Hoop in die doodloop! Skriflesing: 1 Samuel 11:1-13
Baie welkom vanoggend in die erediens
Optimisme is geloof in mense - dat hulle in staat sal wees om ons in ons nood te help. Maar die Christelike hoop is die seker wete dat die almag van God wel in staat is om ons nood - of onsself - te verander. Carlo Caretto
Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.
Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Laerskoolkinders
Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Dit is weer BASAAR tyd! hanteer ons die
Soos altyd
koek-en-gebak-
tafel, en ons benodig jou hulp. a BESTANDELE - Kan nou al by die kantoor afgelaai word. a BAK - koeke, beskuit, terte (soet & sout), koeksisters of enige iets wat lekker is! a HULP - word benodig die oggend van die basaar.
Verdaag later na hulle groepies.
Stad op die berg erediens Vanaand, sal daar geen
Stad op die Berg-erediens by die gemeentesentrum wees nie. Maar kom skakel gerus in by een van ons 6 uitreike: Samuel Chauque se gemeente in Masoyi - kinderbediening Michael’s Childrens Village – speel, dans en kuier Themba Hospitaal - kindersaal Huis Betlehem – ‘n dag by die dam Huis Rustig - besoek Witrivier Polisiestasie – skoonmaak Moenie die geleentheid misloop om kerk te wees in ons eie omgewing nie. Navrae: Wanika 083 296 0806
Saterdag 2 Maart Kontak: Rina 063 072 2263
Maandag 18 Februarie 18:00 GriefShare
Dinsdag 26 Februarie
Sitkamer
08:00 14:00 Dinsdag 19 Februarie 17:00 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 18:00 17:00 Lofdans Kerk 18:00 DivorceCare Gebedskamer Kursus: Hoe beleef ʼn mens God? Sitkamer Immergroen Ouerskap Burgerstr. 10:00 \
Woensdag 20 Februarie
10:00 Kreatiewe vers
Bovertrek Konferensie
Vrydag 22 - Sondag 24 Februarie Gemeentekamp by Sabi River Camp
Gebedskamer
Sitkamer Burgerstr.
Kreatiewe vers
Bovertrek
Donderdag 28 Februarie Konsistorie
Vrydag 1 Maart 06:00 Wêreldbiddag vir vroue 19:00 Vrouekonferensie
Kerk VEK
Saterdag 2 Maart
Maandag 25 Februarie 08:00 Koskas & Judea Hope pak Saal 18:00 GriefShare Sitkamer
Wêreldbiddag vir Vroue
Konsistorie Voorportaal Kerk
Woensdag 27 Februarie
18:00 Kerkraadsvergadering
Donderdag 21 Februarie 15:30 Dagbestuurvergadering
Gebedsbyeenkoms Bloed skenk Lofdans DivorceCare Kursus: Hoe praat ʼn mens oor Jesus? Immergroen Ouerskap
07:00 Rustig Basaar 08:30 Vrouekonferensie
Saal VEK
Erediens Vrydag 1 Maart om 06:00 in die kerk Die tema:
“Kom - Alles is gereed ” Land vir voorbidding: Slowenië Alle vroue is welkom!
Na afloop van die diens geniet ons koffie en beskuit.
Kaartjies beskikbaar by Antoinette in die kantoor
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.
Dankbare dankoffers
Bydraes: Werklik teenoor Begroot R'000
1200 1100 1000 900 800 700 600 500
400 300 200 100 0 -100 -200 -300
-400 Kwartaal 1
Kwartaal 2
Sep
Werklik
Okt
Nov
Begroot
Des
Jan
Tot 6 Feb
Tekort Mrt tot Sep
Tans is die Finansiële Bediening besig met ons gemeente se begroting van 2019/2020. Mag hulle met Goddelike wysheid begroot en saam vertrou ons vir bydraes om alles te laat klop. Ons bid saam vir die proses en vasstelling van die begroting. Aan God kom toe al die eer. Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.
Baie geluk ! 17 Feb. Jan Oosthuizen 19 Feb. Hendrien Botha
70 Verjaar 74 Verjaar
23 Feb. Cecil & Ena Thornhill Jan & Lynn Viljoen Pottie & René Potgieter
45 Huwelik 39 Huwelik 34 Huwelik
WAT IS LYDENSTYD? Lydenstyd is ‘n seisoen van 46 dae waarin die kerk met vreugde, erns en pyn die versoenende sterwe van Jesus verkondig deur sy lyding in herinnering te roep en daarop te reageer in voorbereiding op die Paasfees. GEBRUIKE IN DIE TYD. Lydingstyd is ʼn tyd van hertoewyding, bv. deur die gebruik van vas. Dis ook ʼn tyd van bepeinsing en stilte. HOE WORD DIE TYD BEREKEN? Omdat Christene nie op Sondae, die opstandingsdag, gevas het nie, begin Lydenstyd op ‘n Woensdag, 46 dae (40 dae en 6 Sondae) voor Paasfees.
Ons gemeente is reeds besig met beplanning vir dié tyd. Ons gaan begin met Aswoensdagerediens en heerlike kuier met ‘n Teelepeltjie-ete vooraf. Kom eet saam, maar laat weet nou reeds wat se gereg bring jou gesin na die etenstafel. Invulbriefie ingesluit, gooi in kollektemandjie of bring kantoor toe, om ons te bereik nie later as 26 Februarie nie.
Gebedsfokus Ons bid vir... P
P P
P
P
P P
P
Dominique Liebenberg, haar gebedsversoek is: “Bid asb. vir my oë en vir die moontlike operasie wat beplan word op die een oog, ek begeer beter visie…” mag die Here wysheid gee vir die Medici en almal betrokke by hierdie besluit en beplanning sodat Dominique die lewe in oorvloed en detail kan geniet, wat God vir ons wil hê. Chanté, Susan se kleindogter, wat in Pretoria begin studeer… mag die Here vir haar goeie studentemaats– en verhoudings gee en mag Sy Naam verheerlik word in hierdie spesiale tyd van haar lewe. Marieta Bekker en hul waterkrisis op Swartfontein, hulle is al van Desember sonder water (dit sluit die Rehab-sentrum ook in). Marita ry tans 600 liter water daagliks aan vir hul gebruik. Mag die Here tog gou ’n oplossing en uitkoms gee vir hierdie uitdagende situasie. Chris Venter, wat in-en-uit die hospitaal is a.g.v. bloeding en die oorsaak wat nie opgespoor kan word nie, ons bid ook vir Zuzette wat hom bystaan, haar WhatsApp Dinsdag het gelui: “Chris word vandag ontslaan en kom Woensdag oggend vir CT scan voor dialise… Ons bid dat hul reeds goeie en behandelbare antwoorde gekry het en dat Chris spoedig en volkome sal herstel. Vir Alfred en Belinda: fisies gaan dit baie swaar met Alfred, hy kan letterlik net sy oë beweeg, hy slaap meeste aande net 2 ure, met ’n brein wat absoluut niks makeer nie, maar hy het ’n stuk dankbaarheid teenoor die Here, wat my skaam maak (so skryf Eddie). Ons bid spesifiek vir Belinda en die ander twee (wonderlike) persone wat help met sy versorging, hulle kry basies nie ’n oomblik se rus wanneer hulle verantwoordelik is vir hom nie. Tannie Annie Botha het geval by Spar en haar arm gebreek. Ons bid vir die hersteltyd en oom Dolf, wat haar ondersteun en help versorg. Mag die Here geduld en spoedige herstel gee. Driehoek skool en sy leerlinge en personeel, wat nou moet “terugkeer” na skoolgaan na die verskriklike tragedie op ‘n terrein wat steeds stukkend en onveilig is. Ons bid vir hulle fisiese beskerming maar ook emosionele versterking in hierdie tyd waar balans en normaliteit gevind moet word t.s.v. al die chaos en seer. Ons spesiale Vrouekonferensie wat beplan word vir 1 en 2 Maart, d.m.v. direkte
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)
P P P
uitsending van internasionale sprekers van Moreleta Gemeente. Mag die Here die vrouens se harte voorberei en elke spreker lei om ‘n suiwer instrument vir Hom te wees. Rustig se Basaar en al die voorbereidings wat daarvoor ingaan, mag die Here voorsien in detail daar waar die behoefte so groot is vir fondse. Ons Jeug reik weer uit vanaand en ons bid dat dit ‘n suksesvolle uitreik sal wees waar hulle God se hande en voete is. Mag die Here hulle seën en ook fisies en emosioneel beskerm teen aanslae van die bose. Ons bid vir ons land se krag-situasie en spesifiek vir Eskom en die uitdagings en probleme wat tans daar ondervind word en ons elkeen in Suid-Afrika op groot gebiede raak. Mag ons nie lig-loos word nie, maar ons lig laat skyn en positief en in gebed bly vir ons land en sy mense.
Dankie Here... A
A
Anika van Staden skryf: Dankie dat ons honde lewe. Die Here weet wat hier gebeur het en ons is saam haar dankbaar vir klein wonderwerke wat ‘n groot verskil aan ons lewens maak! Ons loof die Here vir gehoorsame lidmate, wat na Sondag se terugvoer oor die Geloofsofferbelofte die tekort van R 15 000 aangevul het. Dankie, dankie Jesus!
SENDELINGNUUS van die Lourense Liewe Vriende, Die jaar het al aangestap en ons is reeds in die tweede maand van 2019. Ons jaar het bietjie vinnig afgeskop en daarom laat ons nou eers van ons hoor. Fondswerwing ( Beleggersontwikkeling soos dit nou bekendstaan) Ons word steeds gekonfronteer met die realiteit dat die ekonomie op ‘n moeilike plek is en ons het baie begrip vir jare lange groot- en gereelde bydraers, wat net nie meer hulle ondernemings kan volhou, soos in die verlede nie. Ons loof ook die Here vir mense wat ten spyte daarvan steeds besluit om aan te gaan met hulle ondernemings. Ons beplanning is om gedurende 2019 op groepe te fokus en so dan Petra se werksaamhede en behoeftes op ‘n wyer basis te kan bekendstel. Opleidingsgeleenthede: Gretha sal steeds gedurende 2019 betrokke wees by die toerusting en bemagtiging van die vrywilligers by die LiG Kinderbediening wat in die gemeenskap van Danville, Elandspoort en Proklamasieheuwel werksaam is. Hierdie jaar is daar een keer per maand ‘n opledingsgeleentheid.
Gretha was ook 21-25 Januarie by die Bewusmakingsgeleentheid vir finale jaar Bybelskool studente van die Ethiopiese Kerk in Suid-Afrika. Die een-en-twintig studente, wat die week klasse bygewoon het, kom van verskeie dorpe in Suid-Afrika. Die realiteit is dat hulle eintlik reeds aan gemeentes gekoppel is en dat hulle naweke terug gaan na hulle gemeentes. Hulle kom onder andere van Bloemfontein, Dundee, Polokwane, Hendrina, Denotter, Durban, Barberton en verskeie plekke in die Oos-Kaap. Dit het vir Gretha gevoel of sy met ‘n saadsak staan en die saad wyd kan saai. Ons glo dat die saad wat gesaai is, ten opsigte van die belangrikheid van kinders, veel vrugte sal dra. Gedurende Mei 2019 sal daar weer ‘n geleentheid wees om die laaste groep leiers van hierdie kerkgroep toe te rus. Daar was ook geleentheid om ‘n week se opleiding te doen in Heidelberg. Gretha kon die aanbiedings doen, saam met die opgeleide tutor Veronica Viljoen, wat vroeër deel was van die Balfour-groep. Die Kursus Saamloop met seerkry-kinders kon aangebied word vir ‘n groep van 12 dames, wat baie aktief in die gemeenskap betrokke is. Ek deel graag wat een van die dames se opmerking was. Op die tweede dag van die kursus het Ansie* die vraag geopper: “ Nou sê nou bietjie vir my waaroor gaan Petra nou eintlik?” Gretha het met haar Petra se visie naamlik: ‘Ons deel God se begeerte: dat die verlore en stukkende kinders gevind en herstel sal word binne genesende Christengesinne en –gemeenskappe, om saam met Hom te bou aan ‘n nuwe samelewing.’ Haar reaksie was oorweldigend oortuigend: “Dan is ek op die regte plek!” Ons voel baie opgewonde oor die netwerk wat groei en ontwikkel in Balfour, Heidelberg, Springs en Vereeniging om uit te reik na kinders in nood in alle gemeenskappe. Bid asb. saam met ons en vir ons vir wat nog voorlê in Februarie en Maart : P Kontak en besoek van finansiële beleggers in Heidelberg, Standerton, Vrede en omgewing asook Pretoria en Johannesburg. P Nuwe kontakte en veral groepe identifiseer en kontak en besoek. P 23,24 Februarie: Sendingnaweek in Secunda. P 24-28 Februarie: Verlof. P 1 Maart: Lig-kinderbediening toerustingsgeleentheid. P 1-3 Maart: naweekopleiding in Davidton. P 8-10 Maart: naweekopleding in Davidton P 25-29 Maart opvolg-opleiding in Leeufontein saam met die Palm Tree-bediening. P Bid asseblief vir effektiewe fondsontwikkeling en veral vir Petra se finansies. P Bid ook vir nuwe strategie ten opsigte van die werwing van beleggers – veral dat ons ook daarin sal slaag om groepe te kan identifiseer, uitgenooi sal word na groepe en dat die voorleggings sal lei tot betrokkenheid. A Loof die Here, dit gaan goed met ons gesondheid. A Loof die Here vir elke opleidingsgeleentheid en bid saam dat Hy die saad wat gesaai is sal laat groei en laat vrug dra. Baie dankie vir julle getroue ondersteuning aan ons. Groete
Boetie & Gretha Lourens
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. BEHUISING BESKIKBAAR Een slaapkamer woonstel te huur in Witrivier. Oopplan kombuis en leefarea. Dek. Eie ingang. Met motor afdak. Kontak: Annemarie 084 677 2503
WERK BESKIKBAAR Aflos gesoek by ʼn Dagsorg in Witrivier. Ideale posisie vir ʼn student / afgetrede dame. Kontak: Ina 083 307 1828
Een slaapkamer woonstel te huur in Witrivier. Aangrenssend aan hoofhuis. Met motor afdak. Ongelukkig geen diere. Beskikbaar 2 Maart. Kontak: Johannes 084 589 8950 / 013 751 2107
Enkelpersoon woonstel, ten volle gemeubileerd in Witrivier beskikbaar 1 Maart. Afdak. Teenaan hoofhuis, ongelukkig geen kinders, diere of rokers. Kontak: Ina 079 874 2796 Enkelpersoon woonstel, slegs enkellopendes, te huur in Witrivier. Water en elektrisiteit uitgesluit. Ongelukkig geen diere of kinders. Kontak: Tokkie 082 826 1099
Toonbank-verkoopspersoon voldag pos beskikbaar in Nelspruit. Ten volle tweetaling, Gr 12 en bestuurslisensie is vereistes. Navrae: Cornelle 083 326 1903 SOEK WERK Assistent verpleegster soek werk. Sy is 64 jaar oud en geniet goeie gesondheid. Enige werk in hierdie rigting of toesighoudende werk. Kontak: Hettie 073 487 3980 Betroubare bediende, is ’n goeie werker (werk reeds 15 jaar by haar) beskikbaar op Dinsdae en Donderdae. Kontak: Estelle 083 269 1074
Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of e-pos nuus@ngwitrivier.co.za. Advertensies moet Woensdae 09:00 ingehandig wees. GEEN te koop of ruil transaksies nie.
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321