OaseNuus 4 Augustus 2019

Page 1

Sondag 4 Augustus

Hoe bepaal jy jou doellyn? Skriflesing: 1 KorintiĂŤrs 3:10-23


Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.

Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Laerskoolkinders Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Stad op die berg-erediens Vanaand 17:00 1 Tim 6:6: Die godsdiens is 'n

groot wins as iemand tevrede is met wat hy het. Q

Baie welkom aan die nuwe dooplidmaat.

Q

CARA

Veels geluk aan haar ouers, Adriaan & Lia Odendaal, met hierdie mylpaal. Mag julle elke dag die koestering en vreugde van ouerskap beleef. En haar laggies jul huis vul met vrolikheid!

Q

Is ek in beheer van geld, of is geld in beheer van my? As ek dit reg doen kan ek myself én geld hê. As ek dit verkeerd doen verloor ek álles.

Stad Op die Berg. Sondag 17:00. Kom dink saam! #stadopdieberg #ligvirdiewêreld


Bluetooth Ouerskap bied aan:

Retief Burger tree Saterdag 19 Oktober op by NG Witrivier Koop kaartjies by kantoor of www.quicket.co.za

Koste: R120 / volwassene R50 / laerskoolkind

ALLE kaartjies in ouditorium is BESPREEKTE PLEKKE. Kindertoesig: R30/kind <10jr Bespreek toesig per WhatsApp 079 23 8321 Ten bate van: NG Witrivier Omgeefonds

Verlief

Verloof

Verbind

Ds Nati doen ʼn Huweliksvoorbereidingskursus, as jul op die drumpel van julle huwelik staan, skryf in! Datums het verander na Woensdae 14, 21 & 28 Augustus om 18:00 in Bovertrek. Stuur WhatsApp “KURSUS: +julle name” na 082 216 3710

Maandag 5 Augustus 17:30 Kom word nuutverg.

Kerk

Maandag 12 Augustus 17:30 Kom word nuutverg.

Dinsdag 6 Augustus 08:00 17:00 18:00 18:00

Gebedsbyeenkoms Lofdans DivorceCare Immergroen &♥

Konsistorie Ouditorium Gebedskamer Burgerstr 83

Woensdag 7 Augustus 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Bluetooth Ouerskap

Bovertrek Bovertrek

Donderdag 8 Augustus 09:00 Care Buddiesvergadering Bovertrek

Kerk

Dinsdag 13 Augustus 08:00 17:00 18:00 18:00

Gebedsbyeenkoms Konsistorie Lofdans Ouditorium DivorceCare Gebedskamer Finansiële Bedieningverg. Raadsaal Immergroen &♥ Burgerstr 83

Woensdag 14 Augustus 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Voorhuwelikkursus

Bovertrek Bovertrek

Donderdag 15 Augustus 18:00 Voetspoorgesprek

Konsistorie


Kersmark

4 Aug. Hennie de Lange Magriet Bezuidenhout Eden Claassen 5 Aug. Hettie Mentz Johannes Swart 7 Aug. Andrew Calitz 8 Aug. Elsa de Jager 10 Aug. Poppie Oosthuizen Kokkie Pitout

Immergroen

74 Verjaar 73 Verjaar 73 Verjaar 84 Verjaar 81 Verjaar 42 Doop 83 Verjaar 74 Verjaar 74 Verjaar

28 November - 1 Desember Uitstallers word genooi om deel te hê aan hierdie jaarlikse mark. Voorkeur word verleen aan uitstallers wat tuis- of handgemaakte produkte wil uitstal. Aansoekvorms beskikbaar by kantoor of stuur e-pos na heleen@ngwitrivier.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 23 Augustus

& ♥ kursus is opvolg as jy reeds die Ouerskap kursus

gedoen het. Hierdie is opskerp en praktiese toepassing van jou kennis. Die temas: ♥ Bemeester jou ouerskapsvaardighede ♥ Ouerskapsprofiele – Ontdek jou unieke styl waarmee jy dissiplineer, versorg en mentor ♥ 10 Sleutels tot gesonde gesinne en ♥ Leef en laat ’n nalatenskap Wanneer: Afskop 30 Julie vir 4 Dinsdae Waar: Burgerstr 83 Tyd: 18:00 Koste: R500/p (sluit Tall Trees profiel in) Bespreek by Lorraine 083 269 7365

Dankbare dankoffers

Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.

“Dankbaarheid is iets waarvan niemand te veel kan gee nie.” AJ Cronin Bydraes: Werklik teenoor Begroot

R'000 1200

1100 1000 900 800 700 600 500 400 300 200

100 0 -100 -200

Kwartaal 1

Jun '19

Tot 30 Jul '19

Werklik

Aug '19

Begroot

Sep '19

Okt '19

Nov '19

Kwartaal 4

Tekort Mrt - Jul

Kontak Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


Gebedsfokus Ons bid vir.. P

P P P

P P

P P P P P P

Esti & Elané vra: Bid asb. vir ons moeder — Ruth Faurie, wat hierdie week vir haar bestraling moet gaan. Ons bid dat alles volgens God se wil verloop en dat Ruth sterker en al beter sal word. Roelf en Ruth het verlede week laat weet: Baie dankie vir elkeen se gebede. Die dokter het al haar vrae beantwoord en die gewas is nie-kwaadaardig, maar plaas druk op die bloedvloei vanaf die brein en daarvoor sal sy bestraling ondergaan, wat volgende week begin. Ons bid vir die behandeling dat God daardeur vir Ruth sal genees. Chris Steenberg, wat Vrydag ‘n skoueroperasie ondergaan het, ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid dat hy spoedig sal herstel. Mag die Here hom die geduld gee met homself en sy eie liggaam in die hersteltyd. “Here, ons bid vir ’n groot wonderwerk! Mag U magtige hand vir Zander aanraak en volkome genees. Dat sy breinbesering net sal verdwyn en ons kan getuig van U almag! Amen” Tobie Coetzee (Nelspruit), wat in die week die slegte nuus gekry het dat hy pankreas kanker het, wat reeds na die lewer versprei het. Die familie het 6 maande gelede voor ‘n oop graf gestaan, met die afsterwe van sy broer, na skildklierkanker. Mag God Sy wonderwerkende hand van genesing hier uitsteek en mag elkeen van hierdie geliefdes Sy vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan t.s.v. die slegte tyd en nuus. Lydia en Koeloe. Sy is uit Mediclinic en moet weer leer loop. Ons bid vir haar versorging tuis maar ook vir haar en Koeloe se moraal, dat die Here dit sal lig en hulle sal versterk na gees en liggaam. Wim van Aardt wat in die week gediagnoseer is met ernstige karsinoom op sy voorarm, daar is in die week verdere toetse gedoen om te bepaal of die kanker versprei het en te besluit op behandeling vorentoe. Wim sê hy is “nie reg vir opgee nie” en ons bid dat die Here Self die geveg sal veg en die oorwinning sal gee. Tannie Marthie Myers wat opgeneem was in Mediclinic einde laas week, ons bid dat sy reeds baie beter en sterker voel. Maritha en haar gesin nadat hul moeder 3 weke gelede gediagnoseer is met bloedkanker en einde laas week oorlede is. Mag die Here vertroosting en berusting bring in hierdie hartseer tyd. Oom Thinus Verreynne wat ‘n klein operasie in die week gehad het, ons bid dat hy spoedig, volkome sal aansterk. Nerica Strydom is Woensdagaand opgeneem met longinfeksie en hoë koors. Mag sy spoedig beter word en volkome herstel. Here, staan U haar by. Tannie Hester wag om oorgeplaas te word na Step down. Ons vertrou dat sy daar gemak en volkome herstel sal ervaar. Bobby Simpson was die afgelope week vir ʼn kolonoskopie. Daar is ʼn nie aggressiewe kankergewas wat kwaadaardig is in dikderm. Operasie wag en ons tree nou reeds vir Bobby en Monica in. “Here, neem U volle beheer van die pad wat Bobby moet stap, dankie dat U elke tree saam met hul gee.”


Ons bid vir ons sendelinge Nuus van Ester uit Masedonië

Liewe familie en vriende, Vandag wil ek as ma met julle praat oor ons kinders en hulle spesifieke behoeftes t.o.v. onderrig en opvoeding. Wanneer die nuwe skooljaar oor twee maande begin, moet

met ‘n nuwe kurrikulum be-

gin, wat baie verskil van die jonger drie s’n. Ons

het reeds drie jaar gelede tydens ons strategiese beplanningsessie besef dat wanneer die leerplanne wat die kinders volg te veel gaan verskil, Zane ‘n tuisskoolprogram behoort te volg waar hyself werk en sy eie vordering bepaal. Ons het dus hard gewerk aan selfstandigheid, verantwoordelikheid, doelwitte stel ensovoorts. Aan die begin van Junie, toe ons weer saam met ‘n opvoedkundige in Kosovo ‘n evaluasie doen, het ons besef dat Zane nie hiervoor reg is nie. Zane funksioneer baie goed in ‘n gestruktureerde omgewing, sy natuurlike talente kom meer tot hul reg en hy floreer. Ons sisteem waarop die tuisskool werk is wonderlik en verskaf goeie leiding, maar in

die praktyk is dit baie uitdagend om die vier kinders in hul verskillende ontwikkelingstadium te monitor —“mikrobestuur”. Die gevolg is dat ek nie dadelik weet of hy met iets sukkel of belangrike konsepte verstaan nie. Dit bemoeilik vordering. Ons weet dus wat die probleme is en moet so gou moontlik ‘n oplossing kry. Bid asb. saam met ons vir goeie raad en insig asook die regte besluite. Hier is van die moontlikhede:

P

Hy gaan na die plaaslike Internasionale Skool, mits ons die nodige finansies verkry (Zane het laasweek ‘n toegangseksamen daar voltooi en in aanmerking gekom vir ‘n meriete-beurs van 50%).

P

Ons kry hulp van ‘n kundige opvoeder, wat vir 3 maande hier na Skopje kom om hom te help om selfstandig te werk.

P

Die laaste opsie is dat hy in Suid-Afrika ‘n skool/koshuis bywoon. Zane wil egter nie die land verlaat om na ‘n skool in Suid-Afrika te gaan nie en ons wil ook nie sonder hom wees nie. sukkel baie met sosiale angs en wil nie met kinders van haar ouderdom sosialiseer nie. Ek

lei hul “Girl Scouts” groep, maar dit bied nie voldoende diepte en interaksie nie. Sy is baie huisgebonde en verkies dit al hoe meer, hoewel sy goed vaar met die tuisskool, benodig sy ook meer aandag. Sy neem Wiskunde en Wetenskap by die Internasionale skool en ek onderrig haar steeds in die ander vakke. Ons kry iemand om haar te help by die huis met haar wiskunde en wetenskap. Om ‘n voorbeeld te noem: Die skool het ‘n basketbal-span waarin daar van haar “Girl Scouts” maats is. Ons


wil haar graag aanmoedig om deel te neem, maar haar eerste verweer is dat sy nie hou van kompetisie nie. vorder tans goed. Ons is baie dankbaar dat sy sosiale vaardighede so mooi ontwikkel. Hy geniet die “Cub Scouts” en het maats wat in die straat woon, waar ons bly. Ons het gedink dat hy die een sal wees wat Masedonies die maklikste gaan leer, maar dit realiseer nie. Soms sukkel hy om op sy skoolwerk te konsentreer en dan raak dinge moeilik.

P P

Bid vir wysheid om te weet wanneer om druk toe te pas en wanneer om te laat gaan. Hy raak steeds baie gestres deur harde geluide en as Chereni skree, voel hy oorweldig. vorder op sommige terreine goed en op ander nie. Met haar bindingsprobleme

(attachment issues) is daar groot uitdagings, waaraan ons baie hard werk. Haar taal vorder mooi

en ons vertrou dat hierdie vordering kan help met die vele frustrasies. Ons wil haar graag in Julie van die doeke afkry (sy was 3 Julie reeds 4 jaar oud, maar emosioneel is sy nog soos ‘n twee jarige). Sy is intelligent, maar haar aandagspan is baie kort. Danie en ek is besig met ‘n kursus en lees baie boeke om te probeer leer hoe om die regte ding op die regte tyd te doen.

P P

Bid vir wysheid en geduld vir die hele gesin (ook met die proses om die doeke weg te gooi!) Bid dat sy sal veilig voel en dat sy ons as haar ouers sal aanvaar. Die gevoel van veiligheid is een van die belangrikste uitdagings vir kinders met “attachment syndrome”.

Dankie dat ek my ma-hart kan oopmaak en kan erken dat ek so graag die beste vir die vier kinders wil hê, maar my eie nietigheid en magteloosheid besef. Bid asseblief dat ek in God sal rus en sal weet dat Hy ons almal liefhet en sal dra.

Esther

Nuus uit Lichina... Belinda Peatzold laat weet: Vandag slegte nuus uit die bos gekry. Chaibo, een van die Bybel les aanbieders en ‘n sterk gelowige is skielik na ‘m kort siekbed oorlede. Hy het ʼn baie groot impak gehad op die omgewing in Lichinga en in die Yao kerk. Bid asb vir die begrafnis. En vir sy vrou, hul kinders en die gelowiges, dat hul sterk sal bly staan en dat die Here hul sal vashou. Chaibo was naas Mario en Noite die naaste aan Alfred.


Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.

Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Manie 071 930 7853 vir ʼn afspraak

Besigheidspersone bid saam

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND. Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Magda 082 498 4256

Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat hulle doen, kontak of gaan kuier vir hulle.

Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za

“Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!” Num.6:24-26

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.