OaseNuus 7 Augustus

Page 1

Sondag 7 Augustus

“Kom luister! Jesus wil jou lewe verander met Sy stories.” Teksvers: Matteus 13:2 ”Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel...”


Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel.

Daar sal vanoggend geen tee of koffie wees as gevolg van die langnaweek.

Gesinserediens

Daar sal nie vanoggend ‘n erediens wees nie. GEEN Jeug-erediens vanaand Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente...

Kom sluit aan by die ouers en peuters in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Stories vir Lewe Kom reis saam hierdie kwartaal. Die kwartaal produkte is na afloop van die erediens op die gras beskikbaar en bestaan uit die volgende: Omgeehandleiding R25 elk Lapelwapen R10 elk Plakker vir jou motor R10 elk Daar is ook voorsiening gemaak vir die Gesinserediens en die Jeug-erediens, met hul eie unieke materiaal. Die Jeug ontvang hulle boekies by die Jeug-erediens. Die inligting vir gesinne word weekliks op die gemeente APP geplaas. Kom put uit die stories van Jesus toe Hy gelykenisse vertel het en sodoende lewenslesse vir ons nagelaat het. Skakel gerus in by die Sondagmiddag 15:00 Omgeegroep, hier by die kerk. Kontak Ds Jurgens as jy belangstel.

Plakker vir motor

Lapelwapen


Maandag 8 Augustus

18:00 GriefShare

Sitkamer

Dinsdag 9 Augustus

Saterdag 13 Augustus

08:00 Interkerklike gebedsbyeenkoms by Casterbridge Parkeerarea

Vrouedag!

Sondag 14 Augustus

Afskop van Stories vir Lewe reis en Nagmaal

Donderdag 11 Augustus

18:00 Kerkraadsvergadering 17:30

Konsistorie

Vrydag 12 Augustus

Volleyball uitspele begin Kerksaal

Gebeure in vooruitsig 16 Aug. 23 Aug. 30 Aug.

3

Finansiële Bedieningvergadering Vrouebedieningvergadering Basaarvergadering Eiendomsbedieningvergadering

ʼn Uitvloeisel van die Facebookblad “Bid vir Annatjie” en die gebedsbyeenkoms wat by Casterbridge gehou is, het die behoefte ontstaan dat daar voortgegaan word om maandeliks saam te bid. Die eerste byeenkoms is: Wanneer: Saterdag 14 Augustus Tyd: 08:00 - 09:00 Waar: Casterbridge Parkeerarea

Almal welkom!

Mylpale

1 Aug. Ria Bonnet Bets du Toit 2 Aug. Sophie Vosloo 3 Aug. Maria Schoeman 4 Aug. Hennie de Lange Magriet Bezuidenhout Eden Claassen Edmund Robberts

73 Verjaar 72 Verjaar 82 Verjaar 76 Verjaar 71 Verjaar 70 Verjaar 70 Verjaar 31 Doop

.

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! Monic van Rensburg 5 Aug. Hettie Mentz Johannes Swart Frank & Lindi Thomas 7 Aug. Andrew Calitz Janus Botha 8 Aug. Elsa de Jager Koos & Ria Nell

31 Doop 81 Verjaar 78 Verjaar 31 Huwelik 39 Doop 33 Doop 80 Verjaar 52 Huwelik

Wat is Tall Trees? Wat doen ek daarmee? Kom vind uit watter boompie is jy, met jou eie unieke samestelling, soos deur ons Vader aanmekaar geweef in moederskoot. Isabel se VROUEbybelstudie groep gaan hierdie kursus doen en nooi ander vroue wat vir die 10 weke wil inskakel om deel te word van die reis. Wanneer: Woensdae aande Tyd: 18:00 tot 19:00 Waar: Jurgens & Isabel se huis Koste: R200 vir die toets Om die kursusmateriaal betyds te kry en jou plekkie te verseker laat weet dringend vir Lorraine Steyn 083 269 7365. Kontak haar vir enige verdere navrae.


OaseDankfees is ‘n BASAAR propvol lekkertes! Die kleurvolle karakters is reeds besig om in die agtergrond te woeker, hulle vra groot groot groot asb BESTANDDELE. ,

,

Volleyball-nuus! Die 2 spanne wat moes uitspeel om wenner te bepaal van 2015 het besluit om die trofee te deel.. Dus was daar nie Vrydagaand ‘n wedstryd nie. So stof julle tekkies en ook ondersteunershempies af en kom geniet vanaf 12 Augustus, elke Vrydag aand hierdie spanningsvolle toernooi. Daar sal elke Vrydagaand boereworsrolle te koop wees.. Dit gaan groot pret wees, die dominees speel ook saam. Daar is 10 spanne wat deelneem en toeskouers is welkom en broodnodig. Daar is spesiale reëls uitgewerk om sodoende ouer spelers te akkommodeer (‘n tipe van ‘n “handicap”). Kom stap saam in die opbou en geesvang tot die Basaar.


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. “Mag ons leer om dankbaar te wees vir wat ons het, voordat die tyd ons dwing om dankie te sê vir wat ons gehad het.” ~William Law~

R’000

TOTALE DANKOFFERS PER MAAND 800 750 700 650 600 550 500 450 400 350 300 250 200 150

KUMULATIEWE TOTALE DANKOFFERS PER MAAND 5 000 4 500 4 000 3 500 R’000

Werklik Begroot

3 000 2 500 2 000

1 500 1 000 500 0

Wer… Begr …


P

P P

P P P P P

Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . Alle mense met gróót finansiële krisisse! Asb Vader help ons om in U krag en U voorsiening te glo en leef. P de Beer vra: “Here, bring asb my vrou en seuntjie terug na my toe.” Danelle Badenhorst, wie se seuntjie, Riann Saterdag oggend gebore is. Riann het 3.5kg geweeg en is pragtig gesond, maar Danelle het ’n groot terugslag gehad na haar keiser. Sy het reeds 2 operasies gehad en is steeds in ICU, waar sy van die ventilator gespeen word en dialise moes ontvang. Ons bid vir haar man Jos, wat haar bystaan en liefhet, ook vir Jeff (7), Jeanne(5) en Hanna(2), wat hulle mamma mis, mag Danelle gou gesond word en voluit ‘n Mamma vir klein Riann kan wees. Hannetjie Wiid, wat 10 Augustus ‘n hartklep-vervangingsoperasie gaan kry. Sy is reeds van Maandag 1 Augustus af in Steve Biko Hospitaal. Ons bid vir ‘n suksesvolle operasie en vrede in Hannetjie se hart. Wouter Serfontein vra voorbidding vir die baie siek klein Liam (2 jaar). Bid vir Jesus vir ‘n wonderwerk m.b.t. die epilepsie. Hannatjie vra gebed vir Dr Roelie van Rooyen en veral vir sy vrou, Angela vir krag en gesondheid. Petra Haasbroek het verlede Vrydag ‘n mond/kaak operasie in Pretoria ondergaan. Sy ervaar tans baie pyn. Bid vir sukses en spoedige genesing. Con Taljaard is Vrydag oorlede. Ons eer God vir sy mooi lewe – die manier wat hy gelewe en gedien het.vroutjie Gesina is onder omstandighede sterk... maar seer. Bid asb vir haar vir troos.

Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.

P

Stephan vra: Bid vir my broer, Sous Greyvenstein, wat in Polokwane in die ICU is na ‘n dikderm operasie is, asook vir hul finansies a.g.v van geen medies. Frans van der Merwe se suster Hannetjie Swart is met kanker gediagnoseer. Ons bid vir hierdie moeilike pad wat Hannetjie nou moet stap en vra wysheid vir die dokters betrokke, sy is Vrydag geopereer. Hannes Raath is na ‘n asma-aanval Dinsdag in Kiaat hospitaal opgeneem, hy is gediagnoseer met longontsteking en ons bid dat hy reeds baie beter voel en spoedig sal aansterk.

P P

Ons is dankbaar oor.. A A

Dat God ons Vader VIR ons is! (Rom 8:31) Cedric Harris – swaar van Pieter Reyneke is uit die hospitaal ontslaan en dit gaan baie beter. Dankie Here! A ‘n Goeie stem-dag, vir God se beskerming en Sy seën. WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za

Ons Jeug bid vir

t “Here, asseblief wees met tannie Wilma wat siek is en maak haar asseblief gesond, t t t t t t

vra Liam. Vir my spesiale vriendin, wie se pa baie siek is met kanker. Bid vir Vriendskap; Verhoudings. Dankie vir Vriende & Familie. ‘n Vriend was in ‘n karongeluk. Hy is verlam in sy onderlyf so ek vra vir genesing. Hy gaan hierdie week vir 2 operasies om gevoel in sy vingers terug te kry. Bid asb vir hom. Dankie vir liefde, vrede, asook verhoudings, opregte vriende. Vir minderbevoorregte mense, asook siek mense!!! God is Groot.


t Wil bid vir familievriende, waar die pa van die huis Saterdag-oggend oorlede is. Wil net bid dat alles sal beter word. Waar die ma ook haar werk verloor het, dat sy een sal kry omdat sy vir haar klein dogtertjie moet sorg. Amen t Wil bid vir ‘n vriendin se pa wat weer opgeneem is vir kanker & wat deur sy hele lyf versprei dat die Here hom Genees. Amen. t My Vriendin se pa sit met breinkanker. Laat die Here hom ook genees. Amen.

NUUS VAN ALFRED EN BELINDA Liewe Witrivier vriende, Al bly ons in die bos, bly die lewe maar besig! Beslis nie op dieselfde vlak as stadslewe nie, maar tog steeds besig! Jammer vir ons stilte – hier volg darem nou weer bietjie nuus! Dit is nou omtrent twee maande wat ons weer terug by die huis is. Behalwe vir erge termiet “komplekse” in ons huis en die feit dat ’n hiëna ons badkamer pype afgekou het (sien foto), was als verder in goeie orde en dis heerlik om weer by ons eie huis te wees! Ons SIM span se jaarlikse samekoms in Junie was baie geseënd. Ons was 45 in totaal en van 10 verskillende kulture! Ons het saam gesing in Spaans, Portugees, Engels en Afrikaans! Dan was daar nog Duits, Frans en ’n mengelmoes van Portugees-Spaans ook!! Ons was geseënd met sprekers uit Switserland (wat in Portugees gedeel het) en ’n span van KerkSonderMure wat ons kinderprogram gelei het! ’n Goeie vriendin het ook ingestem om die kinderspan te kom help. Ons het hulle 3 vir een aand by ons huis gehad – wat ’n voorreg!! Hierdie foto wys waar hulle by ons hoofman kuier. Dankie julle!! Ons het ook weer begin met skool en dit gaan baie goed. Christiaan maak die einde van die jaar klaar met skool.


Die 4 jaar graad kursus wat hy in belangstel is Intercultural Ministry, wat hul sending kursus is. Ons is baie opgewonde maar ons knieë bewe maar ook!! Ons weet egter dat waar God roep, Hy ook voorsien!! Groot stappe en nuwe hoofstukke in ons gesin se lewensstorie!! Bid asb. vir hom en sy toekoms! Alfred het ook vir 4 dae ons SIM span in Cuamba gaan besoek (so 8 ure se ry van ons af) en oppad by al die ander sendeling gesinne ook aangegaan! Omtrent ’n sirkelroete van kuiers ingekry! Dit is baie belangrik aangesien ons span so vêr van mekaar bly en werk om by almal uit te kom en ook hul areas van bediening te besoek. Dit was ’n baie geseënde tyd! Ons is ook dankbaar vir die Here se beskerming vir ons 4, wat alleen by die huis gebly het. Ons het nou al twee keer met die gelowiges in ons dorpie bymekaargekom. Dit is aan die een kant hartseer om te sien dat daar so min is, maar tog dié wat steeds glo staan vas. Saterdag tydens die byeenkoms het Alfred begin om hulle te leer wat mens doen as gelowiges saamkom. Tot dusvêr het hulle net uit die Bybel gelees en Nagmaal gehou, maar nou kom lofprysing en danksegging by! Ook om te getuig van wat God in ons lewens doen! Dit is voorwaar ’n wonderlike tyd om te sien hoe hulle groei en nuwe waarhede begin toepas. Bid asb vir die groep gelowiges hier. Hulle het God se beskerming en leiding so nodig! Ons het ook baie wysheid nodig om hulle te help groei – bid asb. dat ons die Heilige Gees se Stem duidelik sal hoor en hulle ook! Op die oomblik is dit die tyd van inisiasie in ons dorpie – dis nooit ’n goeie tyd in die geestelike realm nie! Bid asb dat meer mense sal glo dat Jesus die enigste weg en waarheid is! Dat die Here ons sal beskerm in hierdie tyd en sal help om steeds Sy lig te laat skyn. Dankie vir jul volgehoue gebede vir ons en die Yao!

Alfred, Belinda, Christiaan, Bernard en Stefan.


j STORIES VAN LEWE: 8 Here, ons gee ons huwelike vir U. Help ons waar daar probleme ontwikkel, dat ons dit tot U eer kan uitsorteer. Pred. 2:26a

9 Jesus, U het namens my my sonde gedra aan die kruis. Laat ek uit dankbaarheid lewe. Ef. 2:4

10 Here laat my oë op U gevestig wees, in my daaglikse lewe. Gal. 5:13

11 Here, ons bid U seën toe op elke gemeente, kleingroep en individu, wat die reeks saam met ons doen. Ps. 92:2 & 3

12 Here, kom help ons deur U Gees, dat wanhoop en moedeloosheid nie ons lewe beheer nie. Ef. 2:5

13 Here seën elke leraar, wat Sondag U boodskap van liefde aan ons bring. Ps. 70:5

14 Here, ons wil soos die man wees wat saad op goeie grond gesaai het. Ons wil U woord hoor, verstaan en doen. Matt. 13:23

15 Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. 1 Kron. 29: 11

16 Ons soek U teenwoordigheid en wil streef daarna om meer en meer in U te wees. Ps. 105:4

17 Here, ek bid dat die boodskap uitgedra word deur die kragtige werking van die Heilige Gees. 1 Kor. 2:4

18 Dankie Here, dat ek, wat ‘n klein nietige mens is deur U gebruik kan word. Matt. 13:31-33

19 Dankie Here, dat ek deur Jesus toegang het, tot die ewige lewe. 1 Pet. 1:23

20 Here, dankie dat U Woord betroubaar en vir ewig is. 1 Pet. 1:25

21 Dankie Here, dat U ‘n God van liefde is. Dat U my ten spyte van dit wat ek verkeerd doen, met ope arms terug verwelkom. Luk. 15: 23

22 Dankie Here, dat ek met al my kommer, vrese en vreugdes na U toe kan kom. Matt. 7:7 &8


AUGUSTUS 2016

23 Here, dankie dat niks vir U onmoontlik is nie. Luk. 18:27

24 Here, ons staan vas op U Woord. Kol. 4:2

25 Here, help ons dat ons met vertroue bid. Hand. 2:25 - 27

26 Here ons gee Sondag se eredienste hier en in die wêreld vir U. Laat ons met verwagting en ‘n oop gemoed na U luister. Hand. 20:32

27 Vader, open ons oë en verstand, dat ons vergewings-gesind sal wees. 1 Joh. 1:17

28 Here, selfs as ek struikel kan ek aan U vashou. U rig my weer op. 1 Sam. 2:4

29 Dankie Here, dat U nie ons ons sonde toereken nie, maar ons vergewe. Ef. 2:4-5

30 Here Jesus, help my om te vergewe, soos U my vergewe. Kol. 3:13

31 Here, ons gee ons land en sy leiers vir U. U weet van ons probleem, maar nie teenstaande dit weet ons U is in beheer. Ps. 31:15 & 16a

Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

HUIS BESKIKBAAR

SOEK WERK

ʼn Veilige 3 slaapkamer huis met 2 badkamers en heerlike kuierstoep is onmiddellik beskikbaar op plot net buite Witrivier Kontak: oom Attie 013 751 3293

Persoon met opleiding in Hotelbestuur en “Chef” is opsoek na werk. Kontak: Niel 076 878 7136

SOEK WERK Jong meisie is op soek na enige kantoor werk, maar sal graag praktiese indiensopleiding wil doen. Kontak: Alicia 072 227 3908

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring en gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk.


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier

NG Kerk Witrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos nuus@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.