OaseNuus 24 Februarie 2019

Page 1

Sondag 24 Februarie

Gebrokenheid as lof Skriflesing: Psalm 34

Baie welkom vanoggend in die erediens

Hoop is soos die son: As jy in sy rigting kyk, werp hy die skadu’s van jou probleme agter jou. Samuel Smiles


Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.

Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Laerskoolkinders

Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Dit is weer BASAAR tyd! hanteer ons die

Soos altyd

koek-en-gebak-

tafel, en ons benodig jou hulp. a BESTANDELE - Kan nou al by die kantoor afgelaai word. a BAK - koeke, beskuit, terte (soet & sout), koeksisters of enige iets wat lekker is! a HULP - word benodig die oggend van die basaar.

Verdaag later na hulle groepies.

Stad op die berg erediens Vanaand 17:00 Hoef leer lekker te wees?  Hoe gemaak as ek nie van leer hou nie?  Watter ander opsies het ek? Ons antwoord 17:00 dié vrae by Stad op die Berg. Ons besin aan die hand van Filippense 4:9. 

Saterdag 2 Maart

Kom kuier en koop op hierdie dag, moet dit nie misloop nie! Kontak: Rina 063 072 2263


Maandag 25 Februarie 08:00 Koskas & Judea Hope pak Saal 18:00 GriefShare Sitkamer

Dinsdag 26 Februarie 08:00 14:00 17:00 18:00

Gebedsbyeenkoms Bloed skenk Lofdans DivorceCare Kursus: Hoe praat ʼn mens oor Jesus? Immergroen Ouerskap

Sitkamer Burgerstr. Bovertrek

Donderdag 28 Februarie 18:00 Kerkraadsvergadering

Ouditorium VEK

Saterdag 2 Maart 07:00 Rustig Basaar 08:30 Vrouekonferensie

Saal VEK

Sondag 3 Maart 17:00 Ds Tiene film

Casterbridge Cinema

Wêreldbiddag vir Vroue Erediens Vrydag 1 Maart om 06:00 in die kerk Die tema:

\

“Kom - Alles is gereed ”

Land vir voorbidding: Slowenië

Alle vroue is welkom!

Na afloop van die diens geniet ons koffie en beskuit.

Sitkamer

Dinsdag 5 Maart Konsistorie Ouditorium Gebedskamer

Sitkamer Burgerstr.

Sending gesprek (Chris Visser) Bovertrek

Woensdag 6 Maart 10:00 Kreatiewe vers 17:30 Teelepeltjie-ete 18:30 Aswoensdag-erediens

Bovertrek Saal Ouditorium

Donderdag 7 Maart

Konsistorie 18:00 Bedieningsleiers beplan

Vrydag 1 Maart 06:00 Wêreldbiddag vir vroue 19:00 Vrouekonferensie

18:00 GriefShare

08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 17:00 Lofdans Voorportaal 18:00 DivorceCare Ouditorium Kursus: Ontdek jouself! Gebedskamer Immergroen Ouerskap

Woensdag 27 Februarie 10:00 Kreatiewe vers

Maandag 4 Maart

Bovertrek

Vrydag 8 - Sondag 10 Maart Gr 1-6 kamp by Ella Combrink Kampterrein

Sondag 10 Maart 08:30 Ds Jaco Strydom preek

Ouditorium


Sendinggesprek saam met Chris Visser Wanneer is ‘n gemeente gemobiliseer vir Sending? Wat beteken dit om te sê: Ons is gemobiliseer vir Sending; om ‘n effektiewe verskil in God se wêreld te maak.

Wanneer: 5 Maart Waar: Bovertrek Tyd: 18:00 Almal welkom! Navrae: Antoinette by kantoor Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.

Dankbare dankoffers

Bydraes: Werklik teenoor Begroot R'000

1200 1100 1000 900 800

700 600 500 400 300

200 100 0 -100 -200

-300 Kwartaal 1

Kwartaal 2

Sep

Werklik

Okt

Begroot

Nov

Des

Jan

Tot 20 Feb

Tekort Mrt tot Feb

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.

Baie geluk ! 24 Feb. Denise Wessels Ben Engelbrecht 25 Feb. Bart Schoeman 26 Feb. Annatjie Verster Willem Mans

73 Verjaar 57 Belydenis 70 Verjaar 75 Verjaar 72 Verjaar

Pierre Olivier 27 Feb. Barry & Mariana Jacobs 28 Feb. Martiens & Tina Duvenage Pierre & Jakkie Joubert

47 Belydenis 48 Huwelik 66 Huwelik 38 Huwelik


Gebedsfokus Ons bid vir...  

 

  

Tannie Helia Minnaar, wat ‘n erge beroerte gehad het en met wie dit glad nie goed gegaan het vroeër die week nie, ons bid vir ‘n wonderwerk in haar liggaam en vir vrede vir haar geliefdes. Chris Venter, wat steeds nie gesond is nie en medici krap steeds kop oor die rede van die bloeding. Ons bid vir Chris se liggaam en sy gemoed, dat die Here dit sal aanraak en versterk en ‘n wonderwerk sal doen om sy liggaam volkome te genees. Wim van Aardt, wat in die week by sy kinders in Gauteng was voor ‘n operasie om sy een vinger te verwyder. Emosioneel gaan dit ook swaar met Wim, nadat hy sy huis verkoop het en ‘n Rustig inwoner geword het. Ons bid vir al die uitdagings: fisies en emosioneel en dat die Here hom sal seën en versterk. Magda Wolfaardt, wat in die week vir ‘n klein operasie was en steeds sukkel met haar gesondheid. Mag die Here haar versterk en vir haar en Ernst Sy vrede gee in hierdie tyd. Joey van Rustig, wie se gemoed swaar kry. Mag sy die Here se intense nabyheid ervaar in hierdie swaar tyd en mag sy beleef hoe Hy voorsien in detail in haar behoeftes en verlangens. ‘n Kinderbriefie skryf: “Bid vir ouma Lizzy, wat baie siek in Pretoria is”. Ons dank die groot Geneesheer dat Sy Gees net so kragtig in kinderharte– en deur kindergebede werk. Ons bid dat Ouma gou beter sal word. Ons bid vir die ouers van die 12jarige Uplands seun wat tragies oorlede is oor die naweek in die kop-aan-kop botsing. Mag die Here daar Sy vrede en troos bring. Ons bid ook vir die ouers van die 13jarige dogter in Pretoria, wat selfmoord gepleeg het na WhatsApp gesprekke tussen haar en haar maats. Mag die Here tog ons kinders beskerm teen leuens wat deur sosiale media versprei word en mag Hy ons as ouers lei om wys te wees in die gebruik van selfone, internet ens. ‘n Anonieme briefie skryf: “Bid asseblief saam met my vir my seun, asook my dogter, hulle het verdwaal…” Die Here ken die versugting en hunkering van hierdie ouerhart, mag Hy tog kom en ingryp en verandering en vernuwing bring in hierdie gesin.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)


 

Ons bid teen depressie en die effek wat dit op ons gemeentelede en hul geliefdes het. Ons bid dat die Here ons sensitief en wys sal maak daaroor, om nie skaam te wees om hulp te vra indien dit nodig is en ook om mekaar te ondersteun: fisies en emosioneel, hoe dit ook al nodig is: dat ons Sy hande en voete vir mekaar sal wees. Pieter van Aswegen, wat opgeneem is in Medi-Clinic. Ons bid ook vir Ena, wat self steeds met haar gesondheid sukkel en Pieter moet bystaan. “Here, kom en gee U uitkoms in hierdie situasie.” Ons bid steeds vir die krag van Suid-Afrika, ons bid teen vrees en teen intimidasie en ons bely dat alle krag van God af kom en gee dit vir God om op te los en dat Sy naam steeds verheerlik sal word en geër sal word.

Dankie Here... G

Pieter Reyneke laat weet dat hy vir sy 6 weke ondersoek was. Die dokter is so tevrede en wil Pieter eers weer oor ʼn jaar sien. Pieter getuig dat was dit nie vir almal se gebede en ons Vader aan sy sy nie sou hy nie so maklik deur die operasie kon kom nie. Dankie Here!

SENDELINGNUUS

 Berribrokkies  Liewe vriende, Die Here het in die afgelope jaar of twee deur verskeie mense, woorde en skrif met ons gepraat oor ʼn nuwe seisoen wat aanbreek. Ons het dus in die laaste paar maande ons plaaslike verantwoordelikhede in die Suid Kaap meer en meer begin oorhandig, om onsself los te maak om meer saam te kan reis. Ons voel 2019 is vir ons 'n jaar om onsself te posisioneer vir wyer invloed in veral Afrika. Ons sal steeds voltydse sendelinge wees van Youth with a mission (YWAM). Ons wil ook in Junie 2019 Worcester toe gaan vir verdere geestelike leierskapsopleiding vir 3 maande. Ons sal nog Friemersheim as ons huis hê en meer reis van hier af. Ons het die voorreg gehad om die afgelope 8 jaar hier betrokke te wees by die begin van verskeie bedieninge. Ons is dankbaar vir staatmakers wat met die Bybelstudies en werk in skole sal voortgaan. Timon het hom goed van sy taak gekwyt as hoofseun in 2018, dankie vir julle gebede. Hy het ook sy uitreik na Botswana geniet in Junie. Ons is die Here baie dankbaar vir Sy voorsiening en dat Hy dit moontlik maak dat Timon hierdie jaar B.Sc. Inligtingstegnologie (IT) by NWU Potchefstroom kan gaan studeer. Ons het wonderwerke gesien en skenkings en beloftes gekry, wat sy verblyf en studiekoste sal dek. Dankie vir almal wat bydrae en ‘goed’ gegee het, wat hy nodig het. Mikael wil baie graag in 2019 koshuis toe gaan, by sy skool in Mosselbaai. Ons was eers huiwerig, maar het einde laas jaar begin voel dat die begeerte in die Here se wil is en hy is dus van Januarie in die koshuis en net naweke by ons.


Ons het 4 Pa en kind geleenthede geskep by die laerskool in Groot-Brakrivier. Die Pa-en-dogter bal, Pa-en-kind braai, Pa-en-seun avontuur dag in die bos en gesinskamp het goed afgeloop. Die doel is om geleenthede te skep van interaksie tussen Pa’s en hul kinders en Pa's te bemoedig om meer betrokke te raak by hul kind en hul hemelse Vader te ken. Ons was betrokke by die gr. 7 kamp, en ander aktiwiteite vir die gr 7's van Laerskool Vorentoe. Die dissipelskapgroepies daar gaan ook steeds goed aan en die netwerk van ouers en vrywilligers uit die gemeenskap, wat die ontdekking Bybelstudies lei, groei mooi. Ons het ook ontdekkings Bybelstudies met die Gr. 6 en 7's van die plaaslike laerskool in Friemersheim gelei. Paula geniet steeds haar betrokkenheid by "Praying parents at Point", 'n groepie mammas wat weekliks bid by HS Punt in Mosselbaai. Fred het verskeie kere by skole 'n geestelike boodskap gebring en een van ons hoogtepunte was ons uitreik na 'n skool vir gestremde kindertjies in Groot-Brakrivier Behalwe van ons betrokkenheid in die skool stap ons steeds 'n pad met van die geestelike leiers in Friemersheim en Paula se Bybelstudie met dames van ons dorpie was opbouend vir almal se geloof. Daar word ook 'n teerpad na ons dorpie gebou waarvoor ons kar baie dankbaar sal wees. Die buurt in Groot Brakrivier is steeds 'n groot fokus van ons dissipelskap en die dissipelskapgroepe en uitreik na die Somali Moslems gaan ook steeds aan, asook opleiding by die youth cafe. Alhoewel ons die jaar meer in die agtergrond was is ons opgewonde oor die groei van die “love Chinese”-groep, wat uitreik na plaaslike Chinese immigrante. Daar is nou gelowiges onder die Chinese en 'n oop deur na die Chinese vlieëniers, wat hier opgelei word. Ons is dankbaar om deel te wees van 'n span van Youth with a mission (Ywam) hier in die Mosselbaai omgewing en Fred het veral 'n pad gestap met die jongmanne uit Groot Brakrivier, wat deel was van ons span. Fred het kursusse in Worcester, Oos London, Mosambiek, Malawi en Brasilie aangebied en was die spreker by sendingkonferensies in Heidelberg en Mosambiek. Dankie Ons is die Here innig dankbaar vir Sy genade in ons lewens. Baie dankie vir elkeen van julle wat ons in 2018 weereens in gebed, finansies en deur bemoediging gedra het. Ons is die Here dankbaar vir medewerkers soos julle en kan nie ons roeping uitleef sonder julle nie. A

Gebedsversoeke Bid asb. vir ons en saam met ons vir ons kerkplantingspanne van Ywam onder die onbereiktes in Mosambiek, Malawi, Zambia, Madagaskar, Angola en Suid Afrika. Ons gebed is dat die Here ons ondersteuners sal seën. Ons bid vir meer bekerings onder die Chinese en Somalië immigrante in die Suid-Kaap, asook vir die leiers van die verskeie bedieninge, wat ons oorgegee het. Ons bid vir Timon se studies hierdie jaar en alles wat daarmee saamgaan. En laastens vir ons finansies en in besonder vir Mikael se koshuisverblyf.


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. BEHUISING BESKIKBAAR Drie slaapkamer woonhuis in Witrivier beskikbaar vanaf 1 April. Al die nodige vertrekke om lekker te bly, asook enkel toesluit motorhuis. Kontak: Tannie Lena 013 - 751 2114 Een slaapkamer woonstel te huur in Witrivier. Oopplan kombuis en leefarea. Dek. Eie ingang. Met motor afdak. Kontak: Annemarie 084 677 2503

Enkelpersoon woonstel, ten volle gemeubileerd in Witrivier beskikbaar 1 Maart. Afdak. Teenaan hoofhuis, ongelukkig geen kinders, diere of rokers. Kontak: Ina 079 874 2796 Kamer te huur in ’n huis in Witrivier vir ʼn betroubare enkel persoon met sober gewoontes. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: Sandra 082 315 4001

WERK BESKIKBAAR Aflos gesoek by ʼn Dagsorg in Witrivier. Ideale posisie vir ʼn student / afgetrede dame. Kontak: Ina 083 307 1828 Toonbank-verkoopspersoon voldag pos beskikbaar in Nelspruit. Ten volle tweetaling, Gr 12 en bestuurslisensie is vereistes. Navrae: Cornelle 083 326 1903 SOEK WERK Betroubare bediende, is ’n goeie werker (werk reeds 15 jaar by haar) beskikbaar op Dinsdae en Donderdae. Kontak: Estelle 083 269 1074 Assistent verpleegster soek werk. Sy is 64 jaar oud en geniet goeie gesondheid. Enige werk in hierdie rigting of toesighoudende werk. Kontak: Hettie 073 487 3980

Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of e-pos nuus@ngwitrivier.co.za. Advertensies moet Woensdae 09:00 ingehandig wees. GEEN te koop of ruil transaksies nie.

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.