OaseNuus Sondag 29 Julie
Jesus my mentor Skriflesing: Lukas 14-35
Gasvryheid is een van ons gemeente se waardes en kan op verskeie maniere uitgeleef word. Sondae is een daarvan die geur van vars koffie wat reeds van vroeg die KoffieOase vul met die aroma en vriendelikheid van die span wat dit bedien. Koffie en kuier is sinoniem en veral na die erediens is dit die plek waar almal saamkom. Kom kuier, ontmoet nuwe mense of gesels sommer oor die wel en wee saam met ou bekendes. Ook hier ontvang ons graag nuwe lidmate na die erediens. Kom skakel in, vertel ons waar jy woon en waar jy jou passie wil uitleef in die gemeente.
Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Alle kleuters is welkom om hierdie erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Stad op die berg erediens VANMIDDAG 17:00 Is daar enige verband tussen my godsdiens en my eetgewoontes? Baie meer as wat ons besef... kom leer saam Sondagaand by Stad op die Berg-erediens! #7dodelikesonde
Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Laerskoolbediening Laerskoolkinders (Gr. 1-6) verdaag later na hul groepies toe.
5 dae
Witrivier Karnaval 3 & 4 Augustus by Laerskool se sportgronde
rHoofnuus
Die TYD is nou min, nou is ons in die pylvak en sien baie uit na die naweek se fees! Sien uit om almal die naweek by die karnaval te verwelkom. Dankie aan elkeen wat sy/haar naam opgeskryf het of teenoor die leiers 26 / 200 van die stalletjies jou werkstyd bevestig het. Saam gaan ons ‘n lofsimfonie ure nog tot eer van God bring. Daar is nog etlike plekkies oop, skryf vandag jou naam beskikbaar op by die KoffieOase die persone wat nog “hande” benodig sal jou kontak.
b
t Finansiële nuus
Vermaaknuus
Koop sommer vandag jou kaartjies by die KoffieOase:
Vrydag 3 Augustus tree Robbie Wessels op! Nooi jou vriende en kom kuier saam.
W
Daar is heerlike eetgoed en koeldrank te koop. Koelboks word nie toegelaat nie, bring
Robbie Wessels & orkes optrede W
gerus kampstoel en kombers. Volwassenes @ R100 per persoon & Skoliere @ R70 elk.
W
Kinder-bederf boekie
Lootjies vir Speelgoedkis (gaan kyk sommer ook hoe lyk hy)
W Lootjies vir ’n wegbreek Daar’s kaartfasiliteite by die kantoor.
Radio Laeveld saai Saterdag. vanaf die feesterrein uit Hulle begin reeds vanaf 07:00 om die Laeveld te nooi om saam met ons te kom feesvier. Die afgelope week en volgen- Kom stap die 5km om 08:00 vanaf die Hoërskool de week is daar ook verskeie gesprekke oor die se hek. Slegs R20, inskrywing op die dag. fees. Hulle kuier saam met ons tot 15:00. Daar is ʼn waterpunt op die halfpadmerk en by
u
Kindervermaak
die eindpunt word elkeen terug verwelkom met ʼn medalje!
Almal welkom, sien jou daar!
Kinders het hul eie, veilige speelruimte vir slegs R50 kan hul die dag daar baljaar…
Dit bevat kaartjies om in die kinder speelarea te geniet.
A Springkastele
A Gesiggieverf
A Ballonkunstenaar
A Kulkunstenaar
A Inkleur aktiwiteit A Stelloper
Maandag 30 Julie 17:30 Kom word nuutverg.
Saterdag 4 Augustus Konsistorie 08:00 Karnaval by Laerskool sportgronde
Dinsdag 31 Julie
Maandag 6 Augustus
08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Bluetooth Ouerskap
Konsistorie 17:30 Kom word nuutverg. Kerk 18:00 Karnavalvergadering Bovertrek
Konsistorie Bovertrek
Dinsdag 7 Augustus
Woensdag 1 Augustus 10:00 Kreatiewe vers 18:00 GriefShare
Bovertrek Sitkamer
Vrydag 3 Augustus 17:30 Robbie Wessels vertoning
08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Video-opleiding
Konsistorie Kerk Kerk
Woensdag 8 Augustus 10:00 Kreatiewe vers 18:00 GriefShare
Bovertrek Sitkamer
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. TOTALE DANKOFFERS PER MAAND
Werklik Begroot
850 800 750 700 650
600 550 500 R,000
450 400 350 300 250 200 150 100 50
0
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 24 Julie Ken & MariĂŤtte Absalom 36 Huwelik 25 Julie Marthie van der Linde 71 Verjaar 26 Julie Annatjie Botha 76 Verjaar
27 Julie Tina Duvenhage 28 Julie Pieter van Aswegen
84 Verjaar 84 Verjaar
Ons bid vir
r
t r r r
r r
r r r
r
‘n Anonieme briefie vra: ‘n Gesin is op my pad geplaas met verrykende gevolge... Ek weet die Here het hul op my pad geplaas maar ek, as mens, voel klein om met so ‘n reuse taak vertrou te word. Bid asb. vir insig, kalmte en liefde. Bid asb. dat harte sag sal word en dat die Heilige Gees sal intree om genesing te bring. Bid dat ek in die Here se wil sal optree en Hom sal behaag. Help ons asseblief om die regte mense te vertrou en genees almal wat pyn ervaar... En help ons met wiskunde asb! Alfred en Belinda se huisoordrag: na bykans ’n jaar is die huis nog nie op hul naam geregistreer nie... Hulle is radeloos. “Here, gee U asb. die guns en spoed wat hier voor gebid word. Amen” Klara, wat geval het en haar arm gebreek het, sy is in die week ontslaan en ons bid vir volkome herstel. Antoiné Dingle, wat siek is en nog baie pap voel. Mamma Melanie is beter, maar baie moeg. Ons bly ook bid vir Pappa Attie, wat die ander tweetjies versorg en nog sy deel by die hospitaal ook doen. Here, versterk hierdie gesin en gee U guns en genesing. Amen. Gerrit-Jan Dorfling, wat Woensdag ‘n rugoperasie in Pretoria ondergaan het. Ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid vir volkome genesing vir GerritJan. William (tannie Marie Geldenhuys se seun), wat vir rehabilitasie, na die ongeluk, moet gaan. Ons bid dat die rehabilitasie goed sal gaan en DANK die Here dat William en sy gesin wonderwerk op wonderwerk beleef het nadat hy uit die koma wakker geword het en vir Marie herken het. Mag die Here aanhou fisiese en emosionele wonderwerke gee vir William. Gert Coetzee, wat vir verdere toetse gegaan het, ons bid dat die toetse en diagnose akkuraat sal wees en vir goeie behandeling. Oom Attie is siek, ons bid dat hy spoedig sal gesond word. Nita Lombard en geliefdes, wie se 58 jarige broer (Danie) Vrydagaand aan ‘n hartaanval oorlede is. Ons bid vir die Here se troos en voorsiening in hierdie hartseer tyd. Hulle wag ook nog vir die finale voorbereiding van die skenker aan Dries, wat langer neem as wat hulle verwag het, mag die Here hier geduld en guns gee. Twee van ons getroue Koskas-vrywilligers is die afgelope week geopereer. Ons
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)
bid vir spoedige en volkome herstel vir Ans vd Merwe wat Maandag gewas aan haar skildklier verwyder het, ons vertrou vir goeie uitslag. Hettie von Willing is Woensdag geopereer, ook vir haar uitslae vertrou ons ons Vader vir goeie nuus.
Dankie Heer
André en Kotie Botha skryf: Dankie vir U hand van bewaring oor ons met die ongeluk. Ons is oneindig dankbaar dat ons nie ernstig beseer is nie. Aan U al die lof en eer!
Sendeling Nuus Liefste Witrivier Familie, Dankie vir ‘n wonderlike week!! Van ons kant wil ons graag ons ervaring met jul deel. Ilha de Porco (Vark eiland) Wat ‘n onvergeetlike belewenis. Dankie dat jul ons ook uitgedaag het om nuwe dinge te probeer, wat ons seker onder normale omstandighede sou wou vermy… Soos Ds Eddie altyd sê: “Sendingwerk is nie vir sussies nie!” Poppekas Soos altyd was jul voorbereiding en kreatiwiteit uitstekend! Jul bereidheid om die taal te probeer oefen en moeite om die opname in Portugees te doen, sal jul uitreik altyd in ‘n ander klas sit, wat ons nog nie by ‘n ander kerk gesien het nie. Baie dankie daarvoor.. Inharrime Kerk Die 2 dramas wat jul opgevoer het was soos altyd ‘n absolute sukses. Hierdie ou tannetjie het haarself elke oomblik ingeleef. Hul aansteeklike vreugde toe Jesus die sonde oorwin sal altyd in ons gedagtes gekoester word. Dankie vir die oulike idee om vir elkeen ‘n bekertjie met ʼn versie daarop uit te deel. Hul het dadelik Bybels gaan haal en hul versies opgesoek en weet elke Woord sal gepas wees soos die Heilige Gees jul gelei het. Hospitaal Besoek – Beertjies! Die beertjies uitdeel was natuurlik vir baie ‘n hoogtepunt… vir sommiges was dit moeilik om afstand te neem van hul beertjies. Die glimlaggies en dankbaarheid was so spesiaal. Mag elkeen wat gehelp het om beertjies te maak weet hoe jul lewens hier aanraak deur Jesus liefde tasbaar uit te deel. Hoe jul die gemeenskap betrokke gekry het is net weer ‘n getuienis van hoe jul gemeente na buite gefokus is.
Skool – Kraletjies Weereens ‘n baie effektiewe, maar eenvoudige evangeliese boodskap: perfek vir kinders. Die leerlinge (en onderwysers) was so betrokke en opgewonde toe die verskillende kleure en hul betekenisse verduidelik was. Dankie vir al die harde werk, wat voor die tyd daaraan spandeer is. Tafel/bankies bou by AfriFruta Dankie vir die groot geskenk aan die fabriek om vir die werkers ‘n plek te maak waar hul kan eet. Ons waardeer dit ook baie dat jul ons ondersteun deur gedroogte vrugte & Kokosneut Olie te koop. Dit was lekker om jul die fabriek te wys, wat ‘n groot deel van ons bediening uitmaak. Kleuterskool – Paindane ‘n Voorreg om die unieke skooltjie met jul te kon deel. Na-skool sentrums is ongehoort in Mosambiek, en Miguel en sy vrou Isabel is deel van die oorspronklike groep waarby Samuel ‘n groot bydra gelewer het. Die skryf bordjies was ‘n groot present, harde werk ook. Dankie dat jul deel het aan kinders se opvoeding, nie net akademies nie, maar geestelik wat die grootste deel uitmaak van hierdie skooltjie. Jul het ons bederf met jul liefde en harde werk; in en om ons huis. Jul het mense se lewens aangeraak, en ons bid dat dit permanent sal vrugte afwerk. Dankie vir jul vriendskap, gebede en ondersteuning. Ons prys die Here vir jul in ons lewens! Baie liefde
Jaco, Inge, Ernan & Lander
Whatsapp Ons was Saterdag by 'n Cree
Tribe
gathering.
Xavier, die seuntjie wat langs Karen staan is blind. Tanja, sy ma en Teisa sy sussie is in ons kerkie (House for all Nations).
Bestel 1kg gedroogde pynappels @ R130/pak. Skryf jou bestelling op by die kantoor OF stuur ʼn SMS/WhatsApp na gemeente nr. 079 223 8321. As die eerste besending kom, laat ons jou weet. Dankie!
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. SOEK WERK Afgetrede Boekhouer met nog baie energie soek werk. Kontak: Antoinette by kantoor Jong man met ondervinding in restaurantwese soek dringend werk Kontak: Ryno 079 180 1150 BEHUISING BESKIKBAAR Eenmanswoonstel beskikbaar buite Witrivier beskikbaar. Geskik vir 1 persoon, ongelukkig geen diere. Kontak: Magda 084 588 1114 Eenmanswoonstel beskikbaar in Witrivier beskikbaar. Slegs enkellopendes, ongelukkig geen kinders en diere. Kontak: Tokkie 082 826 1099 SOEK BEHUISING Jongman soek dringend ʼn Eenmanswoonstel,. Kontak: Ryno 079 180 1150
Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak
Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK ONS OM MEER UIT TE VIND.
Berading in gevreesde siektes Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel nie, gesels met Magda 082 498 4256
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321