OaseNuus 2 Februarie 2020

Page 1

Baie welkom in die huis van die Here vanoggend!

Die siel se voedsel is dit wat hom bly maak.”

-Augustinus-

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik in ons gemeente..

babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word Ouers met

daarheen herlei.

KleuterAlle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters, bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Laerskool kinders verdaag later na die saal. Stad op die Berg erediens

18:00 Kategese-groepe Gasvryheid is ʼn 17:00 Erediens waarde van ons “Stad op die Berg dink buite die boks.” In eerste kwartaal van 2020 dink ons vars oor die gemeente.

Vertrou dat die warmte en vriendelikheid van medegelowiges jou omring het. Kom kuier en

geniet koffie hierna by die KoffieOase.

NG Gemeente Witrivier

Kerk van die toekoms en daardie toekoms is reeds hier. Dalk is hierdie besinning so dringend dat vars dink nie radikaal genoeg is nie en dat dit nie by net dink kan bly nie...

EVANGELISASIE Markus 2:1-12 Hoe groei 'n kerk in ons dae?

Kan die Kerk nog groei in 2020? Kan ons iets daaraan doen? Sondag 2 Februarie 2020


Skakel in en raak betrokke by die gemeenteaktiwiteite. Maandag 3 Februarie 18:00 GriefShare

Gebedskamer 08:00 Gebedsbyeenkoms

Dinsdag 4 Februarie 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare

Konsistorie Ouditorium Gebedskamer

Woensdag 5 Februarie 10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Vrydag 7 Februarie 06:00 Besigheidspersone Bid

Bovertrek

Maandag 10 Februarie 11:00 Koskasvergadering 18:00 GriefShare

Dinsdag 11 Februarie

Konsistorie

17:00 Lofdans 18:00 FinansiĂŤle Bedieningverg. DivorceCare

Konsistorie Ouditorium Raadsaal Gebedskamer

Woensdag 12 Februarie 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Bluetooth Ouerskap

Bovertrek Voorportaal

Donderdag 13 Februarie 09:30 CareBuddies vergadering 15:30 Dagbestuurvergadering

Bovertrek Raadsaal

Vrydag 14 Februarie

Gebedskamer 06:00 Besigheidspersone Bid

Bovertrek

Kampe, daar word verskeie kampe aangebied! Kinderkamp Gr 1-6 Gesinskamp Mannekamp Gemeentekamp te Badplaas & Berg en dal & Pretoriuskop & Sabie River Kamp

Tente, Karavane & Chalets beskikbaar, bespreek NOU 017 844 8000 of aanlyn by ww.foreverbadplaas.co.za As jou bespreking gedoen is laat weet asb vir Heidi (083 381 7980)

Besigheidspersone bid saam

NG Gemeente Witrivier

Sondag 2 Februarie 2020


Witrivier Karnaval

Vrydag 3 April & Saterdag 4 April 14:00 - 21:00

07:00 - 12:00

Hierdie is ‘n fees der feeste, teken nou die datum aan en kom kuier, eet en ondersteun ons gemeente. Nooi nou reeds jou vriende van heinde en verre vir ‘n naweek se pret!

Wat k a n o n s v e r wa g

Ons waardeer elkeen se bydrae.

ò

Vlooimark

Michelle 082 322 3993

Woeker jy met jou talente en entrepreneurskap. Hier is ‘n geleentheid om ‘n stalletjie te hê by die Vlooimark tydens die Karnaval. Kontak Michelle!

Nog ʼn nuwe toevoeging...

Veiling

Bring nou reeds bestanddele kantoor toe, ons begin eersdaags bak vir Rustig Basaar, 7 Maart. Die items op die onderskeie lyste is items wat benodig word vir voorbereidings van die Karnaval.

Wat kruip hieragter weg? Kom jy al agter wat jy kan verwag by die pretpark?

Pretpark

Bestanddele. . .

Bring nou reeds bruikbare items in ʼn goeie, werkende toestand vir oom Thinus by die kantoor.

va n d i e K a r n ava l ? ?

Springkastele en hindernisbaan gaan daar ook wees. Asook baaaaaaaaaie eetgoed om van te kies en te keur! As jy ‘n smulpaap is, is ‘n besoek aan die Karnaval ‘n móét!

Groente

Jan 082 254 7274 Die groente- en neutboere, vars produkte van jul landerye sal baie waardeer word. Verpakking word deur die groentespan gedoen. Enige vars produkte en ook heuning is welkom. Ek wonder.... Gaan daar weer van daardie lekker vars sap wees??? Hou hierdie spasie dop, ons gaan ʼn ondersoekspan uitstuur! (Ondersoek is nog aan die gang...)

Is jy al ʼn vriend van Witrivier Karnaval / White River Carnival se Facebook blad? Daar is baie nuus, word vandag nog ons vriend! NG Gemeente Witrivier

Sondag 2 Februarie 2020


Gebedsfokus 

 

 

‘n Anonieme briefie skryf: “Baie dankie dat die Here ons nog deur alles gedra het. Ek weet, hoop en vertrou Hy gaan ons een van die dae grootliks seën. Ons is die laaste ruk deur diep waters, maar God het ons weereens bewys dat Hy groter is as ons probleme. Dankie Here!” Ons bid vir Lidia Möller. Sy het nogsteeds pyn in haar been. Ons bid dat die Here haar liggaam sal aanraak en genees maar ook haar hart rustig sal maak. Ons bid vir ons Sendelinge in Mosambiek, Masedonië en Kanada, mag die Here hulle werk seën. Ons bid ook spesifiek vir die gemeentes wat die Paetzolds en Berringtons in Mosambiek, onder die Yao’s geplant het: dat daar Geesvervulde groei sal wees. Ons dank die Here dat Martie Myers sodoende herstel het dat sy laas Woensdag haar 88ste verjaarsdag kon vier. Mag die Here haar seën in hierdie nuwe lewensjaar. Ons bid vir oom Theuns Schoombie, wat van voor Kersfees in die hospitaal was na ‘n amputasie van sy voet, hy is Maandag ontslaan en sterk by sy broer in Nelspruit aan. Mag die Here hom na liggaam en siel aanraak in ‘n volkome herstelproses. Tannie Tina Duvenhage, wat laas week haar man, Martiens (95 jaar) begrawe het, mag die Here tannie Tina troos en vashou in hierdie routyd. Marinda Olivier, wat Woensdag haar 2de chemoterapie behandeling gehad het, ons weet dat sy ‘n nou pad met die Here stap en Hom beleef in hierdie tyd. Ons bid dat die behandeling goed gegaan het en bid vir die minimum newe-effekte met spoedige herstel en goeie dae voor sy weer moet chemo kry. Marinda sê baie dankie vir elkeen wat vir haar omgee en in gebed dra. Here, ons dra in die besonder elke persoon aan U op wat ʼn kanker pad stap. Wees U asb. met elkeen in hul op- en afdae, hoor hul versugting en staan hul by in die dae wat hul meer vrae as antwoorde het, wees hul genadig as hulle moedeloos raak en vervul hul gees met nuwe moed en krag om elke dag te stap. Philip Landman is tans in ICU na ʼn 5vat omleiding. Mag hy die Here se nabyheid ervaar. Ons bid vir ʼn spoedige en volkome herstel. Gail van Niekerk gaan gedurende hierdie week vir ʼn operasie. Mag sy die kalmte van die Gees ervaar. Ons bid ook vir elke dokter, versorger en haar familie wat haar bystaan. Dra U haar asb. Abba Vader!

NG Gemeente Witrivier

Sondag 2 Februarie 2020


Ons dra saam met Doné haar kruis vir voldoende finansies vir haar Global Challenge uitreik. Haar ma (Griselda) laat weet dat hul 5 verse eenkant gesit het vir die befondsing, maar tans is die uitdaging dat dit nie op ʼn veiling verkoop kan word nie a.g.v. bek- klouseer verbod. Ons bid saam met hulle dat ʼn koper hul pad sal kruis en die verse koop. “Here, U ken hierdie gesin se hart, voorsien asb. in elke klein detail van Doné se uitreik hierdie jaar.” Ons dank die Here saam met Sean Adlem (foto regs saam sy boetie, Alec) wat Maandag vir sy eerste Gr. 7 dag by Laerskool Nelspruit kon aanmeld. Hy het ‘n baie goeie dag gehad en kon ook Dinsdag deel wees van die skolier-lewe. Ten spyte van die opwinding en blootstelling het sy bloedtellings baie goed gelyk Dinsdag. Ons bid dat Sean ‘n baie geseënde jaar sal hê as graad 7 leerling en ons bid vir sy voorlaaste chemoterapie sessie volgende week. Ma Amor getuig: Ons sien uit na ‘n baie spesiale aand saam Elvis Blue in die Sudwala Grotte op 7 Maart 2020, waar Sean ‘n spesiale eregas sal wees. Dis ook die einde van sy chemo en behandeling: 335 dae saam God, 11 maande, 14 chemobehandelings en 3 operasies. Die Here is getrou en in beheer!

Ons bid vir ons Sendelinge Nuus uit Kanada

Verlede Vrydag stuur Spencer vir ons hierdie boodskap:

Ek (Spencer), as deel van my nuwe rol as Pastoor, moet ‘n konferensie in Steinbach, Manitoba bywoon (amper 1 000km ver). Ek ry saam met al die leiers van die Ebeezer Baptist Church in ‘n bus. Karen behartig alles by die Kerk Sondag en Reuben lei die lofprysing. Daar is ‘n diepe, groot verwagting dat Jesus groot dinge in ons en ons gemeente se lewens gaan doen. Julle gebede sal so opreg waardeer word! So baie Die leiers wat Manitoba toe is dankie vir julle liefde vir ons en die bediening hier! Terugvoer, hierdie week ontvang... Dit het baie goed gegaan met Karen se Boodskap wat sy gedeel het Sondag by The House for all Nations! Reuben het uitstekend gedoen met die leiding van die voorsang "worship". Ons is almal veilig terug vanaf Steinbach in Manitoba waar die Here NG Gemeente Witrivier

Sondag 2 Februarie 2020


diep met ons almal gesels het! Ons hoof gemeente (Ebenezer Baptist Church) is tradisioneel baie konserwatief. Hierdie vernuwings naweek het so baie dinge "losgemaak" in die Gees en ek glo met my hele hart dat die Leiers dit sal kan oordra in ons Gemeente en dat ons op die drumpel staan van 'n werklike herlewing! Ons is baie opgewonde om te sien hoe die Heilige Gees mense se harte weer terug sal draai om 'n diepe, lewendige verhouding met Jesus te kan hê! So baie dankie vir julle liefde en gebede!

Nuus uit Masedonië

Danie stuur vir ons die foto’s op WhatsApp van sy kar VOL bokse, hy tik: Krismis kom, al is dit ‘n bietjie later. Vandag 300 en môre 400 geskenkskoenbokse. Ek was ook by ‘n Albanese skool een oggend en ek het ‘n kans gehad om te vertel aan nie-gelowiges: hoekom ons die skoenbokse uitdeel. Ek het nog nie genoem dat ons naby ‘n Moskee laas Vrydag die geskenke uitgegee het nie, daar was omtrent konsternasie. Die ouer mense was baie kwaad dat Christene vir hulle kinders kom goed gee en dan nog oor Jesus praat. Ons moes ophou om rede daar te veel spanning was. Die mans was baaaaaaie ontsteld, ons gee vir hulle kinders goed wat besmet is met virusse en kieme en wil hulle siek maak, hulle het ons daar weggejaag. Ten spyte van wat hulle gesê het, het daar omtrent 380 kinders bokse ontvang met literatuur in Albanees.

Nuus van Nel Claassens

God is goed! Ons is klaar met konsultasie van Genesis! Ons begin vandag met Levitikus. Bid vir die wysheid en insig van die Heilige Gees, sodat ons kan klaar maak.

Nuus van die Paetzolds

Belinda het Bernard help intrek en “settle” by TUKS. Sy laat weet: “One thing about us Paetzolds: we settle in fast! Here’s Bernard in his new room - tiny but home!” Later die week laat weet sy: “he is off to first day of orientation! Proud Mamma!! On Saturday he got where he needed to be on his own steam and wits! NG Gemeente Witrivier

Sondag 2 Februarie 2020


Op haar terugtog Jeffrey’s toe het sy weer geWhatsApp: “The Lord blessed me with a passenger! Eda’s dad is driving down with me - we had some fun along the way. He loves history so I drove and stopped and listened and had an unexpected great day!

Werk beskikbaar / werk soek & Behuising beskikbaar / SOEK OM te huur Het jy dalk ‘n werk / behuising te huur beskikbaar of soek jy werk / behuising? Hier kan jy gratis adverteer. Sodoende bring ons hulp & hoop in ons samelewing. SOEK WERK Dame met ondervinding in Admin en Finansies soek 'n Admin Pos. In Witrivier omgewing. Rekenaarvaardig in Word, Excel, Pastel ens. Ten volle tweetalig Kontak: Janetta 076 753 4975 Dame is op soek na ʼn admin pos. Het baie ondervinding, kan onafhanklik werk. Is

Mylpale

stiptelik, lojaal en pligsgetrou. Is ʼn nie-roker met bestuurslisensie en eie motor. Kontak: Tania 082 784 6744

SOEK KAMER TE HUUR Soek kamer met etes te huur vir seun (ouers woon in Hoedspruit) in matriek by Hoërskool Rob Ferreira. Kontak Marna 082 386 4076

Baie geluk met hierdie mylpaal!

1 Feb. Jonathan Meyer Annelize Matthysen Ida Roos

44 Doop Linda Zwanepoel 44 Belydenis Marius & Elizma Marais 44 Belydenis 5 Feb. Chris Schutte Stephan & Karien Greyvenstein 34 Huwelik Coen & Annatjie Strydom 2 Feb. Thinus Verreynne 74 Verjaar Johann & Rica Truter Elana Burger 56 Doop 6 Feb. Madelene Oosthuizen Danie Cilliers 45 Belydenis Hendrikus Swart Bertie Pieterse 45 Belydenis Fanie Roos 3 Feb. Lettie Labuschagne 68 Belydenis Alex & Rina Diedericks Jan & Erika Fonternel 31 Huwelik 7 Feb. Paul Roelofse 4 Feb. Isabel Smit 74 Verjaar Dawie Viljoen Louis Marais 47 Belydenis Elize Gouws

47 Belydenis 25 Huwelik 70 Doop 37 Huwelik 37 Huwelik 79 Verjaar 48 Doop 48 Belydenis 38 Huwelik 74 Verjaar 74 Verjaar 48 Belydenis

Kriteria vir OaseNuus Verjaarsdae: 70 jaar en ouer

Doop: 40 jaar

Huwelik: 25 en na 30 jaar

Belydenis: 40 jaar

Die inligting word verkry van die Gemeente Data NG Gemeente Witrivier

Sondag 2 Februarie 2020


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Hul kom Maandae om 18:00 bymekaar.

Navrae: Annalise 082 958 3874 Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in op Dinsdae om 18:00. Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings.

Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak.

Care Buddies Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.

Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Rian 082 906 3343 Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder kontak hulle.

Kontak besonderhede Kerkkantoor (013) 751 1644 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

www.ngwitrivier.co.za

Like” ons bladsye: NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Witrivier Karnaval Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier

SMS/WhatsApp

079 223 8321

Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za

Oase van Jesusliefde

NG Gemeente Witrivier

Sondag 2 Februarie 2020


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.