OaseNuus 22 Julie 2018

Page 1

OaseNuus

Sondag 22 Julie

JESUS: Voorbeeld of Verlosser? Skriflesing: GalasiĂŤrs 2:20


Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes en kan op verskeie maniere uitgeleef word. Sondae is een daarvan die geur van vars koffie wat reeds van vroeg die KoffieOase vul met die aroma en vriendelikheid van die span wat dit bedien. Koffie en kuier is sinoniem en veral na die erediens is dit die plek waar almal saamkom. Kom kuier, ontmoet nuwe mense of gesels sommer oor die wel en wee saam met ou bekendes. Ook hier ontvang ons graag nuwe lidmate na die erediens. Kom skakel in, vertel ons waar jy woon en waar jy jou passie wil uitleef in die gemeente.

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Stad op die berg erediens Alle kleuters is welkom om hierdie erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Bedieningsvreugde

VANMIDDAG 17:00

Laerskoolbediening Laerskoolkinders (Gr. 1-6) verdaag later na hul groepies toe.

Is waar fees gevier word oor die werksaamhede in die gemeente!

Alle bedieningsleiers en vrywilligers word genooi na hierdie geleentheid. Werksaamhede vir die nuwe kwartaal word ook beplan. Wanneer: 24 Julie Tyd: 18:00 Waar: Bovertrek


Witrivier Karnaval

12 dae

r

3 & 4 Augustus by Laerskool se sportgronde

Die TYD raak nou min, maar dit is Hoofnuus nog nie te laat om betrokke te raak nie. Ons benodig 200 man-ure vir werk en baie vrolike stemme wat kuier tydens die dag. “Jy sê die tyd gaan so gou verby, daarom is dit so kosbaar. 68 / 200 Verkeerd! Tyd bly; dis óns en ons geleenthede wat verbygaan. Dáárom is tyd so kosbaar.” HA Dobson ure nog beskikbaar Gebruik dié kosbare tyd en hierdie kosbare geleentheid om saam ʼn verskil in die gemeente en gemeenskap te maak.

b

t Finansiële nuus

Vermaaknuus

Vrydag 3 Augustus tree Robbie

Koop sommer vandag jou kaartjiesby die KoffieOase:

Wessels op! Nooi jou vriende en kom kuier saam.

W

Daar is heerlike eetgoed en koeldrank te koop. Koelboks word nie toegelaat nie, bring

W W

gerus kampstoel en kombers. Volwassenes @ R100 per persoon & Skoliere @ R70 elk.

Volleyball uitspele is die volgende 2 Donderdae 26 Julie & 2 Augustus. Skryf jou span in. Kontak André 076 216 1328

C Sport nuus

u

Kindervermaak

W W W W

Robbie Wessels & orkes optrede Kinder-bederf boekie

Lootjies vir Speelgoedkis (gaan kyk sommer ook hoe lyk hy)

W Lootjies vir ’n wegbreek kaartfasiliteite by die kantoor.

Stap vir Bybels W Spookhuis Reptielvertoning W Skerm-vertoning Modelvliegtuigies W Stoei demonstrasie Verskeie plaaslike kunstenaars

Kinders het hul eie, veilige speelruimte vir slegs R50 kan hul die dag daar baljaar… Dit bevat kaartjies om in die kinder speelarea te geniet.

A Springkastele

A Gesiggieverf

A Ballonkunstenaar

A Kulkunstenaar

A Inkleur aktiwiteit A Stelloper


Maandag 23 Julie 18:00 Karnavalvergadering

Maandag 30 Julie Konferensie 18:00 Kom word nuutverg.

Dinsdag 24 Julie

Konferensie

Dinsdag 31 Julie

08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans Kerk 17:00 Lofdans 18:00 Bedieningsvreugde & beplan 18:00 Bluetooth Ouerskap Bovertrek

Konsistorie Kerk Bovertrek

Woensdag 1 Augustus

Woensdag 25 Julie 10:00 Kreatiewe vers 18:00 GriefShare

Bovertrek Sitkamer

Donderdag 26 Julie 18:30 Omgeeleierstoerusting

Konsistorie

10:00 Kreatiewe vers 18:00 GriefShare

Bovertrek Sitkamer

Vrydag 3 Augustus 17:30 Robbie Wessels vertoning

Saterdag 4 Augustus 08:00 Karnaval by Laerskool sportgronde

Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.

Die God wat selfs sy mossies voed sal nie sy kinders verwaarloos nie. Totale dankoffers tot Junie 2018

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies


Ons bid vir r

r r

r r

r

r

r

André en Kotie Botha, wat laas naweek in ‘n ernstige motorongeluk was. Ons dank die Here dat net die kar skade het en dat Kotie se nek reeds baie beter is. Mag die Here voorsien en guns gee in die proses van die ongeluk se “admin” afhandel en verwerk. Jaco, en die res van die familie en geliefdes van ouma Gerty Saunders, wat 11 Julie na die Vader is, nadat sy so lank daarna uitgesien het. Ons bid vir die gemis vir die wat agterbly en dat die Here sal troos en Sy vrede gee. ‘n Anonieme briefie vra: Bid asb. vir my vrou, dat sy die pad terug na God sal kry... Soveel geliefdes smeek dieselfde, mag die Here se liefde hierdie kinders van Hom oorrompel en mag hul sien wie hulle is in Jesus Christus en op Sy skoot sal klim en Sy vrede en lewe sal ervaar. Hendriëtte Basson en haar geliefdes, wie se Pappa skielik oorlede is, ons bid vir troos vir hulle in hierdie hartseer tyd. ‘n Anonieme briefie deel ‘n Ma se hart: Ek vra, bid asb. vir my kinders vir werk... Die Here ken die stres en angs en moedeloosheid wat met hierdie smeekgebed gepaardgaan, ons bid dat Hy tog gou en in detail sal uitkoms gee vir elkeen wat op Hom vertrou en hulle kant bring om deur Hom gebruik te word. Magda vra: Bid asb. vir Nico Hendriks van Ellisras, die dokters het ‘n gewas in sy derms ontdek en hy is baie siek. Ons bid ook vir sy vrou, Mariaan, op wie se skouers die hele boerdery nou rus terwyl Nico siek is. Nico het Maandag ‘n operasie gekry en ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid dat Nico spoedig en volkome sal aansterk. Mag die Here die hele gesin vashou en lei. Ons bid vir ons Karnaval en al die agter-die-skermreëlings wat aan die gang is. In besonder bid ons ook vir die Robbie Wessels kaartjieverkope, dat die mense sal koop en die vertoning in detail sal geniet. Mag die Here elke aspek van die Karnaval seën. Klara Schlemmer het haar arm gebreek en het operasie ondergaan. Spoedige en volkome herstel is ons gebed vir haar.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)


  

Dankie Heer

Vir ‘n geseënde uitreik na Mosambiek. Ons dank die Here dat Hy die span geseën het, gelei het en beskerm het en ons bid dat die werk wat hulle daar begin het sal aangaan en Sy koninkryk grootgemaak sal word. Ons bid ook spesifiek vir Inge en Jaco, wat ons sendelinge in Mosambiek is, dat die Here hul werk sal seën en guns sal vermenigvuldig. Ons sê vir God baie dankie dat Tokkie van Wyk se rugoperasie goed gegaan het. Ons vra dat die Here haar verder sal vashou in die genesingsproses. Dankie Here, vir die reën in die Kaap, dat die damme vol raak en die land en diere minder swaarkry! Arie en Angela skryf: Graag wil ons baie dankie sê aan die Leraars en gemeente, wat my in hul gebede elke dag gehou het en voorbidding gedoen het, ten tye van die weke in Milpark Hospitaal. Deur die krag van almal se gebede het ek verligting gekry en is ek op die herstelpad. Prys die Heer! Ons is saam met tannie Marie Geldenhuys dankbaar vir haar seun se herstel na ʼn motorongeluk, waar hy breinbloeding gehad het en vir ʼn ruk in ʼn gesedeerde koma was. Hy is uit koma en het haar herken, ons juig saam met haar. Mag William volkome genees.

Sendeling Nuus 2 Tim 2:2 “Now you must teach these things to men who can be trusted, men who will be able to teach them to other people also “

AfriFruta... Starting up a business is a challenge, to start up a business in a 3rd world country to uplift the community; an even bigger challenge and sometimes even impossible. It is going through a very difficult season and need your prayers please! This factory is the first of its kind in Mozambique and we felt from the beginning that this is part of the reason we were called here. With your support & prayers, and most importantly the Grace of God, we are able to share these testimonies with you. These faithful men & women were part of the first groups Jaco trained. Please pray with us for them, and the work they are doing for God’s kingdom for abundantly blessings and favour and protection against sickness, injuries and spiritual attacks.


Adreano He is currently training 7 groups in and around the Beira area (795km from us) Miguel & Isabel They recently started an After-school-training centre, with 84 kids. Not only is this a blessing to the community, but it is also very rare for their culture. With 3 other men from the original training group, they make turns to train 4 other groups weekly. JosĂŠ Gorongosa Area (720km from us) is training 1 group. Amelia Is currently training 2 Groups. Nhamisse Has 2 Groups that she is training. Nhamite & Imaculada Is training 3 Groups in the Gorongosa area (700km from us). We love & appreciate you

Jaco, Inge, Ernan & Lander

Whatsapp uit Kanada

Aan ons liewe vriende en familie! My nuwe nommer is: +1 306 715 1827. Ek het gister op "Canada Day" my eerste preek gegee in my nuwe kosbare gemeente. Die Here was so goed vir my en ek het Sy kosbare nabyheid en salwing elke oomblik ervaar en van die begin af is mense geraak deur die onbeskryflike liefde van Jesus! Dit gaan goed met ons as gesin! Karen het ingeskakel by die gemeente soos 'n vis in water. Die seuns dink Kanada is die "coolest" plek op aarde (en sal dalk so wees wanneer die kwik tot verby -40 sak oor net so 4 maande) en vandag trek ons in ons nuwe huisie in net 3 minute se stap van die kerkie af! Ek is totaal stom geslaan as ek na die goedheid en genade van Jesus in ons lewens en die bediening wat Hy vir ons gegee het sien. Ons is op ons knieĂŤ in totale aanbidding, in totale dankbaarheid Dit is werklik julle liefde en intree vir ons wat ons hiernatoe gebring het en ons hier elke oomblik van die dag dra. Ons is Jesus en julle so dankbaar. Julle diensknegte in Christus

Spencer, Karen, Reuben, Simeon en Benjamin


Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 1 Julie Johann Venter Spurgeon & Erica van Wyk 2 Julie Bettie Smit 3 Julie Andre & Kotie Botha Bertie & Jeanette Pieterse 4 Julie Carel & Annerine Pienaar 5 Julie Martiens Stander 6 Julie Gert van der Merwe Braam & Poppie Haasbroek 8 Julie Babs Dehrmann Pieter Reyneke 9 Julie Milton & Susan Stratford 10 Julie Anna van Dyk Amanda Swart Chris & Marna Loots

73 Doop 51 Huwelik 73 Verjaar 47 Huwelik 36 Huwelik 31 Huwelik 65 Doop 49 Belydenis 44 Huwelik 83 Verjaar 71 Verjaar 30 Huwelik 77 Verjaar 70 Verjaar 36 Huwelik

11 Julie Hester Vorster Rieteke Berrington Stefan & Liesl Scheepers 12 Julie Marthie Duminy Dirk du Plooy 14 Julie Martiens Duvenage 18 Julie Frik Botha 19 Julie Abraham & Frieda Visser 20 Julie Ben Terblanche 20 Julie Carel Dannhauser 21 Julie Koos Nell Bettie de Villiers Willem van Wyk Pierre & Wilma de Villiers 22 Julie Koos J.v Rensburg Frikkie Engelbrecht

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak

80 Verjaar 72 Verjaar 31 Huwelik 85 Verjaar 75 Verjaar 93 Verjaar 74 Verjaar 38 Huwelik 80 Verjaar 75 Verjaar 79 Verjaar 72 Verjaar 71 Verjaar 34 Huwelik 88 Verjaar 75 Verjaar

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK ONS OM MEER UIT TE VIND. YVONNE 076 903 0660

Berading in gevreesde siektes Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel nie, gesels met Magda 082 498 4256

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.