sukkel, dat U my sal help en lei. Dankie vir hoe U altyd luister na ons en dat U altyd betyds is. Gee ons wysheid.” My tannie word mishandel deur haar man. Dankie dat ons die voorreg het om te leef en ons tyd te geniet saam vriende en familie... Ons bid dat die Here sal ingryp en hier Sy reg laat geskied. Wil ook asb. bid vir my vriendin se pa wat nog steeds kanker veg – laat hy dit oorwin, asb. Amen.” Ek het twee vriendinne op die verkeerde pad – staan hulle by, Here! Kayla, wat Sondag by die gesinsdiens was. Sy vertel haar pappa het sy werk verloor. Bid asb. vir haar gesin en haar pappa.

Ons is dankbaar oor.. A A

Vir die brand in Sabie wat geblus is! Dankie Heer vir al die Trans Baviaans-fietsryers, wat dit suksesvol voltooi het van Willowmore in die Oos-Kaap Karoo af tot in Jeffreysbaai in 24uur!! Dankie vir geen beserings. A Amanda, wat baie siek was met septisimia na haar operasie, wat wonderbaarlik herstel het. Dankie vir die gebede en ons bid dat sy volkome sal herstel. A Carina sê: “DANKIE GROTE GOD VIR DIE REËN” A Stefan Greyvenstein se broer hy tik: “As my eetkamer tafel sou hou, het ek vanaand op hom gedans! Sous is oorgeplaas na die gewone saal toe. Alle pype, kateter, ens. is uit


behalwe een dreineringspyp vir die longe en een drip. Die dr. het hom grappenderwys “Spook” gedoop i.p.v. Sous, want hy is steeds verstom dat hy lewend uit ICU kon kom. Maar hy sê self dis ‘n wonderwerk van God! Loof Hom!!! Hy is goed en het ons gebede verhoor! As alles goed gaan, kan Sous teen week se einde huis toe gaan. Dan die lang pad voor na herstel. Maar na wat hy deur is, glo ek die Here sal al die pad met hom wees. Hy belowe mos dat Hy ons nooit sal verlaat nie. Dankie Here vir U genade teenoor Sous!” A Danelle Badenhorst, wat reeds laas week ontslaan is uit die hospitaal en aansterk by haar huis met Oupas en Oumas wat help “popspeel” en haar kinders wat haar kan geniet en sy vir hulle. Jos het ons so op hoogte gehou die week: “Hi julle, Danelle moes ingaan vir bloedtoetse gister om te kyk of haar niere aanhou herstel het. Die aanduidings is baie goed. Dr. is baie happy en volgens om het haar niere ten volle herstel. Danelle, asook ons, is baie verlig. Dankie vir die volgehoue gebede en ondersteuning. Dit gaan goed by die huis en elke dag nog bietjie beter, ons is elke dag baie dankbaar vir ons wonderwerk.”

Sendeling nuus Uit kruger se pen

Liewe family en vrinne, Ek het Saterdag 'n skrywer/digter slypwerkwinkel bygewoon en hoop my meerdere kennis sal later in my skrywes gereflekteer word! Die skrywe hieronder gaan oor die mens se kultuuropdrag: om te heers oor die aarde en daarvoor te sorg. Dit behandel dan ook die feit dat die mens geroep is om 'n rentmeester van God se skepping te wees en nie self koning te wil kraai oor die beheer en versorging van ons planeet nie. Ek skryf in kort oor die feit dat die groot sendingopdrag ook impliseer dat ons die mense moet leer hoe om hulle kultuur-opdrag verantwoordelik na te kom. Ek verwys dan ook na die ou spanning tussen evangelisasie en sosiale betrokkenheid en wys daarop dat die kulturele mandaat 'n deurlopende mandaat is. Speel Christus se koms 'n rol in die kultuurmandaat? Wat gaan gebeur by die wederkoms? Lees gerus my antwoord. Ek sluit dan af met die kulturele mandaat wat uitgevoer moet word volgens God se norme.

In die proses behandel ek die feit dat God kreatief is en omdat ons na Sy beeld geskape is ons ook kreatief met die skepping moet omgaan. Ek staan verwonderd oor die tegnologiese ontwikkeling van ons tyd - en die feit dat klank en elektriese golwe vir miljoene jare ingebed was in Sy skepping en nou eers regtig tot sy volheid kom. Ek spreek egter ook kommer uit oor die uitbuiting van ons planeet deur allerlei besoedeling, onetiese mediese- en genetiese manipulasie, die oorbruik van steenkool vir die opwekking van energie, die misbruik van 'frecking' vir gas, die hele verwarming van ons aarde ens. As dit jou oog vang - lees gerus verder! Hê 'n wonderlike week as kultuur mense, wat Sy opdrag verantwoordelik moet gehoorsaam met normes soos respek en deernis vir mense, diere, plante en ander dinge…


Ons vind die kultuur opdrag van God aan die mens reeds in Genesis 1:26 – 28: God sê toe: ‘Laat ons mense maak wat met Ons ooreenstem om te heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor die mak diere, oor die wilde diere en oor alles wat op die aarde kruip. God het die mens in ooreenstemming met Homself geskep, volgens Sy beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep. God het hulle geseën deur te sê: ‘Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op aarde.’ Dit is merkwaardig dat die eerste opdrag van God aan die mens was om die hele aarde te beheer en te regeer, om ‘n tuin te maak en sorg te neem daarvoor. Die eerste opdrag was dus nie om sekere geestelike pligte te doen soos om te bid of om ‘n kerk te bou nie. Dit is belangrik om daarop te let en ons kom later weer terug hierheen. In Genesis 1:26 vind ons die hoogtepunt van God se skeppingswerk. Die skepping van die mens is nie net die voltooiing van sy werk nie maar ook die klimaks. Die mens se taak is onherroeplik verbind tot die feit dat hy na die beeld van God geskep is. Vers 26 stel hierdie verhouding duidelik: Toe het God gesê: ‘Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, om te heers oor... ". Die taak of die mandaat wat God aan die mens gegee het nadat hy die mens geseën het was: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde en onderwerp dit. Heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. "(Vs 28) In Genesis 2:15 lees ons dat God het ook die mens die opdrag gegee het om Sy skepping te bewerk en dit te versorg. Hierdie tema word herhaal in die res van die Skrif. 'n Mens kan hier bv. dink aan die bekende Psalm 8: 6 -9 (NLV): U het die mens in beheer gestel van alles wat U hande gemaak het. U het die mens mag gegee oor alle dinge: skape en beeste, en ook die wilde diere van die veld, die voëls in die lug, die visse in die see, ja alles wat swem. In die res van die boek Genesis sien ons hoe die verskillende mense en geslagte gereageer het op die basiese opdrag: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp die aarde en heers daaroor…(Gen.1: 28) Party het geluister na die kultuur opdrag en ander het dit verontagsaam. Om te vermeerder, te bewoon, te beheer, te kweek en te sorg vir die skepping, word dus hier die kulturele mandaat van die mens genoem word. Die mens se heerskappy oor God se skepping behoort nie verkeerd verstaan te word nie. Die mens is nie 'n plaasvervanger vir God nie, maar slegs Sy kneg, nie ʼn meester nie, maar slegs 'n bestuurder, nie 'n eienaar nie, maar slegs 'n verteenwoordiger, 'n bestuurder of 'n trustee… (Van der Walt 1997: 57)

WORD VERVOLG...

Anton het tans ʼn behoefte aan ʼn laptop nadat die een laptop tussen hom en Annemarie nie meer voldoende is om mee te werk (sien bo). As jy geroepe voel om hulle te help, kontak gerus vir Antoinette by die Getuienisbedieningkantoor. Dit kan een wees wat in jou huis in onbruik is. Ons vertrou saam met hulle vir uitkoms.


j

AUGUSTUS & SEPTEMBER 2016

29 Dankie Here, dat U nie ons ons sonde toereken nie, maar ons vergewe. Ef. 2:4-5

30 Here Jesus, help my om te vergewe, soos U my vergewe. Kol. 3:13

31 1 Here, ons gee ons land Here help my dat ek en en sy leiers vir U. U weet ons gemeente nie van ons probleem, maar geestelik hoogmoedig nie teenstaande dit weet sal wees nie. ons U is in beheer. 2 Sam. 22: 26 - 28 Ps. 31:15 & 16a

2 Here help my dat ek nederig sal wees teenoor U en teenoor my naaste. Matt. 6:5, 6

3 Here ek wil nie in my sonde volhard nie. U is my rots en my vesting. Laat ek altyd net aan U vashou. Ps. 32:1 - 5

4 Here om U te volg gaan opoffering kos. Ek wil U volg. Mark. 10:21

5 Here ons dra die mense aan U op wat noodsaaklike dienste moet lewer en nie vandag saam met ons na U woord kan luister nie.

6 Here ons wil U lig en sout hier op aarde wees. Matt. 5:13 – 16

7 Here lei my op die regte pad. Ps. 139:23, 24

8 Here ons wil ‘n Oase van U Lewende Water vir die wêreld wees. Eseg. 47:1

9 Dankie Here Jesus dat ons met volle verwagting kan uitsien na die ewige lewe by U. 1 Kor. 15:19

Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

HUIS BESKIKBAAR ʼn Ruim 3 slaapkamer woonstel met 2 badkamers en heerlike kuierstoep is onmiddellik beskikbaar op plot net buite Witrivier. Dis baie veilig met omheining en alle maatreëls om dadelik in te trek en heerlik te woon. Ongelukkig geen diere. Kontak: André 072 395 5468

SOEK BEHUISING Soek 3 slaapkamer huis in Witrivier te huur wat diere vriendelik is. Kontak: Marlize 083 529 8542

Enkel dame soek 1 slaapkamer woonstel te huur, so gou as moontlik. Kontak: Riana 076 829 2770

WERK BESKIKBAAR Vryskut werk beskikbaar vir persone met geldige bestuurslisensie en PDP. Kontak: Michelle 083 272 2171

WIE KAN HELP? Wie in Witrivier gee musieklesse in klavier, “keybord” en kitaar? Kontak: Rothea 076 810 8219


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier

NG Kerk Witrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure. KERKKANTOOR (013) 751 1644


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.