OaseNuus Sondag 16 Februarie 2020

Page 1

Baie welkom in die huis van die Here vanoggend!

“Daar is ‘n bydrae wat slegs jy kan lewer tot God se koninkryk.” -Eric S Abbott-

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik in ons gemeente..

babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word Ouers met

daarheen herlei.

Kleuter Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters, bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Laerskool kinders verdaag later na die saal. Stad op die Berg erediens

18:00 Kategese-groepe Gasvryheid is ʼn 17:00 Erediens waarde van ons “Stad op die Berg dink buite die boks.” In eerste kwartaal van 2020 dink ons vars oor die gemeente.

Vertrou dat die warmte en vriendelikheid van medegelowiges jou omring het. Kom kuier en

geniet koffie hierna by die KoffieOase.

NG Gemeente Witrivier

Kerk van die toekoms en daardie toekoms is reeds hier. Dalk is hierdie besinning so dringend dat vars dink nie radikaal genoeg is nie en dat dit nie by net dink kan bly nie... Almal welkom!

VRIENDSKAPPE

Spreuke 18:24 Sonder die regte familie kan jy nie goed begin nie. Sonder die regte vriende kan jy nie goed eindig nie. Sondag 16 Februarie 2020


Skakel in en raak betrokke by die gemeenteaktiwiteite. Maandag 17 Februarie 18:00 GriefShare

Maandag 24 Februarie

Gebedskamer 18:00 70 x 7 kursus

Dinsdag 18 Februarie 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare Karnavalvergadering

Konsistorie

GriefShare

Gebedskamer

Dinsdag 25 Februarie Konsistorie Ouditorium 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie Gebedskamer 14:00 Bloed skenk Voorportaal Bovertrek 17:00 Lofdans Ouditorium 18:00 DivorceCare Gebedskamer

Woensdag 19 Februarie 10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Donderdag 20 Februarie 18:00 Kerkraadsvergadering

Konsistorie

Vrydag 21 Februarie 06:00 Besigheidspersone Bid

Bovertrek

Woensdag 26 Februarie 10:00 Kreatiewe vers 17:00 Aswoensdag-ete Aswoensdag-erediens

Bovertrek Saal Ouditorium

Vrydag 28 Februarie 06:00 Besigheidspersone Bid

Bovertrek

Saterdag 21 - Sondag 23 Februarie Gemeentekamp by Badplaas

STRENGTHS FINDER KURSUS

Aanbieder: Wanneer: Waar: Tyd: Koste: Skryf in:

Ds Johan Pienaar Saterdag 21 Maart NG Witrivier Gemeentesentrum 08:00 R400/p vir kursusmateriaal en verversings WhatsApp / SMS jou naam en e-pos adres na 083 425 0240

Vergifnis is die soet geur wat die viooltjie nalaat op die skoensool wat haar platgetrap. -Mark Twain-

Skryf jou naam op en betaal by die kantoor voor Dinsdag 18 Februarie Kom stap ʼn pad van herstel en vergifnis tydens hierdie 8 weke kursus van Bruce Wilkinson. Wanneer: Begin 24 Februarie Waar: NG Witrivier Gemeentesentrum Tyd: 18:00 - 19:00 Koste: R120 vir kursusmateriaal en ligte verversings

Rustig basaar Saterdag 7 Maart

07:00 - 12:00

Ten bate van Solar panele en Invertor by Rustig Aftree- en versorgingsoord Kom geniet ʼn dag wat oorlaai is met al die tradisonele lekkernye by ‘n Basaar. Daar is: Kerrie en rys; groente; koektafel; basaarpoeding; pannekoek; teetuin; worsbroodjies; witolifante; boeke en handwerk! NG Gemeente Witrivier Sondag 16 Februarie 2020


Witrivier Karnaval

Vrydag 3 April & Saterdag 4 April 14:00 - 21:00

07:00 - 12:00

Hierdie is ‘n fees der feeste, teken nou die datum aan en kom kuier, eet en ondersteun ons gemeente. Nooi nou reeds jou vriende van heinde en verre vir ‘n naweek se pret!

Wat k a n o n s v e r wa g

Pophuis!

va n d i e K a r n ava l ? ? Die hoogste bod sal toegeslaan word tydens die veiling op hierdie allermooiste pophuis.

Kom kyk vandag by die KoffieOase en gedurende die week by die kantoor.

Bestanddele. . . Bring nou reeds bestanddele kantoor toe, ons begin eersdaags bak vir Rustig Basaar, 7 Maart. Die items op die onderskeie lyste is items wat benodig word vir die baksters...

Kleuterskool kompetisie

Lucille 072 953 2790

Tema: Dance the night away

Skryf ‘n groep in van 10 kleuterskoolkindertjies @ R100/span. Hulle sal hul gate uit geniet! Optrede = Vrydagaand

Ons waardeer elkeen se bydrae. Karnaval boekie !

Koop nou reeds boekies ter waarde van R100, dit kan oral by die Karnaval gebruik word. As jy iemand wil borg, gesels met Antoinette by die kantoor.

4,9km Vrydagaand Hier wag baie pret! R20/inskrywing, sluit ʼn glow stick in. Ekstras is te koop. Nooi nou reeds jou vriende!

Is jy al ʼn vriend van Witrivier Karnaval / White River Carnival se Facebook blad? Daar is baie nuus, word vandag nog ons vriend! NG Gemeente Witrivier

Sondag 16 Februarie 2020


Gebedsfokus  

 

 

Ons dank die Here vir die reën wat deur die week geval het, vir die damme wat vol word en die gebede van soveel boere wat verhoor word. So voorsien Hy en versterk ons geloof. Ons het die week die boodskap van oom Wim se dogter via WhatsApp gekry: “Hallo almal, my Pa is vandag ontslaan uit die hospitaal. Hy is nou in ’n step-down in Lynnwood. Ons kyk nou na ’n “Frail Care” plek tussen Kempton en Benoni, hopelik kry ons gou die regte plek vir hom. Hy lê maar meeste van die dag en slaap. Hy loop slegs kort afstande met hulp en bly maar gedisoriënteerd. Hy praat baie onduidelik en ons sukkel maar om te hoor wat hy sê. Ons is dankbaar dat hy ons wel erken wanneer ons vir hom gaan kuier. Ons bid vir elke detail in hierdie tyd waarin oom Wim en sy geliefdes hul bevind. Mag hulle beleef hoe God hulle lei en vashou. Lydia Möller se skoondogter het laat weet dat dit goed gaan met haar en dat haar pyn onder beheer is. Ons bly bid vir Lydia en die proses van genesing na haar soveelste operasie. Ons bid vir Beulah, wat soveel pyn beleef tans en baie medikasie moet gebruik. Mag die Here haar wysheid gee om te weet na wie toe sy moet gaan en mag Hy haar aanraak en die pyn wegneem. Ons dank Hom dat sy ten spyte van die pyn Hom kan dien en tot Sy diens kan wees. ‘n Anonieme briefie bid: “Bid asseblief dat mense vrede in hul harte kry en dat die konflik opgelos sal word…” Die Here weet wat agter hierdie gebedsversoek lê en wie geraak word, mag Hy ons lei in konflik en deur konflik om steeds Sy stem te hoor en Sy hart te beleef en Hom te verheerlik. Ons bid vir Tannie Lettie Labuschagne wat baie moeg is a.g.v. die spanning van haar kleinkind en agterkleinkind wat 3 maande reeds in die hospitaal is. Mag God hierdie kinders aanraak en genees sodat hulle voluit en in oorvloed kan leef. Charlotte vra voorbidding vir haar Ma: Bets van Rensburg, wat die 13de Feb. ‘n skouervervanging operasie gehad het. Ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid vir die herstelpad - wat altyd swaar is met ‘n skoueroperasie. Mag Bets hulp hê, wanneer sy dit nodig het en mag die Here haar geduld gee en die pyn wegneem. Ons bid vir Lidia Pieterse, vorige lidmaat wat verhuis het Pretoria toe, wat erge hoë bloeddruk na die geboorte van haar baba gekry het en vir 3 dae in die ICU gemonitor is. Sy was so dankbaar om haar meisiekind weer vas te hou en kan nie meer wag om huis toe te gaan. Ons bid dat sy reeds by die huis is en volkome verder aansterk. Ons bid vir Anthony en Jennie Chee, Sendelinge wat terug in Mosambiek is vanuit Singapore. Hulle was in Alfred en Belinda se buurdorpie en laat weet die volgende oor die Christen- gelowiges in die area: “We are encouraged to see the small group of believers here still meeting

NG Gemeente Witrivier

Sondag 16 Februarie 2020


together regularly and that some members have grown in their faith! As a group and individually he believers are acing some challenges and we are trying to work through these challenges together. Please pray for wisdom, and pray for men and women who will rise up as Bible teachers and church leaders. This being the rainy season, pray also for the believers as they work in their fields, that God will multiply their crops and keep them in good health.” Ons bid vir Benjamin (Spencer en Karin - ons Sendelinge in Kanada) se jongste (10 jaar), hulle het in die week op Facebook geskryf: “Will you please pray for Benjamin: he has quite a fever and a painful throat. Your prayers will be much appreciated.” Ons glo dat Benjamin reeds baie beter voel en bid dat hy vinnig en volkome sal aansterk.

Ons bid vir ons Sendelinge Petra Gebedsbrief Januarie 2020 “Vra na die Here en sy krag, hou aan om Hom te soek.” Ps. 105:4 Ons sê dankie ... Desentralisasie beteken dinamika! Dit het ons duidelik gehoor en besef tydens ’n baie insiggewende en geseënde Petra-personeelweek, wat gehou is by die hoofkwartier in Witrivier. Ons loof die Here vir ’n sinvolle saampraat- en saamkuier-week, vanaf 7-11 Januarie. Die tema, One Team, One Dream, was baie gepas en motiverend omdat die span reeds gedesentraliseerd funksioneer. Dit sal dan ook die nuwe Besturende Direkteur se grootste uitdaging wees om hierdie dinamiese span te bestuur. Die beplande aantal projekte waarby Petra-personeel in 2020 betrokke sal wees, is 58 binne Suid-Afrika en 30 in die buiteland. Bid asseblief veral vir Emily Dinhira wat die verantwoordelikheid dra as Bestuurder van die Opleidings- en Konsultasiespan. Dankie vir Dirk Coetsee wat vir sestien jaar die pos van Besturende Direkteur beklee het en vir die besondere wyse waarop hy en Taleta leiding geneem en gedien het. Ons is baie dankbaar vir Bernard en Chrismaré Joubert wat op 10 Januarie ingehuldig is om in hierdie pos oor te neem. Ons het reeds vir ’n geruime tyd gebid dat die Here die regte opvolger sal voorsien. Dirk en Taleta is steeds deel van Petra Instituut se personeel en sal veral op strategiese gesprekke, konsultering en vennootskappe fokus. Bid asseblief vir Bernard Joubert vir Goddelike wysheid en krag vir hierdie taak. Theunis en Magda Scheepers het die afgelope drie maande in die Rhino-vlugtelingkamp in die noorde van Uganda onder Suid-Soedannese vlugtelinge gewoon en gewerk. Hulle het tien leiers se vaardighede ontwikkel om die Saamloop met Seerkrykinders-kursus aan te bied. Die leiers is nou gereed om hierdie werkswinkel aan te bied en die vlugtelinge met die hantering van trauma te help. Loof die Here vir hulle beskerming gedurende hierdie tyd. Ons is dankbaar vir die inskrywings vir die Aanlyn Verhoudingsgerigte Kinderbedieningskursus. NG Gemeente Witrivier

Sondag 16 Februarie 2020


Bid asseblief vir elke ingeskrewe student, dat hulle die kursus suksesvol sal kan deurwerk en voltooi. Bid veral dat elkeen ’n geskikte kindergroep vir die praktiese aanbiedings sal vind. Bid ook asseblief vir Carine Steyn en Marietha Malan wat die administrasie behartig, ook vir die span van nasieners. Dankie vir die groep van meer as twintig kursusgangers wat ingeskryf is om die Saamloop met Seerkrykinders-kursus in Witrivier by te woon. Heelwat kom vanuit strategiese vennootskappe uit die buiteland. Bid asseblief dat die Here sal voorsien vir die nodige fondse vir reiskoste en kursusgelde en ook vir die verkryging van ’n visum vir elkeen van die persone wat bestem is om die kursus by te woon. Bid ook vir die Petra-span wat verantwoordelik is vir die huisvesting en kursuskoördinering. Bid asseblief vir die volgende: 10-15 Februarie, Tanzanië: Toerustingsgeleentheid vir die tutors wat die onderwysers moet toerus vir kinderkampe wat gedurende Juniemaand by 400 verskillende terreine aangebied sal word. 28-29 Februarie, Potchefstroom: Die Petra-span bied opleidingsgeleentheid vir onderwysstudente by die Noordwes Universiteit aan. Bid dat dit vir die studente van groot waarde sal wees wanneer hulle op praktiese besoek aan skole gaan. 23 Februarie - 6 Maart, Witrivier: Die Saamloop met Seerkrykinders-kursus word aangebied. Bid asseblief vir die opleidingspan en die aanbieders-in-ontwikkeling, ook vir die praktiese sessies met kinders. Ander aktiwiteite:  Lize Pieterse is besig met gesprekke en afsprake om die Naskoolkursus vir CPD-punte te registreer, sodat dit aan die vereistes kan voldoen en verdere opleidingsgeleenthede vir onderwysers kan genereer.  Bid vir Jenni Meyer se bediening by die skole in De Doorns, asook verskeie gebedsgeleenthede en netwerk met ander bedienings, ook vir Dietmar en Magriet Frey se sokkerbediening, wat in die Masoyi-gebied (aangrensend aan Petraberg) aangebied word.  Sonia Swart beoog om terugvoer aan finansiële ondersteuners in die Suid-Kaap te gee en nuwe ondersteuners te werf.  Weens nuwe wetgewing moet die eiendom van Petra Instituut weer hersoneer word. Bid asb. dat hierdie proses vinnig en suksesvol gedoen kan word.  Bid vir Manie Loubser en Hannes Pieterse met die oorgee van die finansiële bestuur aan Hannes.  Bid asseblief dat die Here ’n persoon sal voorsien om voortaan die Gebedsbrief saam te stel. Personeel: Odette Davids is terug uit Borneo in Suidoos-Asië. Bid dat sy ’n goeie tyd van rus en herstel sal hê. Linette Swart en Hannes Pieterse het albei operasies ondergaan, bid asseblief vir volkome herstel. Loof die Here vir Shawn Kindrat wat by ons aangesluit het en van groot hulp is met die rekenaarstelsel en webblad-opgradering. Bid ook asseblief steeds vir verskeie van die personeel wat met studies besig is, dat hulle gefokus sal kan studeer, te midde van besige programme. NG Gemeente Witrivier

Sondag 16 Februarie 2020


Werk beskikbaar / werk soek & Behuising beskikbaar / SOEK OM te huur Het jy dalk ‘n werk / behuising te huur beskikbaar of soek jy werk / behuising? Hier kan jy gratis adverteer. Sodoende bring ons hulp & hoop in ons samelewing. SOEK BEHUISING

Kontak:

2 Bejaardes met 2 katte soek 2 slaapkamer huis / woonstel te huur. Kontak: Penny 083 415 4837

BEHUISING BESKIKBAAR

1 slaapkamer met loft net buite Witrivier. Oopplan kombuis, eetkamer en sitkamer 2 badkamers. Onderdak parkering. Boorgat water. Prepaid krag. Veiligheidsomheining met “beames”. Kontak Santie 0836097117 Anton 0835783828

SOEK WERK Baie ondervinding in staalwerk, sweis en oprigting van gebou. Kontak: Basil 076 120 9699 Dame met ondervinding in Admin en Finansies soek 'n pos. In Witrivier. Rekenaarvaardig in Word, Excel, Pastel ens. Ten volle tweetalig. Kontak: Janetta 076 753 4975

Bedsitter by Macadamia beskikbaar 1 April. Kontak: Polla 072 823 0957 3 Slaapkamer huis met 2 badkamers en dubbel motorhuis in Macadamia beskikbaar vanaf 1 Mei. Kontak: Annatjie 084 608 6107

Dame is op soek na ʼn admin pos. Het baie ondervinding, kan onafhanklik werk. Is stiptelik, lojaal en pligsgetrou.

17 Feb. Jan Oosthuizen 19 Feb. Hendrien Botha

Word deel van die koor... Kontak:

71 Verjaar 75 Verjaar

Baie geluk met hierdie mylpaal!

Rina Raath 074 148 8795

Leer Bybelse Hebreeus! Kursus begin 1 Maart, skryf vooraf in by Wynand per SMS / WhatsApp 081 537 9363 of e-pos na cwretief@gmail.com NG Gemeente Witrivier

082 784 6744

Woonstel beskikbaar 1 Maart in stil omgewing van Witrivier. Geskik vir 1 of 2 persone. Kontak: Toffie 071 887 2699

Soek kamer met etes te huur vir seun (ouers woon in Hoedspruit) in matriek by Hoërskool Rob Ferreira. Kontak Marna 082 386 4076

Mylpale

Tania

Mannekamp in Mosambiek 17 - 19 April

Kry solank jou paspoort reg... Sondag 16 Februarie 2020


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Hul kom Maandae om 18:00 bymekaar.

Navrae: Annalise 082 958 3874 Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in op Dinsdae om 18:00. Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings.

Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak.

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.

Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Rian 082 906 3343 Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families.

Kontak besonderhede Kerkkantoor (013) 751 1644 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

www.ngwitrivier.co.za

Like” ons bladsye: NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Witrivier Karnaval Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier

SMS/WhatsApp

079 223 8321

As jy wonder oor hul werk, kontak hulle.

Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za

Oase van Jesusliefde

NG Gemeente Witrivier

Sondag 16 Februarie 2020


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.