Verspot maklike huisgodsdiens Gaan julle gesin se huisgodsdiens slaag of skipbreuk lei? Wil jy weet wat is die enkele belangrikste faktor wat die deurslag gaan gee? Jou vermoë om vrae te vra! En nee, jy stel nie jou vrae soos ’n inkwisisie dit sou doen nie! Jou vrae is nie bedoel om gesinslede te eksamineer nie. Jou vrae het ten doel om gesprek los te maak. As dit by huisgodsdiens kom, wil jy ten alle koste alleenspraak vermy en eerder bespreking uitlok! As huisgodsdiens in ’n monoloog ontaard waar iemand voortbabbel terwyl die ander eintlik wens hulle kan gaan tv kyk, gaan hierdie kosbare gesinstyd in die hek duik. Maar as jy dit kan inkleur in die vorm van ’n dialoog – ʼn gesprek waaraan al die lede van die gesin deelneem – gaan dit iets in julle gesinstyd word waarna almal uitsien! Huisgodsdiens moet so spontaan soos enige ander gesprek rondom die etenstafel wees. Elkeen moet voel dat hulle ʼn inset kan lewer. Daarom beveel ons aan dat jy ‘n formaat volg wat natuurlik en maklik vloei – om die waarheid te sê, ons noem dit “Verspot maklike huisgodsdiens”
Oogmerk vir die ouer Onder hierdie opskrif sal die ouer elke week bietjie leiding ontvang oor wat die hoofoogmerk van die betrokke week se huisgodsdiens is. Jy hoef dit nie vir die res van die gesin voor te lees nie. Dit is net daar om jou te help om ’n geheelindruk te kry.
Vier julle saamwees
(2min)
Om een of ander rede is mens geneig om sodra jy huisgodsdiens hou, ietwat strenger met die kinders te wees. Miskien is dit omdat ons voel dit is ’n ernstige saak. Maar net omdat ons ernstig oor ons geloof is, beteken dit mos nie dat ons nie met mekaar op ’n prettige manier kan praat nie! Om dus te keer dat die gesprek supervroom draai, vier ons eers ons saamwees. Deel met mekaar iets uit julle leefwêreld. Vertel dalk vir mekaar hoe julle dag was. Wat was ’n hoogtepunt? Wat was ’n laagtepunt? Dit is krities belangrik dat ouers meer van hulle leefwêreld met hulle kinders deel – sonder natuurlik die spanning wat daarmee gepaardgaan.
Verken vandag se onderwerp
(1min)
Lei byvoorbeeld die gesprek in deur, te sê: “Ons lees mos wat Jesus alles oor geluk gesê het. Vandag sien ons Hy het gesê: ‘Geseënd is dié wat treur want hulle sal vertroos word’. Wat dink jy beteken dit?”
Verduidelik die konteks
(1min)
Die idee is dat ons elke week se onderwerp sal toelig met ’n toepaslike Bybelverhaal. Navorsing bewys dat die oorvertel van Bybelverhale, die heel kragtigste manier is om geloof van een geslag na ’n ander oor te dra. Verhale sluk jou in en voed jou met lewenslesse wat nog lank na die tyd jou bybly! Daar is egter ook ʼn leemte aan Bybelstories: Die verhale wat ons behandel loop nie chronologies nie, maar tematies. Dit beteken dat ons ietwat gaan rondspring tussen verhale en gaan stilstaan by ’n storie wat die spesifieke onderwerp dien. Om te keer dat gesinne nie deurmekaar raak met die Chronologiese verloop van die Bybel nie, gaan ons telkens onder hierdie opskrif vir jou net in ’n sin of twee die agtergrond van die verhaal gee. Jy kan dit letterlik vir die gesin voorlees en dan oorgaan na die verhaal.
Verlekker julle in God se Woord
(3min)
By hierdie punt neem die gesin nou die Bybelverhaal onder oë – of liewer onder ore! Jy kan op 3 maniere die storie weergee: Eerstens kan jy besluit om die verhaal bloot te lees. Dalk kies jy om dit vir ’n slag in ’n ander vertaling te lees om sodoende groter impak te verkry. As jy tieners in die gesin het, kan jy gerus vir húlle vra om die storie te lees – of roteer na elke tweede vers sodat elke lid van die gesin ʼn beurt kry om die verhaal verder te lees. Dit alles maak die ervaring meer interaktief. Jou tweede manier van aanbieding is deurdat jy die verhaal nie lees nie, maar oorvertel in jou eie woorde. Dit is groot pret! Sonder veel moeite voel dit gou-gou vir jou aanhoorders asof dit ’n storie is wat met julle eie familie gebeur het. As jy dit dramaties kan oorvertel, nog beter. Dit sal vir jou lekker wees om te sien hoe die gesinslede aan jou lippe hang en nie oogkontak met jou wil verloor nie! Kleuters, kinders, tieners en volwassenes geniet hierdie metode. Die derde benadering wat jy kan gebruik, lok net soveel reaksie by jou gesin uit! Jy vertel aspris die verhaal verkeerd en dan wag jy tot hulle jou fout raaksien en jou korrigeer. Dit werk veral goed met kleuters en laerskoolkinders. Jy sal byvoorbeeld sê: “Eendag was daar ’n klein maer mannetjie met die naam Goliat. Hy wou teen Dawid veg. Is ek reg? Was Goliat klein?”. “Nee!” sê die kinders. “Nou vertel vir my wie was Goliat?”, vra jy. En so lok jy hulle uit om self die verhaal te vertel. Dit is ook ’n vinnige manier om te bepaal hoe vertroud jou gesin met die verhaal is of nie. Die belangrikste ding wat jy hier moet onthou, is dat dit pret moet wees. Dit word nie verniet “Verlekker julle in God se Woord” genoem nie!
Vra goeie vrae – ontlok gesprek
(2min)
Nadat julle vir mekaar gesê het wat God se Woord sê, sê julle vir mekaar wat dit vir julle beteken. En die manier waarop julle dit doen is weereens deur goeie vrae te vra!
Die maklikste flater wat mense begaan nadat hulle as gesin die Bybel saam gelees het, is om nie te onderskei tussen inhoud en interpretasie nie. As die ouer byvoorbeeld vir die kinders vra: “Wat onthou julle?” of “Wat het julle gehoor?”, dan is dit ʼn inhoudelike vraag. Die kinders hoef maar net inligting oor die verhaal te herhaal, maar dit opsigself dra min transformasiekrag. Jy wil nie inhoudelike vrae vra nie, maar vrae wat handel oor interpretasie. Jou vrae moet gemik wees op hoe mens die verhaal kan toepas in jou eie lewe. Die heel beste vraag wat mens na afloop van die lees van ’n teks kan vra, is iets soos: “Wat dink julle leer hierdie storie vir ons?” of “Wat dink julle beteken hierdie gedeelte?”. Laat die kinders toe om te praat – en vra hulle verder uit oor die antwoorde wat hulle gee. Jou rol is nié om te preek nie. Jou rol is om goeie vrae te vra en gesprek te ontlok. Die volgende is ook goeie vrae om te vra – hoewel mens nooit almal elke keer gaan vra nie. Die geheim is immers om die huisgodsdiens kort te hou. Is daar ’n voorbeeld om te volg? Is daar ’n sonde om te vermy? Is daar ’n belofte om op staat te maak? Is daar ’n gebed om te bid? Is daar ’n bevel om te gehoorsaam? Is daar ’n voorwaarde om te bereik? Is daar ’n vers om te onthou? Is daar ’n fout om te vermy? Is daar ’n uitdaging om aan te neem? Is daar ’n beginsel om raak te sien?
Vat gou die hoofgedagte vas
(1min)
Nadat almal iets gesê het oor wat hulle opgeval het in die teks, kry jy nou ’n beurt om saam te vat. Herhaal in 1 minuut die hoofgedagtes wat uitgekom het en verpak dit in jou eie interpretasie.
Vormingsaktiwiteit Hier kry julle geleentheid om saam as gesin ‘n praktiese aktiwiteit aan te pak. Die doel hiervan is om seker te maak almal neem deel en het ‘n bydra gelewer om die eindproduk te behaal. Samewerking en goeie kommunikasie is die sleutel tot sukses met enige aktiwiteit om sodoende seker te maak almal van groot tot klein voel dat hulle ‘n bydra gelewe het om dit ‘n sukses te maak.
Verbly julle in die Here
(2min)
Nou kan julle saam bid. Weereens is daar natuurlik verskeie maniere hoe mens dit kan doen. Een persoon kan afsluit met gebed – en daar is niks mee verkeerd nie. Maar onthou, hoe meer mense jy kan betrek en betrokke hou in die huisgodsdiens, hoe beter. Mens kan dus in die rondte gaan en vir elkeen kans gee om te bid. Of jy kan ‘n “popcorn” gebed hou, waar elke lid van die gesin (in geen volgorde nie) kans kry om een sinnetjie vir die Here te sê. Die lekker van hierdie tipe afsluiting is dat dit geneig is om mense se aandag langer te behou omdat dit kort sinne uit verskillende monde is, en nie een lang gebed nie. Maar daar is baie variasies waaraan ʼn mens kan dink. Een aand kan julle vir mekaar sê dat ons onsself gaan beperk om niks vir onsself te bid nie en net vir ander mense. Die volgende keer kan julle ooreenkom dat julle elkeen vir iets dankie gaan sê. Die idee is om nie afgestomp te raak nie. Ons wil ons gebedslewe kreatief aanpak sodat ons waarlik ons in die Here kan aanhou verbly!
Maak tyd en neem ‘n “onsie” vir julle huisgodsdiens boekie en plak hom hier
Week 1 Vorming@Huisgeloof Die 2 seuns Oogmerk vir die ouer Die gelykenisse verleen hulself om maklik as stories oorvertel te word. Dit beteken dat jy jou lyf “storieverteller” gaan hou, en dat jou kinders aan jou lippe gaan hang.
Vier julle saamwees (2min) Deel met mekaar iets belangrik wat met julle die afgelope paar dae gebeur het.
Verduidelik die konteks (1min) Verduidelik dat daar 2 groepe mense was met wie Jesus hoofsaaklik kontak gehad het. Die een groep was mense wat geweet het hulle het baie sonde.
Hierdie mense het eintlik gedink dat hulle so “sleg” is, dat God nooit in hulle sal belangstel nie. Die tweede groep, was mense wat wou hê dat ander moet dink dat hulle vreeslike goeie mense is. Maar eintlik was harte lelik. Hulle het gedink hulle is beter as ander mense en het neergekyk op almal.
Die eerste groep was mense soos die tollenaars. Die tweede groep was mense soos skrifgeleerdes en die fariseërs. Dit was skynheilige mense.
Verlekker julle in God se Woord (3min) Noudat jy die agtergrond geskets het, kan jy sê dat Jesus eendag by die eerste groep mense gestaan het. Hulle was regtig ʼn klomp “geestelike snobs” – gedurig gedink hulle is beter as almal.
Toe vertel Jesus vir hulle die volgende storie:
“Daar was ’n man met twee seuns. Hy het vir die een gaan sê: ‘Seun, gaan werk vandag in die wingerd.’29‘Ek wil nie!’ antwoord hy, maar later het hy spyt gekry en tog gegaan. 30Die man het toe na die ander seun toe gegaan en vir hom dieselfde gesê. Hy het geantwoord: ‘Goed, Pa,’ maar hy het nie gegaan nie. 31
Wie van die twee het gedoen wat hulle pa wou hê?” Hulle sê: “Die eerste.”
Toe sê Jesus vir hulle: “Dit verseker Ek julle: Tollenaars en prostitute gaan eerder as julle in die koninkryk van God in. 32Johannes het gekom om julle die regte pad te wys, en julle het hom nie geglo nie, maar tollenaars en prostitute het hom geglo. Maar selfs toe julle dit sien, het julle nie agterna berou gekry en hom geglo nie.” (Matteus 21:28-32)
Vra goeie vrae – ontlok gesprek (2min)
t
Vra vir die gesin, watter een van die seuns het die mooiste met die Pa gepraat? (Natuurlik die 2e seun)
t
Vra watter een van die seuns het spyt of berou gehad? (Natuurlik die eerste seun)
t
Watter seun het op die ou einde die Pa gehoorsaam en gedoen? (Weereens die eerste seun)
t
Wat dink julle beteken hierdie gedeelte?
Vat gou die hoofgedagte vas (1min) Som in ‘n sin of twee julle gesin se opmerkings op en gee jou eie perspektief. Die hoofgedagte is dat om die Here te dien is nie ’n saak van lippetaal nie. Dit gaan oor ’n hartsverandering wat plaasvind, wat lei tot gehoorsaamheid.
Vormingsaktiwiteit Kleur in die Verkeersligte! Gehoorsaamheid is ‘n vorm van liefde. In Spreuke 8:17 sê God vir ons dat “Ek
het dié hulle lief wat my liefhet” en as jy verder af lees staan daar 19”Wat ek gee, is beter as die suiwerste goud. My beloning is beter as die suiwerste silwer.” Gehoorsaamheid teenoor God is belonend. Sy belonings is meer werd as enige goud, silwer of geld.
Kom ons raak besig! ‘n Verkeerslig bestaan uit 3 kleure nl. rooi, geel en groen. Rooi is ’n duidelike - “NEE! Moenie dit doen nie!” Geel is ’n waarskuwing - “Dis nie so goeie idee om dit te doen nie”. Groen is ’n - “Gaan maar en dankie dat jy gehoorsaam is”.
Hoe maak ons? Benodigdhede vir die aktiwiteit;
Rooi en groen inkleurpotlode
Op die volgende bladsy is ‘n klomp sirkels met verskillende verklarings. Hierdie sirkels moet een vir een ingekleur word met;
ROOI vir die dinge wat ongehoorsaam is, en
GROEN vir die dinge wat gehoorsaam is.
Spreek liefde en woorde wat opbouend is
Dink sleg van mense
Terg
Help Mamma soveel as wat jy kan
Jok
Deel jou speelgoed
Luister net nou en dan na Pappa en Mamma
Kyk hoe ander geboelie word
Vertrou God
Gaan kerk toe
Lees jou Bybel en bid elke dag
Steek dinge weg
Gee om vir mense
Vertel ’n wit leuen en kom nie in die moeilikheid nie
Steel
Praat lelik van ander mense
Skinder
Verbly julle in die Here (2min) Kom ons elkeen vra die Here om ons te help om Hom te gehoorsaam te wees.
Week 2 Vorming@Huisgeloof Die onvrugbare vyeboom Oogmerk vir die ouer Hierdie gelykenis is ’n goeie voorbeeld hoe belangrik die konteks is om die betekenis van ’n Bybel gedeelte te verstaan. Geïsoleer gesien, gaan mens dink die gelykenis van die onvrugbare vyeboom handel oor die belangrikheid daarvan
om vrugte te dra. Die konteks verklap egter dat dit oor ’n dringendheid gaan om Jesus dadelik te volg en nie uit te stel nie.
Vier julle saamwees (2min) Deel met mekaar iets belangrik wat met julle die afgelope paar dae gebeur het.
Verduidelik die konteks (1min) Verduidelik in kort dat die Romeine ’n volk was wat die Jode onderdruk het. Vanuit die Joodse geledere het daar toe kort-kort rebelle gekom wat teen die Romeine in opstand gekom het. Die Romeine het hierdie rebelle telkens sonder genade doodgemaak (Lukas 13:1-3). Daar was nog ’n tragedie wat afgespeel het. ’n Klompie mense het ’n toring gebou en toe tuimel die struktuur inmekaar. Agttien mense is dood met die
ongeluk (Lukas 13:4-5). Teen die agtergrond van al hierdie hartseer dinge wat met mense gebeur het, het Jesus die volgende gelykenis vir die mense vertel…
Verlekker julle in God se Woord (3min) 6
Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: “’n Man het ’n vyeboom gehad wat in
sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie, 7sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?’8Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. 9Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap.” (Lukas 13:6-9)
Vra goeie vrae – ontlok gesprek (2min)
t t
Wat dink julle beteken hierdie gedeelte? Hoekom dink julle vertel Jesus hierdie gelykenis direk nadat Hy al die hartseer dinge uitgelig het?
Vat gou die hoofgedagte vas (1min) Som in ’n sin of twee julle gesin se opmerkings op en gee jou eie perspektief. Wenk: Pasop om nie vas te kyk net in die “vrugte” wat gedra moet word nie. Die breër konteks van die gelykenis het ’n invloed op die betekenis. Jesus wou daardeur sê dat die lewe baie onvoorspelbaar is. Daar gebeur slegte goed met mense – ongeag of hulle sondaars of gelowiges is. Omdat die lewe so wisselvallig is, moet ons nie uitstel om Hom te volg nie. Ons moet ’n dringendheid hê om Hom te volg.
Vormingsaktiwiteit Volg Jesus ongeag! Elke dag word ons gekonfronteer met verskeie dinge. Soms is dit net so moeilik en soveel werk om net te doen wat reg is. Soms kry ons te skaam of voel ons gaan verwerp word deur die mense om ons as ons doen wat reg is. Maar ons vergeet ook dat om te doen wat reg is, is om Jesus te volg.
Kom ons raak besig! Daar is niks lekkerder in hierdie lewe om al langs die see af te loop en dan in jou Pappa of Mamma se voetspore te probeer trap nie. Een groot speletjie begin pos vat om te kyk hoe lank jy kan by hou om in hulle spore te bly. Soms is die tree so ver uitmekaar dat jy skaars kan bykom. En soms is die spore so diep in die sand in, dat jy sukkel om jou volgende tree vorentoe te gee. Om Jesus te volg is ‘n daaglikse keuse, tree vir tree.
Hoe maak ons? Op die volgende bladsy is ‘n “Volg Jesus” verklaring. Op hierdie verklaring gaan julle iets neerskryf wat julle in hierdie komende week gaan doen om sodoende te wys julle volg Jesus. Na die afloop van elke dag, vir ‘n week lank, moet julle in die aand bymekaar kom, en die dag inkleur wat verby is. Praat dan met mekaar oor hoe maklik of hoe moeilik dit dalk was om ‘n dissipel te gewees het vir die spesifieke dag.
Verbly julle in die Here (2min) Kom ons elkeen bely opnuut ons keuse om Jesus met ons hele lewe te volg – nie vanaf oormôre nie, maar onmiddellik.
Volg Jesus Hierdie week sal ons dissipels van Jesus wees deur die volgende te doen...
Onthou om die dag in te kleur & te gesels oor julle dag
Week 3 Vorming@Huisgeloof Die ontydige besoeker Oogmerk vir die ouer Vandag kyk ons saam na ’n pragtige gelykenis wat oor gebed handel.
Vier julle saamwees (2min) Deel met mekaar iets belangrik wat met julle die afgelope paar dae gebeur het.
Verduidelik die konteks (1min) Kan jy onthou hoe Jesus sy dissipels geleer het om te bid? Ons noem mos daardie gebed die “Ons Vader”. Wel, direk nadat Jesus sy dissipels die Ons Vader geleer het, vertel Hy vir hulle die volgende gelykenis. (Dit behoort vir jou te verklap dat die gelykenis oor gebed gaan).
Verlekker julle in God se Woord (3min) 5
Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het ’n vriend, en jy gaan in die
middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode, 6
want ’n vriend van my wat op reis is, het by my aangekom, en ek het niks om
vir hom voor te sit nie.’7En die ander antwoord van binne af: ‘Moet my nie lastig val nie! Die deur is al gesluit, en ek en my kinders is al in die bed. Ek kan nie
opstaan om dit vir jou te gee nie… ’8Ek sê vir julle: Al sou hy nie opstaan en dit vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog opstaan en hom alles gee wat hy nodig het, omdat hy hom nie skaam om aan te hou vra nie. (Lukas 11:5-8)
Vra goeie vrae – ontlok gesprek (2min)
t t
Wat dink tref julle in hierdie gedeelte? Wat dink julle leer hierdie gelykenis vir ons?
Vat gou die hoofgedagte vas (1min) Som in ’n sin of twee julle gesin se opmerkings op en gee jou eie perspektief. Wenk: Jesus wil die punt tuisbring om aan te hou bid, al lyk dit of daar nie antwoord is nie. Dit is nogal ’n treffende gelykenis omdat op baie ander plekke word die verhouding tussen God en mens met afstand uitgebeeld. Maar in hierdie gelykenis word dit met ’n vriendskap vergelyk. Op grond van die vriendskapsverhouding wat daar tussen ons en God is, kan ons weet dat Hy na ons versoeke luister.
Verbly julle in die Here (2min) Kom ons sê vir die Here dankie vir die voorreg dat Hy na ons luister. Kom ons deel iets met die Here wat swaar op ons hart lê. Wat is dit waaroor jy jou dikwels bekommer?
Vormingsaktiwiteit Begin aktief bid! ‘n Gebrek aan gebed lei tot ‘n gebrek in geloof. Wat weer lei tot ‘n gebrek om volkome op God te vertrou en te wag op Sy antwoorde. Gebed is kragtig en nodig. Gebed bring verandering. Dit gee hoop en dit gee antwoorde. God sien en hoor ons harte deur ons gebede.
Kom ons raak besig! Wanneer ons doelgerig vir iets spesifieks begin bid verskuif ons fokus. Ons intieme gesprekke en verhouding met God rondom hierdie spesifieke aspekte bereik dan ‘n nuwe vlak van intimiteit en diepte met God. Gebed openbaar God se wil.
Hoe maak ons? Benodigdhede vir die aktiwiteit;
Jou yskas in jou huis
‘n Magneet,
Pen en papier
1. Saam as gesin moet julle daagliks besluit waarvoor julle as gesin wil bid. Dit kan selfs iets wees waarvoor julle net wil dankie sê. 2. Hierdie gebedsversoek of gebed van waardering word dan op die stuk papier daagliks neergeskryf en dan op die yskas vasgesit met die magneet waar almal dit kan sien.
3. Elke keer as julle verby die yskas loop, hom oopmaak of in die kombuis verkeer en jou oog vang die stuk papier, bid jy vir God rondom hierdie spesifieke aspek. 4. Hier is ‘n paar voorbeelde om julle gedagtes aan die gang te kry.
DANK HOM VIR ELKE LID VAN JOU GESIN BID VIR EENHEID IN EN SPESIFISEER HOEKOM JY DANKBAAR JULLE GESIN. BID DAT IS VIR ELKEEN GOD JULLE SAL BIND AS ‘N EENHEID EN DAT BID VIR LIEFDE. BID DAT ELKE LID VAN JULLE KONFLIK NIE SKEIDING GESIN ONVOORWAARDELIKE LIEFDE VIR SAL VEROORSAAK NIE. MEKAAR SAL KWEEK BID VIR REIN GEDAGTES EN BID OM GEHOORSAAM TE WEES EN ‘N SAGTE HART. BID DAT GOD TE BLY. BID DAT GOD ELKE LID VAN DIE GESIN SAL LEI OM ELKE LID VAN JULLE GESIN SE GEDAGTES SAL REIN EN GEHOORSAAM TE WEES TEENOOR JULLE SAL BEINVLOED GOD EN TEENOOR MEKAAR. MOET POSITIEWE DENKE EN DAT JULLE HARTE NIE SAL BID DAT GOD ENIBID VIR GOD SE LEIDING. VERHARD NIE. GE VORM VAN DAT GOD TEENWOORDIG BITTERHEID IN BID DAT ANDER GOD SAL WEES MET ELKE SAL SIEN EN ERVAAR KEUSE EN ELKE PLAN WAT JULLE HARTE SAL vERWYDER. JULLE MAAK. DEUR JULLE GESIN EN DAT SY LIG HELDER SAL SKYN IN ALLES WAT BID DAT GOD JULLE SAL GEBRUIK OM ‘N JULLE DOEN VERSKIL TE MAAK IN MEKAAR SE LEWENS MAAR OOK IN JOU NAASTES SE LEWENS.
Week 4 Vorming@Huisgeloof Die geldskieter Oogmerk vir die ouer Vandag behandel ons ’n kosbare verhaal oor die gevaar daarvan om ander mense uiterlik te oordeel. Jy kan dit gebruik om vir jou kind te leer dat dit vir die Here belangrik is dat ons vir almal sal lief wees.
Vier julle saamwees (2min) Deel met mekaar iets belangrik wat met julle die afgelope paar dae gebeur het.
Verken vandag se onderwerp (1min) Elke mens het ’n ingebore wete dat daar iets soos “goed” en “sleg”, “reg” en “verkeerd” is. Gevolglik kom dit ook baie natuurlik vir ons almal om ander
mense te oordeel. Dikwels trap ons in die slaggat om na iemand te kyk en te dink omdat die persoon geen uiterlike tekens wys dat hulle ernstig oor die Here is nie, is die persoon gevolglik ver buite die bereik van God se genade. Eendag het Jesus met ’n Fariseër gesit en eet, en toe die Fariseër so dink, het Jesus hom reggehelp…
Verlekker julle in God se Woord (3min) 36
Een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te kom eet. Hy het toe in die
huis van die Fariseër ingegaan en aan tafel plek ingeneem. 37’n Sekere vrou in die dorp, wat ’n sondige lewe gelei het, het gehoor dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was. Sy bring toe ’n albaste flessie met reukolie 38en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete begin drup het. Daarna het sy sy voete met haar hare afgedroog, hulle gesoen en met die reukolie
gesalf. 39Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: “Hy, as hy ’n profeet was, sou tog geweet het wie en watter soort vrou dit is wat aan hom raak, dat sy ’n sondares is.” 40Maar Jesus spreek hom aan en sê: “Simon, Ek het iets om vir jou te sê.” “Meneer, sê dit maar!” antwoord hy. 41Jesus sê toe. “Twee mense was in die skuld by ’n geldskieter. Die een het vyf honderd rand geskuld en die ander een vyftig. 42Omdat hulle niks gehad het om mee te betaal nie, het hy die skuld vir albei kwytgeskel. Wie van hulle sal hom die meeste liefde bewys?” 43Simon antwoord: “Ek veronderstel dié een vir wie hy die meeste kwytgeskel het.” “Jou antwoord is heeltemal reg,” sê Jesus, 44en Hy draai na die vrou toe om en sê verder vir Simon: “Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom – en jy, water vir my voete het jy My nie gegee nie, maar sy, met haar trane het sy my voete natgemaak en met haar hare het sy dit afgedroog. 45’n Soen het jy My nie gegee nie, maar sy het vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. 46My kop het jy nie eens met olie gesalf nie; sy het my voete met reukolie gesalf. 47Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie
min vergewe is, bewys min liefde.” 48En Jesus sê vir haar: “Jou sondes is vergewe.” 49Toe begin dié wat saam aan tafel was, onder mekaar sê: “Wie is hierdie man dat hy selfs sondes vergewe?” 50Maar Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.” (Lukas 7:36-50)
Vra goeie vrae – ontlok gesprek (2min)
t t
Wat dink julle leer hierdie storie vir ons? Is daar ʼn sonde om te vermy?
Vat gou die hoofgedagte vas (1min) Som in ’n sin of twee julle gesin se opmerkings op, en gee jou eie perspektief. Jesus sê per implikasie deur hierdie gelykenis dat die sondige vrou eers vergewe is deur God, en dat dit haar toe tot inkeer gebring het. Dit is die patroon van genade: God gee aan ons wat ons nie verdien nie en dit raak ons hart tot so ’n
mate aan, dat ons vir altyd verander. Maar Jesus sê ook hierdeur dat dit vir Hom belangriker is dat die mense wat in sy geselskap is, ander sal aanvaar en sal bly wees as hulle na Jesus toe kom – eerder as wat die nuwelinge voel dat hulle hul waardigheid eers moet bewys alvorens hul aanvaar word.
Verbly julle in die Here (2min) Kom ons vra die Here om ons te help om nooit ander mense te oordeel en af te skryf nie.
Vormingsaktiwiteit Almal is belangrik, selfs JY! Daar is ‘n gesegde wat lui “never judge a book by its cover”. Ons mag nie besluit namens God wie is belangrik en wie nie. Almal is belangrik. Daarom moet ons as kinders van God altyd seker maak dat ons niemand minderwaardig laat voel nie. Ons moet nooit iemand te na kom deur ons dade of denke nie. Maar die heel belangrikste persoon wat jy nooit ooit moet te na kom nie is jyself. Jy is SO belangrik! Jy het waarde vir almal om jou maar jou grootste waarde lê in God en by Hom.
Kom ons raak besig! Die lewe is koud en hard. Groepsdruk neem daagliks toe en jou eie menswees begin skade ly omrede ons so afhanklik raak van almal om ons se opinie en die waarde wat hulle aan ons as mens koppel. Jy hoef jou waardigheid aan niemand te bewys nie. Jy het waarde vir God. Ons as gesinne moet waardering toon teenoor mekaar vir hoe God ons gemaak het en ons moet waarde heg aan ons unieke persoonlikhede en wat dit inbring in ons gesinslewe.
Hoe maak ons? Benodigdhede vir die aktiwiteit;
Een A4 papier per gesinslid
Enige iets waarmee julle elkeen se papier kan versier (potlode ens.)
Prestik
Kleeflint
1. Vou vir elke gesinslid ‘n A4 papier in die helfte (op die lengte kant). 2. Elkeen skryf dan sy naam op die voorkant en versier hom volgens sy smaak en hart. 3. Plak die linker en regterkant van die A4 papier met kleeflint toe. 4. Vat nou die Prestik en sit elkeen se koevertjie op teen sy kamerdeur. 5. Vir elke dag van die week moet elke gesinslid ‘n aspek neerskryf (‘n sin, ‘n woord of selfs ‘n prentjie teken) rondom wat jy waardeer van hierdie persoon in jou gesin en hoekom. 6. Jy kan self kies hoe jy dit wil doen en wanneer maar jy moet dit eenkeer
Sussa
‘n dag doen vir elke lid van jou gesin.
Vat ‘n A4 papier Vou my hier asseblief, en dan plak jy my kante met kleeflint vas
Mamma
Week 5 Vorming@Huisgeloof Die eienaar van die wingerd Oogmerk vir die ouer Vandag kyk ons na ’n gelykenis wat op ’n treffende manier die onderskeid tref tussen verdienste en genade.
Vier julle saamwees (2min) Deel met mekaar iets belangrik wat met julle die afgelope paar dae gebeur het.
Verken vandag se onderwerp (1min) Sommige gelykenisse is alledaags en dit maak dat ons daarmee kan identifiseer. Dan is daar ander gelykenisse wat so bisar is in die gebeure, dat dit juis die skok element is wat dit so treffend maak. Hierdie gelykenis is een so voorbeeld. Ons is gekondisioneer om te dink dat alles in die lewe oor “verdienste” gaan. “Wie nie werk nie, mag nie eet nie”, sal ons sê. Maar wanneer ons hierdie mentaliteit in ons verhouding met die Here volg, klop dit nie met God se agenda nie.
Verduidelik die konteks (1min) So sê Petrus eendag vir Jesus dat hulle baie opofferinge moes maak om Hom te volg (Matteus 19:27). Hy het verwag dat Jesus vir hom gaan sê dat sy beloning groter gaan wees as al die ander s’n. Maar toe vertel Jesus die verhaal van die eienaar van ’n wingerd wie se optrede teen die grein van die praktyk ingegaan het…
Verlekker julle in God se Woord (3min) “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van ’n wingerd wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur. 2
“Nadat hy met die arbeiders ooreengekom het om hulle die gewone dagloon te
betaal, stuur hy hulle om in sy wingerd te gaan werk. 3Teen nege-uur gaan hy weer uit en sien ander werkloos op die mark rondstaan, 4en hy sê vir hulle: ‘Gaan werk julle ook in my wingerd, en wat billik is, sal ek julle betaal.’5Hulle is toe soontoe. Teen twaalfuur en teen drie-uur het hy weer uitgegaan en dieselfde gedoen. 6Omtrent vyfuur gaan hy uit en kry ander wat daar rondstaan, en hy sê vir hulle: ‘Waarom staan julle heeldag werkloos hier rond?’7Hulle antwoord hom: ‘Omdat niemand ons gehuur het nie.’ ‘Gaan werk julle ook in my wingerd,’ sê hy toe vir hulle. 8“Toe dit aand word, sê die eienaar van die wingerd vir sy voorman: ‘Roep die arbeiders en betaal hulle hulle loon. Begin by die laastes en eindig by die eerstes.’ 9“Dié wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon. 10Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon. 11Hulle vat toe die geld maar begin by die eienaar kla 12en sê: ‘Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.’ 13“Maar hy antwoord een van hulle: ‘Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie? 14Vat jou geld en gaan huis toe.
Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou. 15Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?’ 16
“So sal die laastes eerste wees, en die
eerstes laaste.” (Matteus 20:1-16)
Vra goeie vrae – ontlok gesprek (2min)
t t
Wat dink julle beteken hierdie gedeelte? Kan jy aan ’n voorbeeld dink toe jy in jou hart nie lekker gevoel het nie, omdat jy gesien het dat die Here vir ’n vriend van jou met iets seën wat jy eintlik ook wou hê?
t
Kan jy aan ʼn voorbeeld dink waar jy die Here se seën op iets verwag het (bv. jou gesondheid, ʼn sportprestasie, ’n werksopdrag…), en jy gedink het die Here sal dit sekerlik vir my gee omdat ek kerk toe gaan / gehoorsaam is / iets anders mooi gedoen het/hard gewerk het ens.?
t
Wat dink jy sê hierdie verhaal oor die Here se goedheid en of ons iets verdien of nie?
Vat gou die hoofgedagte vas (1min) Som in ’n sin of twee julle gesin se opmerkings op, en gee jou eie perspektief. Hierdie is ’n wonderlike verhaal om genade te bespreek: Die feit dat niks wat ons van die Here kry ons verdienste is nie. Alles wat ons kry is guns.
Verbly julle in die Here (2min) Kom ons kyk of ons elkeen vir 3 dinge wat ons van die Here ontvang het, kan dankie sê.
Vormingsaktiwiteit Dankbaarheid! Ons moet besef hoe lief God ons het. Alles wat ons is en het kom van Hom af.
Kom ons raak besig! Julle het nou elkeen 3 dinge genoem wat julle van die Here af ontvang het waarvoor julle dankbaar is, en soms is dit nodig om jouself te herinner waarvoor jy dankbaar is teenoor God en hoekom.
Hoe maak ons? Skryf hier onder dinge neer wat die Here al vir julle as gesin SAAM gegee het sonder verdienste.
______________________________ ______________________________ ______________________________ ______________________________ ______________________________ ______________________________ ______________________________ ______________________________ ______________________________
Week 6 Vorming@Huisgeloof Die eise van dissipelskap Oogmerk vir die ouer Vandag se gedeelte beklemtoon dieselfde punt as die pas afgelope erediens, naamlik dat om ‘n volgeling van Jesus te wees, nie goedkoop-praatjies is nie.
Vier julle saamwees
(2min)
Deel met mekaar iets belangrik wat met julle die afgelope paar dae gebeur het.
Verduidelik die konteks (1min) Jesus wou vir sy dissipels duidelik laat verstaan dat om Hom te volg, nie sommer ’n maklike ding is om te doen nie. Ware dissipelskap is moeilik. Dit kan selfs ‘n saak van lewe en dood beteken…
Verlekker julle in God se Woord (3min) (Lukas 14:31-34)
“Of watter koning wat met ’n ander koning in ’n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie? 32Anders stuur hy ’n afvaarding om vredesvoorwaardes te vra terwyl die ander een nog ver
is. 33“So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.”
Vra goeie vrae – ontlok gesprek (2min)
t
Wat dink julle beteken hierdie gedeelte?
Vat gou die hoofgedagte vas (1min) Som in ’n sin of twee julle gesin se opmerkings op en gee jou eie perspektief. Vertel gerus nog ’n storie om hierdie gelykenis te illustreer: Veronderstel ‘n vlieëniersvriend bied aan om jou in sy helikopter rond te vlieg. Dit gaan jou niks kos nie – hy betaal alles. Tog is jy besig om jou lewe in sy hande te plaas. Dit kos jou miskien nie iets nie, maar dit is nie ’n goedkoop besluit wat jy kan maak nie. Daar is baie dinge om te oorweeg.
Verbly julle in die Here (2min) Laat elkeen teenoor die Here hul vertroue uitspreek – dat ons Hom met ons hele lewe vertrou.
Vormingsaktiwiteit Vertrou God met jou hele lewe! In Filippense 4:13 staan daar “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag
gee”. Vertroue in God. Vertroue in Sy plan vir jou lewe. Vertroue in die feit dat Hy net die allerbeste vir jou as Sy kind in gedagte het.
Kom ons raak besig! Vertroue in God is iets wat jy daagliks moet beoefen, en daagliks moet toepas. Om God te vertrou met jou hele lewe en alles wat jy doen verg doelgerigtheid en fokus.
Hoe maak ons? Benodigdhede vir die aktiwiteit;
Wit akrielverf
Swart koukie pen
Enige klip
Verf die klip spierwit. Skryf dan met die swart koukie pen op die klip in groot letter “VERTROU ALTYD OP GOD”. Plaas hierdie klip êrens waar julle as gesin dit daagliks dit kan sien en herinner word aan God se liefde vir julle.