Sondag 22 Januarie 2017

Page 1

OaseNuus Sondag 22 Januarie

Bemoedig om te bemoedig 2 KorintiĂŤrs 1:3-11


Baie welkom vanoggend in die erediens. “Waar daar deernis is en liefde, daar is die Heer.” Mag hierdie lied ook deur jou kop maal as jy vanoggend by die erediens uitstap, dat dit jou sal aanraak om ‘n verskil in die koninkryk te gaan maak.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel.

Welkom

Kom deel in die kleurvolle gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak.

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente...

Gesinsbediening vir Laerskool kinders begin vanoggend in die kerk Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai. Stad op die berg-erediens begin VANAAND om 17:00. ʼn Nuwe era het aangebreek in die gemeente... ʼn Erediens vir almal, met musiek in ʼn jonger idioom en meer informele atmosfeer. Kom geniet dit saam met ons.

By die Immergroen Kursus leer ons nuwe vaardighede in ouerskap aan. Inskrywingsvorms by die Kerkkantoor.

Begin: Maandag 30 Januarie om 18:00

Navrae: Lorraine 083 269 7365


17:00 Konsistorie 18:00 Kerk Bovertrek 18:00

Dinsdag 24 Januarie 08:00 17:00 18:00

Gebedsbyeenkoms Lofdans Bedieningsvreugde

Donderdag 26 Januarie 18: 30

08:00

Bluetooth Ouerskap

Kerk Bovertrek

Donderdag 1 Februarie Bybelskool

Bovertrek

Gebeure in vooruitsig

Omgeeleiersbyeenkoms Voorportaal 3 & 4 Februarie Gr 1-3 Kamp

6 Februarie Koskasvergadering Konsistorie 9 Februarie 10-12 Februarie Immergroenkursus Bovertrek 14 Februarie Dinsdag 31 Januarie 20 Februarie Gebedsbyeenkoms Konsistorie 21 Februarie

Maandag 30 Januarie

11:00 18:00

Lofdans

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Navrae: Annalise 082 958 3874

Kontak Klara 082 693 6596

GriefShare Kerkraadsvergadering Gr 4-6 Kamp DivorceCare Kom word nuut vergadering Vrouebedieningvergadering

Hierdie kursus word in die gemeente aangebied. Navrae:

Diana 082 990 4641

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings.

vir ʼn afspraak op ʼn Dinsdagaand

CARE BUDDIES is ‘n vrywillige organisasie wat in Witrivier begin is en al meer as 13 jaar lank suksesvol funksioneer. In Witrivier alleen raak ons daagliks die lewens van ongeveer 250 bejaardes by Rustig, Macadamia & privaat huise. Buddies deel hul tyd d.m.v. liefde, ondersteuning en geselskap aan die bejaardes te bied. Ons doen ons bes om ‘oud-word’ beter en makliker vir die bejaardes te maak en sorg dat daar gereeld ‘n bederf funksie/vermaak vir hulle is. Ons strewe om soveel moontlik harte in die gemeenskap aan te raak en sal verheug wees indien elke ou mensie raakgesien word en bederf word met liefde, respek, empatie — Care

Buddies het JOU (Jonk/oud—man/dame) NODIG! KONTAK ONS OM MEER UIT TE VIND: YVONNE 076 903 0660 AMANDA 082 339 6465


Nuus vanuit die gemeente se enjinkamer... ʼn Nuwe jaar propvol nuwe geleenthede en nuwe aanpassings lê soos ʼn uitgestrekte veld voor ons. Mag almal in 2017 die roete geniet waarop ons sal stap. Jy kan dalk net op die groen weivelde wandel, maak nie saak nie, geniet jou reis en hou altyd vas aan ons Vader se hand. As die stormwind jou omwaai of as daar spoelklippe oor die pad kom gesels met ons, die leraars is beskikbaar en die kantoor kan jou ook help met die regte kompas. Saam geniet ons die reis wat God vir ons beplan.

Ons wil graag ook gereeld met jou kontak maak en sal hierdie kwartaal doodseker wil maak almal se inligting op die gemeentedata is reg. Kontak gerus vir Heleen by die kantoor of stuur ʼn e-pos na heleen@ngwitrivier.co.za as enige van die volgende inligting van jou of jou gesin die afgelope jaar verander het. Woonadres ID-nommers Selnommer van enige lid van jul gesin E-pos adres Werk kontakbesonderhede Huwelikstatus

Die volgende herdenkings... 16 Jan 17 Jan 18 Jan 19 Jan

Hennie & Bets J v Rensburg Heslia Schon Susan Oosthuizen Dorothy Trollip Engela Bannink 20 Jan Dries van Dyk Sias & Martie Stoltz Carel de Jager Andrè vd Merwe 21 Jan Dina Pretorius Ria Smit

Mylpale 46Huwelik 74 Verjaar 96 Verjaar 89 Verjaar 75 Verjaar 79 Verjaar 44 Huwelik 43 Belydenis 43 Belydenis 81 Verjaar 78 Verjaar

22 Jan Rina Engelbrecht Andre & Ria Doman 23 Jan Flo van der Spuy Magdel Dannhauser Ida Mentz Annetjie Pretorius 24 Jan Jannie & Isabel le Roux 25 Jan Marie vd Merwe 26 Jan Ria Nell 28 Jan Marie v Tonder

Kriteria vir OaseNuus Verjaarsdae: 70 jaar en ouer Huwelik: 21 en na 30 jaar

Doop: na 30 jaar Belydenis: na 30 jaar

50 Belydenis 34 Huwelik 74 Verjaar 57 Belydenis 57 Belydenis 57 Belydenis 33 Huwelik 76 Verjaar 72 Verjaar 57 Belydenis

Die inligting word verkry van die Gemeente Data

Kwartaal reeks oor Respek begin volgende week. As daar een manier is om op ʼn goeie voet met ander mense te bly, is dit om mekaar te respekteer. Dink daaroor: Jy kan waarskynlik kritiek, teenstand en onverdraagsaamheid verduur, maar wanneer mense jou nie meer respekteer nie, is dit skielik ʼn perd van ʼn ander kleur. Sluit aan by ʼn Omgeegroep. Kontak ds Jurgens. Omgeeleierstoerusting Donderdagaand 26 Januarie 18:30 Neem deel aan die Veldtog deur Eredienste en Omgeegroep gesprekke by te woon.


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Met groot dankbaarheid kan die Finansiële Bediening terugkyk op die afgelope jaar. “Dankie Here, vir U troue liefde” druis deur ons harte en daarmee saam dankie aan elke sent wat deur lidmate aan ons toevertrou is. Nou staan ons voor ‘n nuwe finansiële jaar en is die begroting van 2017/18 op die tafel om aan te werk en te skaaf. Opnuut kom staan ons in diepe afhanklikheid voor ons Vader en vra vir Sy wysheid en insig met die finalisering daarvan tot dit aan die Kerkraad voorgelê word vir goedkeuring. Nou prewel ons: “Hier is ons Here, lei ons.” Oogmerk

Aantal Debietorder Bydraers

Werklik

230

235

250 220

240

240

260

210

230 200

220 210 180

200 190 160

140

160

150

103

101

100

112

113

112

92

100

92

110

107

130 120

105

120

140

95 95

Aantal Debietorder Bydraers

180 170

90

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.

Bedieningsvreugde, is ʼn geleentheid waar die bedieningsleiers van ons gemeente saamkom om te droom, te beplan en visie te deel. Ons vergeet ook nie om terug te kyk en fees te vier nie. Dankie aan God en elkeen wat die afgelope tyd gehelp het om ʼn verskil in die koninkryk te maak. Binne ʼn dinamiese gemeente is daar baie vrywilligers wat op grondvlak die hande en voete is waar dinge gebeur. Wanneer:

Dinsdag 24 Januarie

Waar:

Bovertrek

Tyd:

18:00


Gebedsfokus P

P P P P P

P P P P

Ons bid saam vir Tannie Elsie Coetser wat skielik haar geliefde, oom Johan aan die dood afgestaan het. Soveel is deur oom Johan se lewe as onderwyser en ook skoolhoof van Rob Ferreira Hoërskool geraak, en hy het sulke diep spore in ons gemeenskap gelos. Ons bid vir tannie Elsie in hierdie hartseer tyd, dat die Here sal troos en sy Sy nabyheid en sorg in detail sal ervaar. Ons bid ook steeds vir tannie Nan na die afsterwe van oom Andy en die groot verlies en verlange, mag die Here hul troos. Nelie Smit, die suster van Cecile Dorfling: Bid asb. dringend vir my suster. Sy voel nie goed nie en dokter vermoed dis haar niere. Sy is ‘n diabeet en haar oë en voete swel… ons bid dat ‘n akkurate diagnose en behandeling spoedig gemaak sal word. tannie Susan Appelgryn van Rustig wat in die hospitaal was, mag die Here haar na liggaam en gees versterk. Fanie Roos se skoonma het ‘n knie operasie gehad. Ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid vir spoedige en volkome herstel met die minimum pyn en ongemak. Ons bid vir die volgende gemeentelede wat tans kanker behandeling ondergaan, ons bid teen die newe-effekte: fisies maar ook emosioneel, dat die Here hulle styf sal vashou en genees: C.F. Wagner, Kathleen Weitz, Wikie du Plessis en Wilna Claassen Ons bid vir die finansies van ons Gemeente. Die Here weet waar daar begroot en benodig word, die Here belowe om in oorvloed te seën. Ons hou vas aan Sy beloftes van persoonlike seën in elke aspek van ons lewens sodat ons ook instrumente in Sy koninkryk kan wees vir waar ons prakties moet help en gee, mag ons gehoorsaam wees en in geloof gee. Hannes du Plessis, na die hartaanval wat hy in Australië gehad het, vir volkome herstel. Rina le Clue, wat ‘n operasie ondergaan het, mag die Here haar versterk en die pyn en ongemak wegneem. Al die skole, onderwysers, leiers en bestuur wat nou vol aan die gang is. Ons bid vir voorbereiding, nuwe fases en ook die atletiek wat aan die gang is, dat die kinders dit sal geniet en meer sal leer as om net te wil wen, dat God ons sal gebruik as atlete in Sy koninkryk.. Tannie Lettie de Flamingh van Rustig Ouetehuis, wat geval het en baie pyn verduur. Mag die Here haar aanraak en die bloukolle en seer sommer vinnig laat herstel.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.


P

P P P P

A A A

Verhoudings… die naby verhoudings, wat so belangrik is maar so maklik verwaarloos word en so vreeslik seer kan maak, tussen ouers en hul kinders, tussen huweliksmaats, tussen werkskollegas. Mag die Here werklik ons geestelike oë oopmaak sodat ons Hom kan sien in ons geliefdes. ‘n Anonieme briefie vra dat ons sal bid vir haar sussie wat herstel van dwelmverslawing. Sy is ook swanger en sy weet dat dit ‘n nuwe kind van God is wat sy in die wêreld bring. Mag die Here haar versterk na liggaam en gees om die pad skoon en saam met Hom te loop. “Bid asb. vir my Oom, wat baie siek is en nie werk het nie en nie sy familie kan onderhou nie. Mag die Here asb. hom help! Amen” Susan vra dat ons vir haar dogter sal bid wat hierdie jaar in Amerika gaan werk. Mag dit met haar baie goed gaan, mag die Here haar seën en beskerm en Sy guns gee in wat sy doen. Ons bid steeds vir die land wat brand, hierdie boodskappe het regdeur die week op WhatsApp ingekom… “die brand by Stilbaai Riversdal is totaal buite beheer en ‘n ramp. Die wind draai en kan moontlik nou in Albertinia se duine kom brand, dis reeds oor die rivier. Dit brand reeds ook buite Albertinia by Driefontein, Zoutvlei en Kleinplaas. Ons vra dat almal sal intree en Vader se genade reën sal stuur om die brande te stop, maar ook die vreeslike wind. Verskeie huise, store en skape is reeds doodgebrand om nie te praat van die 1000de hektaar fynbos en dekriet waarvan die boere ‘n lewe maak nie. Die krag in die area is ook af weens die brande…”

Ons is dankbaar oor Kinders wat sterk staan vir Jesus en Sy Naam verheerlik en grootmaak en uitleef by die skool en in hul alledaagse lewens, t.s.v. druk van hul maats om die groep te volg. Onderwysers met ‘n passie vir onderrig en kinders nie net hul vakgebied leer maar ook toerus vir die lewe. Lanie Antunes en die herstel wat reeds plaasgevind het, ons bid dat die Here haar geduld sal gee in hierdie verdere herstelproses en haar styf sal vashou.

WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za

Nuus Beste Petra Ondersteuner. Die Here is by ons op die reis deur 2017. Soos in Psalm 121 kan ons net saam uitdrukking gee aan ons geloof en vertroue in God maar ook soms aan ons benoudheid oor die reis wat voorlê. Hiermee nooi ek jou uit om die reis van 2017 saam met Petra in gebed aan te pak. Ons loof die Here vir Sy beskerming en voorsiening gedurende hierdie vakansietyd, veral vir die feit dat al die personeel gesond is en terug is op hulle pos. Ongelukkig is daar by twee geleenthede by Petra Instituut, in Witrivier, ingebreek. Ons betreur die skade wat gely is. Verder is daar tans ’n probleem met van die telefoon- en Internetverbindings. P Bid asseblief dat dit so gou as moontlik herstel kan word, veral gesien in die lig


daarvan dat ons tans die registrasieaansoeke van die studente, vir die aanlynkursus, moet ontvang. A Verder is ons ook baie dankbaar vir goeie reëns wat geval het en ons loof die Here daarvoor. Gedurende November en Desember was Gerhard en Carmari Strobos deel van ’n span wat opleiers opgelei het om die kursus “Betree die leefwêreld van die kind” te kan aanbied. Dit het in Mombasa (Kenia) plaasgevind. Gerhard en Carmari voel baie opgewonde oor die span se entoesiasme, asook vir die besondere kreatiwiteit, waarmee die aanbiedings en voorbereidings gedoen is. Ons loof die Here vir die span se beskerming ten opsigte van siektes en veiligheid, ook dat hulle veilig gereis het. Ons prys die Here vir die geleentheid ten opsigte van die vermenigvuldiging van opleiers in Kenia.

Op 21 en 22 Desember 2016 het Theunis en Magda Scheepers, Maria Visser en Anneline Fortuin ’n Bewusmakings-werkswinkel in Gugulethu (Kaapstad) aangebied. Persone vanuit nege verskillende denominasies het dit bygewoon. Ons loof die Here vir hierdie geleentheid wat geskep is, sodat daar verdere gesprekke kan wees ten opsigte van beplanning oor hoe opleiding in hierdie gemeenskap kan plaasvind. Dit is vir Petra Instituut belangrik dat daar gefokus word op moontlikhede om meer betrokke te raak in die Xhosa-sprekende kerke en gemeenskap.

Petra’s dream: “Petra Institute shares God’s desire that the lost and broken children are found and restored to healing Christian families and communities, to join Him in transforming society.” BID ASB. SAAM VIR DIE VOLGENDE GELEENTHEDE: 23-25 Januarie, Witrivier: Konsultasiedienste (Opleiding) hou ’n beplanningsvergadering waar-tydens die finale beplanning vir die jaar bespreek en goedgekeur word. Bid vir wysheid met besluite en ook vir die beskikbaarheid van fondse vir elke projek. Bid ook dat Petra Instituut die nodige mannekrag en finansies sal hê, om te doen waartoe ons gelei voel. 28 Januarie, Kaapse Skiereiland: Viola Fransman en Anneline Fortuin gaan ’n werkswinkel vir die kleingroepleiers van die AGS-kerkgroep aanbied. Ons wil weer eens die Here loof en dank dat ons die jaar afgesluit het met donasies, wat die begroting met 14% oorskry het! Dit is ten spyte van talle terugslae gedurende die jaar. Die doelwit vir 2017 is om kreatiewe maniere te vind om ons fondse te versterk. Daarvoor het ons baie leiding nodig, want dit blyk dat die bestaande metodes nie voldoende is vir die groei en aanvraag wat beleef word nie. In die komende tydperk moet gewerk word aan die registrasie van Petra Ministry Associates NPC, wat nie net ’n platform skep vir medewerkers en die finansiering van hul projekte nie, maar wat ook Petra Instituut in staat behoort te stel om belastingkwitansies aan donateurs uit te reik, indien hulle vir Art. 18A-status


kwalifiseer. Bid asseblief vir Sonia Swart en Boetie Lourens, wat weer hulle taak hervat om die ondersteuners te besoek en te kontak. Bid veral vir Sonia, wat die nuwe jaar op haar eie aanpak. Ons bid vir seën op hulle werk. Bid ook vir Werner Müller, wat as nuwe fondswerwer aan die gang wil kom. Bid asseblief dat elke persoon wat registreer vir die Verhoudingsgerigte Kinderbediening aanlynkursus se aansoek ontvang sal word, ten spyte van die probleem met die kommunikasietegnologie. Ons bid dat die Here mense sal oprig om in te skryf en dat veral leiers die waarde van die kursus sal ken en verstaan en mense aanmoedig om in te skryf. Wanneer daar genoeg inskrywings is, lewer dit ook ’n bydrae tot Petra Instituut se inkomste. Bid ook vir ons Gasvryheidsbediening en -Fasiliteite, Rachelle Burger en haar span ervaar baie groot werksdruk, veral met besprekings, bemarking en effektiewe personeelaanwending. Ons staan weer aan die begin van ’n nuwe finansiële boekjaar en hulle het groot uitdagings om geld met die Retreat Centre vir Petra Instituut te genereer. Bid asseblief vir haar en, soos reeds gevra, vir besprekings van groter groepe wat langer tye sal bly. Ons bid ook vir Tom Saayman en sy span wat die sisteme, geboue en terrein in stand hou. Bid vir ons Personeel en asseblief steeds vir die spoedige vul van die pos van Kommunikasiebeampte, wat reeds lank vakant is, asook vir die gesondheid van ons personeel. Ons verwelkom Jenni Meyer, as nuwe voltydse vrywillige personeellid by Witrivier. Sy het Maandag 9 Januarie 2017 haar pos as Fasiliteerder opgeneem. Ons gebedsversoek is dat sy gou by ons sal inpas en dat sy die Here se seën by haar nuwe tuiste daagliks sal ervaar, dat sy ’n groot inspirasie vir Petra Instituut sal wees en werklik goeie waarde sal kan toevoeg.

P Bid asseblief vir Bernard Joubert, wat op Maandag 16 Januarie ’n groot operasie A

P A A

moet ondergaan en ten minste veertien dae in die hospitaal sal aansterk. Ons bid vir die Here se beskerming en voorsiening. Dit gaan, te midde van die situasie, goed met klein Zaya, Mirriam Olivier se kleindogter - sy ontvang nie tans chemoterapie nie. Ons wil ook ons innige meegevoel betuig aan Griet Nel - haar broer is gedurende Desember aan ‘n hartaanval oorlede. Ons bid vir haar en haar familie vir vertroosting. Roger Harris se jongste dogter is in Desember getroud. Mag hulle ’n geseënde huwelik beleef. Baie geluk aan Gerhard Strobos, wat sy honneursgraad suksesvol voltooi het! Bid asseblief vir Gerhard en Carmari wie se werkspermitte hernu moet word. Die kostes daarvoor het aansienlik verhoog. Bid ook asseblief dat die huis wat hulle in Tanzanië bewoon weereens aan hulle beskikbaar gestel sal word.


Bid dat die Here elke personeellid in 2017 sal seën en die nodige wysheid, insig en deursettingsvermoë sal gee, sodat die roeping en opdrag wat aan Petra gegee is so gedoen sal word dat Hy in alles verheerlik sal word en dit tot uitbreiding van Sy koninkryk sal geskied.

Petra Groete...

Nuus van nel

Dear Supporters,

Herewith my prayer requests. Thank you for your constant, faithful support. Dear Prayer warriors, in three weeks time I will be leaving for a consultation session in Ethiopia (4Febr – 5March), and I have need for prayer in the following:  Pray for wisdom and insight, while checking the following books: Proverbs, Song of Songs, Ecclesiastes, Hosea and maybe Deuteronomy: That we will recognize the authority of the Holy Spirit in the work we are doing, for the glory of God .  The teams I will be working with : Guji and Gedeo. For willingness to work hard and do as much as possible , and for good working relationships.  Pray for protection for health , for travelling and for any onslaught of Satan .  As you know, my Mom is 92, and getting frailer daily. A friend (more like an older sister) has graciously offered to come and take care of her, please remember them in an all inclusive prayer. God bless you as you stand in the gap,

Nel Claassens


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. BEHUISING BESKIKBAAR

SOEK HUIS / WOONSTEL

Ruim, semi gemeubileerde “bachelor” woonstel vir enkel persoon. Volledige badkamer. Eie ingang. Geleë naby Laerskool Witrivier. Onmiddellik beskikbaar. Ongelukkig geen troeteldiere. Geen rokers. Kontak: Franci Marie 082 563 0525

Soek 4 slaapkamer huis vanaf 1 Maart. In Witrivier of omliggend. Kontak: Dolla 083 422 6733

2 Slaapkamer woonstel in Bon Accord beskikbaar. Onderdak parkering. Water ingesluit. Kontak: Bertie 083 628 0209 1 Slaapkamer woonstel by Garden Villas met onderdak parkering. Water ingesluit. Kontak: Bertie 083 628 0209 Bachelor woonstel te huur in Witrivier. Water ingesluit. Elektrisiteit uitgesluit. Geen diere en kinders. Kontak: Tokkie 082 826 1099 Kamer met ensuite badkamer te huur in Sekuriteitskomplek in Witrivier. Kontak: Louis 083 260 4347 1 slaapkamer self-versorgende woonstel by Macadamia Nelspruit Frail-care sentrum te huur. Kontak: Jacqueline 083 294 1271

SOEK SAAMRYGELEENTHEID Saamrygeleentheid gedurende die week Witrivier Riverside Mall - Witrivier Kontak: Hans 082 377 0345 Soek dringend na ʼn saamrygeleentheid vir dame, sal bydra vir brandstof. Witrivier - Nelspruit Witrivier. Oggende 06:30 en Middae 17:00 Kontak: Manina 076 531 4958

SOEK WERK Baie goeie verwer soek dringend na werk, kan ook ander take verrig. Henk Roos (082 343 6270) kan gekontak word as verwysing na sy verfwerk. Kontak: Rudolf 072 015 6948

ALLERLEI Mamma van ʼn een jarige seuntjie is opsoek na ʼn ouerige dame / ouma om weeksdae na hom om te sien. Kontak: Charlene 082 825 7103 Verfklasse vir beginners in Witrivier. Sluit aan 6 en 7 Februarie om 10:00. Kontak: Irene 082 901 1173

Stel jy belang om gratis behuising (huur) of werk beskikbaar of werk soek op hierdie bladsy te adverteer? Advertensies moet asb. nie later as Woensdae 09:00 by redaksie wees nie. Kontak Antoinette by kantoor of e-pos nuus@ngwitrivier.co.za

Wat ‘n groot bederf... Vanoggend by die deure was daar ‘n geskenk vir die wat dit wou neem. Ons gemeente het hierdie besondere glans tydskrif JUIG as skenking ontvang van die uitgewers en nms. die Redaksie. Vir meer inligting besoek www.juig.co.za Onlangse artikels ook daar gelees word. Hierdie is ‘n Christelike tydskrif wat maandeliks ‘n plekkie op jou bedkassie of koffietafel moet inneem. Baie, baie dankie dat ons saam kan JUIG in Jesus se naam.


Preeknotas

____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die

Like” ons by

www.ngwitrivier.co.za

LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710 KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596

NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Respek Hoogtyd Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

Gemeente APP af:

NG Kerk Witrivier


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.