OaseNuus 30 Januarie

Page 1

OaseNuus Koรถrdinate vir die koninkryk Die simboliek van die VUURHOUTJIES in die logo As jy weer jou vuur vir die Here wil ontdek, moet jy by Sy voete kom sit en by Hom leer. Deur ander ook in die koninkryk in te trek, hou jy jouself brandend.


Ds. Gerrie Doyer

Sondag 31 Januarie

Hoe om jou vurige liefde vir die Here te herontdek Kroon Hom

Skriflesing:

Matteus 28:31-34

Baie welkom vanoggend in die erediens. Geniet hierdie koĂśrdinate reis saam as gemeente. Mag jy vanoggend opnuut die vurige liefde van ons Vader herontdek en Sy liefde aansteek in die koninkryk waar jy beweeg hierdie week.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Filterkoffie is R 10, daar is ook cupcakes teen R 5. Tee en kitskoffie is gratis beskikbaar.

Gesinserediens in die saal vir alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers. Baie welkom en geniet hierdie nuwe reis saam met ons gemeente. Vertrou dat julle vanoggend brandend en soekend as gesin en geloofsgemeenskap sal wees.

Jeug-erediens verwelkom tieners (Gr. 7-12) weer om 17:00 in die kerk. Daar is ʼn beplande projek waarby hulle ons hulp benodig. Bring alle lengtes en breedtes van die volgende na die kerkkantoor: afval stukke materiaal; lint; kant; knope, wol en ander kreatiewe items wat hulle kan gebruik om mee te versier. Vir navrae: Gerda 082 418 1835


Maandag 1 Februarie

18:00 18:30

Ontmoet die Gees-span verg. Konsistorie GriefShare GriefShare Lokaal

08:00 17:00 18:00

Gebedsbyeenkoms Lofdans

Donderdag 4 Februarie 17:30 18:00

Moz-projekspanverg. Bybelskool

Konsistorie Bovertrek

Dinsdag 2 Februarie

Versorgers gesprek

DivorceCare Finansiële Bediening

Konsistorie Gebeure in vooruitsig Kerk 9 Feb. Vrouebedieningvergadering Bovertrek Sitkamer 10 Feb. Aswoensdag Konsistorie 18 Feb. Kerkraadsvergadering

Kom kamp saam in 2016, daar is verskeie kampe!

Berg & Dal naweek 27 Wanneer: 19-21 Februarie Waar: Ella Combrink Navrae: Alec 082 858 8163

Gesinskamp Wanneer: Waar: Navrae:

12 - 14 Februarie Elangeni Poppie 082 376 1146

tot

29 Mei

Bespreek direk by SANParke vir die naweek. Laat weet ons nie later as 4 Maart by kerkkantoor@ngwitrivier.co.za sodat ons alle reëlings aan jul kan deurgee.

Bosnaweek vir enkellopendes Wanneer: 4-6 Maart Waar: Struwig Eko-reservaat in die Balule (Groot 5 wêreld) Navrae & besprekings: Ds Jurgens

Bybelskool vir Bereane Ons begin môre (1 Februarie) met die leesrooster. As jy nog wil inskakel registreer op die webblad en voltooi die proses deur op skakel die e-pos wat jy ontvang te druk. Ons gesels graag via e-pos gedurende hierdie tydperk. As jy gesukkel het om te registreer, Antoinette help na die erediens by haar kantoor. As jy nie oor e-pos beskik nie kan jy steeds saam lees. Kom kry gerus ʼn leesrooster by die kantoor vanoggend.

www.bybelskool.co.za

Maandag-aand om 18:30 Navrae: Annalise 082 958 3874 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir afspraak op ʼn Dinsdagaand

Dinsdagaand om 18:00. Navrae: Diana 082 990 4641


Vrouebediening Die Vrouebediening van ons gemeente is die plek waar alle vroue ʼn bydrae kan lewer dat ons gemeente ʼn Oase van Jesusliefde kan wees. Dit sal wonderlik wees as elke vrou by een van die bedienings betrokke kan wees. Lees gerus deur die inligting en luister na die fluistering van God waar jy Sy hande en voete kan wees in ons gemeente. “Aan elkeen van ons is ʼn genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het.” Efesiërs 4:7 A

A A A

A A

A A

A

Finansies Ons genereer ons eie fondse deur middel van D Kersmark D Vrywillige maandelikse bydrae d.m.v. Koevertjies. Vandag is ons koevertjie aangeheg by die OaseNuus. Die fondse word weer teruggeploeg in die gemeente deur die verfraaiing van die kerk en geboue, verversings by begrafnisse en ook blomme tydens spesiale eredienste. Koffie en Teebediening Voorbereiding, tee skink en opruim na erediens op Sondae-oggende. Begrafnisbediening Hier kan jy help deur tee te skink, toebroodjies te maak, gaarmaak van vleis, tafels dek en opwas. Spysenieringsbediening r Gemeente saamkuier geleenthede. Gedurende die jaar is daar verskeie geleenthede waartydens die Vrouebediening etes of happies voorsien. Hande nodig met voorbereiding van die maaltyd of happies, tafels dek en mooi maak, opdien en opwas. r Drie keer per jaar het ons gemeente die geleentheid om ‘n ete vir die Silwer Seniors voor te sit. Hande nodig met die voorbereiding van die maaltyd, tafels dek en mooi maak, opdien en opwas. Blommebediening Rangskik blomme vir geleenthede soos doop, nagmaal en ander spesiale geleenthede. Is jou talent hier van toepassing, dan hoor ons graag van jou. Oase Dankfees (Basaar) F Sameroeper van ʼn tafel F Beplanning rondom al die tafels F Organiseer van aktiwiteite o.a. Volley ball; fietsritte; gesiggie verf; modeparade ens. Rustig Sorgeenheid Basaar Jaarliks is ons gemeente betrokke by dié Basaar en verantwoordelik vir die koektafel. Ons benodig dan die bakkers om te bak. Bestanddele word ook geskenk en voorsien aan die bakkers. Korrespondensie Kontak met die Kommunikasiebediening om nuus vanuit dié bediening aan gemeente bekend te stel. Benodig die kundige hulp van iemand wat, wanneer nodig, PowerPoint en ander kreatiewe kommunikasie kan saamstel. Bestuur Om al bogenoemde bootjie op die waters in ons Oase te stuur, moet daar ʼn span wees wat aan stuur van sake staan. Kom word deel en deel nou gawes.

Vir meer inligting: Hannetjie du Plooy 072 563 7823


Mylpale

Die volgende herdenkings... 25 Jan. 26 Jan. 28 Jan. 29 Jan.

Marie vd Merwe Ria Nell Marie v Tonder Thabu Pienaar Marthie Myers Elsie Nel Fanie Brink

77 Verjaar 71 Verjaar 56 Belydenis 40 Belydenis 84 Verjaar 75 Verjaar 47 Belydenis

30 Jan.

31 Jan.

Kriteria vir OaseNuus Verjaarsdae: 70 jaar en ouer Huwelik: 21, 25 en na 30 jaar

Doop: na 30 jaar Belydenis: na 30 jaar

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! Henry Myers 38 Belydenis Coen Strydom 38 Belydenis Gerhard de Jager 39 Belydenis Christel Pheiffer 39 Belydenis Alex Strydom 39 Belydenis Sienie vd Berg 39 Belydenis Chris & Rina Hendrikz 41Huwelik

Die inligting word verkry van die Gemeente Data

Vervolging raak meer fel in meer lande regoor Libië is die land wat deur die wêreld vergeet is die wêreld. Afrika-lande toon die sterkste styging in 2015, maar verskyn vir die eerste keer onder op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys. die Top 10. Dit is ʼn wettelose staat wat in drie streke verdeel word en Islamitiese Staat (IS) Afrika-lande skuif toenemend in die Top volgelinge wen vinnig meer grondgebied. Die 50 in klein Kerk, wat hoofsaaklik bestaan uit GelowiSestien lande onder die Top 50 is Afrika-lande en ges vanuit ʼn Moslemagtergrond, moet diep sewe is onder die Top 20. Een van die twee ondergronds funksioneer om te oorleef en nuwelinge tot die lys is Niger (#49). Onder die buitelandse Christene, hoofsaaklik afkomstig lande wat net-net buite die Top 50 val onder uit Soedan en Eritrea, word geteiken. Tientalle die Top 65, is Afrika-, en hoofsaaklik sub-Sahara mense is in die oorsigtydperk doodgemaak, Afrika-lande. Islamitiese Ekstremisme het twee meestal in afskuwelike onthoofdings wat op spilpunte in die wêreld vandag, een in die Midde video vasgevang en uitgesaai is deur IS (of ISIS). -Ooste en die ander is in sub-Sahara Afrika. In In oorloggeteisterde Jemen, maak die Saoediterme van getalle, en nie die intensiteit van magte dit selfs moeiliker vir die paar oorblyvervolging nie, word baie meer Christene in wende Christene. Sirië sal ʼn vyfde jaar van Afrika-lande vervolg as wat tans in die Middeburgeroorlog betree en Irak is steeds verdeeld, Ooste vervolg word. in hoofsaaklik drie dele – die Koerdiese deel, die IS-deel en die Sjiïtiese-deel.In al drie hierdie Meer state is wetteloos en minderheids- gebiede raak die situasie moeiliker vir Christene.

groepe kry swaar as gevolg van gewelddadige groepe


G






Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WOONSTEL TE HUUR 1 Slaapkamer woonstel te huur in Witrivier. Kamer, kombuis, sitkamer en badkamer. Veilige parkering, gekoppelde alarm en water & elektrisiteit is ingesluit. Ongelukkig geen kinders en diere a.g.v. oop swembad. Kontak: Izet 082 564 0940 Ruim, gemeubileerde “bachelor” woonstel vir enkel dame. Naby Laerskool Witrivier geleë en onmiddellik beskikbaar. Volledige badkamer. Eie ingang. Ongelukkig geen troeteldiere. Geen rokers. Kontak: Franci Marie 082 563 0525

WERK BESKIKBAAR SAVF Nelspruit beskik oor vakature vir Maatskaplike werker. Kontak: Karen Botha 078 801 2574

JEUGMENTOR pos beskikbaar by Hoërskool Rob Ferreira Die pos behels onder andere die volgende: 1. Organiseer en aanbied van 'n Christelike program tydens skool ure en na skool. 2. Organiseer Christelike uitreike. 3. Organiseer die skool se waardeprogram. 4. Leiding aan en onderhoude met tieners wat geestelike hulp nodig het. 5. Inskakeling met die skool se opvoedkundige program.

Aansoeke sluit 19 Februarie 2016. Stuur volledige CV na robfhs@mweb.co.za met verwysing: "JEUGMENTOR"

SOEK WERK “Handyman” wat verskeie klein takies kan doen o.a. Loodgieter, dakke seël & verf en ook klein bou werkies, soek dringend werk. Kontak: Jannie Faure 072 792 5778 076 190 0838 Leonie Marx is dringend opsoek na enige werk. Verkope is haar sterkpunt. Kontak: 060 444 6000


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________

“Like” ons by

Die Church Communicator is gekanselleer. Ons ondersoek alternatiewe kommunikasiemediums

NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.