OaseNuus 17 Januarie

Page 1

OaseNuus Koördinate vir die koninkryk Wat is koördinate en het ons as Christen koördinate nodig? GPS-koördinate wat toegevoeg word bestaan meestal uit 'n lengte- en breedtegraad, maar ook hoogte, rigting en die noukeurigheid van die GPS-meting kan deur hierdie tegniek vasgelê word. Hierdie kwartaal gaan ons, ons padkaart afstof en op reis gaan. Hoewel ons, ons getroue GPS gaan gebruik, gaan ons na verskeie aspekte kyk tydens die reis. Welkom en word deel van hierdie reis.


Ds. Nati Stander

Sondag 17 Januarie

Hoe om jou prioriteit vir 2016 in die regte volgorde te skuif. Skriflesing: Handeling 6: 1 - 7 Baie welkom vanoggend in die erediens. 2016 wink vir ons gemeente, dit is ons jaar waarop ons op die KONINKRYK fokus. “Ons is saam in dieselfde bootjie op die stormagtige lewensee en ons skuld mekaar ‘n verskriklike lojaliteit.” ~Dieter Bonhoeffer~

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Filterkoffie is R 10, daar is ook cupcakes teen R 5. Tee en kitskoffie is gratis beskikbaar.

Splinternuut in 2016 is die GESINSEREDIENS

Volgende Sondag begin die Gesinserediens in die saal vir alle kinders van Gr R tot Gr 6 en hul ouers. Kom stap hierdie besondere pad as gesin en groei saam in jul geloof. Navrae: Ds. Nati

Jeug-erediens begin VANAAND OM 17:00 vir almal van Gr 7- 12


11:00 16:30 18:30 08:00 17:00 18:00

Maandag 18 Januarie

Koskasverg Konsistorie 18:30 Spore-vergadering Konsistorie GriefShare GriefShare Lokaal

Donderdag 21 Januarie

Omgeeleiersbyeenkoms Voorportaal

Gebeure in vooruitsig

Dinsdag 19 Januarie

27 Januarie

Bluetooth Ouerskap

Gebedsbyeenkoms Lofdans

Konsistorie Kerk Finansiële Bedieningverg. Bovertrek DivorceCare Sitkamer

Gesinskamp Wanneer: Waar:

12 - 14 Februarie Elangeni N4 tussen Nelspruit en

Waterval Boven

Tariewe:

R110,00 per staanplek + R35,00 per persoon per nag Chalets is op aanvraag beskikbaar. Navrae: Poppie 082 376 1146 GriefShare is ’n groep mense wat omgee. Jy hoef nie alleen deur die rouproses te gaan nie. Daar is mense wat met liefde die pad saam met jou wil stap en jou wil ondersteun by die verlies van ’n geliefde. Dit mag nou vir jou baie moeilik wees om optimisties te wees oor die toekoms wanneer jy ’n geliefde verloor het. Hierdie tydperk van rou kan ’n tydperk wees waarin jy baie verward en geïsoleer voel. Jy het ook baie vrae oor dinge wat jy nooit voorheen aan gedink het nie. GriefShare groepe kom weekliks bymekaar om jou te help om die uitdagings wat jy nou in die gesig staar, vierkantig in die oë te kan kyk en jou lewe weer op te bou. GriefShare het 3 bepaalde elemente:  Video-seminare aangebied deur deskundiges  Kleingroepbesprekings met fokus op ’n bepaalde onderwerp  Persoonlike studie en refleksie

Maandag-aande om 18:30 Navrae: Annalise 082 958 3874

Hierdie kursus word ook in die gemeente aangebied op ‘n Dinsdag-aand om 18:00. Navrae: Diana 082 990 4641

Dagboek en bespreek spoedig vir hierdie bederf naweek. Wanneer: 4-6 Maart Wie: Enkel persone 25jr tot 80jr Waar: Struwig Eko-reservaat in die Balule (Groot 5 wêreld) Kostes: R570 p/p in chalet, vir 2 nagte Sonder etes. R 380 p/p in Jeugsentrum, vir die 2 nagte (stapelbeddens) Sonder etes Ingesluit: ‘n Bosrit Opsioneel: ‘n Bootrit op die Olifantsrivier Navrae & besprekings: Ds Jurgens dsjurgens@telkomsa.net .


Week van Toewyding Geloof is Aansteeklik Hierdie afgelope week is ons geloofsvure opnuut aan die brand gesteek deur Ds Dirk Coetsee van Petra, ons deel kortliks. Sondag-oggend het hy begin met “Geloof is aansteeklik” Om geloof aan te steek, moet jy geloof hê. Hoe kan ons geloof kry? 1. Iemand anders moet dit hê. 2. Jy moet naby daardie persoon wees. 3. Jy moet lank genoeg in daardie persoon se teenwoordigheid wees. Geloof word aangesteek nie net aangeleer nie.

Sondag-aand handel oor “Aanbidding is aansteeklik” Wat ook belangrik is dat ons ook die verhale moet oorvertel van geslag tot geslag. Luister na verhale wat vertel word. Vertel vir ander van die verhale, Wys (leef uit wat jy glo) en Verduidelik wat gebeur. Aanbidding op sy beste is as almal saam (mans vrouens, oud en jonk en kinders) dit doen. Maandag-aand se tema is “Skuldbelydenis is aansteeklik.” Esra 10:1 (Die Boodskap) “Terwyl Esra op sy knieë voor die tempel gestaan en bid en huil het en sy volk se skuld bely het, het ’n groot klomp mense om hom begin saamdrom. Daar was mans en vroue en kinders. Hulle het kliphard saam met Esra gehuil.“

Hoe kyk God na ‘n sondaar. Here vergeef ons dink en doen wat nie reg is vir ons verhouding 1. met U, 2. met myself, 3 met ander mense en 4. met U skepping. Dinsdag-aand word die aansteeklikheid van gehoorsaamheid aangespreek: (Let op die pyltjies hoe dit oorgedra word)

Here ek wil net vir U volg. Ek wil U gehoorsaam wees. Woensdagaand sluit ons af met “Diens is aansteeklik.” Hoe word jy ‘n dienaar : 1. Kyk na hoe diens gedoen word, 2. Begin klein dienste lewer, 3. Doen diens en 4. Neem verantwoordelikheid.


Gebedswandeling in die kerk Kom wandel hierdie week in die kerk op ʼn Gebedsreis. Die kerk sal Maandag tot Donderdag oop wees van 07:00 tot 16:00 om hierdie reis te doen, kom enige tyd en geniet hierdie kosbare geleentheid by die voete van ons Vader. A

By die gebedstasies in die kerk sal ’n plekkie wees waar jy stil kan word. Daar is ‘n Gebedsjoernaal as jy jou belewenis van die Heilige Gees wil deel. A Gebruik die Gebedsjoernale om jou gebedsversoeke te rig, asook jou gebedsantwoorde neer te skryf. (Die versoeke sal daagliks deurbid word deur die gebedspan.) Stuur gerus jou belewenis na: nuus@ngwitrivier.co.za

Wêreldwaarnemingslys: Sirië Die Islamitiese Staat (ISIS) het aan die einde van Junie 2014, ʼn kalifaat (streng Islamitiese leierskap) in groot dele van Sirië en Irak verklaar. ʼn Streng weergawe van sjaria-wetgewing is ook geïmplementeer. Volgende week meer hieroor.


Gemeente se ratte gly tydens erediens... Sjoe, dit kan konsternasie veroorsaak as ons doodluiters op ‘n Sondag aankom by die kerk en dan moet verneem dat die erediens afgestel is weens stukkende ratwerk. Dit sal darem ‘n kriewel in jou binneste laat ontstaan. Dit is jou afspraak met God waaraan daar gepeuter word. Oom Koos van langsaan sal ewe rustig omdraai en sy kop se ratte sal begin werk, wat het verkeerd geloop, hoe kon dit voorkom word... En hy sal begin planne beraam. In sy voetspore omdraai en gaan hulp aanbied. Hy besef daar is soveel rolspelers wat elkeen ‘n verskil maak tydens die erediens. Die dominee is die sigbaarste rat, maar hy word omring deur verskeie rolspelers wat die hele week besig is met beplanning en reëlings dat jou erediens ontmoeting met God spesiaal is. Hy het ons elkeen so uniek in moederskoot aanmekaar geweef. Hy het ons mos met ‘n doel hier op aarde geplaas. Dit het my sommer weer laat droom oor my aankoms by die kerk op ‘n Sondag-oggend. Die vriendelike glimlagte wat groet en die OaseNuus in my hande plaas. Skielik onthou ek van ‘n vorige keer toe daar die mooiste koevertjie vir die vroue aangeheg was... waar

kom dit vandaan? Iemand moes dit gedoen het, dit is so keurig. Ek slaag daarin om ‘n dankie te sê, terwyl ek na my plekkie stap om myself verder te verkneukel aan die blomme en die voorsang. Dan begin ek lees aan die gemeente se nuus, soveel inligting, die gebedsversoeke gryp my vas en ek sug van vreugde om te lees dat dit nog goed gaan met die sendelinge. Skielik vang die musiek my weer opnuut vas, dit is so mooi. Ek wonder watter CD in die speler is en met die volgende lied besef ek dit is heeltemal ʼn nuwe kunstenaar. Vanoggend weet ek dat daar ‘n musiek-rat is wat anders is as die lofmusiek wat later gaan volg. Dankie aan jou wat die musiek so keurig uitsoek en vir ons kom voorsit elke week. Wanneer die dominee opstap, weet ek hy vroetel aan sy sy om die mikrofoon aan te skakel, want hy is immers die draer van God se woord. Die klank is weer vanoggend helder as ons dominee die gemeente groet, dit bring so ‘n heilige teenwoordigheid en die vaste wete God is hier teenwoordig. Skielik wys die mooiste prentjies op die bord en dominee vertel van wat gebeur in die gemeente, maar

sy verhaal word so mooi toegelig met die kreatiewe ontploffing op die borde. Sjoe, net weer besef ek, iemand het hard gewerk om die mooie aanbieding vir ons te bring. Selfs tydens die doop word die briefies en aller fraaiste foto’s van die nuwe dooplidmate gewys. Tydens die insameling van die dankoffers, kom daar by my die besef dat hierdie spesiale dankie-sê tyd is. Dankie vir die voorreg om te gee en te weet daar word mooi omgesien na die fondse van die gemeente. As die lofklanke die kerkgebou vul gaan daar by my ruggraat ‘n krieweling af. Ek word weggevoer in hierdie oomblik van lof. Die verskeidenheid van instrumente en begeleiding bring ons in die troonkamer van ons Vader. Die boodskap se saadjies val op voorbereide harte. Ons hoor, ons luister en nou moet ons gaan doen... Sagaria se woorde weergalm in my kop “Hier is ek Here, stuur my.” Ek stap uit met ‘n hart vol dankbaarheid aan elkeen wat elke Sondag alles vir ons ontmoeting in plek bring. Ons waardeer julle almal!






Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. SOEK HUIS Soek dringend na ʼn 2 slaapkamer huis / tuinwoonstel wat diere vriendelik is vir einde Januarie. Kontak: Johan / Manina 082 931 5051 / 076 531 4958

WERK BESKIKBAAR SAVF Nelspruit beskik oor vakature vir Maatskaplike werker. Kontak: Karen Botha 078 801 2574 De Jagers Vervoer beskik oor halfdag ontvangspos. Navrae: 013 - 751 3421 JEUGMENTOR pos beskikbaar by Hoërskool Rob Ferreira Die pos behels onder andere die volgende: 1. Organiseer en aanbied van 'n Christelike program tydens skool ure en na skool. 2. Organiseer Christelike uitreike.

3. Organiseer die skool se waardeprogram. 4. Leiding aan en onderhoude met tieners wat geestelike hulp nodig het.5. Inskakeling met die skool se opvoedkundige program. Aansoeke sluit 19 Februarie 2016. Stuur volledige CV na robfhs@mweb.co.za met verwysing: "JEUGMENTOR"

SOEK WERK Leonie Marx is dringend opsoek na enige werk. Verkope is haar sterkpunt. Kontak: 060 444 6000

Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of epos nuus@ngwitrivier.co.za


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________

“Like” ons by

Die Church Communicator is gekanselleer. Ons ondersoek alternatiewe kommunikasiemediums

NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.