Sondag 14 Julie
Hoe gemaak as jy die wind van voor kry? Skriflesing: 2 KorintiĂŤrs 11
Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.
Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Laerskoolkinders Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder Stad op die berg-erediens leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit Vanaand 17:00 gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is. Skop vanaand kwartaal 3 af met
Sleep sekularisasie jou mee? ʼn “BANG”!! Hierdie kwartaal gaan 40 Dae reeks vir Omgeegroepe oor “SEKULARISASIE”. ‘n Wêreldse suigkrag wat ons meesleur om te doen wat die wêreld wil, eerder as om te doen wat God wil. Wil jy inskakel in ‘n Omgeegroep? Sondagmiddag gaan Ds Nati ʼn groep fasiliteer in die Saal. Ds Jurgens gaan op Maandagaande ʼn groep fasiliteer. Begin jou eie groep of skakel in en stap saam. Kontak Ds Jurgens met enige vrae.
anders lyk en wees, moet dit nie misloop nie. Jy gaan uitmis!! Mosambiekspan kom ook hulle verhale met julle deel. #stadopdieberg #ligvirdiewêreld
Rustig kollekte by die deure
Maandag 15 Julie 18:00 Karnavalvergadering
Dinsdag 23 Julie
Bovertrek
Dinsdag 16 Julie 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Gebedstoerusting DivorceCare
Konsistorie Ouditorium Gebedskamer
Konsistorie Woensdag 24 Julie Ouditorium Bovertrek 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek Gebedskamer
Donderdag 25 Julie
Woensdag 17 Julie 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Bluetooth Ouerskap
08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans DivorceCare
18:00 Omgeeleierstoerusting Voorportaal
Bovertrek Bovertrek
Saterdag 27 Julie 08:00 Witrivier Karnaval
Laerskool
Donderdag 18 Julie 18:00 Kerkraadsvergadering
Konsistorie
Pitkos vir myself, wat ek aangee aan my gesin! Woensdag 17 Julie
18:00 - 20:00
Wie is die ware ek? 'n Baie relevante vraag in ons moderne tyd. Media hou aan ons soveel voorbeelde voor van sogenaamde "perfekte" mense. Op sosiale media hou ons 'n beeld voor van hoe ons graag wil hê mense moet ons sien, maar wanneer al die voorgee en mure afkom, wat bly van my oor?
R20/p
Hoe ontdek ek weer my identiteit in Christus? En hoe bou ek R10/Kind vir toesig aan my eie karakter, selfs nog voor ek aan my kinders se karakter begin bou?
Bestanddele
Skryf jou naam op Die span is hard aan die werk en ons is reg vir lys by die KoffieOase
die FEES. Kom geniet die dag en bring baie mense saam!
Navrae: Cathie 083 626 4431 Antoinette by die kantoor
Daar is nog baaaaaaie ure beskikbaar waar jy diensbaar kan wees tydens die Karnaval. Moenie die geleentheid By die Karnaval vier ons die laat verby gaan om saam Here se volgehoue genade. te kuier nie.
SMS/WhatsApp na gemeente nr:
Jy gehoor... Kokkedoor3 begin hierdie week op Kyknet en ‘n deelnemer kuier by die Karnaval. Kom ons gaan loer in!!
dringend nodig vir gebak, pannekoek, kerrie & rys en vele andere. Bring kantoor toe ☺
079 223 8321
Witrivier Karnaval
Kom luister en gesels saam terwyl ons hieroor gaan breinstorm.
23 Junie Elsa van der Merwe Paul Meyer Corrie & Rosa du Toit 24 Junie Lien Hitge Johan & Tina Scholtz Jakkie & Hanlie Geldenhuys 25 Junie Pop Pretorius 26 Junie Marianne vd Westhuizen Hettie van Willing Hannatjie du Plooy Jurgens & Isabel de Jager Christo & Suzette Viljoen 27 Junie Koeloe Möller Willem Moore Wessel Smuts 28 Junie Marietha de Beer Christo & Marieta Botha
80 Verjaar 73 Doop 42 Huwelik 76 Verjaar 47 Huwelik 30 Huwelik 73 Verjaar 79 Verjaar 71 Verjaar 70 Verjaar 37 Huwelik 33 Huwelik 74 Verjaar 74 Verjaar 72 Verjaar 83 Verjaar 39 Huwelik
30 Junie Pieter Briel 1 Julie Johann Venter Spurgeon & Erica van Wyk Mulandé du Plooy 2 Julie Bettie Smit 3 Julie Andre & Kotie Botha 5 Julie Martiens Stander 6 Julie Gert vd Merwe 8 Julie Babs Dehrmann 10 Julie Anna van Dyk Amanda Swart Roekie Labuschagne 11 Julie Hester Vorster Rieteke Berrington 12 Julie Marthie Duminy 14 Julie Martiens Duvenage
80 Verjaar 74 Doop 52 Huwelik 42 Doop 74 Verjaar 48 Huwelik 66 Doop 50 Belydenis 84 Verjaar 78 Verjaar 71 Verjaar 70 Verjaar 81 Verjaar 73 Verjaar 86 Verjaar 94 Verjaar
Kriteria vir OaseNuus Verjaarsdae: 70 jaar en ouer
Doop: 40 jaar
Huwelik: 25 en na 30 jaar
Belydenis: 40 jaar
Die inligting word verkry van die Gemeente Data
Dankbare dankoffers
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.
“Dankbaarheid is iets waarvan niemand te veel kan gee nie.” AJ Cronin Bydraes: Werklik teenoor Begroot R'000
1200 1100 1000 900 800 700 600 500 400 300 200 100 0 -100 -200 -300 -400
-500 Kwartaal 1
Jun '19
Tot 6 Jul '19
Werklik
Aug '19
Begroot
Sep '19
Okt '19
Nov '19
Kwartaal 4
Tekort Mrt - Jul
Kontak Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.
Gebedsfokus Ons bid vir.. P Hanlie bid ‘n persoonlike gebed, wat ons elkeen se begeerte is: “Vader, Seun en Heilige
P
P
P
P P
P
P
Gees, help my om hierdie week bemoeienis te maak met U! U hulp en raad het ek so nodig…” Mag die Here ons die dissipline gee om tyd te maak om in Sy Woord te marineer, om elke geleentheid te gebruik om Hom te beleef en te getuig en te groei in geloof en vertroue in Hom. Die Kleinhans-familie, wat Woensdag die uitslae van Gert se toetse gekry het: die kanker het deur sy kliere versprei en die dokters kan “niks verder” vir hom doen nie. Ons bid vir God se vrede maar ook dat Hy Sy wonderwerkende, genesende hand sal uitsteek oor Gert en dat Hy verheerlik sal word ook in hierdie moeilike tyd. “Here, as ek aan Ruth dink, gaan deur my gedagtes as een lid swaarkry kry die hele liggaam swaar... Sy is een van ons lidmate wat tans wag - wag vir Mediesefonds goedkeuring en wag vir Dr Viljoen in Pretoria om te bel dat bestraling kan begin. Ons dink met deernis aan haar, Roelf en hul familie. Mag hul in hierdie wagtyd God se nabyheid, beskerming en vrede ervaar. Ook sê nou reeds dankie vir die beterskap wat wag en verwagting wat ons saam met haar het.” Die Adlem-familie, waar Sean en pappa Patrick weer die hele week in Pretoria was, waar Sean sy 3de siklus chemoterapie ontvang het. Ons bid dat die Here elke kankersel sal vernietig en dat Sean volkome sal genees word van kanker. Ons bid vir mamma Amor en boetie Alec wat in die Laeveld is en spesifiek vir Alec, waar die skool weer hierdie week begin het en hy moet aangaan met Gr. 2. Mag die Here sy gees rustig maak en mag hy steeds skool geniet en goed doen daarin. Tannie Bess Schutte wat aan die begin van die maand opgeneem is in Medi-Clinic, ons bid dat dit reeds baie beter met haar gaan en dat sy aansterk in geduld en geloof. Vir elkeen van ons leerders en onderwysers, waar die skole weer begin vir die 3de kwartaal. Ons bid dat die Here hul sal beskerm teen siektes, teen afknouing, om geboelie te word en om boelies te wees. Dat die Here ons en ons kinders en onderwysers en Bestuursrade se harte sal sag maak, sodat Sy genade en liefde sal deurvloei in ons skole in. Rina Wilkens se geliefdes, wat die week langs ’n oop graf gestaan het, ons dink aan haar kinders Riana, Jan, Vic, Carina en Martie. Ons bid dat die Here self hulle trane sal afdroog en vir hul troos sal gee in hierdie hartseer tyd. Ds. Gerrie se “Gebedstoerusting”, waarin hy ons gaan herinner hoe om te bid. Mag die Here hom toerus en gebruik as suiwer instrument in ons gemeente.
P Ons Karnaval (27/07/19) en al die voorbereidings wat agter die skerms getref moet
word om hierdie ‘n sukses te maak. Mag die Here die paaie gelyk maak en elkeen seën wat hierby betrokke is en hiervan gaan deel wees. Mag Sy Naam verheerlik word!
Dankie Here...
A Vir ‘n suksesvolle Mosambiek uitreik en dat ons span
veilig teruggekom het in Suid-Afrika. Ons bid vir die werk wat daar begin is, dat die Heilige Gees self die werk sal voltooi en die saadjies wat geplant is sal laat groei. A Vir ‘n heerlike ruskansie vir ons kinders, ons dank U dat U almal bewaar het en veilig gehou het en bid vir die nuwe kwartaal en al die uitdagings: fisies en emosioneel, vir beskerming en krag en wysheid vir elke leerder, onderwyser en ouer. A Tanie Hester Steenkamp wat haar voet gebreek het, was 2 weke in hospitaal, het ook longontsteking gekry. Sy sê dankie, dit gaan beter met haar voet en sy is op pad na herstel.
Ons bid vir ons Sendelinge Die Paetzholds
29 Junie 2019
Liewe Getuienis-aksie en Witrivier Gemeente, Jammer vir die lang stilte. Dit gaan maar rof en ek kom nie baie uit by die rekenaar nie! Ek dink ek het ook onbewustelik gewag vir ‘n bietjie goeie nuus van een of ander aard. Soos wat dit is, is daar nog geen deurbrake nie. Maar die Here bly getrou en al wat ons kan doen is om aan Hom vas te hou. 23 Junie, twee jaar gelede was ek en Alfred op pad na die neuroloog vir ‘n opvolg besoek. Ons het toe nog gehoop vir ‘n minder ernstige diagnose. Op pad soontoe vertel Alfred vir my dat die Here vir hom in ‘n droom Ps. 18 gegee het. Die wat vir Alfred goed ken weet dat hy 100% ingenieur is en drome is nou nie juis deel van hoe hy is nie. Ek was besig om te bestuur, want hy kon toe al nie meer so goed vashou met sy hande nie en hy lees toe ‘n deel van die Psalm vir my. Min wetend dat ons altwee ‘n uur later die skokkende diagnose gaan ontvang. Die punt van hierdie stukkie storie is dat die Here vooruit gegaan het en ons alreeds toe bemoedig het. Dat Hy ons Rots is en sal bly. Maak nie saak wat gebeur nie. Hy bly stewig en ferm. Niks kan ons uit Sy Hand ruk nie. Niks! Ps 18. ‘n Paar maande na ons traumatiese 10 dae trek uit Mosambiek lei die Here ons na Jeffreysbaai en ons nuwe huis. Kontant gekoop deur die Here se voorsiening – ‘n ou polis het ‘n ongeskiktheid klousule ingehad. Die huis is perfek op so baie maniere – genoeg plek vir al die mense wat ons nou nodig het om te kan funksioneer. Genoeg spasie vir ekstra hulpmiddele soos rolstoele en stort stoele en wie weet wat nog. Maar, in die huiskoop proses het die Here vir my ‘n paar skokkende verse gegee. Die tema van omtrent elkeen was “Ek sal vir jul veg. Ek sal voorsien.” Weereens min wetend dat ons nou, na 21 maande steeds nie die huis oordrag uit die verkoper
kan kry nie. Ure en ure op die telefoon, ontelbare besoeke aan prokureurs en selfs die Valke en ‘n advokaat en steeds niks nie. Maar die Here het gesê “Ek sal vir julle veg...” en ons hou daaraan vas, want Hy sal. Hy bly getrou - niks kan dit verander nie. Op die oomblik is ons lewe meer soos ‘n melodramatiese T.V. sepie, want daar is ook nog die “nuwe” stoepdak wat lek soos ‘n sif. Daar is die septiese tenk wat oorgebou moet word, maar heeltyd vol loop want die ou tenk lek ook soos ’n sif in die nuwe tenk in. Ek het ook nog nie werk kon kry nie, maar eerlikwaar is ek so slaap-arm dat ek dalk eerder nie moet werk nie! Maar hoe gemaak met finansies? Soveel onopgeloste sake, soveel oënskynlike onverantwoorde gebede. Soveel trane en steeds geen uitkoms. Alfred se sorg het ook nou in ‘n nuwe fase ingegaan. Vier-en-twintig uur sorg, met ‘n wakker persoon langs hom ten alle tye… En dan, net as ek wil dink als is te veel, dan lees ek weer Ps 23. “Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie, Hy lei my na groen weivelde, na waters waar rus is…” en ek weet die Here is met ons. Dinge lyk sleg, maar ons is nie alleen nie. Ons het die Beste Herder. Die Beste! So al kan ek nie enige “goeie nuus” (vanuit ‘n aardse perspektief) gee nie, kan ek wel getuig dat die Here weet, dat Hy hoor en dat Hy sal red. Hy is betroubaar en getrou. Maak nie saak hoe sleg dinge op aarde lyk nie. Ander nuus… Christiaan begin in Augustus met sy derde jaar by Moody Bible Instituut! Hy het ‘n goeie werk op kampus gekry, waar hy op ‘n bouspan werk –‘n handige ou! Bernard en Stefan is’ n groot hulp vir my – Bernard begin eersdaags voorberei vir die Rekord eksamen. Hy gaan volgende jaar by TUKS Rekenaar wetenskap studeer. Stefan is dan in graad 12. Die manne word groot! Dankie vir julle volgehoue gebede Met liefde
Belinda , namens Alfred en die jong manne
Danie & Esther van Niekerk was die afgelope week by ʼn tienerkamp betrokke. Hul gebed was dat die tieners Jesus sal ontmoet of beter sal leer ken en veranderd sal teruggaan. Ook dat personeel se roeping sal verdiep. Hier is ʼn paar foto’s...
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.
WOONSTEL BESKIKBAAR Een slaapkamer woonstel by Rose Bridge Manor beskikbaar. Sentraal aan sakegebied, beskikbaar 1 Augustus. Kontak: Ursula 082 660 9996 SOEK WERK Pensionaris met goeie gesondheid soek werk as drywer (nie langafstande) of toesighouer. Kontak: Boet 073 131 7463 REMEDIëRENDE DIENS BESKIKBAAR Het jou kind ʼn probleem met lees, spel, taal en wiskundige vaardighede. Kontak: Celeste (Remediërende terapeut) 073 668 8271
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Manie 071 930 7853 vir ʼn afspraak
WOONSTEL BESKIKBAAR Twee slaapkamer woonstel beskikbaar van 1 Augustus by Garden Villas. Sentraal geleë en veilig. Kontak: Rassie 083 298 7181 Christel 082 338 5245
www.ngwitrivier.co.za
Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.
Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Magda 082 498 4256
Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat hulle doen, kontak of gaan kuier vir hulle.
Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321