OaseNuus 25 Februarie

Page 1

Kinders kamp Skryf nou in!

Klop jou begroting tydens die Basaar!


Tema: Hoe affekteer ʼn taxi jou rit werk toe? Skriflesing: Handelinge 16:6-35

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou onder die afdak. Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, by die Koffie Oase. Almal welkom!

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Laerskoolbediening Laerskoolkinders (Gr. 1-6) verdaag later na die saal en kom in hul groepies bymekaar.

Stad op die berg erediens VANMIDDAG 17:00 Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. Van Drome oor koeie

‘n Unieke bediening vir kleuters word en koring tot net minder belangrik deur ‘n toegewyde span ouers onder as die koning. leiding van Christine in die Bovertrek Ons lees verder aan Josef se storie in aangebied. Bring jou kleuter en sit Genesis 41. gerus eers by totdat hy/sy op hul Kom groei saam met die sang en baie spesiale gemak is. mense by Stad op die Berg.


Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Die DERDE kruiswoorde Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” (Johannes 19:27)

Die TWEEDE kruiswoorde En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. ( Lukas 23:43)

Maandag 26 Februarie 18:00 Kursus: Immergroen GriefShare

Bovertrek Sitkamer

Dinsdag 27 Februarie 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare

Konsistorie Kerk Sitkamer

Woensdag 28 Februarie 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Kreatiewe vers

Vrydag 2 & Sondag 4 Maart

Bovertrek Bovertrek

Gr 4-6 Kamp by Ella Combrink

Maandag 5 Maart 8:00

Kursus: Immergroen GriefShare

Dinsdag 6 Maart 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Finansiële Bedieningverg. DivorceCare

Vrydag 2 Maart 06:00 Wêreldbiddag vir vroue

Bovertrek Sitkamer Konsistorie Kerk Konferensie Sitkamer

Woensdag 7 Maart Kerk

10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Saterdag 3 Maart

Donderdag 8 Maart

Rustig Basaar

09:30 CareBuddies vergadering Bovertrek 18:00 Kerkraadsvergadering Konsistorie

Kinders kamp by Ella Combrink kampterrein

Hoe om ‘n held te wees Gr 4-6 kamp 2-4 Maart @ R170/kind Sondag 4 Maart geen Laerskoolbediening, alle kinders, ook Gr 1-3 en ouers word genooi om erediens om 09:00 by die kampterrein by te woon. Gr 1 - 3 kamp 9 & 10 Maart @ R80/kind

Inskrywingsvorms by die kantoor Albei kampe het slegs plek vir 45 kinders

kreatiewe vers se maandelikse Aandklas is woensdag 28/2 om 18:00 in die Bovertrek.

Bring: ʼn Bybel / Psalm & Gesangeboekie / Joernaal en inkleurpotlode. As jy verf (water / akriel / materiaal) het, bring saam.


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Die een wat My eer, sal Ek eer... 1 Samuel 2:30

R,000

TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

850 800 750 700 650 600 550 500 450 400 350 300 250 200 150 100 50 0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.

Wêreldbiddag vir vroue “Hoe wonderbaar is U Skepping!” Ons bid vir Suriname, vernoem na die Surinaamse stam. Land is geleë aan die noordoostelike kus van SuidAmerika.

Mylpale 26 Feb. Annatjie Verster 74 Verjaar Willem Mans 71 Verjaar Pierre Olivier 46 Belydenis 27 Feb. Kobus Roodt 70 Verjaar Barry & Mariana Jacobs 47 Huwelik 28 Feb. Martiens & Tina Duvenage 65 Huwelik Pierre & Jakkie Joubert 37 Huwelik

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! Die inligting word verkry van die Gemeente Data


r

bid vir

Sam Holmes van Rustig, wat in Medi-Clinic is vir ‘n moontlike operasie. Hy is opgeneem a.g.v. hoë koors. Ons bid dat Sam reeds baie beter voel en dat die Here die dokters en spesialiste sal lei om die regte besluite te maak t.o.v. Sam se gesondheid.

r

Ivan de Witt, wat deur ‘n viool spinnekop gebyt is. Hy is al die afgelope 2 maande in Johannesburg in die hospitaal, die gif veroorsaak verbrokkeling van sy nekwerwels. Ons gebed is dat die Here Sy wonderwerkende hand oor Ivan se liggaam en gees sal uitsteek en hom sal genees en versterk, sodat God geloof en geprys sal word en Ivan volkome sal herstel.

r

Rieteke Berrington, wat herstel na ‘n handoperasie. Ons bid vir volkome herstel en vir geduld met die herstelproses.

r

BJ Willers, wie se chemoterapie behandeling in die week begin het. Ons bid vir die minimum newe-effekte en dat die Here die kanker sal wegneem.

r

Charnie, wat opgeneem is in ICU a.g.v. hoë bloeddruk na sy pre-eklampsie ontwikkel het. Ons bid ook vir klein Oliver wat ook steeds in NICU is, mag die Here hul albei aanraak en genees en gee dat Oliver mooi sal ontwikkel en steeds Sy liefde en sorg sal ervaar.

r

Elize Wolmarans (Lian van Rooyen se moeder), wat gediagnoseer is met breinkanker. Ons bid vir haar en haar geliefdes, Here raak hulle harte en gedagtes aan en gee U vrede in hierdie hartseer tyd.

r

Elrika (Lukas & Nelmarie se dogter), wat ‘n abses in haar buik gekry het na ‘n keisersnit. Sy moes in die week gaan vir ‘n tweede operasie. Ons bid vir haar en die familie vir rustigheid, kalmte en wonderbaarlike vinnige genesing.

r

Kobie Ambrosius, wat in die hospitaal is met kanker. Hy het baie pyn en ontvang morfien vir die pyn. Hy het ook suurstof ontvang, maar ons is dankbaar dat dit gestop

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / SMS/WhatsApp (079 223 8321)


is en dat hy nou self asem haal. Hy kry ook swaar a.g.v. nikotien onttrekking, sy dogter WhatsApp: “Dis nie lekker om pappa so te sien, hy staar na jou en kan nie praat nie want sy tong is nog baie geswel, die dokter sê dit sal so wees vir 6 weke. Ons sê dankie aan ons Hemelse Vader dat hy al baie beter is en sien uit daarna dat hy uitkom uit ICU. Baie dankie aan almal vir jul gebede, ons waardeer dit baie!”

r

Pieter Paynter (Lorraine Steyn se Pa) wat in die week ’n drie-dubbele hartomleiding ontvang het. Ons bid dat die operasie ’n sukses was en dat Pieter spoedig sal herstel.

WAS JY OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê. E-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za of SMS/WhatsApp 079 223 8321

Dankie Heer

h

Ons sê dankie saam Jason Esterhuizen, wat blind gelaat is na ‘n motorongeluk. Hy vertrek (D.V.) 2 Maart na Amerika, waar daar toetse op hom gedoen gaan word om te bepaal of hy ‘n kandidaat is vir ‘n nuwe prosedure, waardeur hy van sy sig kan terugkry. Mag die toetse goed gaan en alles voorspoedig wees sodat die Here vir Jason deur hierdie wonderlike ontwikkeling van die mediese wetenskap ‘n wonderwerk kan laat geskied.

h

Nuus van Dries se seun uit Kanada: Van Maandag af is daar groot verandering en is ons geseën met goeie dae. Pa het geen koors meer en sedert 10 Februarie het sy liggaam in produksie gekom van witbloed selle, die tellings tel elke dag op. Sy ooginfeksie is ook byna heeltemal opgeklaar. Die Here is baie goed vir ons. Hier is nog ’n lang pad van herstel maar ons word gedra en ons weet Hy is elke oomblik by ons. Dankie vir al julle gebede. God antwoord op Sy volmaakte tyd.

h

Danie laat weet uit Masedonië: Dit is met groot vreugde dat ons graag wil getuig dat die Here beskik het. Ons is baie dankbaar aan almal wat ons behoefte in gebed voorgehou het en aan die Here, wat spesifieke mense gelei het om te “gee”. Jul opoffering stel ons in staan om ons roeping hier te kan uitleef en julle gebaar word met warmte beleef. Dankie vir jul solidariteit! Dis een ding om te lees maar anders om te ervaar hoe die verskillende ledemate van die Liggaam van Christus se werking nie geografies beperk is nie. Dit is lekker om saam die “refining silver” reis te beleef, ons vertrou en hoop ons kan dieselfde vir julle ook beteken. Dankie vir jul seën. Liefde! Danie en Ester en al die kinders.

Ons jeug bid j Elané (6 jaar) sê: “Ek is baie lief vir God. Dankie vir al Sy liefde. Ek hoop meer mense bid vir Hom!”


SendelingNuus Dear family in Christ We have rejoiced with you so many times about how God is using Pastor Adreano. He moved to an area many hours north of us, but he is even more on fire than before. Constantly sending us pictures of new training groups and baptisms. Please pray for him and other leaders for God’s provision to keep supporting them. In our area, 7 more groups started with our leadership training. It was a joyous occasion when this area at last received a pump. They had to walk many kilometres for water, but a Dutch group (specifically visiting Mozambique once a year to drill holes) finally filled their need. They were reminded that even though God used men, they must never stop looking at Him. Jaco completed leadership training in this area last year, and through them many groups have been started. Jaco encouraged them with the story of the Samaritan woman at the well, that Jesus is still the true living water and they must continue to share the good news to their area. This area is also one of 3 that Jaco identified to start a pineapple project. With the financial support of the German government (GIZ), they will receive seedlings soon and supply all produce to the factory. After many years, God’s vision to Jaco for a project which will uplift communities finally came alive. AfriFruta already exported 3tons of dried mangos since start-up in December. With the help of the government to inform small farmers, the response was overwhelming, and people with all means of transport brought their produce to sell. The impact on the people is already profound. With the 84 workers currently employed, 80 never had a job before. It is not all glamorous though. The training and “school fees” on such a venture are enormous and with any new business the challenge of losses and cash flow is a constant reminder that we should keep trusting God to bring us through this season. Please keep Jaco and this project in your prayers. Pray for wisdom and peace. For capable men & women to work alongside him. And God’s provision and blessing. Discipleship (Spiritual training) & projects will always work together. Pray for wisdom in the who, the how and the when - obedience to God’s will in all times. Much love & peace Thank you for your prayers & support

Jaco, Inge, Ernan & Lander


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

BEHUISING BESKIKBAAR Soek woonstelmaat, jong werkende 20-30’s, nie-roker in kompleks in Nelspruit. Navrae: Danielle 083 611 1278 SOEK HULP Rustig benodig iemand wat kan help met klavier begeleiding tydens die volgende byeenkomste: Maandae & Donderdae om 08:45 - 09:30 Navrae: Marie 074 184 7789

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Navrae: Annalise 082 958 3874

Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.

Navrae: Wilna 082 335 5295

Soek ʼn wasmasjien om vir ʼn behoeftige gesin te gee. Kontak: Altus 013 750 1023 SOEK WERK Afgetrede rekenmeester met baie goeie ondervinding en uitstekende gesondheid. Soek werk in Witrivier of Nelspruit (voldag of half-dag). Kontak: Antoinette (by die kerkkantoor) 082 450 9434

Die Immergroen Kursus leer nuwe vaardighede in ouerskap vir ouers. Die kursus het reeds begin, kontak gerus vir Lorraine as jy wil in skakel.

Navrae: Lorraine 083 269 7365

WERK BESKIKBAAR Namiddag pos by King’s School Naskoolsentrum beskikbaar. Kontak: King School 013 750 1332

Stel jy belang om op hier te adverteer?

Geen koop, verkoop of ruil transaksies nie. Stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak

Like” ons by

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.