God and science: The great divorce? Welcome to Prof. David Block
‘n Nuwe jaar propvol nuwe geleenthede wink, mag jy op elke pad wat jy stap God as kompas styf vashou. Geniet die reis!
Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaar kom plek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.
Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Laerskoolkinders Geen groepies vandag. Die kinders sal weer volgende week in hul groepies bymekaar kom. Stad op die berg
Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Vanaf vanoggend is hulle elke Sondag gedurende die kwartaal daar om die kleuters te bedien. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
erediens
VANMIDDAG 17:00
Skakel vanaand in by Prof. David Block se gesprek.
Donderdag 24 Januarie
Sondag 20 Januarie 17:00 Prof. David Block
18:00 Omgeeleierstoerusting
Kerk
Maandag 28 Januarie
Maandag 21 Januarie 16:00 GriefShare 18:00 Week van Toewyding \
Sitkamer Kerk
16:00 GriefShare 18:00 Karnavalvergadering
Konsistorie 08:00 Gebedsbyeenkoms Voorportaal 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare Kerk 18:00 Kursus: Geestelike groei
Woensdag 23 Januarie 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Genesingsdiens
Sitkamer Konsistorie
Dinsdag 29 Januarie
Dinsdag 22 Januarie
08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Week van Toewyding
Voorportaal
Bovertrek Kerk
Konsistorie Kerk Sitkamer Bovertrek
Woensdag 30 Januarie 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Vroue: Ken-mekaar
Bovertrek Voorportaal
Baie geluk ! 1 Jan. Gerhard&Lourette vd Westhuizen 31 Huwelik Tina le Corduer 87 Verjaar Theuns Steenkamp 77 Verjaar 2 Jan. Anna Fourie 89 Verjaar Japie Vorster 83 Verjaar Hannes Raath 70 Verjaar Bert Houy 57 Belydenis Carel Nel 51 Belydenis Elize Nel 50 Belydenis Petro Houy 47 Belydenis Elsa Cave 41 Belydenis Ian & Estelle vd Westhuizen 38 Huwelik Charles & Antoinette Bester 31 Huwelik Kobus Maritz 74 Verjaar Ben Engelbrecht 73 Verjaar 5 Jan. Kleintjie Redpath 83 Verjaar 6 Jan. Jakkie Kruger 77 Verjaar Nic Smit 77 Verjaar Koos Botha 56 Doop Rob & Hannatjie Douglass 51 Huwelik 7 Jan. KotieScholtz 81 Verjaar Hennie J.v Rensburg 75 Verjaar 8 Jan. Eddie & Gean Fraser 53 Huwelik 9 Jan. CP Pretorius 76 Verjaar
10 Jan. Annatjie van Rooyen Lena dvd Wath Johan & Amanda Bronkhorst 11 Jan. Dalene Maree Frik & Sorina Botha 12 Jan. Tom le Roux 13 Jan. Maryna Steenberg 15 Jan. Chris Barnard Issie Barnard Joan Pienaar Rina Oosthuysen Jan Viljoen 16 Jan. Hennie & Bets J.v Rensburg 17 Jan. Raymond le Clue 18 Jan. Susan Oosthuizen Retha Steenekamp 19 Jan. Dorothy Trollip Engela Bannink Hennie Botha 20 Jan. Dries van Dyk Sias & Martie Stoltz Carel de Jager Andrè van der Merwe
Kriteria vir OaseNuus Verjaarsdae: 70 jaar en ouer
Doop:
40 jaar
Huwelik: 21 en na 30 jaar
Belydenis: 40 jaar
91 Verjaar 86 Verjaar 32 Huwelik 71 Verjaar 50 Huwelik 70 Verjaar 45 Doop 89 Verjaar 85 Verjaar 79 Verjaar 76 Verjaar 76 Verjaar 48 Huwelik 70 Verjaar 98 Verjaar 52 Belydenis 91 Verjaar 77 Verjaar 54 Doop 81 Verjaar 46 Huwelik 45 Belydenis 45 Belydenis
Die inligting word verkry van die Gemeente Data
Dankbare dankoffers
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.
Bydraes: Werklik teenoor Begroot R'000
1200 1100
1000 900 800 700 600 500
400 300 200 100 0 -100 -200 -300 Kwartaal 1
Kwartaal 2
Sep
Werklik
Okt
Begroot
Nov
Des
Jan
Feb
Tekort Mrt tot Sep
Om te verwag dat God alles gaan doen en ons kan maar net hande gevou sit en glo, dít is nie geloof nie - na my mening is dit eerder bygeloof. -Martin Luther King Jnr-
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies. is ’n ondersteuningsgroep, wat aangebied word vir mense wat met egskeiding worstel. Die 13 weke seminaar word Dinsdagaande 18:00 by die gemeentesentrum aangebied. Enige persoon wat deur ’n egskeiding gaan of reeds gegaan het kan deel word van die groep. Dit gee jou toegang tot waardevolle riglyne wat jou sal help om jou situasie te hanteer en die seer van die verlede te hanteer. Dit help geskeide persone om vorentoe te kyk en ’n nuwe lewe te begin. Van die onderwerpe is: Die pad na herstel / soek hulp; Konfronteer jou woede; depressie en eensaamheid; Wat sê die Bybel? Finansiële oorlewing; Kinders en egskeiding (KidCare); Vergifnis; Beweeg aan / beweeg nader na God.
Navrae: Wilna 082 335 5295
GriefShare is ’n groep wat omgee. Jy hoef nie alleen deur die rouproses te gaan nie. Daar is mense wat met liefde die pad saam met jou wil stap en jou wil ondersteun by die verlies van ’n geliefde. Dit mag nou vir jou baie moeilik wees om optimisties te wees oor die toekoms wanneer jy ’n geliefde verloor het. Hierdie tydperk van rou kan ’n tydperk wees waarin jy baie verward en geïsoleer voel. Jy het ook baie vrae oor dinge wat jy nooit voorheen aan gedink het nie. GriefShare groep kom weekliks bymekaar om jou te help om die uitdagings wat jy nou in die gesig staar, vierkantig in die oë te kan kyk en jou lewe weer op te bou. GriefShare het 3 bepaalde elemente: Video-seminare aangebied deur deskundiges Kleingroepbesprekings met fokus op ’n bepaalde onderwerp Persoonlike studie en refleksie
Navrae: Annalise 082 958 3874
Gebedsfokus Ons bid vir... P P P P
P
Alma Botha, wat baie pyn ervaar in haar gesig a.g.v. trigiminale neuralgie. Ons bid dat die Here Alma se liggaam, maar ook haar gedagtes en gees sal aanraak, sodat sy Sy vrede sal ervaar en dat Hy ‘n wonderwerk in haar liggaam sal doen. Louise Kotze se Pa, wat in die week ‘n gewrigsoperasie ondergaan het, ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid dat die Here hom en sy geliefdes sal lei in die genesingsproses vir wysheid en geduld. Celeste, wat behandeling ondergaan vir haar oë, wat besig is om te verswak a.g.v. haar diabetes, mag die Here tog ook hier ‘n wonderwerk gee en die verswakking stop en omkeer. André Griebenouw en geliefdes, na die afsterwe van sy moeder laas week. Ons bid vir elkeen wat geliefdes afgestaan het in die dood oor die Feestyd en met die begin van ‘n nuwe jaar, mag die Here troos bring en Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan. Al die mense in Overstrand (Wes-Kaap), asook Betty’s Baai wat skade gely het met die onlangse brande, soveel mense het sentimentele besittings verloor en moet van voor begin, mag die Here Sy kinders as instrumente gebruik om te help en te seën, soos net Hy kan. Ons bid vir die ouers en geliefdes van die dogtertjie waaroor die hartseer berig links gaan. Ons het die anonieme, dringende gebedsversoek Woensdag op ons WhatsApp gekry. Mag die Here tog voorsien waar en wat nodig en troos bring. Danie, wat se blaaskanker die week behandel is by Laeveld daghospitaal, ons bid dat die behandeling suksesvol was en dat Danie spoedig
P
P
goeie nuus sal hê. Baba Jacques Grobler, wat in die week opgeneem is in die hospitaal met breinvliesontsteking. Ons bid dat dit reeds baie beter gaan met klein Jacques en ons bid ook vir mamma Elizabeth, wat later in die week getoets is vir breinvliesontsteking, net toe klein Jacques kon huis toe gaan.
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)
P A
Jannie, wat steeds behandeling vir sy voet ontvang, mag die Here tog daar genesing bring. Dat ons goeie nuus gekry het van oom Pieter Reyneke se operasie, hy is uit die ICU, het tannie Marthinette laat weet, en dit gaan baie goed. Dankie vir julle liefde, gebede en omgee. Dankie ook aan ons Groot Geneesheer!
Nuus Vanuit Riëtte Botha se pen... Hawaii is regtig so wondermooi soos op die TV-program Hawaii five-0 en Magnum PI. Amper asof dit nie regtig is nie en ek wag om wakker te word vir die werklikheid. Wat ek wel besef het, is dat die besoek aan University of the Nations, in die dorp Kailua-Kona, op die noordekant van die Kona-eiland van Hawaii, soos ‘n broeikas is. Dis ‘n veilige ruimte vir mense om te groei en te leer, maar wanneer dit klaar is, gaan die studente en personeel uit na die werklike wêreld en gaan doen en bedien waarin hulle geleer het in die broeikas. Dit is ook net so warm! My besoek was in November, waar die res van NoordAmerika koud is en al sneeu gekry het! Die weer en humiditeit het my laat terugdink aan Tete, Mosambiek, dieselfde hoë humiditeit wat jou hele lyf in sweet laat uitslaan, sodra jy weg beweeg van ‘n waaier. Of soos om die vogtigheid te kan sien wat mens inasem. Ek hoor toe later dit was dieselfde eiland waar die vulkaan vroeër die jaar skade aangerig het! Die mense vertel hoe die vulkaniese as dan met die sigbare humiditeit gemeng het, het gelukkig nie dit beleef nie. Die kampus is teen ‘n helling, met die beradingsdepartement aan die onderkant, lanks Kuakini Highway, (meer soos ons in S.A. sal praat van ‘n hoofstraat). Die GO Center, waar die gaste en studente bly, is dan in die middel van hulle werf. Die Aloha Lanai Cafeteria, waar al die etes bedien word is nog verder boontoe. Ek kan die ervaring aanbeveel vir enigiemand wat wil gewig verloor: of jy loop die trappe boontoe en sweet liters water, of jy los die ete en sweet nie! Die kos was baie lekker, met elke ete baie groente en slaaie. Die span wat gekook het (‘n groep vrywilligers wat dit kom doen en dan skofte werk, amper soos Mission Builders) moes ‘n paar keer deur die twee weke Chicken nuggets maak. Hul het kreatiewe name daarvoor begin uitdink, soos Boneless chicken wings. As julle meer wil lees, gebruik die volgende link: https://ywamkona.org/about-us/#intro In my kursus was 8 studente en 5 personeellede van oor die hele wêreld, vanaf Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Sjina, Suid-Korea, ’n Stan-land (mag nie sy naam gebruik nie, om die student te beskerm), die Tsjeggiese Republiek, Kanada en VSA. Ouderdomme van vroeg twintigs, tot aftreeouderdom. Al die groot bymekaarkom geleenthede, van al die mense op die basis, gebeur in die Ohana-saal. Van die ongelooflike sprekers was Nick Vujicic (van Australië, sonder arms of bene) en Francis Chang.
Die leiers van die Couples and Family counselling course, George en Shellie, het my weer genooi om saam met hulle te werk in Switserland in 2019, asook te help beplan aan ‘n nuwe gevorderde beradingskursus wat hulle vir YWAM wil ontwikkel. Ek hou julle op hoogte. Vanaf 2015 gaan ek elke jaar vir 3 weke na Tweeling, om met hulle span jongmense te werk en hulle te leer van kinders, verhoudingbou en berading. Petra het vir Jill-Ann opgelei as ’n aanbieder en elke jaar vat sy bie-tjie meer oor by my. Ons beplanning vir 2019 was om te begin klaarmaak om Tweeling toe te ry, maar nog deur die jaar in kontak te wees met Jill-Ann vir raad, maar net die laaste week, van die beradings-kursusdeel te gaan help. Ek was baie opgewonde om te begin klaarmaak, om die A-Team se sêding te gebruik: ‘I love it when a plan comes together!’ en te kan spog met die vennootskap - wat ‘n goeie voorbeeld van hoe Petra werk: leiers identifiseer, oplei, dan saamloop met hulle, dan oorgee, maar nog beskikbaar wees vir raad, motivering en vertel van nuwe goed wat ons ontdek het, alles in 5 jaar. Skielik verander alles: GF4GF maak 3 nuwe sentrums oop! Oor die volgende 2 jaar, en die plekke moet ook opleiers kry vir die verhoudingboukursus! En my idee van Jill- Ann wat hulle moes gaan oplei, gaan nie werk nie, ek is steeds nie heeltemal seker hoekom nie? Maar ons vennoot maar voort en my plan did not come together... Toe kry ek ‘n opgewonde boodskap van Pamela, student in die 2016-groep. Na afloop van haar jaar by die span het sy verder gaan leer in Child and youth care. Met haar onlangse mondelinge eksamen was almal baie beïndruk oor wat sy vir hulle aangebied het van die terapeutiese sandspel. Dis tegnieke van Petra, wat sy nog steeds kan onthou en gereeld gebruik. Sy het ook klaar werk gekry, as afloswerker by Engo-huise in die Vrystaat, asook ‘n permanente werk in Bethlehem vir 2019. Ek voel nou baie meer trots op Pamela, as ‘n produk van die vennootskap. Asook dat ons nou van voor af begin met 3 nuwe sentrums! Waar ons nog Pamelas kan kry! Jill-Ann gaan nog aan met wat sy by ons geleer het vir die Tweeling-sentrum, maar nie as opleier van al die sentrums, soos ek gehoop het nie.
Bid asb. vir ons beplanning vir 2019 14-15 Jan: Internet Opleidingsdepartement-vergaderings. 20 Jan-1 Feb: Walking with wounded children-kursus by Petra in Witrivier. 10-15 Feb: Entering the world of children-kursus by GF4GF-diensjaargroep in Groblershoop. 24 Feb-10 Maart: Walking with wounded children-kursus, Trainers and Senders in Lilongwe, Malawi. 18-22 Maart: Entering the world of children-kursus by GF4GF-diensjaargroep in Victoria- Wes. 24-25 Mei: Petra Instituut se 30ste verjaarsdag en raadsvergadering. Moontlik ook ‘n konferensie die week daarna. 1-15 Junie: Walking with wounded children-kursus by Ina se organisasie in Burundi. 22-28 Junie: Kindervakansieprogram by NG Kerk Hugenoot, Bloemfontein met ‘n naweek-opleiding van die helpers vooraf. 19-27 Julie: Opvolgkursus van GF4GF-diensjaargroep in Tweeling. 16-27 Sept: Internet Opleidingsdepartement-vergaderings: projekbeplannning en begrotings vir 2019. 2 weke in Okt: Kinderberadingsprogram vir University of the Nations, by YWAM-basis in Châtel, Switserland. 26-30 Nov: Opleidingsdepartement-vergaderingsweek. Bid ook vir Petra se Witrivier-geboue, wat nog nie verkoop is nie, dat die Here ‘n geskikte koper sal stuur en sal sorg vir al die reëlings daaraan verbonde, dat ook dit ‘n getuienis van Sy soewereiniteit sal wees.
Mag 2019 vir julle vol van God se liefde wees, wat deur familie en vriende gewys en ervaar word!
Ons gemeente missie
GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses.
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
Navrae: Annalise 082 958 3874
BEHUISING BESKIKBAAR Macadamia Village - Nelspruit. 1 slaapkamer eenheid met en suite badkamer te huur. Aparte oopplan sit/eet/ kombuis Dienste beskikbaar vanaf versorgings eenheid. (Loop afstand.) Kontak: Debbe 082 959 7706 SOEK BEHUISING Soek woonstel op grondvloer, verkieslik met eie tuintjie. Diere vriendelik, veilige omgewing, sentraal geleë. Kontak: Tannie Jeanette 013 - 751 2740 HET WERK - GELEENTHEID VIR SKOOLVERLATERS SA Truck Bodies in Bloemfontein het geleentheid vir jongmense. Vereistes: Matriek geslaag met Wiskunde (hoërgraad) en Rekeningkunde sal voordelig wees. Afrikaans & Engels. Kontak: Janette 051 - 407 6940 janettevs@satb.co.za
Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of epos nuus@ngwitrivier.co.za
GEEN te koop of ruil transaksies nie.
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.
Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Manie 071 930 7853 vir ʼn afspraak
Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND. Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Magda 082 498 4256
Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat doen hulle,
kom haal hulle nuusbrief in die kantoor of kontak hulle.
Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321