Baie welkom in die huis van die Here vanoggend! “Lyding leer ons wat niks anders op aarde ons só kan leer nie... dat ons sonder God se nabyheid en troos nié kan leef nie.” -William Barclay-
Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik in ons gemeente..
babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word Ouers met
daarheen herlei.
KleuterAlle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon.
Laerskool kinders verdaag later na die saal.
‘n Unieke bediening vir kleuters, bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Stad op die Berg erediens 17:00 Erediens
18:00 Kategese-groepe
“Stad op die Berg dink buite die boks.”
VOL VAN DIE HEILIGE GEES Johannes 14:15-26 As die Heilige Gees 'n Persoon is, hoe klink sy stem? Kan JY dit hoor? Hóéf ons dit te hoor? NG Gemeente Witrivier
Sondag 23 Februarie 2020
Aswoensdag
lui hierdie besondere tyd in die kerklike jaar in. Dit is ’n tyd van stilword, bepeinsing, ondersoek, berou, verootmoediging en oorgawe. Skakel in by die Aswoensdag-erediens (die ete vooraf is gekanselleer) Wanneer: Woensdag 26 Februarie Waar: Ouditorium Tyd: 18:00
Op Aswoensdag kom jy aan die woord teenoor God…. erkennend van jou broosheid maar ook boosheid. Dit is ’n tyd om nóg meer as gewoonlik die Woord van God te lees en te oordink. Só berei ons ons voor vir Paasfees, die hoogtepunt van die kerklike jaar. Aswoensdag is oorspronklik gevier deurdat die palmtakke van die vorige jaar se Palmsondag verbrand en met olyfolie gemeng is. As is nie net ’n teken van verganklikheid nie, maar ook van boetedoening. Benut vanaf Aswoensdag die hele Lydenstyd as ’n tyd van stilword, vir boetedoening en verootmoediging.
Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Lydenstyd
Gasvryheid is ʼn waarde van ons gemeente “Met gasvrye mense is te veel nooit te veel nie.” (Francis Bacon), vertrou jy het hierdie gasvryheid reeds in die erediens ervaar. Kom geniet dit verder by die KoffieOase na die erediens. Almal welkom! Rustig basaar Saterdag 7 Maart
07:00 - 12:00
Ten bate van Solar panele en Invertor by Rustig Aftree- en versorgingsoord Kom geniet ʼn dag wat oorlaai is met al die tradisonele lekkernye by ‘n Basaar. Daar is: Kerrie en rys; groente; koektafel; basaarpoeding; pannekoek; teetuin; worsbroodjies; witolifante; boeke en handwerk! NG Gemeente Witrivier
Sondag 23 Februarie 2020
Skakel in en raak betrokke by die gemeenteaktiwiteite. Maandag 24 Februarie 18:00 70 x 7 kursus GriefShare
Maandag 2 Maart
Konsistorie
18:00 70 x 7 kursus Gebedskamer GriefShare
Dinsdag 25 Februarie 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare
Konsistorie 08:00 Gebedsbyeenkoms Ouditorium 17:00 Lofdans Gebedskamer 18:00 DivorceCare
06:00 Besigheidspersone Bid
Bovertrek
Sondag 1 Maart
Konsistorie Ouditorium Gebedskamer
Woensdag 4 Maart
Bovertrek 10:00 Kreatiewe vers Ouditorium
Vrydag 28 Februarie
Gebedskamer
Dinsdag 3 Maart
Woensdag 26 Februarie 10:00 Kreatiewe vers 17:00 Aswoensdag-erediens
Konsistorie
Bovertrek
Vrydag 6 Maart
06:00 Besigheidspersone Bid
Bovertrek
Saterdag 7 Maart
09:00 Geloofsoffer-erediens - Ds Jaco Strydom
Rustig Aftree- en Versorgingsoord Basaar
STRENGTHS
Om iemand te verontreg maak jou sy mindere. Om iemand terug te kry maak jou sy gelyke. Om iemand te vergewe maak jou sy meerdere. -Benjamin Franklin-
FINDER KURSUS
Ontdek meer van jouself! Hierdie ontdekkingsreis word eenmalig aangebied in die gemeente. Skryf vandag nog in! Aanbieder: Wanneer: Waar: Tyd: Koste:
Dr Johan Pienaar Saterdag 21 Maart Gemeentesentrum 08:00 R400/p kursusmateriaal en verversings ingesluit Skryf in: WhatsApp / SMS jou naam en e-pos adres na 083 425 0240 Sluitingsdatum 29 Februarie NG Gemeente Witrivier
Skryf in en betaal vandag by die kantoor. Word deel van hierdie opwindende reis wat môre-aand begin. Kom stap ʼn pad van herstel en vergifnis tydens hierdie 8 weke kursus van Bruce Wilkinson. Wanneer: Waar: Tyd: Koste:
Begin 24 Februarie Konsistorie 18:00 - 19:00 R120/p vir kursusmateriaal en ligte verversings Sondag 23 Februarie 2020
Witrivier Karnaval
Vrydag 3 April & Saterdag 4 April 07:00 - 12:00
14:00 - 21:00
Hierdie is ‘n fees der feeste, teken nou die datum aan en kom kuier, eet en ondersteun ons gemeente. Nooi nou reeds jou vriende van heinde en verre vir ‘n naweek se pret!
Karnaval boekie !
Koop nou reeds boekies ter waarde van R100, dit kan oral by die Karnaval gebruik word. As jy iemand wil borg, gesels met Antoinette by die kantoor.
ò
Vlooimark Michelle 082 322 3993
André 082 459 5449
Dankie vir al die wildsvleis wat reeds ingekom het, groot waardering! Ons benodig asb bees-, skaap-, varkvleis en hoender om die tafels te laat kreun!
Tydens die afgelope week se Karnavalvergadering het die entoesiasme en nuwe planne behoorlik gevloei...
Sluit aan by hierdie dinamiese span wat hierdie vrolikheid bymekaar sit. Ons benodig persone wat kan organiseer, delegeer en motiveer. Kontak:
NG Gemeente Witrivier
Vleisstalletjie -
Antoinette by kantoor Sondag 23 Februarie 2020
Witrivier Karnaval
Vrydag 3 April & Saterdag 4 April 14:00 - 21:00
07:00 - 12:00
Hierdie is ‘n fees der feeste, teken nou die datum aan en kom kuier, eet en ondersteun ons gemeente. Nooi nou reeds jou vriende van heinde en verre vir ‘n naweek se pret!
K a r n ava l g a a n k o o k !
Pophuis! Die hoogste bod sal toegeslaan word tydens die veiling op hierdie allermooiste pophuis.
Kom kyk vandag by die KoffieOase en gedurende die week by die kantoor.
ʼn Nuwe toevoeging wat alreeds bAAAAAie energie losgemaak het. Pak nou reeds jou huis en motorhuis reg, daar is items wat ons kan gebruik! Niks is te groot of te klein nie, bring gerus kantoor toe.
Veiling
Kleuterskool kompetisie
Lucille 072 953 2790
Tema: Dance the night away
Skryf ‘n groep in van 10 kleuterskoolkindertjies @ R100/span. Hulle sal hul gate uit geniet! Optrede = Vrydagaand
Bestanddele. . . Bring nou reeds bestanddele kantoor toe, ons begin eersdaags bak vir Rustig Basaar, 7 Maart. Die items op die onderskeie lyste is items wat benodig word vir die baksters...
Ons waardeer elkeen se bydrae.
Glow Run 4,9km Vrydagaand. Hier wag baie pret! R20/inskrywing, sluit ‘n glow stick in. Ekstras is te koop. Nooi nou reeds jou vriende. Hierdie gaan ver pret wees! Daar is ‘n verrassing, kom neem deel!
Is jy al ʼn vriend van Witrivier Karnaval / White River Carnival se Facebook blad? Daar is baie nuus, word vandag nog ons vriend! NG Gemeente Witrivier
Sondag 23 Februarie 2020
oskas lerekas Nood kinderklere (veral seuns) en mansklere en -skoene.
baie dankie
Bring gerus op ‘n Maandag na die Klerekas of laai by die kantoor af.
aan almal wat verlede week saam die Koskasgebou aan die Here gewy het. Dit was ʼn kosbare geleentheid, alle eer aan Hom wat alles moontlik maak.
Kompetisie tyd! ʼn Gepaste naam wat op almal se tong maklik sal byval vind vir dié projek is nodig. Stuur jou voorstel na 079 223 8321, daar is ʼn bederfprys ter waarde van R 1000! Kompetisie sluit 29 Februarie 2020
Lida Pretorius 071 857 6808
Sopkombuis Ons gee Maandae aan ongeveer 90 persone ʼn koppie sop & broodjies of pap & sheba. Daar is ʼn behoefte aan persone of omgeegroepe om ons hande hiermee sterk te maak. Gesels met Antoinette by die kantoor op welke wyse julle ʼn bydrae kan lewer. Indien daar enige vrae is moenie huiwer om ons te kontak nie Ds Eddie le Roux Santie Roux André Griebenow Antoinette Bester
082 322 3393 083 245 0752 082 459 5449 082 450 9434
NG Gemeente Witrivier
Om die laaste te doen by die Koskasgebou het ons ʼn klein hupstoot nodig, indien jy ons hande en harte kan vul om klaar te maak sal ons dit baie waardeer. Kontak ons gerus. Sondag 23 Februarie 2020
Mylpale 23 Feb. Jan & Lynn Viljoen 40 Huwelik Pottie & René Potgieter 35 Huwelik 24 Feb. Denise Wessels 74 Verjaar Ben Engelbrecht 58 Belydenis 25 Feb. Bart Schoeman 71 Verjaar 26 Feb. Annatjie Verster 76 Verjaar Willem Mans 73 Verjaar Pierre Olivier 48 Belydenis 27 Feb. Riena vd Westhuizen 72 Verjaar Barry & Mariana Jacobs 49 Huwelik 28 Feb. Pierre & Jakkie Joubert 39 Huwelik
Baie geluk met hierdie mylpaal!
M
osambiek annekamp
17 - 19 April
Om teleurstelling te voorkom - kry solank jou paspoort reg... Vars nuus binnekort beskikbaar!
Leer Bybelse Hebreeus!
Ons gemeente is verantwoordelik vir die gebak. Dit is ʼn soete verleiding wat jou hart en hande nodig het. Help deur van jou keurige gebak te maak, kom kry gerus bestanddele by die kantoor. Verder het ons hande nodig om tydens die Basaar te help by die tafel. EN Kom ondersteun die dag alles wat in ons saal gebeur! Navrae: Hannatjie 072 563 7823
Saamrygeleentheid nodig.... Ons benodig ‘n saamrygeleentheid vir 2 bokse (appelboks grootte) vol skryfbehoeftes vir skoolkinders na Jaco & Inge in Inhambane. As jy kan help, kontak Antoinette by Getuieniskantoor
Word deel van die koor!
Kursus begin 1 Maart, skryf vooraf in by Wynand per SMS / WhatsApp 081 537 9363 of e-pos na cwretief@gmail.com
Kontak: Rina Raath 074 148 8795 NG Gemeente Witrivier
Sondag 23 Februarie 2020
Gebedsfokus
Hans en Agnes laat weet met groot dankbaarheid dat sy 4de oogoperasie in Johannesburg ’n groot sukses was. Ons gee al die eer aan ons groot Geneesheer en ons bid vir volkome herstel vir Hans, sy sig is baie beter en hy is pynvry! “Jesus, ek wens ek kon daar by U wees… ek is bly U het ons gemaak!” Elané skryf: Ek wil hê my oupa moet langer lewe as 90 en my ouma ook… Die Here ken die hart van hierdie gebed, en ons is so dankbaar dat ons kinders oor alles en enigiets met God kan praat. Mag ons die geloof van ‘n kind hê wanneer ons bid en mag die Here gee dat ons voluit sal leef. Here, help met Australië, waar dit vir maande al brand en dat ons aarde sal ontslae raak van die Kirouna wieris en gee dat die mense sal gesond raak, dis Anika se gebed en ons bid saam met haar vir ons wêreld en sy mense vir beskerming en genesing. Ons bid vir Theuns Schoombie, met wie dit nie goed gaan na sy amputasie nie, sy vrou (Thelma) het ook hierdie week ‘n hartaanval gehad. “O Heer, U ken die uitdagings en frustrasies in hierdie mense en hul omstandighede, mag hul beleef dat U steeds in beheer is en vir hul die guns gee wat hul begeer.” ‘n Anonieme briefie vra: “Bid asb. dat my man die dinge van die wêreld sal los. Bid dat hy sy lig sal laat skyn en nie ander se duisternis absorbeer nie. Bid dat hy altyd die Christen ma in die huis en wêreld sal wees, wat hy graag wil wees en dat hy met liefde en respek vir homself en my en al ons geliefdes sal leef.” Ons bid vir Bets van Rensburg, wat in die week ‘n skoueroperasie gehad het, ons bid dat die operasie ‘n sukses was en bid vir die hersteltyd: vir geduld en volkome herstel. Bid asb. steeds vir tannie Lettie Labuschagne, wat gespanne is a.g.v. haar kleinkind en agterkleinkind wat in die hospitaal is. Ons bid ook vir hul, dat die Here hul sal aanraak en genees. ‘n Tiener briefie lui: “Bid asseblief dat mense vrede in hul harte sal kry en dat al die konflik opgelos sal word…” Jeanne Badenhorst vra dat ons saam met almal sal bid vir die nuwe Koskas en veral vir die mense wat arm is en daar moet kom kos haal, dankie Jesus vir hierdie praktiese uitleef van U opdrag en om U koninkryk so te help kom op aarde. Ons bid vir ZP, André Griebenow se seun, wat in Australië ‘n hartomleiding operasie moes ondergaan het Woensdag, maar dit is uitgestel nadat die hospitaal met te veel noodgevalle gesit het. Ons bid vir die operasie wat nou vir Maandag geskeduleer is, mag God die dokters lei en seën. Elsa van der Walt het in die week ’n hand operasie gehad. Ons bid dat die operasie ’n sukses was en vir volkome herstel met die minimum pyn.
NG Gemeente Witrivier
Sondag 23 Februarie 2020
Ons dra in gebed die familie en geliefdes van tannie Susan Appelgrein, wat oorlede is, mag God hulle troos en vashou in hierdie hartseer tyd. Ons dank God vir ’n vol lewe wat tannie Susan gelei het. Marinda Olivier het Woensdag haar 3de Chemoterapie sessie ontvang, ons bid vir die minimum newe-effekte en dank God dat Marinda Hom naby aan haar kan beleef en by Hom haar krag kry. Ons is dankbaar vir die nuus dat Wim van Aardt sterker word. Sy dogter het laat weet: Dit gaan baie beter met my Pa - hy is op sterk antibiotika vir longontsteking en die scans is herhaal wat getoon het dat sy derms onder erge druk was. “Dankie Heer, dat hulle die oorsaak van Wim se siekte en ongemak kon vasstel, mag U hom na liggaam en gees aanraak en versterk. Amen” Ons bid vir Spencer en Karen van der Walt se jongste seun, Benjamin, wat baie siek was in Kanada, ons bly volhard in gebed en bid vir hom vir volkome genesing. Spencer het in die week laat weet: “We just came from the doctor. The scans are all good, we believe that the doctor has started with the correct treatment. It is important to get him back to his healthy weight again. He has lost quite some weight. Ben is still a little weak and has difficulty eating. But he is looking better! WE believe and trust that he is on the way to recovery. We aren’t too sure what the cause are. It started by Benjamin vomiting and having diarrhoea most mornings. We took him to the doctor regularly, but couldn't find out what was making him sick. The feeling was that anxiety was the trigger. We do believe Benjamin will break through this! He also got a bad bout of flu, which complicated things a little more. His immune system is a little down at the moment. Thank you so very much for all your prayers and loving kindness shown to us! It makes all the difference in the world! Ons dink sommer met deernis aan ons land, die chaos wat heers in die parlement. Die respekloosheid waarmee mense met mekaar omgaan, die ondeurdagte woorde. Die ekonomie is aan flarde, maar ons veg oor mag... “Here, hou ons land vas en help ons as U kinders om altyd ons lig te laat skyn. Ons klou vas aan U.”
Ons bid vir ons Sendelinge Lourens Nuus Liewe Vriende Wat ’n voorreg om deel te wees van 2020 en dat ʼn mens ook met verwagting kan uitsien na wat die nuwe jaar sal bring. Die woord “HOOP” is mos waaraan ons kan vashou soos wat dit so op ʼn besondere manier beskryf word in Hebreërs 12. NG Gemeente Witrivier
Sondag 23 Februarie 2020
Besoek aan Witrivier Ons was bevoorreg om die Petra-personeelweek in Witrivier te kon bywoon. Dit was ‘n besonder insiggewende, inspirerende en geseënde tyd. ‘n Mens besef maar net dat alhoewel die desentralisasie nie gemaklik is nie, dat dit Petra Instituut baie momentum gegee het. Ons loof die Here daarvoor. Die ry vanaf die Kaap en terug was maar erg op ons lywe maar om as groep saam te ry uit die Kaap was ook goed vir eenheid en om ook mekaar as span beter te leer ken. Werksgewys! Ons sien uit daarna om weer die fondswerwing aan te pak en die program van besoekpunte of telefoniese oproepe en ander kommunikasie te kan kombineer. Ons werk ook aan nuwe strategieë om meer effektiewe digitale bemarking te kan doen. Buiten Gretha se verantwoordelikhede help sy ook tans om sekere middae terapie te doen met kinders. Bid asseblief vir ekstra krag, energie en wysheid daarvoor. Gebedspunte: Loof die Here vir Sy voorsiening aan ons op elke gebied. Ons is veral dankbaar vir getroue fondsondersteuners wat te midde van baie druk steeds getrou hulle bydraes aan Petra doen en ook vir die goeie gesindheid waarin ons ontvang word. Ons bid dat die Here elke ondersteuner op ‘n besondere wyse sal seën. Bid asseblief vir goeie beplanning en bestuur vir 2020 sodat ons die fondswerwing en opleiding steeds effektief sal kan doen. Ons huur tans ‘n huis in ‘n kompleks maar dit is op die langtermyn nie die beste opsie nie. Bid asseblief dat ons ‘n bekostigbare woonplek sal kan koop wat vir ons gemaklik en gerieflik sal wees ( as dit ‘n mooi uitsig kan hê sal dit vir ons ‘n groot bonus wees!) Ons is dankbaar om te kan sê dat dit goed gaan met ons kinders. Ons is veral dankbaar dat Hy Riaan en Elsabe bewaar het gedurende die tyd wat hulle in Irak was en dat hulle ook veilig kon uitkom. Hulle beplan om weer vanaf Maart terug te gaan na Taiwan om daar onderwys te gaan gee. Mag Hy hulle ook op ‘n besondere manier daar gebruik. Bid ook asseblief dat ons ‘n gemeente sal vind waar ons kan inskakel en ‘n verskil kan maak – ons het regtig ‘n geestelike tuiste nodig. Baie dankie vir julle getroue ondersteuning aan ons.
Groete
Boetie en Gretha Lourens NG Gemeente Witrivier
Sondag 23 Februarie 2020
Werk beskikbaar / werk soek & Behuising beskikbaar / SOEK OM te huur Het jy dalk ‘n werk / behuising te huur beskikbaar of soek jy werk / behuising? Hier kan jy gratis adverteer. Sodoende bring ons hulp & hoop in ons samelewing. SOEK BEHUISING
Kontak:
2 Bejaardes met 2 katte soek 2 slaapkamer huis / woonstel te huur. Kontak: Penny 083 415 4837
BEHUISING BESKIKBAAR
SOEK WERK Baie ondervinding in staalwerk, sweis en oprigting van gebou. Kontak: Basil 076 120 9699 Dame met ondervinding in Admin en Finansies soek 'n pos. In Witrivier. Rekenaarvaardig in Word, Excel, Pastel ens. Ten volle tweetalig. Kontak: Janetta 076 753 4975 Dame is op soek na ʼn admin pos. Het baie ondervinding, kan onafhanklik werk. Is stiptelik, lojaal en pligsgetrou.
Tania
082 784 6744
Woonstel beskikbaar 1 Maart in stil omgewing van Witrivier. Geskik vir 1 of 2 persone. Kontak: Toffie 071 887 2699 1 slaapkamer met loft net buite Witrivier. Oopplan kombuis, eetkamer en sitkamer 2 badkamers. Onderdak parkering. Boorgat water. Prepaid krag. Veiligheidsomheining met “beames”. Kontak Santie 0836097117 Anton 0835783828 Bedsitter by Macadamia beskikbaar 1 April. Kontak: Polla 072 823 0957
Jongmense wat graag geestelik wil groei, hier is julle geleentheid! ʼn Nuwe Omgeegroep vir 20ers
Kom sluit aan by hierdie groep wat Maandae-aande om 18:30 bymekaar kom. Kontak Ds Jurgens
NG Gemeente Witrivier
Sondag 23 Februarie 2020
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Hul kom Maandae om 18:00 bymekaar.
Navrae: Annalise 082 958 3874 Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in op Dinsdae om 18:00. Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings.
Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak.
Care Buddies Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.
Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Rian 082 906 3343 Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families.
Kontak besonderhede Kerkkantoor (013) 751 1644 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
www.ngwitrivier.co.za
Like” ons bladsye: NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Witrivier Karnaval Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
SMS/WhatsApp
079 223 8321
As jy wonder oor hul werk, kontak hulle.
Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za
Oase van Jesusliefde
NG Gemeente Witrivier
Sondag 23 Februarie 2020