Ons glo in - Omgeehandleiding

Page 1

Omgeehandleiding


Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe.

2


Hierdie Kwartaal ‌ Week 1

Ek glo in God

Week 2

Ek glo in God die Vader as skepper

Week 3

Ek glo in God die Vader as mĂ˝ vader

Week 4

Ek glo in Jesus die Here

Week 5

Ek glo in Jesus wat Homself verneder

Week 6

Ek glo in die verheerlikte Jesus

Week 7

Ek glo in God die Heilige Gees

Week 8

Ek glo aan die kerk

Week 9

Ek glo aan vergifnis

Week 10

Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe

3


Ons is ‘n Oase van Jesusliefde Om DOEL is om ons totale gemeente van Jesus in Witrivier te herstruktureer in OMGEEGROEPE  sodat gelowiges onderling toegerus kan word om prakties christene in die wêreld te wees.  sodat gelowiges mekaar met die liefde van Jesus kan dien deur die unieke gawes wat elkeen ontvang het.  sodat gelowiges mekaar onderling kan motiveer om die liefde van Jesus te leef aan almal wat onbetrokke en ongered is, en so nuwe dissipels te maak.  sodat gelowiges saam die Here God kan loof, aanbid en dien, en om so die lewende liggaam van Christus op aarde te kan wees.

Die Here is hier! Hy is ons Vader, wat ons baie liefhet, en ons is sy kinders deur Jesus, wat ons sondeskuld betaal het. Saam vorm ons 'n geestelike familie wat gedurig liefde teenoor mekaar uitleef. Hier is 'n hegte eenheid en openheid onder ons, omdat ons mekaar aanvaar en dien met die liefde van Jesus. So word Jesus hier sigbaar. Ons doel is: 1. om Hom te loof en te eer; 2. om mekaar onselfsugtig te dien; 3. en om getuies van Hom te wees sodat ander ook ingebring kan word in die huisgesin van God, om so die liggaam van Christus te kan wees.

4


Ek glo in God

Omgeebyeenkoms 1 Mens tot mens  Wie het aan atletiek deelgeneem? Aan watter items? Wat het jy beleef?  “Die lewe is soos ‘n hinderniswedloop”. Gesels met mekaar oor dié stelling.

Mens tot God  Vertel vir mekaar van iets waaroor jy vandag dankbaar is.  Loof en dank die Here dan met gebede en liedere.

God tot mens

Kyk na die DVD.

Wat het julle getref? Is jou geloof meer ‘n “verwagting”geloof of ‘n “aanvaarding”-geloof? Lees: Heb 12:1-3 Die oog moet op Jesus gevestig wees. 12 Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. 3Hou Hom voor oë wat so ’n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.

5


1.

Waar, in hierdie paar verse, lig die Here vir jou spesifieke woorde uit? Wat tref jou? Deel dit met die groep. 

2.

As die groot skare geloofsgetuies verwys na al die gelowiges in Hoofstuk 11 – wie van hulle staan vir jou uit? Vertel ook van iemand in joú lewe wat so ‘n toegewyde gelowige was dat hy of sy jou geloofslewe baie beïnvloed het.

3.

“Geloof is ‘n wedloop” sê die skrywer. Watter ooreenkomste is daar tussen die twee?

6


4.

Ek het vandag dĂ­t oor geloof geleer wat ek graag wil gaan toepas:

Mens tot medemens  Dink aan iemand wat geestelik moeg geword het en uitgesak het. Hoe

gaan jy hom/haar bemoedig?

7


Ek glo in God die Vader as skepper

Omgeebyeenkoms 2

Mens tot mens  Laat elkeen vertel van iets in die skepping wat sy/haar asem wegslaan ….  Laat almal die gedeelte uit die 12 artikels saam sê waaroor dit vandag gaan in ons besinning: "Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde"

Mens tot God  Kom ons loof elkeen die Here in kort dankgebede vir die wonderlike dinge wat ons netnou oor die skepping genoem het.  Sing 'n paar liedere saam

God tot mens

Kyk na die DVD Lees: Ps 8 1

Vir die koorleier: met musiek. ‘n Psalm van Dawid. Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3 Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. 4 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ‘n plek gegee het, 5 wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? 6 U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, 7 U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp: 8 skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld, 9 die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis. 2

8


10

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde! 1. Wat het vir jou uitgestaan toe julle die gedeelte saam gelees het?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 2. Wat is volgens jou die grootste bedreiging vir die planeet?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 3. Wanneer weerspieel mense vir jou iets van die Here (heers hulle dus op die regte manier oor die skepping)?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________

9


4. Watter klein poging van jou kant kan vir die skepping die meeste beteken?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________

Mens tot medemens  Gesels oor wat julle kan doen om die skepping te bevoordeel.  Kom ons bid vir mekaar.

10


Ek glo in God die Vader as my Vader

Omgeebyeenkoms 3

Mens tot mens  Kom ons deel so bietjie ons week wat voorlê met mekaar.  Kom ons lees saam die Apostoliese geloofsbelydenis of soos dit ook genoem word as die die Twaalf Artikels en dan gesels ons met mekaar oor wat die eerste sinnetjie vir jou beteken.

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde, En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees; ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes, die opstanding van die vlees en in 'n ewige lewe.  Wanneer het God die Vader vir jou ‘n Vader geword. Vertel vir ons meer van jou verhouding met Hom as jou hemelse Vader.

Mens tot God  Kom ons kies vooraf die liedere wat ons wil sing en dan sing ons dit opeenvolgend sonder aankondiging. Dit sal gepas wees as ons afsluit met die Onse Vader gebed. (Groepe wat dit nie sing nie, kan dit bid.)

God tot mens

Kyk na die DVD en lees dan die inleiding hieronder: 11


Inleiding: In Johannes 8 lees ons dat die gesprek oor wié Jesus nou eintlik is. Die eerste sewe hoofstukke het Jesus Homself op verskeie maniere bekend gestel as ~ die Lam van God wat aarde toe gekom het, om die sonde van die wêreld op Hom te neem. ~ as die een wat besonderse wysheid en insig het, selfs die samaritaanse vrou kon nie anders om met die boodskap te hardloop nie. ~ Hy het sy mag getoon deur die water wat Hy verander het in wyn, die vermeerdering van die brood, die loop op die see. ~ Ook het Hy vir hulle gesê dat Hy die Lig vir die wêreld is en dat Hy die Seun van God is. Maar oor al hierdie dinge wat gebeur het en oor wat Hy alles gesê het, het die Jode van daardie tyd in opstand gekom teen Jesus omdat Hy gesê het dat Hy die Seun van God is. In hierdie gedeelte wat ons nou gaan lees gaan ons na een van sy gesprekke met die Jode luister. Probeer gerus ook hoor wat Jesus vir jou in daardie gesprek wil sê. Kyk of jy kan verstaan wat die Jode nie verstaan het nie. Lees: Joh 8:31-47 God is nie hulle Vader nie 31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” 33Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’? 34Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is ’n slaaf van die sonde. 35’n Slaaf bly nie vir altyd by ’n huisgesin nie; ’n seun bly vir altyd. 36Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees. 37Ek weet julle is die nageslag van Abraham. Maar julle wil My doodmaak omdat my woorde nie ingang by julle vind nie. 38Ek praat oor wat Ek by my Vader gesien het; en julle doen wat julle by julle vader gehoor het.” 39Hulle het vir Hom gesê: “Ons vader is Abraham.” Daarop sê Jesus vir hulle: “As julle kinders van Abraham was, sou julle doen wat Abraham gedoen het. 40Maar nou wil julle My doodmaak, vir My wat die waarheid wat Ek by God gehoor het, aan julle verkondig. Dít is nie wat Abraham gedoen het nie. 41Julle doen wat julle vader gedoen het.” Hulle sê toe vir Hom: “Ons is nie uit owerspel gebore nie. Ons het net die een Vader, naamlik God.” 12


42Maar

Jesus sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af gekom, en hier is Ek nou. Ek het immers ook nie uit my eie gekom nie, maar Hý het My gestuur. 43Waarom begryp julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle my boodskap nie kán verstaan nie! 44Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af ’n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ’n leuenaar en die vader van die leuen. 45En omdat Ek die waarheid praat, glo julle nie in My nie. 46Wie van julle kan sonde by My aanwys? As Ek dan die waarheid praat, waarom glo julle nie in My nie? 47Wie ’n kind van God is, luister na die woorde van God. Juis daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie.” 1. Wat dink jy wou Jesus eintlik vir die gelowige Jode sê? (Kommentare sê dat die term gelowig hier wys op ‘n groep mense wat alreeds begin besef het dat Jesus Iemand spesiaal is, maar dat hulle nog nie eintlik in Hom geglo het as die Seun van God nie).

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ _____________________________________________________ 2. Lees weer vers 47 en gesels met mekaar oor wat die praktiese implikasies vir jou is.

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________

13


3. Dit is baie duidelik dat die Jode ‘n valse gerustheid gehad het oor hulle godsdiens. Hoe dink jy kan so iets vandag nog gebeur met ons?.

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________

Mens tot mens  Wat dink jy is ons verantwoordelikheid in ons leefwêrelde na aanleiding van hierdie gedeelte wat ons gelees het.  Kom ons bid vir mekaar en vir ‘n wêreld wat in ‘n valse gerustheid leef.

14


Ek glo in Jesus die Here

Omgeebyeenkoms 4

Mens tot mens  Waaruit kan mens aflei dat iemand baie respek vir die Here het?  Wat bedoel jy as jy bely: “En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;”  Wie is Jesus vir jou?

Mens tot God Ons kan ons liefde, bewondering en waardering vir Jesus nooit genoeg uitdruk nie. Doen dit nou (soek spesifiek Jesus-liedere) in sang en gebed.

God tot mens

Kyk na die DVD en lewer kommentaar. Lees: Rom 1:1-7 1 Van Paulus, ’n dienaar van Christus Jesus, geroep om apostel te wees, afgesonder vir die evangelie van God. 2Hierdie evangelie het Hy vooruit deur sy profete in die Heilige Skrif aangekondig, 3en dit handel oor sy Seun. As mens is Hy uit die geslag van Dawid gebore; 4op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus ons Here. 5Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring. 6Julle is hierby inbegrepe; ook julle is geroep om aan Jesus Christus te behoort. 7Aan almal in Rome vir wie God liefhet en wat Hy geroep het om aan Hom te behoort. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

15


1.

Wat tref jou? Watter vers of frase skryf die Here op jou hart?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 2.

Lees weer vers 4:  Waar het Jesus die Naam Here gekry?

____________________________________________________ ____________________________________________________ ____________________________________________________ ____________________________________________________ ____________________________________________________  Wat (dink julle) is die verskil tussen mag en gesag?

____________________________________________________ ____________________________________________________ ____________________________________________________ ____________________________________________________ ____________________________________________________  Vertel vir mekaar hoe ons die belydenis “Jesus is die Here” beter kan uitleef op die volgende terreine: Aanbidding Kalmte en vrede Gehoorsaamheid

____________________________________________________ ____________________________________________________ 16


____________________________________________________ ____________________________________________________ ____________________________________________________  Hoe verskil “Jesus Christus die Here” van “Jesus Christus ons Here”? (Of: mý Here.)

____________________________________________________ ____________________________________________________ ____________________________________________________ ____________________________________________________ ____________________________________________________ 3.

Wat gaan jy verander aan die uitleef van jou verhouding met die Here in die lig van vandag se gesprek?

Mens tot medemens  Dink aan iemand met wie jy ‘n gesprek hierdie week kan voer oor die gedagte dat Jesus die Here is. Hoe gaan jy die gesprek begin?

17


Ek glo in Jesus wat homself vernerder Omgeebyeenkoms 5

Mens tot mens  Wat dink jy beteken dit om eensgesind te wees? Is dit om dieselfde te dink oor dinge of is dit om dieselfde gesindheid te hê in die lewe?  Kom ons lees saam die gedeelte in die Apostoliese geloofsbelydenis of soos dit ook genoem word die Twaalf Artikels (Apostolicum) oor die vernedering van Jesus . Gesels met mekaar oor hoekom jy dink hierdie woorde oor die vernedering van Jesus in die geloofsbelydenis moet wees. En (Ek glo) in Jesus Christus, Sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;

Vir interessantheid: Die woorde “ter helle neergedaal” is eers in 359 nC bygevoeg in die 12 artikels en dui volgens die Heidelbergse Kategismus vraag 44 op die helse straf, wat op Jesus neergedaal het, sodat ons wat glo in Jesus, nooit weer gestraf hoef te word nie. Heidelbergse Kategismus: Vraag 44: Waarom volg daar: “neergedaal na die hel” ? Antwoord: Sodat ek in my swaarste aanvegtinge verseker kan wees en myself volkome kan vertroos dat my Here Jesus Christus my deur sy onuitspreeklike angs, smart en verskrikking wat Hy aan sy siel deur sy hele lewe maar veral aan die kruis gely het, van die helse angs (a) en pyn verlos (b). (a) Jes 53:5 (b) Ps 18:5,6; 116:3; Mat 26:38; 27:46; Heb 5:7.

18


Mens tot God  Kom ons sing sommer tot eer van die Here. Kies vooraf die liedere en dan sing ons dit opeenvolgend.

God tot mens

Kyk na die DVD en dink diep na oor Jesus se vernedering. Lees: Fil 2:1-8 2 1Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing—2maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Die voorbeeld van Jesus Christus 5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, 8het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. 1. Wat van die Here Jesus raak jou hart aan in hierdie paar verse?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________

19


2. Wat dink jy is die boodskap van hierdie gesindheid van Jesus?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 3. Tot watter mate is jy diensbereid teenoor (evalueer jouself) Selfgerig of/ Nederig 

Die Here Jesus,

0 ________5_______10

teenoor jou medegelowiges en

0 ________5_______10

teenoor onbekendes?

0 ________5_______10

Mens tot medemens  As die Here Jesus gewillig gehoorsaam gedoen het wat die Vader van Hom verwag het, wat is daar wat ons in dieselfde gesindheid moet gaan doen teenoor ons medemens?  Kom ons bid saam oor dit wat ons gehoor het en ook vir mense in nood.

20


Ek glo in die verheerlike Jesus Omgeebyeenkoms 6 Mens tot mens  Nadat ons met mekaar gesels het oor wat die afgelope week in ons lewens gebeur het, kan ons gerus met mekaar deel watter teks of waarheid die afgelope tyd vir jou baie kosbaar is.

Mens tot God  Kom ons kies vooraf die liedere wat ons wil sing wat handel oor Jesus se opstandig en heerskappy. Dink aan die Oorwinningslied; Doen slegs U wil Heer; Halleluja U is Koning; Hy is die Koning en dit sal goed wees as ons kan afsluit met: Hy is Heer! (Laat iemand tussen elke lied ‘n gebed doen wat antwoord op die lied.)

God tot mens

Kyk na die DVD

Wat bedoel ons met hierdie woorde in die 12 artikels?

Ek glo in Jesus…. “wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.

Lees: Kolossense 1:9-20: 9Daarom,

van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. 11Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. 12Met blydskap moet 21


julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hĂŞ aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. 13Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. 14Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes. Die voorrang van die Seun 15Die

Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. 16God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. 17Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. 18Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem. 19God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon 20en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen�. 1. Kom ons lees hierdie paar verse net weer ‘n keer saggies deur en dan deel ons met mekaar oor wat ons aangryp van Jesus.

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________

22


2. Wat beleef jy diep binne in jou, as jy dink oor Jesus of as jy met Hom praat.

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 3. Hoe behoort jy te reageer met die opdragte van hierdie Here Jesus aan jou?

 Mens tot medemens  Wat dink jy oor die woorde wat ons bely: “Hy sal kom om te oordeel oor die wat nog lewe, en oor die wat reeds gesterf het”, veral as jy dink aan mense wat Hom nog nie erken as Here en Verlosser nie?  Kom ons bely ons ongehoorsaamheid en dan bid vir mekaar en vir mense wat nog nie die Here as Here en Verlosser erken en bely nie.

23


Ek glo in God die Heilige Gees

Omgeebyeenkoms 7

Mens tot mens  Partykeer verander mense dramaties as hulle tot geloof kom. Ken julle sulke verhale? Vertel.  Hoe het dit in jou lewe gebeur?

Mens tot God  Ons het pragtige liedere oor die Heilige Gees. Sing onder andere ‘n paar van hulle.

God tot mens

Kyk na die DVD. Iets interessant wat jou getref het? Stem jy saam? Lees : Joh 3:1-8 Jesus en Nikodemus 3 Daar was ’n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was ’n lid van die Joodse Raad. 2Een nag het hy na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet dat u ’n leermeester is wat van God af gekom het, want niemand kan hierdie wondertekens doen wat u doen, as God nie by hom is nie.” 3Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” 4Nikodemus vra Hom toe: “Hoe kan ’n mens gebore word as hy al ’n ou man is? Hy kan tog nie ’n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?” 5Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. 6Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. 8Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.” 24


1.

Watter woorde of gedagtes of frases tref jou? Waar beleef jy dat die Here met jou praat?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 2.

Wat dink julle word bedoel met opnuut gebore word (vers 3)? H Hoe gebeur dit?

__________________________________________________ __________________________________________________ __________________________________________________ H

Waaroor gaan vers 5?

__________________________________________________ __________________________________________________ __________________________________________________

H

Wat is die effek van wedergeboorte op ‘n mens se lewe?

__________________________________________________ __________________________________________________ __________________________________________________

25


H

Is dit ‘n skielike of ‘n langsame proses? Of albei?

__________________________________________________ __________________________________________________ __________________________________________________ H

Kan mens wet of jy weer gebore is? Hoe?

__________________________________________________ __________________________________________________ __________________________________________________ 3.

Uit vandag se gesprek wil ek graag die volgende in my lewe toepas:

Mens tot medemens  Mense word deur die Gees en die Woord opnuut gebore. Wie is daar met wie jy graag die Woord sou wou deel sodat jy dit aan die Gees kan oorgee om Sy werk verder te doen?

26


Ek glo aan die kerk

Omgeebyeenkoms 8

Mens tot mens  Laat elkeen vertel wat in 'n gemeente vir hom baie belangrik is.  Laat almal die gedeelte saam sê waaroor dit vandag gaan in ons besinning: "Ek glo aan 'n heilige algemene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges"  Wat beteken die woorde vir jou as jy dit sê? En wat bedoel jy?

Mens tot God  Kom ons loof elkeen die Here in kort dankgebede vir fasette van ons gemeente wat vir jou belangrik is. Sing 'n paar liedere saam.

God tot mens

Kyk na die DVD Lees: 1 Korintiërs 12 27

Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan. 28 En in die kerk is daar mense aan wie God ‘n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar dié wat wonderdade kan doen, dan dié wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale of klanke te gebruik. 29 Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? 30 Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê? 31 Lê julle toe op die beste genadegawes.

27


1. Wat het jou opgeval toe julle die gedeelte saam gelees het?

________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ 2. Op watter manier (dink julle) werk ons gemeente soos die liggaam van Christus?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 3. Met watter gawe dink jy sal jy die gemeente die beste kan dien?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 4. Van watter gawe sou jy graag meer wou leer?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 28


5. Watter waarde voeg hierdie omgeegroep tot jou lewe toe?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________

Mens tot mens  Laat elkeen sê watter gawe hy in elkeen van die ander in die groep sien  Ons kry nou die geleentheid om as groep terug te dink aan Jesus toe Hy daardie aand voordat Hy gevange geneem is, die nagmaal ingestel het.

29


Nagmaalformulier Lering Hoekom het die Here Jesus vir ons die nagmaal gegee? Daar is vier redes: 1. Dit is ‘n ONTHOU-MAALTYD. As ons die brood eet en die wyn drink onthou ons dat Jesus aan die kruis vir ons gesterf het. 2. Dit is ‘n SEKER-WEES maaltyd: Elke keer as ons nagmaal gebruik sê die Here vir ons ons hoef nie te twyfel daaraan dat Hy regtig vir ons gesterf het nie. 3. Dit is ‘n NABY-WEES maaltyd: By die nagmaal glo ons en dink ons aan die NABYHEID van die Here Jesus, asook die eenheid wat daar is tussen ons as gelowiges. Hy sê Hy is in ons en ons is in Hom. 4. Dit is ‘n UITSIEN-MAALTYD. Ons sien uit na die wederkoms van ons Here Jesus. Die Bybel sê dit sal soos ‘n fees wees by ‘n troue. Antwoord op die lering: Almal wat in die Here Jesus glo, Hom baie liefhet en graag wil deelneem aan die nagmaal, mag dit gebruik. Sê die volgende woorde hardop saam: Ek glo in die Here Jesus, my Verlosser Ek weet Hy het vir my sonde gesterf. Ek het Hom lief met my hele hart.

Speel DVD met die instelling van die nagmaal. Gemeenskap Kom ons bid saam voor ons die nagmaal gebruik. Die Omgeeleier lees die volgende: Die brood wat ons breek laat ons onthou dat Jesus se liggaam vir ons gesterf het om ons sonde te betaal. Neem dit, eet dit; onthou en glo dat alles wat jy verkeerd gedoen het, vergewe is. Die wyn wat ons drink, laat ons onthou dat Jesus se bloed geloop het om vir ons sonde te betaal. Neem dit, drink dit: onthou en glo dat alles wat jy verkeerd gedoen het vergewe is. Gebed Bid vir die ontwikkeling van mekaar se gawes en vir ander sake in ons gemeente.

30


Ek glo aan vergifnis

Omgeebyeenkoms 9

Mens tot mens  Wat is vir jou die lekkerste woorde wat nog ooit gehoor het en wat jy elke keer weer en weer wil hoor?  Hoekom dink jy voel ‘n mens sleg oor sondes?

Mens tot God  Kom ons sing ‘n paar liedjies oor ons sondebesef en oor Jesus se liefde vir sondaars.  Kom ons sing die eerste drie agtermekaar en dan vra ons iemand om vir ons in te tree by God oor ons sondes en dan die laaste twee liedere as gebede.

God tot mens

Kyk nou na die DVD inleiding en gesels met mekaar daaroor Jesus by Simon, die Fariseër Lees: Luk 7:36-50 36Een

van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te kom eet. Hy het toe in die huis van die Fariseër ingegaan en aan tafel plek ingeneem. 37’n Sekere vrou in die dorp, wat ’n sondige lewe gelei het, het gehoor dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was. Sy bring toe ’n albaste flessie met reukolie 38en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete begin drup het. Daarna het sy sy voete met haar hare afgedroog, hulle gesoen en met die reukolie gesalf. 39Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: “Hy, as hy ’n profeet was, sou tog geweet het wie en watter soort vrou dit is wat aan hom raak, dat sy ’n sondares is.” 31


40Maar

Jesus spreek hom aan en sê: “Simon, Ek het iets om vir jou te sê.” “Meneer, sê dit maar!” antwoord hy. 41Jesus

sê toe. “Twee mense was in die skuld by ’n geldskieter. Die een het vyf honderd rand geskuld en die ander een vyftig. 42Omdat hulle niks gehad het om mee te betaal nie, het hy die skuld vir albei kwytgeskel. Wie van hulle sal hom die meeste liefde bewys?” 43Simon antwoord: “Ek veronderstel dié een vir wie hy die meeste kwytgeskel het.” “Jou antwoord is heeltemal reg,” sê Jesus, 44en Hy draai na die vrou toe om en sê verder vir Simon: “Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom—en jy, water vir my voete het jy My nie gegee nie, maar sy, met haar trane het sy my voete natgemaak en met haar hare het sy dit afgedroog. 45’n Soen het jy My nie gegee nie, maar sy het vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. 46My kop het jy nie eens met olie gesalf nie; sy het my voete met reukolie gesalf. 47Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.” 48En Jesus sê vir haar: “Jou sondes is vergewe.” 49Toe begin dié wat saam aan tafel was, onder mekaar sê: “Wie is hierdie man dat hy selfs sondes vergewe?” 50Maar Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.” 1. Hoekom dink jy is hierdie gebeurtenis opgeskryf in die Bybel?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 2. Wat het Jesus gesien in die vrou en hoekom het dit hom so diep geraak?

______________________________________________________ ______________________________________________________

32


______________________________________________________ ______________________________________________________ 3. Wat leer ons by Simon om nie te doen nie en by Jesus om wel te doen?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 4. Hoe wil jy wat jy vandag hier geleer het, elke dag toepas in jou lewe?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________

Mens tot medemens  Hoe belangrik is dit vir mense om te hoor dat Jesus aan die kruis vir ons gesterf het? En wat doen jy daaraan?  Kom ons gee vir elkeen geleentheid om met die Here Jesus te praat oor ons sondes wat vergewe is, en dan doen ons voorbidding vir sake op die hart.

Sluit af met: Kom dank nou almal God met hart en monde en hande,

33


Vir verdere studie: Kol 2:13-14 “.... God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. 14Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem”. 2 Petrus 2:24 24Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra”. Kol 1:14 14”Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes. 1 Joh 5:13 13”Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo”.

34


Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe

Omgeebyeenkoms 10

Mens tot mens  Hoe verander dit ‘n mens se lewe as jy glo of NIE glo in die ewige lewe nie?  Waarna sien jy alles uit van die lewe ná die dood?

Mens tot God  Probeer julle indink hoe dit gaan wees as jy die heerlikheid van God die eerste keer fisies gaan sien en beleef. Sing dan jule lofliedere vir Hom.

God tot mens

Kyk na die DVD.

Stem julle saam? Wat sou julle nog wou vra?

Lees: Openbaring 21:1-8 Die nuwe hemel en die nuwe aarde 21 Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ’n bruid wat vir haar man versier is. 3Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” 5Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.” 6Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. 7Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. 35


8“Maar

dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.” 1.

Waar in hierdie gedeelte praat die Here met jou? Watter woorde of frases spring vir jou uit?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ 2.

Gesels met mekaar oor al die implikasies van vers 5. H Watter dinge (geïmpliseer in vers 4) sal jy baie bly wees wat nie in die hemel sal wees nie?

__________________________________________________ __________________________________________________ __________________________________________________ __________________________________________________ H Hoe kan ons seker wees dat ons dié heerlikheid gaan beërf?

__________________________________________________ __________________________________________________ __________________________________________________ __________________________________________________

36


3.

Wat wil jy in jou lewe verander in die lig van vandag se gesprek?

______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________ ______________________________________________________

Mens tot medemens  Wie is daar wat jy wil troos of bemoedig in die lig van ons belydenis: Ek glo aan die ewige lewe?

37


Skryf jou eie belydenis vir die Here…

38


Notas

39


40


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.