OaseNuus
Sondag 5 Augustus
Jesus het gekuier! Skriflesing: Markus 2:13-17
Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes en kan op verskeie maniere uitgeleef word. Sondae is een daarvan die geur van vars koffie wat reeds van vroeg die KoffieOase vul met die aroma en vriendelikheid van die span wat dit bedien. Koffie en kuier is sinoniem en veral na die erediens is dit die plek waar almal saamkom. Kom kuier, ontmoet nuwe mense of gesels sommer oor die wel en wee saam met ou bekendes. Ook hier ontvang ons graag nuwe lidmate na die erediens. Kom skakel in, vertel ons waar jy woon en waar jy jou passie wil uitleef in die gemeente.
Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Nagmaal
Alle kleuters is welkom om hierdie erediens by te woon.
Hoewel dit nagmaal is, is daar wel Liewe Here, U wat die brood is wat lewe gee, erediens vir die kleuters.
Dankie dat U vir my gebreek is, dankie dat my gebroke lewe heel gemaak word deur U liggaam wat gebreek is; dat my dorstige lewe versadiging Laerskoolkinders vind deurdat U bloed gevloei het. (Gr. 1-6) verdaag Saam met so baie ander mense soek ek so later na hul groepies toe. naarstiglik na wonderbrood - na die lewensmiddele wat op ’n buitengewone manier oor my pad sal kom om my lewe aangenamer te maak. Party mense bid daarvoor, ander krap kaarte Stad op die berg daarvoor, ander droom maar net daaroor. Dankie dat ek by U kan leer om nie my bene te erediens breek agter brood wat kan opraak nie, maar om VANMIDDAG 17:00 dag vir dag vanuit die bron van die ewige lewe Maak woede jou wild as dit joune is, of bang as dit my krag en toerusting te put. iemand anders s'n is? Moet dan nie Sondagaand Dankie dat U die brood is wat lewe gee, se stad op die Berg diens misloop nie. As jy nog en dat ek by U, die bron van die lewe, verder "Rooftops" (of enige ander gewilde lied) wil rus en vrede en lewe kon vind. beleef soos nooit tevore nie is dit 'n maklike besluit Amen kom 17:00 na Stadopdieberg #ligvirdiewêreld
- JOHAN SMIT -
Witrivier Karnaval 3 & 4 Augustus by Laerskool se sportgronde
Dankie, kragtige woord wat weerklink deur ons are Vrolik, voete, vreeslike lekker kos, van stokoud tot speenoud het die Karnaval geniet! Dankie, dankie, dankie vir elke persoon wat van die begin help beplan het. Wat laergetrek het en skouer aan die wiel gesit het sodat ons almal die naweek kon geniet. Daar is heerlik gekuier, baie gelag en sommer net weer tyd aan mekaar spandeer. Die Teetuin het gegons soos daar geklets is, orals het mense gestaan of gesit en gesels. Kinderstemme het vanuit die speelarea opgeklink. Dankie vir jou hande, jou rande en jou daar wees. Elkeen is belangrik en laat my dink aan die wyse woorde van TJ van Bavel “Dankbaarheid lê na aan tevredenheid. ʼn Dankbare mens erken sy afhanklikheid van ander; hy skaam hom nie daaroor nie. Die dankbare mens besef dat die hele menslike bestaan eintlik ʼn gawe is. Dit wat ek as persoon is, my lewe, denke, gevoel of ek praat en of ek bemin, dit het ek ontvang van ander. As gelowiges kan ons sê: dit het ek alles van God ontvang”. Jou ondersteuning met vooraf skenkings van bestanddele en kontant, jou help gaarmaak, asook bak en brou en toe die groot afwagting dat ons die tafels kan voorberei en die hekke kan oopmaak sodat almal kan kom kuier. Mag elke sent wat ingerol het weerklink in die koninkryk van ons Vader. Aan Hom al die eer en dank vir sy volgehoue ondersteuning aan ons gemeente.
Dankie!! aan die volgende borge Stille Woning vir Robbie & span se akkommodasie Buscor vir die bussie Caterworld vir die tente Heidel Eiers - Pannekoekstalletjie Rossgro, Pick & Take varsprodukte, Nelspruit Varsprodukte Mark, LL Visagie & seuns en Bemarie Lodge - Produkte stalletjie Ikotwe - bakkie vir Logistiek se gebruik Berken Gastehuis in Dullstroom - Pryse vir lootjies ATKV Oord - Pryse vir lootjies Swadini Forever Resort- Pryse vir lootjies Tsogo Sun - Pryse vir lootjies Pick n Pay - Pryse vir lootjies
Huweliksvoorbereiding Is jul die afgelope 6 maande in die huwelik bevestig of trou jul in die volgende 6 maande? Dan is hiérdie kursus van Ds Nati vir julle. Wanneer: Maandae 3 & 10 & 17 September Tyd: 18:00 Waar: Gemeentesentrum is sy kursus vir die getroudes! Teken solank die volgende datums aan. Maandae 15 & 22 & 29 Oktober om 18:00.
11:00 Koskasvergadering Konsistorie Konsistorie Konsistorie 17:30 Kom word nuutverg. Bovertrek Dinsdag 14 Augustus
Maandag 6 Augustus 17:30 Kom word nuutverg. 18:00 Karnavalvergadering
08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie Kerk Konsistorie 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare Sitkamer Kerk Kerk Woensdag 15 Augustus
Dinsdag 7 Augustus 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Video-opleiding
Woensdag 8 Augustus 10:00 Kreatiewe vers 18:00 GriefShare
Bovertrek Sitkamer
Maandag 13 Augustus 08:00 Koskas & Judea Hope pak Saal
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.
10:00 Kreatiewe vers 18:00 GriefShare
Bovertrek Sitkamer
Donderdag 16 Augustus 15:30 Dagbestuurvergadering 18:00 Kerkraadsvergadering
Konsistorie Konsistorie
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 1 Aug. Ria Bonnet Bets du Toit Japie & Heila Groenewald 2 Aug. Sophie Vosloo 3 Aug. Maria Schoeman 4 Aug. Hennie de Lange Magriet Bezuidenhout Eden Claassen 5 Aug. Hettie Mentz Johannes Swart Frank & Lindie Thomas 7 Aug. Andrew Calitz 8 Aug. Elsa de Jager 10 Aug. Poppie Oosthuizen Kokkie Pitout
75 Verjaar 74 Verjaar 32 Huwelik 84 Verjaar 78 Verjaar 73 Verjaar 72 Verjaar 72 Verjaar 83 Verjaar 80 Verjaar 33 Huwelik 41 Doop 82 Verjaar 73 Verjaar 73 Verjaar
Bestel 1kg gedroogde pynappels @ R130/pak. Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies
Skryf jou bestelling op in die kantoor OF SMS/WhatsApp stuur bestelling na gemeente nr. 079 223 8321.
Ons bid vir
r
r
r
r r
Bid asb. vir my huwelik en dat my vrou weer haar pad kan terugkry na die huis van die Here... Jan en Erika Fonternel, waar Jan se suster wat in Pretoria woon in die week oorlede is, ons bid vir haar gesin en geliefdes, dat die Here die trane sal afdroog en Sy troos sal bring. Marie se skoonsuster (Susan Ferreira), wat in ICU in Middelburg is met komplikasies na ‘n operasie. Ons bid saam hulle dat ‘n 2de operasie nie nodig sal wees nie, dat die Here haar liggaam sal aanraak en die komplikasies en simptome sal wegneem, want Hy is die groot Geneesheer! Frikkie Roux, wat Dinsdag vir ‘n opvolg operasie aan sy wang gegaan het. Ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid dat Frikkie mooi en spoedig sal herstel. ‘n Anonieme briefie vra: Bid asb. vir my kinders vir uitkoms... Die Here weet waaroor hierdie smeekgebed gaan en ons glo dat Hy in detail en spoedig sal voorsien en dat Hy verheerlik en grootgemaak sal word.
Dankie Heer
Marie Geldenhuys skryf vir ons hierdie briefie: Hoe sê mens dankie, vir soveel gebede en liefde van almal vir my seun na ‘n motorongeluk en brein operasie. William is nog in ICU en kan nog nie praat nie a.g.v. die asemhalingsbuis in sy keel. Hy ken ons en reageer met “ja” en “nee” kopknikke. Hy sal weer moet leer om sy hande en bene te gebruik, maar ek is oortuig en GLO met die Heer se nabyheid en genade gaan Hy hom vir ons heel maak!! Nogmaals BAIE DANKIE aan al ons Jesus Vriende. Ek is baie lief vir elkeen! Moet asb. nie ophou bid nie! (In die week het Marie laat weet sy is weer op pad Pretoria toe omdat William se lewer swaar kry, ons bid dat dit reeds weer baie beter gaan...)
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)
Abraham skryf: Ek wil net ons Here God dank vir die seëning wat Hy uitstort op ons deur Sy genade. Dankie dat ek suksesvol en gesond is. Dalene Maree, van Rustig wat in die week ‘n knievervanging operasie ondergaan het. Ons glo dat die operasie goed gegaan het en bid dat Dalene goed sal herstel, ons bid ook vir Karel wat haar ondersteun. Ria Smit, van Macadamia, wat laas naweek geval het en haar heup gebreek het, ons dank die Here dat die breuk van so aard was dat dit geheg kon word, ons bid vir die hersteltyd, dat die Here baie geduld en hulp sal gee. Mariëtte Absalom en haar geliefdes nadat haar broer, wat in die Kaap woon, oorlede is. Ons bid vir die Here se troos in hierdie hartseer tyd. Die stemproses, wat in Zimbabwe aan die gang is en die onmin wat daar tussen burgers is oor wie die wenner is. Mag die Here daar Sy vrede en wysheid bring. Marina Spangenberg, wat in Unitas opgeneem is, ons bid vir spoedige herstel en vir David, wat haar liefhet en ondersteun. Gert Coetzee, wat in Medi-Clinic opgeneem is en baie bloed moes ontvang. Ons bid dat dit reeds baie beter met Gert gaan as laas Sondag en dat die Here volkome herstel sal bring.
Sendeling Nuus van Laetitia
Liewe Vriende Ek lees onlangs dié mooi storie: 'n Kaalvoet seuntjie, omtrent 10 jaar oud, staan op ‘n koue wintersoggend voor 'n skoenwinkel en kyk deur die venster, bewend van die koue. 'n Vrou sien die seun en sê vir hom: “Sjoe, jy staar so diep in gedagte na die venster!” "Ek het vir die Here gevra om vir my 'n paar skoene te gee," antwoord hy. Die vrou vat hom aan die hand en gaan in die winkel in. Sy vra die klerk om 'n paar stelle sokkies vir die seun te kry en ook of daar 'n skottel en 'n handdoek is wat sy kan gebruik. Sy het die seun na die agterkant van die winkel geneem, gekniel, sy voete gewas en met die handdoek afgedroog. Toe trek sy vir hom ‘n stel nuwe sokkies aan. Hulle gaan kies toe 'n paar skoene vir hom, wat sy toe koop. “Nou voel jy seker baie beter, né?” sê sy. Toe sy omdraai, vat die verbaasde kind haar aan die hand, en met trane in sy oë vra hy, “Is jy God se vrou?” Ek weet nie of die storie waar is nie, maar die ‘bottomline’ daarvan is dat ek en jy iets van die Here se hart sigbaar maak, as ons goed doen aan ander mense. Of ander mense doen goed aan ons, en ons kan vir hulle én die Here dankie sê, wetende dat Hy deur mense Homself aan ‘n stukkende wêreld sigbaar maak. En daar is soveel geleenthede wat ons kan gebruik – die petroljoggie of die karwag met wie ons praat; iemand by die hospitaal in die Naam van die Here bemoedig…
Dit laat my dink aan 2 Kor 1: “God, die Vader van ons Here Jesus Christus, word geprys! Hy is die Vader van barmhartigheid en die God wat in elke opsig bemoedig. In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het. Net soos ons ’n oorvloed ontberings ter wille van Christus deurmaak, só beleef ons ook oorvloedige bemoediging deur Christus se bemiddeling.” Ek en ‘n kollega praat gister oor al die mense wat deesdae swaar kry as gevolg van werk wat hulle verloor, of gebrekkige inkomste vanweë ons swak ekonomie. En tog is hierdie ‘verleenthede’ wat ons tref, God se ‘geleenthede’ om Sy grootheid en almag sigbaar te maak of om ons eie geloof in Hom te versterk. ‘n Kollega wat vir ‘n operasie sou gaan, hoor onlangs dat sy eie bybetaling ongeveer R100 000 sal wees! Kort na ‘n gesprek met die dokter se ontvangsdame, ontvang hy ‘n e-pos met ‘n nuwe kowtasie van die maatskappy wat die prostese voorsien, en hulle sny hulle koste met ‘n hele 79%! Sy inbetaling – 0,51c! Dis net die Here wat so iets te weeg bring en daardeur ons geloof versterk. As jy dus vandag voel of die wêreld rondom jou inmekaar tuimel, moenie voel dat die Here Sy rug op jou draai of van jou vergeet het nie – dis dalk net die geleentheid wat Hy skep om Homself aan jou en|of iemand anders te openbaar. En so is daar baie van julle wat my op verskillende maniere ondersteun en bemoedig, en ek wil uit my hart uit baie dankie sê – julle weet nie hoe ek julle liefde en omgee waardeer nie! Bid asb. vir my vir die volgende: Werksake: r Die saamstel en uitleg van die webblad is uiteindelik min of meer klaar – ek wag nog net vir inligting van ‘n paar kollegas en dan kan ek dit vir die maatskappy gee wat die webblad op internet gaan plaas. Baie dankie vir julle gebede – dit was ‘n vreeslike lang projek maar ek het dit geniet, en sommer baie in die proses geleer. r Bid vir ons verhouding met die Noordwes Universiteit. Ons is al geruime tyd in ‘n verhouding met NWU en hulle wil ons besoek om ‘n dieper verhouding te bou en meer te wete te kom oor ons opleidingsprosesse. r Ons vier volgende jaar ons 30ste bestaansjaar en ek sal hopelik eersdaags begin met ‘n spesiale nuusbrief vir dié geleentheid. Daar is ook ‘n paar ander groot projekte wat wag, soos die saamstel van ‘n storiebank en fotobank, maar dit sal eers later, soos tyd dit toelaat, gebeur. Persoonlik: r Ek het omtrent deur ‘n klomp skanderings en toetse die afgelope tyd gegaan, en die slotsom van my heup is dat ek iewers in die nabye toekoms vir ‘n heupvervanging moet gaan. Ek sal julle op hoogte hiervan hou. Seëngroete
Laetitia
Ons gemeente missie
GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses.
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
Navrae: Annalise 082 958 3874
Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.
SOEK WERK Afgetrede Boekhouer met nog baie energie soek werk. Kontak: Antoinette by kantoor Jong man met ondervinding in restaurantwese soek dringend werk Kontak: Ryno 079 180 1150 BEHUISING BESKIKBAAR Eenmanswoonstel buite Witrivier beskikbaar. Geskik vir 1 persoon, ongelukkig geen diere. Kontak: Magda 084 588 1114 Eenmanswoonstel in Witrivier beskikbaar. Slegs enkellopendes, ongelukkig geen kinders en diere. Kontak: Tokkie 082 826 1099 Groot eenslaapkamer woonstel in Bon Accord beskikbaar 1 September. Sluit water en elektrisiteit in. Kontak: Bertie 083 628 0209 Elsabé 013 750 1811
Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak
Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND. Berading in gevreesde siektes Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel nie, gesels met Magda 082 498 4256
SOEK BEHUISING Jongman soek dringend ʼn Eenmanswoonstel,. Kontak: Ryno 079 180 1150 HONDJIE SOEK NUWE HUIS Weens verhuising na Aftreeoord moet sy vir haar hondjie (poedel/toypom kruising, reun wat reggemaak en inspuitings op datum is) ʼn nuwe liefdevolle huis kry. Kontak: Hanlie 082 684 0038
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat doen hulle,
kom haal hulle nuusbrief in die kantoor of kontak hulle.
Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321