OaseNuus 9 Februarie 2020

Page 1

Baie welkom in die huis van die Here vanoggend!

“Daar is ‘n bydrae wat slegs jy kan lewer tot God se koninkryk.” -Eric S Abbott-

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik in ons gemeente..

babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word Ouers met

daarheen herlei.

KleuterAlle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters, bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Laerskool kinders verdaag later na die saal. Stad op die Berg erediens

18:00 Kategese-groepe Gasvryheid is ʼn 17:00 Erediens waarde van ons “Stad op die Berg dink buite die boks.” In eerste kwartaal van 2020 dink ons vars oor die gemeente.

Vertrou dat die warmte en vriendelikheid van medegelowiges jou omring het. Kom kuier en

geniet koffie hierna by die KoffieOase.

NG Gemeente Witrivier

Kerk van die toekoms en daardie toekoms is reeds hier. Dalk is hierdie besinning so dringend dat vars dink nie radikaal genoeg is nie en dat dit nie by net dink kan bly nie... Almal welkom!

COMPASSION

Lukas 10:25-37 'n Kerk sonder "compassion" is net 'n besigheid en nie 'n baie goeie een nie. Hierdie is die één ding wat ál die verskil maak. Sondag 9 Februarie 2020


Skakel in en raak betrokke by die gemeenteaktiwiteite. Maandag 10 Februarie 11:00 Koskasvergadering 18:00 GriefShare

Konsistorie Gebedskamer

Dinsdag 11 Februarie

Vrydag 14 Februarie 06:00 Besigheidspersone Bid

Bovertrek

Maandag 17 Februarie 18:00 GriefShare

Gebedskamer

08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 FinansiĂŤle Bedieningverg. DivorceCare

Konsistorie Dinsdag 18 Februarie Ouditorium 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie Raadsaal 17:00 Lofdans Ouditorium Gebedskamer 18:00 DivorceCare Gebedskamer Woensdag 12 Februarie Karnavalvergadering Bovertrek 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek Woensdag 19 Februarie 18:00 Bluetooth Ouerskap Voorportaal 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek

Donderdag 13 Februarie 09:30 CareBuddies vergadering 15:30 Dagbestuurvergadering

Bovertrek Raadsaal

Donderdag 20 Februarie 18:00 Kerkraadsvergadering

Konsistorie

Vrydag 21 Februarie 06:00 Besigheidspersone Bid

Bovertrek

Om te vergewe is geen eenvoudige saak nie, want as jy iemand vergewe het, beteken dit 3 dinge: om nie die onreg wat teenoor jou gepleeg is, te probeer terug doen nie; om nie met ander daaroor te praat nie; en nie self gedurig daaraan te dink nie. -Jay AdamsKom stap ʼn pad van herstel en vergifnis tydens hierdie 8 weke kursus van Bruce Wilkinson. Wanneer: 24 Februarie Waar: NG Witrivier Gemeentesentrum Tyd: 18:00 - 19:00 Koste: R120 vir kursusmateriaal en ligte verversings

Skryf jou naam op by die kantoor NG Gemeente Witrivier

Sondag 9 Februarie 2020


Witrivier Karnaval

Vrydag 3 April & Saterdag 4 April 07:00 - 12:00

14:00 - 21:00

Hierdie is ‘n fees der feeste, teken nou die datum aan en kom kuier, eet en ondersteun ons gemeente. Nooi nou reeds jou vriende van heinde en verre vir ‘n naweek se pret!

Wat k a n o n s v e r wa g

Pophuis!

va n d i e K a r n ava l ? ?

Die pophuis kan vandag by die KoffieOase besigtig word en gedurende die week by die kantoor.

Volgende week meer info oor dié proses!

Groente

Jan 082 254 7274

Die groente- en neutboere, vars produkte van jul landerye sal baie waardeer word. Goeie nuus! Daar sal weer van daardie lekker vars sap wees!!!

Kyk wat kan jy verwag !

Pretpark

Die hoogste bod sal toegeslaan word op hierdie allermooiste pophuis.

Springkastele en hindernisbaan gaan daar ook wees. Asook baaaaaaaaaie eetgoed om van te kies en te keur! As jy ‘n smulpaap is, is ‘n besoek aan die Karnaval ‘n móét!

Bestanddele. . . Bring nou reeds bestanddele kantoor toe, ons begin eersdaags bak vir Rustig Basaar, 7 Maart. Die items op die onderskeie lyste is items wat benodig word vir die baksters...

Ons waardeer elkeen se bydrae.

Glow Run 4,9km Vrydagaand Hier wag baie pret! R20/inskrywing, sluit ʼn glow stick in. Ekstras is te koop. Nooi nou reeds jou vriende!

Is jy al ʼn vriend van Witrivier Karnaval / White River Carnival se Facebook blad? Daar is baie nuus, word vandag nog ons vriend! NG Gemeente Witrivier

Sondag 9 Februarie 2020


Gebedsfokus  

    

 

    

Dankie Here vir die R2000 maandelikse borg wat U vir Doné geskenk het, ons bid dat U ook die res in detail en oorvloed sal voorsien. Dankie dat sy bewus is van U liefde en leiding en soewereiniteit. Altus Nel se ma (Lala Nel) was baie siek in ‘n hospitaal in George. Sy is terug by die huis of Beaufort Wes, maar sy is baie swak. Griet skryf: Sy het waarskynlik nie meer lank om te lewe nie. Dankie Here, Dat sy baie lief is vir U en vrede het. Here, beskerm ons en ons geliefdes en land asb. teen die Corona virus. Wees met die duisendes wat in vrees in China leef en die wat geliefdes verloor het. Mag God daar gevind en geken word. Ons bid vir ons besighede en hoe die sukkelende ekonomie soveel besigheidsmanne– en vroue lam lê en hul geloof tot die uiterste toets. Mag hulle beleef hoe God voorsien en sorg en deure oopmaak, soos wat hulle op Hom vertrou en Hom bely. Ons sê baie baie dankie Hemelse Vader vir die positiewe uitslag van Johann (jnr.) se derdeparty saak. Ons glo en vertrou die laaste deel sal ook positief afgehandel word. Ons loof U Naam, want U is almagtig!!! “Dankie Jesus vir U genade! Ek is uit die woestyn ek is terug by die Oase - ek dors na U! Amen.” Magda du Plessis vra voorbidding vir haar ma (tannie Minnie van Loggerenberg): sy is laas week opgeneem is Mediclinic, met nierversaking a.g.v. haar hartmedikasie. Ons bid vir die dokters en spesialiste vir wysheid vir die aanpassings wat gemaak moet word en ons bid vir tannie Minnie vir gesond word en rustigheid vir haar gemoed. Ons bid vir Willie Herbst en sy Ma (tannie Grace Terblanche), nadat Willie se lewensmaat (Delna) laas week skielik oorlede is, Delna se vier kinders rou saam met Willie oor haar. Mag die Here tog hier voorsien in Sy troos. Ons het die nuus van Wim se dogter ontvang: “More almal, my Pa is gisteraand opgeneem. Dokter gaan ‘n brein scan doen om diagnose te maak, hy is nie seker of pappa ‘n beroerte gehad het en of die kanker dalk na sy brein toe versprei het nie...” Ons bid vir hierdie gesin in die onseker tyd, maar spesifiek vir Wim dat hy ten spyte van alles bewus sal wees van God se teenwoordigheid en sorg, “genadige Here, hou U arms om Wim en gee hom pynverligting en vrede asb.” Here ons bly bid vir reën vir die Karoo, ook vir ons eie damme wat maar leeg is, U weet dat ons volkome afhanklik is vir U sorg... Ons bely dit en vertrou op U voorsiening op die regte tyd. Lydia Moller het weer in die week geval en haar been gebreek en ‘n operasie sal weer gedoen moet word, ons bid vir haar en Koeloe wat swaar kry., Ons bid vir die Schmidt-gesin nadat Gert in die week oorlede is, Here, U ken die hartseer en rou en al die vrae, sal U asb. elkeen vashou en vertroos wat in rousmart gedompel is. Ons bid vir Gail van Niekerk, wat gehoor het dat sy wel ‘n operasie sal moet ondergaan vir verdere ondersoek, dis ‘n groot operasie waarna sy vir 7 dae in die hospitaal moet bly. Ons bid vir haar en Dirk wat haar ondersteun. Ons bid vir ons Finansiële Bediening wat Dinsdagaand vergader en die gemeente se

NG Gemeente Witrivier

Sondag 9 Februarie 2020


begroting wat bespreek en op besluit moet word. Dit moet dan ook aan die Kerkraad voorgelê word vir goedkeuring. Mag die Here se wil geskied en Sy wil duidelik gehoor word.

Ons bid vir ons Sendelinge Liewe Vriende 'n Mooi en geseënde 2020 vir elkeen van julle! Mag julle, te midde van al die negatiewe nuus waarmee ons elke dag gekonfronteer word, verras staan oor die Here se wonderlike, onverstaanbare groot liefde vir ons, vir Sy genade, beskerming en voorsiening. Paulus se gebed vir die Hebreërs in Heb. 13:20,21 sê: "Mag die God wat vrede gee, wat Jesus ons Here uit die dood teruggebring het – Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die Herder van die kudde geword het – julle toerus met alles wat goed is sodat julle sy wil kan uitvoer. Mag Hy, deur Jesus Christus se bemagtiging, in ons tot stand bring wat God se hart sal bly maak. Aan Hom kom die heerlikheid toe vir altyd en altyd! Amen." Mag jy dit ook beleef. Desember was 'n besige 'by-die-huis-bly'-tyd gewees. Met die oog op 'n moontlike trek van die berg af, het ek kaste reggepak, weggegooi en skoongemaak (baie bevredigend). Dit lyk gelukkig nie of ons gou die berg sal moet groet nie - daar is steeds nie 'n koper nie, en ons is in gesprek met twee Duitsers, wat die fasiliteite wil gebruik vir 'back-packers' uit Europa. Hulle wil ook fokus op Christengroepe uit Europa. Dit beteken dat die maandelikse bedryfsuitgawes deur hulle betaal sal word en dit spaar ons 'n groot bedrag per maand - geld wat nou vir bediening gebruik kan word. Kersfees was my familie almal hier op die berg (behalwe my oudste suster) - altesaam 9! Dit was lekker om hulle almal hier te hê en vir 'n paar dae saam te kuier! Aan die begin van Desember moes ons my Bella-hond groet weens baie aggressiewe kanker aan haar keel. Ons het te laat besef dat daar gewasse is - dit was diep onder haar kakebeen. Volgens die veeartse sou hulle in elk geval nie daar wou opereer nie aangesien daar te veel senuwees en are loop wat die risiko van so 'n operasie net te groot maak. Uiteindelik het die gewasse letterlik haar lugpyp van weerskante begin toedruk en sy het gesukkel om asem te haal. Sy was andersins blink-gesond. Rufus, haar boetie, is nou baie eensaam. Die jaar het begin met al ons personeel van oral oor wat hier was vir 'n week van vergaderings asook die inhuldiging van ons nuwe besturende direkteur. Dirk Coetsee het na 16 jaar as besturende direkteur die stokkie vir Bernard Joubert aangegee. Dirk sal nou meer tyd hê om te fokus op buitelandse opleiding en die ontwikkeling van verhoudings met groot organisasies met wie ons kan saamwerk, soos World Vision, asook ander organisasies. Bernard, 'n uitvoer-tafeldruifboer van De Doorns, kom 'n lang pad saam met Petra Instituut - hy en sy vrou het in 1997 die destydse 3-maande kursus hier gedoen. Daarna het hy die ou tronk in De Doorns omskep in 'n plek vir opleiding van kinderwerkers, maar ook vier jongmense van Oekraïne by die instituut laat oplei. Sedertdien het die werk vanuit Oekraïne versprei na verskeie ander Russiessprekende lande, en groei steeds. Ons is opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk. NG Gemeente Witrivier

Sondag 9 Februarie 2020


Wat my werk betref, is ons besig om in samewerking met 'n maatskappy in die Kaap, te kyk na meer effektiewe elektroniese bemarking. Ons elektroniese kommunikasie is redelik gevestig, maar die bemarkingsgedeelte kan baat by professionele hulp in dié verband. Ons vergader 12 Februarie met hulle om die strategie verder te bespreek. In die afgelope week het ek die proses voltooi om ons op Payfast te registreer sodat persone van ons webblad af donasies kan maak. Dit sal ons help met elektroniese bemarking. Ek het na die inhuldiging, 'n video-onderhoud met Dirk en Bernard gehad, wat intussen op Facebook geplaas is. Ek sal ook kort video's maak wat sekere belangrike elemente van ons opleiding verduidelik en wat die effek daarvan is. Verder het ek al begin beplan aan die volgende uitgawe van ons nuusbrief wat middel Maart sal verskyn. Die slagspreuk onder ons embleem sê: “Building communities where children are welcome”. Die vraag is: hoe lyk 'n gemeenskap wat kinders verwelkom? Hier is 'n paar gedagtes: Dit is 'n gemeenskap waar kinders: Gerespekteer word as gelyke lede van die gemeenskap Beskerm word: fisies, emosioneel en geestelik Versorg word: fisies, emosioneel, geestelik, intellektueel en sosiaal Betrek word in die gemeenskap en na hulle menings luister Vry om met verskillende generasies interaksie te hê Vry van vrees, mishandeling, geweld, verwaarlosing, afknouery, ens. Vry om kinders te wees, te speel, te ontdek, interaksie te hê, te leer en ontwikkel - fisies, emosioneel, geestelik, intellektueel en sosiaal Vry om 'n verhouding met Jesus Christus te hê Petra Instituut doen dit op 'n verskeidenheid van maniere - deur bewusmaking, konsultasie, vennootskappe en opleiding. Die vraag is: slaag ons daarin dat kinders, families en gemeenskappe verander om hierdie droom te verwesenlik? Hier is 'n getuienis van een van ons studente, Lize Labuschagne. "Ek het 'n behoeftepeiling aan die begin van die kwartaal gedoen tydens 'n vergadering met ouers. Hulle het verskillende behoeftes uitgespreek t.o.v. die grootmaak van kinders, waarmee die kerk hulle moes help. Die dringendste behoefte was hoe om die Bybel met kinders te lees. Na die werkswinkel het 'n gesin ons genader en gevra vir gebed. Hulle het gevra dat ons by hulle sal kom kuier. Ons het hulle 'n paar keer besoek en in die loop van ons gesprekke gevra om aan hulle te verduidelik wat dit beteken om wedergebore te word. Ons het die evangelie aan hulle verduidelik en al drie het die Here aangeneem, ook die jong seun van 9 jaar." Hierdie is weliswaar die eerste stap, maar waar die hele gesin begin om die Here te dien, en verder deur die kerk begelei word om by God se droom vir families uit te kom, sien ons uiteindelik gemeenskappe verander. GEBEDSPUNTE:  Ons prys die Here vir Sy voorsiening in 'n nuwe besturende direkteur vir Petra Instituut asook ander personeel wat by ons aangesluit het.  Bid asseblief saam vir die vergadering wat ons op 12 Februarie het oor ons elektroniese bemarking.  Bid asseblief ook vir ons deurlopende kommunikasie en ook die saamstel van die gedrukte Petra Nuus. Baie dankie weer eens vir julle volgehoue ondersteuning. Mag julle Sy liefde, beskerming en seën elke dag beleef. Liefdegroete

Laetitia Bull NG Gemeente Witrivier

Sondag 9 Februarie 2020


Werk beskikbaar / werk soek & Behuising beskikbaar / SOEK OM te huur Het jy dalk ‘n werk / behuising te huur beskikbaar of soek jy werk / behuising? Hier kan jy gratis adverteer. Sodoende bring ons hulp & hoop in ons samelewing. SOEK BEHUISING 2 Bejaardes met 2 katte soek 2 slaapkamer huis / woonstel te huur. Kontak: Penny 083 415 4837 Soek kamer met etes te huur vir seun (ouers woon in Hoedspruit) in matriek by Hoërskool Rob Ferreira. Kontak Marna 082 386 4076

SOEK WERK Dame met ondervinding in Admin en Finansies soek 'n Admin Pos. In Witrivier omgewing. Rekenaarvaardig in Word, Excel, Pastel ens. Ten volle tweetalig Kontak: Janetta 076 753 4975 Dame is op soek na ʼn admin pos. Het baie ondervinding, kan onafhanklik werk. Is

Mylpale 9 Feb. Lourens de Jager Sorina Botha 10 Feb. Suzette Spies Rene Eloff Marietjie Willers Nick Maartens Thea Bekker Ina Roos Koos Botha Christo Pieterse 11 Feb. Coennie vd Spuy Jan Botha

stiptelik, lojaal en pligsgetrou. Is ʼn nie-roker met bestuurslisensie en eie motor. Kontak: Tania 082 784 6744

BEHUISING BESKIKBAAR 3 Slaapkamer huis met 2 badkamers en dubbel motorhuis in Macadamia beskikbaar vanaf 1 Mei. Kontak: Annatjie 084 608 6107 Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of e-pos

nuus@ngwitrivier.co.za.

Advertensies moet Woensdae 09:00 in wees.

GEEN koop of ruil transaksies nie.

Baie geluk met hierdie mylpaal!

89 Verjaar 71 Verjaar 83 Verjaar 81 Verjaar 75 Verjaar 71 Verjaar 58 Belydenis 52 Belydenis 40 Belydenis 40 Belydenis 87 Verjaar 59 Belydenis

JD Cilliers Pieter de Jager Jannie Slabbert 12 Feb. Elize Engelbrecht Chris Schutte Chris Steenberg Sias Stoltz 13 Feb. Carin Greyling 14 Feb. Gordon Campbell Hannes Raath Susann Oosthuizen Philip & Hes Perie

41 Belydenis 41 Belydenis 41 Belydenis 90 Verjaar 54 Belydenis 54 Belydenis 44 Belydenis 82 Doop 55 Belydenis 55 Belydenis 48 Belydenis 39 Huwelik

Kriteria vir OaseNuus Verjaarsdae: 70 jaar en ouer

Doop: 40 jaar

Huwelik: 25 en na 30 jaar

Belydenis: 40 jaar

Die inligting word verkry van die Gemeente Data NG Gemeente Witrivier

Sondag 9 Februarie 2020


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Hul kom Maandae om 18:00 bymekaar.

Navrae: Annalise 082 958 3874 Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in op Dinsdae om 18:00. Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings.

Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak.

Care Buddies Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.

Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Rian 082 906 3343 Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families.

Kontak besonderhede Kerkkantoor (013) 751 1644 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

www.ngwitrivier.co.za

Like” ons bladsye: NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Witrivier Karnaval Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier

SMS/WhatsApp

079 223 8321

As jy wonder oor hul werk, kontak hulle.

Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za

Oase van Jesusliefde

NG Gemeente Witrivier

Sondag 9 Februarie 2020


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.