OaseNuus 18 Februarie

Page 1


Tema: Saam met ander is ek BAIE beter

Mens se beperkings in die gaan, omgesit as sterk punt Skriflesing: Eksodus 6:27 - 7:6

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou onder die afdak.

Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, by die Koffie Oase. Almal welkom!

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon.

Stad op die berg erediens UITREIK DAG “Julle MOET so voorbeeldig lewe dat julle ‘n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!” -Matt. 5:16Vanaand vind Stad op die Berg erediens by 6 verskillende plekke plaas. Ons gaan kerk wees vir ons gemeenskap!

‘n Unieke bediening vir kleuters word Moet dit nie misloop nie, val in waar jy deur ‘n toegewyde span ouers onder betrokke wil wees. leiding van Christine in die Bovertrek Die geleenthede is as volg: aangebied. Bring jou kleuter en sit  Huis Betlehem  Huis Rustig gerus eers by totdat hy/sy op hul  Michael’s Childrens Village gemak is.

Laerskoolbediening Laerskoolkinders (Gr. 1-6) verdaag later na die saal en kom in hul groepies bymekaar.

  

Samuel Chauque Masoyi Gemeente Witrivier Polisiestasie Themba Hospitaal

Kontak gerus vir Wanika by 083 296 0806 vir enige navrae – sommige van die uitreike vertrek reeds 10:00.


Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Die TWEEDE kruiswoorde En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. ( Lukas 23:43)

Maandag 19 Februarie 11:00 Koskasvergadering 8:00 Kursus: Immergroen GriefShare

Maandag 26 Februarie

Konsistorie 18:00 Kursus: Immergroen Bovertrek GriefShare Sitkamer

Bovertrek Sitkamer

Dinsdag 27 Februarie

Dinsdag 20 Februarie 08:00 14:00 17:00 17:30 18:00

Gebedsbyeenkoms Bloed skenk Lofdans Vrouebedieningverg. Bluetooth Ouerskap DivorceCare

08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie Konsistorie 17:00 Lofdans Kerk Voorportaal 18:00 DivorceCare Sitkamer Kerk Woensdag 28 Februarie Konferensie 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek Bovertrek 18:00 Kreatiewe vers Bovertrek Sitkamer

Woensdag 21 Februarie 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek 18:00 Kursus: Moslem Evangelisasie Bovertrek

Donderdag 22 Februarie 18:00 Kursus: Moslem Evangelisasie Bovertrek

Vrydag 2 Maart 06:00 Wêreldbiddag vir vroue

Kerk

Saterdag 3 Maart Rustig Basaar

Vrydag 2 & Sondag 4 Maart Gr 4-6 Kamp by Ella Combrink

Kinders kamp

by Wêreldbiddag vir vroue

Ella Combrink kampterrein

Hoe om ʼn held te wees

“Hoe wonderbaar is U Skepping!”

Ons bid vir Suriname, Gr 4-6 kamp 2-4 Maart @ R170/ kind vernoem na die (voor 26 Februarie) Sondag 4 Maart geen Laerskoolbediening, alle Surinaamse stam. kinders, ook Gr 1-3 en ouers word genooi om erediens om 09:00 Land is geleë aan die by die kampterrein by te woon. noordoostelike kus van Suid-Amerika. Gr 1 - 3 kamp 9 & 10 Maart @ R80/kind (voor 5 Maart)

Albei kampe het slegs plek vir 45 kinders


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Die een wat My eer, sal Ek eer... 1 Samuel 2:30 KUMULATIEWE TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

5 000

4 500

4 000

3 500

3 000

R'000

2 500

2 000

1 500

1 000

500

0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.

Mylpale 26 Feb. Annatjie Verster 74 Verjaar Willem Mans 71 Verjaar Pierre Olivier 46 Belydenis 27 Feb. Kobus Roodt 70 Verjaar Barry & Mariana Jacobs 47 Huwelik 28 Feb. Martiens & Tina Duvenhage 65 Huwelik Pierre & Jakkie Joubert 37 Huwelik

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! Die inligting word verkry van die Gemeente Data


r

bid vir

Oumas en Oupas wat hul kleinkinders versorg, vir Pleegsorg ouers en die kinders wat in saamgestelde gesinne grootword. Ook vir kinders wat in gebroke huise is en deur ander kinders ge-etiketeer word en soms wreed mee gewerk word. Mag die Here selfs ons kinders sagmoedig maak en ingestel om sensitief te wees en ‘n wag voor ons monde sal plaas om op te bou en nie seer te maak nie.

r

Die gemeente wat die Paetzolds in die noorde van Mosambiek geplant het, wat so mooi groei. Ons bid vir die leuens en aanslae van die vyand wat daar steeds is en dat die Here se Woord suiwer verkondig sal word.

r

Andrew by Rustig, sy longe gee hom baie probleme. Mag die Here hom fisies aanraak en ‘n wonderwerk in sy liggaam doen.

r

Die uitreike van hierdie week, dat God almal wat betrokke is sal seën en harte sal voorberei vir die saad wat gesaai sal word.

r

Danie en Esther in Masedonië, dat hulle gou die geld sal kry wat nodig is vir ‘n nuwe kar en dat die Here daarin verheerlik sal word.

r

‘n Anonieme briefie vra: Graag wil ons gebed vra vir ‘n groot, opkomende besigheid, dat dit die finansiële druk van ons besigheid sal verlig en dat ons dit sal bestuur volgens God se wil.

r

Oumense wat alleen en eensaam is. Een het vir my gesê sy sal “...dood gaan van eensaamheid…”

r

Pieter van Staden, wat Donderdag ‘n skoueroperasie ondergaan het, ons bid dat die operasie ‘n sukses was en glo dat hy spoedig en volkome sal herstel.

r

‘n Anonieme uitroep ego so baie van ons: “Bid asb. vir my finansies…” Mag die Here

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te kontak. Gebruik ook gemeente se SMS/WhatsApp nommer 079 223 8321


voorsien in detail en oorvloed, soos Hy in sy Woord beloof.

r

“Here, ek vra leiding en wysheid vir ons werksomstandighede. Ek wil alles net tot U eer doen! Amen”

r

“Here, bring U kerk terug na U hart toe. Bind asseblief oud en jonk saam as ‘n eenheid in Christus. Help ons asseblief, Here!”

r

Elzabe en Pieter, nadat Elzabe se moeder skielik oorlede is in die week. Ons bid ook vir haar pa in Pietermaritzburg, wie se gesondheid dit ook nie mee goed gaan nie. Mag die Here die groot Trooster Sy vrede bring en wysheid vir besluite wat geneem moet word om Pa die beste te versorg.

r

Reën in die Kaap, dankie vir die 5mm wat wel geval het en die hael wat ook verligting gebring het.

r

Gebroke verhoudings… tussen ouers en kinders, tussen man en vrou en tussen vriende, mag die Here ons harte sag maak vir mekaar en ons Sy liefde laat ervaar en deel ten spyte van seerkry.

r r

Eenmansake in ‘n swak ekonomie, mag die Here voorsien van kliënte wat betaal.

r

Politieke onsekerheid in ons land, mag die Here aanstel en uitwerp die wat in Sy wil moet lei.

r

Ons rentmeesterskap vir en van ons planeet, wat oraloor bemors word. Mag die Here ons lei om slim te dink, nie lui te wees en aansteeklike liefde te deel vir die natuur.

r

Frikkie Roux, wat Donderdag oorgeplaas is van Laeveld Hospitaal na Mediclinic a.g.v. maagbloeding. Mag die Here hom aanraak en genees.

r

Bid asb. saam met my vir my pa, dat sy hart sag raak en dat hy die Here se liefde sal ervaar en aanneem.

r

Hester Steenkamp, wie se nek baie seer en ongemaklik is. Ons bid vir vinnige diagnose en korrekte behandeling sodat Hester spoedig en volkome pyn vry sal wees.

r

Ds. Darius Botha is Maandag na die Hemelse Vader. Ons bid vir sy geliefdes en spesifiek Derek sy seun (skoonseun van ds. Jurgens) wat self tans chemoterapie behandeling ontvang. Mag die Here troos en Sy vrede gee.

r

Erna Dreyer se pa, oom Jack van Wyk het weer vir ‘n bloedoortapping gegaan. Sy kankertelling is tans baie hoog. Ons bid vir hom en sy vrou (Rita), wat hom moet bystaan en ondersteun.

r

Jaco van Zyl, wie se omstandighede daagliks verander, mag die Here hom na liggaam en gees versterk, asook vir Sarie Sy krag en leiding gee, wat Jaco ondersteun. & liefhet.

r

Will Roberts, wat die week in die hospitaal opgeneem is. Mag die Here hom aanraak en ook vir Anette Sy vrede gee in hierdie hersteltyd. Ons belei saam Cornelle: “Dankie Heer, vir ‘n persoonlike verhouding met U. Dankie vir lewe in U. Rig ons gedagtes en denke om U te verheerlik! Amen”

A

Enkel ouers en al die dag-tot-dag uitdagings saam met al die groter uitdagings van hierdie unieke omstandighede.


A A A A

A

Dankie Heer

Dankie vir die reën wat in Barberton geval het, ons gebed is dat daardie wolke Kaap toe gaan en daar verligting en uitkoms sal bring. “Here, baie dankie vir mense met oop harte en U voorsiening deur hulle. Amen” Dankie Liewe Heer vir so ‘n wonderlike ma, wat my terug gesleep het na die kerk en weer terug te bring na U. Help haar asb. om my pa ook terug te bring na U toe. Beulah laat weet: met my gaan dit baie goed, bo alle dokters verwagting het ek baie goed herstel, ek loop al fluks met 2 kieries, brei truitjies vir my kleintjies en jaag almal rond. Ons dank die Here vir hierdie getuienis van Sy genesing! Ons het hierdie wonderlike nuus van Nita i.v.m. Dries gekry in die week: Blokkasie is uitsorteer. Niks pyn meer nie. Laaste twee dae seën die Here ons met goeie dae. Hy slaap rustiger en gaan vir ‘n breinscan later vandag. Ons wag steeds vir die lumbar puncture uitslae maar is net dankbaar vir sy herstel sover.

Ons jeug bid j “Gebreukde harte”… Here U ken hierdie kind se hart en die rede vir die “breek”, ons bid dat U ons kinders sal beskerm en seën teen seerkry in hierdie wrede wêreld en in al die verskillende stadiums van groei en ontdekking wat hul deurmaak.

j Here, stuur asb. reën: nie net fisies nie, maar ook geestelik, dat ons U sal beter ken en in U liefde verdrink. Amen!

j Een van ons goeie vriende se ma het kanker. Ek vra dat ons vir haar bid en ook vir reën en verhoudings… en die eksamen!!

j Shani vra: “Bid vir my ouma wat nou in die hospitaal is.” j Dankie Heer, dat dit goed gaan met Zion!

SendelingNuus

Ons dank die Heer saam Danie en Esther, dat die Here onmiddellik en oorvloedig voorsien het aan die geld wat so dringend nodig is vir ‘n nuwe motor. Teen Woensdag het hul slegs R7 000 gekort en kon reeds ‘n deposito betaal. Motoronderhoud is nie groot hier nie en kilometers wat teruggedraai word is aan die orde van die dag. Die kar is soos in perfek binne en buite en wat die perfekte afronding was, is die twee vis stickers binne en buite die kar. Dit was nou wraggies letterlik ‘n goeie teken. Groete uit Masedonië!


Ons gemeente missie

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Navrae: Annalise 082 958 3874

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

BEHUISING BESKIKBAAR Soek woonstelmaat, jong werkende 20-30’s, nie-roker in kompleks in Nelspruit. Navrae: Danielle 083 611 1278

Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in. Navrae: Wilna 082 335 5295

SOEK HULP Rustig benodig iemand wat kan help met klavier begeleiding tydens die volgende byeenkomste: Maandae & Donderdae om 08:45 - 09:30 Navrae: Marie 074 184 7789 Soek ʼn wasmasjien om vir ʼn behoeftige gesin te gee. Kontak: Altus 013 750 1023 SOEK WERK Afgetrede rekenmeester met baie goeie ondervinding en uitstekende gesondheid. Soek werk in Witrivier of Nelspruit, voldag of half-dag. Kontak: Antoinette (by die kerkkantoor) 082 450 9434 Stel jy belang om op hier te adverteer?

Geen koop, verkoop of ruil transaksies nie. Stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za

Die Immergroen Kursus leer nuwe vaardighede in ouerskap vir ouers. Die kursus het begin, kontak gerus vir Lorraine as jy wil inskakel.

Navrae: Lorraine 083 269 7365 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak

Like” ons by

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.