OaseNuus 31 Julie

Page 1

Sondag 31 Julie

Nie vir eer of dank nie. Dis jou plig! Jou voorreg! Skriflesing: Lukas 17:7-10


Baie welkom by vanoggend se erediens, om te groet is vir niemand maklik en lekker nie, maar om Gerrie te seën vir die volgende hoofstuk, is ʼn voorreg. “Die hekke van uitnemendheid is geolie met sweet.” ~Katherine Paterson~ Mag ons gemeente se hekke altyd die sweet en nalatenskap van Gerrie koester, daaraan vashou maar bowenal dit laat voortleef. Met Gerrie se intreepreek het sy ouboet hom gelaat met ‘n besondere boodskap, waarin ons vandag sal deel. Vandag skryf sy broer Antoon vir hom hierdie besondere brief.

Op 9 November 1986 neem ‘n jeugdige broer Gerrie die pen op om die ‘Witrivier’-hoofstuk van sy bedieningsboek aan te pak. Hom tersyde is sy geliefde mede-outeur Linda, en by hulle die vier inkleurkortvolk tussen 1 en 10 jr. Die bondige voorwoord by hierdie hoofstuk kom van my met verwysing na Rom.15:13 ‘Mag God die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!’ Min wetende wat alles op hulle sou wag, het hy inderdaad ywerig weggeval om met geloof te skryf aan ‘n merkwaardige verhaal met al die elemente van ‘n boeiende drama wat jou beurtelings laat met ‘n breë glimlag, ‘n donker frons, ‘n uitroep van vreugde, wit kneukels en meermale ook ‘n lastige traan. Dit word ‘n leeservaring wat jou neem na pieke van uitbundige blydskap - en dieptes van hartseer; na momente van dankbare oorwinning - en swaar teleurstellings; na plekke waar vrede stil soos ʼn rivierstroom vloei - en witwater-stroomversnellings van onrus; na die rykdom van vervulde drome – en die leegtes van gebroke beloftes; na die beloning van hegte verhoudings – en die pyn van afskeid. Al hoe meer ander skrywers uit die omgewing begin inval: kollegas, vriende, geloofsgenote; illustreerders, liedjie- en liriekskrywers, amateurdigters en die inkleurders. Die storie groei met die gang van die tyd sodanig dat dit soos ‘n stroompie wyer as die Laeveld ook na ander streke loop. En in die dekadeslange ontvouing daarvan was die tema van HOOP soos ‘n goue draad immer terugkerend. Dit nooi mense uit en trek hulle in, dit bring lewe in doodse moedeloosheid, nuwe drome waar radeloosheid

insluip, gee sin en volharding in tye van swaarkry en verlies. Kan hoop ‘n gemeenskap transformeer? Dit wil tog so voorkom. Miskien lyk die gemeenskap ‘n klein bietjie anders as so dertig jaar gelede. Helene Eloff bespeur ‘n ander atmosfeer as die gewone in die landdroshof waar die aangeklaagdes van die moord op Annatjie Myburgh teregstaan. Daar’s ‘n afwesigheid van vergeldingsaandrang, tewens “the friends and family of Myburgh were more inclined to forgive.” En nogeens, neffens die foto van Wendell wat ‘n kersie vir sy ontslape vrou aansteek, dieselfde noot wanneer Elize Parker vir Gerrie aanhaal: “Deur Annatjie en ons geliefdes wat sterf se mooi eienskappe te onthou, maak ons dit vir onsself makliker om met hoop vorentoe te gaan.” Dis waarvoor ons vandag in besonder vir jou uit die hart uit wil dankie sê, Gerrie. En as ons hierby jou saamskrywers oor die amper 30 jaar insluit, kan ons mos nie nalaat om vir Linda by die naam te noem nie. Mooi daaroor gedink, was jy dalk nie die skrywer nie, maar die pen in die hand van eintlike Een, die Heilige Gees. ‘Mag God die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!’ Saam met ons dankie by hierdie afsluiting, wil ons vir jou en Mariëtte ‘n mooi hoopdraende Wes-Kaapse hoofstuk toebid, lank en mooi en inspirerend - voordat julle die slothoofstuk aandurf.

Jou broer Antoon.


Met Gerrie se aankoms by die gemeente in 1986, is dinge anders gedoen. Hierdie kleinood uit Gerrie se Witrivier skatkis, is die Welkomsadres, handgeskrewe deur Mariaan de Wet. Hoe kosbaar dat ons vandag daarin kan deel. So het ons almal ʼn herinnering wat ons teen die bors druk en ook na die erediens vir Gerrie & Mariëtte ʼn stywe handdruk gaan gee. Hierdie woorde van OG Mandino, som die wisselwerking tussen Gerrie en die gemeente op “Sonder om ander ook te betrek kan ons nie dit doen waarvoor God ons geroep het nie.”


Pastoriekinders onthou...

Van geduldig kyk hoe ‘n kaalvoet seuntjie ure lank rugby speel, ‘n seer hart troos met goeie raad, kliphard skree vir die Bokke en kilogramme skaaptjoppie saam opbraai. Ai Pa, die Laeveld gaan definitief ‘n groot deel van sy kleur verloor as ek moet dink pa is nie in die omgewing nie. Gaan trap daai spore verder in die Kaap, ons sal die fort hier hou.

Wat vir my uitstaan... Gesinsvakansies met die karavaan. Daar is gereeld gekamp reg teen die draad in die wildtuin, of reg voor by die see in die karavaan. Ons het die hele land so gesien! Tweedens, die ondersteuning van skole-sport geleenthede. Rugby, tennis, of hokkie. Of dit nou was vir die C span, of Cravenweekspan, daar was altyd ewe veel entoesiasme van pa en ma. Wees stil en weet Ek is die Heer Ek spreek en wind en golwe bedaar Ek sal ook jou getrou bewaar

Ons hoop jy is so wys soos oupa Gerrie Ons hoop jy is so groot soos oom Leon Ons hoop jy is lief vir mense soos ouma Bets Ons hoop jy is so entoesiasties soos oom Gerrie Ons hoop jy trou met ‘n vrou so mooi soos tannie Alda Ockert ons seun, ons klein 'fighter'tjie'. Ons is so dankMag jy eendag jou kinders koester soos ouma Mariette baar om jou in ons lewens te kan hê. Alles net genade. Ons hoop jy is so kreatief soos mamma, Ons bid oor jou lewe n stille vrede en wete dat die Here En so sterk soos jou pappa! altyd betrokke is in jou lewe. Dat Hy in beheer is, en jou Ons hoop jy is ‘n entrepreneur soos oupa Piet, altyd sal beskerm. En mag jy die klein dingetjies in die lewe raaksien soos Ons bid vir jou die innerlike vreugde wat van die Here af ouma Linda. kom. Jy bring reeds soveel vreugde vir ons as gesin. Ons Mag jy borrel soos Amorie, en empatie hê soos Lila. bid dat die vreugde sal afvryf op almal met wie jy in aan- Wees die beste Ockert Tobias wat jy kan raking kom. Laat dit n lewensvreugde wees wat jou sal lei wees. Be true to yourself. Met die Here voor om die lewe ten volle te geniet! - Carpe Diem!! jou, en ons langs jou sien ons uit na die Jy is deel van n uitgebreide familie wat baie lief is vir jou. toekoms saam met jou. Lief vir jou. Pappa en mamma xx

As ek aan ons tyd in Witrivier dink, dan staan liefde, samesyn en heerlike lang vakansie-toere vir my uit, Een van die spesiale herinneringe aan ons kleintyd is hoe ons altyd Vrydagaande by ons huis feeste gehou het. Die TV is afgesit, kerse aangesteek en dan het ons almal om ons klein koffietafeltjie in die sitkamer gaan sit en groot fees gevier! Tjips, koeldrank, koekies en ander lekkernye is verorber, en dan is daar GROOT geselse gesels. 'n Ware hoogtepunt van elke week. My Witrivier herinnering... Huisgodsdiens en rugby! Daar was in die Doyer pastorie se sitkamer elke weeksoggend huisgodsdiens gelei deur my pa. En elke Saterdagmiddag - as hy nie besig was om iemand in daardie tyd te trou nie! - het hy die Blou Bulle daar passievol ondersteun.

Liefdegroete Leon, Ockie, Alda en Gerrie


Dankie vir die oorvloedige liefde en respek wat ek in my bedieningstyd van elkeen gekry het. Bo alles, dankie aan die Here wat my geroep, gestuur en gebruik het op Witrivier. Gerrie, my vrind! Jy het al die gawes van die Gees ontvang en dit mildelik met my, ons gemeente en waar jy kom uitgedeel. Ek het by jou gesien hoe 'n koningskind moet leef en dien. By jou het ek gesien wat ‘n heilige lewe is. Jou "legacy" is ingeploeg in ons harte en ons sal jou leringe en veral jou voorbeeld van navolging van Jesus altyd onthou. Die guns van die Here op jou en Mariëtte en julle nageslag toegebid! Jurgens Ons sal die persoon agter die uitdrukking "niemand is onmisbaar nie" verskoon vir sy blaps, want hy het nog nie vir Gerrie Doyer ontmoet nie. Waar julle ookal met jou lyf heengaan, die eintlike Gerrie gaan hier by ons bly en julle is welkom om hom van tyd tot tyd te kom besoek. Seën vir julle nuwe lewe. Eddie

Beste Gerrie Daar is so baie wat ek van jou gaan mis. Jy het ‘n besonderse manier om die lig op iemand anders te skyn. Ek staan altyd verbaas hoe jy elke kompliment wat jy kry, na iemand anders weerkaats om daardie persoon goed te laat lyk. Ook die manier hoe jy potensiële konfliksituasies ontlont deur eers al die partye “gehoor” te laat voel, sal my altyd bybly. Jy kan iemand uitluister en dit wat die persoon bedoel, op ‘n beter manier herbewoord. Jou vermoë om strategies te dink, fassineer my dikwels. As prosesse vasval, kyk jy die probleem fyn uit en gee jy met ‘n skerp onderskeidingsvermoë advies in die regte rigting. Dit is hoekom ek jou ag as een van die beste leiers wat my pad nog ooit gekruis het. As ek ‘n nuwe teologiese konsep leer, kan jy die outeur noem, my na die bron toe verwys en bietjie meer agtergrond ook daaroor skets. Ek het min mense al ontmoet wat so belese soos jy is. Ek dink dit is merkwaardig. Maar wat nog meer merkwaardig is, is jou uitsonderlike manier om boekekennis te inkorporeer en prakties in situasies toe te pas. Dit is hoekom ek jou ag as “wys” en die wyshede wat jy

altyd in ons saamwees opgemerk het, gaan ek baie mis. Jy het ‘n kinderlike geloof in die Bybel en aansteeklike liefde vir gebed. Jy inspireer my om die Here te loof en te prys. Jy herinner my om uit te sien na die wederkoms. Maar geloof bly nie vir jou net by praat nie. Jy is deurleefde gelowige. En daarom kyk ek op na jou as my geestelike mentor. Daar is baie wat ek van jou gaan saamvat. Waarvan die belangrikste waarskynlik jou liefde vir Jesus is. Jy is vir my die vergestalting daarvan om Christosentries te leef. Ek het altyd ‘n voorbeeld daarvan gesoek. Ek het dit in jou gevind. Ek voel so dankbaar dat ek ten minste twee en half jaar die voorreg kon hê om jou dop te hou en by jou te leer. Jou grootste begeerte is dat ons mense sal laat vashou aan Jesus – en ek gee jou my woord dít is wat ons sal doen. Dankie vir wie jy is, Zakein. Baie lief vir jou. Nati


Kom groet vir Gerrie & Mariëtte met ‘n koffie-kuier in die saal na die erediens. Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel.

OaseDankfees is ‘n BASAAR propvol lekkertes! VRYDAG 5 Augustus @ R15 elk Plaas (bel / sms / WhatsApp) jou bestellings teen 12:00 Woensdag 3 Augustus Hettie 082 606 2661 Annetjie 082 870 0807 Stefnie by Kerkkantoor As jy wil kom help bak en deel in die vreugde, kom gerus. As jy ʼn pan het bring asb saam.

AFHAAL VAN JAFFELS Vrydag vanaf 09:00 onder afdak.

Hande wat omgee bak t.b.v. die Omgeefonds

Die kleurvolle karakters is reeds besig om in die agtergrond te woeker, hulle vra groot groot groot asb BESTANDDELE. Bring dit nou reeds kerkkantoor toe. Wit olifante het nog nie ‘n stuurman aan wal nie, as jy graag wil help, kom gee jou naam by die kantoor. Swadini Gemeentekamp Gedurende die langnaweek 5-9 Augustus beloof daar baie tyd vir kuier en ontspan te wees tydens die gemeentekamp. Bespreek direk by Swadini Aventura 015 795 5141 As jou plekkie daar bespreek is laat weet asb. vir Poppie dat sy jou kan vertel wat om te verwag. Poppie: 082 376 1146 mihi@vodamail.co.za


Maandag 1 Augustus

Vrydag 5 Augustus

Dinsdag 2 Augustus

Gebeure in vooruitsig

17:30 Kom word nuutverg. 18:00 GriefShare 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Biduur vir verkiesing DivorceCare

Konsistorie 16:00 Volleyball uitspele begin Sitkamer Konsistorie Voorportaal Kerk Sitkamer

11 Aug. 13 Aug. 16 Aug. 23 Aug.

Donderdag 4 Augustus

18:00 Bybelskool vir Bereane

3 25 Julie 26 Julie 27 Julie 28 Julie

Bovertrek

Mylpale

Alida vd Westhuizen Annatjie Botha Tina Duvenage Piete v Aswegen

Kerkraadsvergadering Interkerklike Gebedsbyeenkoms Finansiële Bedieningvergadering Vrouebedieningvergadering Basaarvergadering

77 Verjaar 74 Verjaar 82 Verjaar 82 Verjaar

.

ʼn Uitvloeisel van die Facebookblad “Bid vir Annatjie” en die gebedsbyeenkoms wat by Casterbridge gehou is, het die behoefte ontstaan dat daar voortgegaan word om maandeliks saam te bid. Die eerste byeenkoms is Saterdag 14 Augustus 08:00 - 09:00 weer by Casterbridge.

Almal welkom!

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 30 Julie

31 Julie

Hannes Oosthuizen Ellen J.v Vuuren Abe & Martie Freysen Maxie Nell

78 Verjaar 61 Belydenis 61 Huwelik 79 Verjaar

Wat is Tall Trees? Wat doen ek daarmee? Kom vind uit watter boompie is jy, met jou eie unieke samestelling, soos deur ons Vader aanmekaar geweef in moederskoot. Isabel se VROUEbybelstudie groep gaan hierdie kursus doen en nooi ander vroue wat vir die 10 weke wil inskakel om deel te word van die reis. Wanneer: Woensdae Tyd: 08:00 tot 09:00 Waar: Jurgens & Isabel se huis Koste: R200 vir die toets Om die kursusmateriaal betyds te kry en jou plekkie te verseker laat weet dringend vir Lorraine Steyn 083 269 7365. Kontak haar vir enige verdere navrae.


Kyk bietjie mooi na hierdie kwartaal se embleem. Sien jy die boek waarin Jesus se gelykenisse opgeteken is? Kyk hoe straal daar lig en krag uit sy bladsye. En die figuur vóór die boek? Dit lyk mos asof hy iets baie besonders ontdek het, nè? Daarom die arms só uitgestrek na bo. Dis dalk jy. Besig om Jesus se kosbare stories vir lewe te (her-)ontdek. En dan met vreugde en volheid te lewe. Kom reis saam hierdie kwartaal. Die kwartaal produkte is na afloop van die erediens onder die afdak en op die gras beskikbaar en bestaan uit die volgende: Omgeehandleiding R25 elk Lapelwapen R10 elk Plakker vir jou motor R10 elk Lapelwapen

Jeugboekie

Plakker vir motor

Gesinsboekie Daar is ook voorsiening gemaak vir die Gesinserediens en die Jeug-erediens, met hul eie unieke materiaal. Die Jeug ontvang hulle boekies by die Jeug-erediens. Die inligting vir gesinne word weekliks op die gemeente APP geplaas. Kom put uit die stories van Jesus toe Hy gelykenisse vertel het en sodoende lewenslesse vir ons nagelaat het. Skakel gerus in by die Sondagmiddag 15:00 Omgeegroep, hier by die kerk. Kontak Ds Jurgens as jy belangstel.


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Hier is oorsig van die jaar se finansies sover... ons is amper daar. TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

800 750 700 650 600

R’000

550 500 450 400 350 300

250 200 150

R’000

KUMULATIEWE TOTALE DANKOFFERS PER MAAND 4700 4450 4200 3950 3700 3450 3200 2950 2700 2450 2200 1950 1700 1450 1200 950 700 450 200

Wer…


P P P P P P P

P

Gebedsfokus Ons bid saam vir…. .

Tannie Barbie Roets is verlede Maandag (18/7) oorlede op ouderdom van 89 jaar. Bid asb. vir Hybrie en Jason van Loggerenberg, Dawid Spangenberg en die kleinkinders in hierdie hartseer tyd. Petra Haasbroek het Vrydag ‘n operasie aan haar kakebeen ondergaan. Dit is ʼn lang pad, mag sy die nabyheid van die Here ervaar in hierdie tyd van herstel. Here hou ook vir Leon wat haar bystaan in die holte van U hand. Tannie Lettie Billingham (88 jaar), wat die week weer die Onkoloog besoek het vir verdere chemo-behandeling. Ons bid vir haar en vir Nelie Roux, wat haar mammie ondersteun. Cecile Dorfling vra vir gebed vir haar skoondogter, wat ‘n operasie ondergaan het die 25ste Julie in Laeveld hospitaal. Ons bid dat die operasie ‘n groot sukses was en dat sy vinnig en volkome sal herstel. Normund Atres skryf: “In tye van onsekerheid maak ek my Bybel oop, Daniel 1. Daniel en sy vriende bly getrou in geloof. My vraag was: Hoe sê ek dankie?” “Bid asb. vir N.G. Kerk Witrivier dat God die kerk in Sy Hande sal hou, dat mense sal kerk toe kom om na Hom te soek, nie na mense. Amen.” Wouter vra voorbidding en ‘n wonderwerk van God vir Liam. Hy is 2 jaar en ly aan erge epilepsie. Hy is tans in ‘n hospitaal in Kaapstad. Mag God Sy wonderwerke hand oor Liam se liggaam uitsteek en wonderwerke in oorvloed laat gebeur, sodat dit ‘n getuienis sal wees van ‘n Almagtige, Geneesheer God wat ons aanbid en vir Wie niks onmoontlik is nie. Die Basaar, waarna ons reeds begin uitsien en voorbereidings voor begin tref. Mag God elkeen betrokke seën en lei, sodat 3 September tot Sy eer sal wees en ons gemeente in detail sal seën.

Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


P P P P P P

Ons gemeente se finansies en die gemeentelede wat die belangrike besluite moet neem hoe die fondse bestee moet word en waar begroot moet word, dat hulle God se ekonomie sal sien, maar ook Sy wysheid en realiteit sal ken in elke groot en klein besteding. Terugvoer van Ds. Daan Dekker oor die Moslem samekoms Sondag in KZN: Die Moslem aanslag is grootliks in die wiele gery deur reën!! Antwoord op gebede, kom ons lmal loof en prys die Here. Hy is die Verhoorder van ons gebede. Janette Strydom se skoonsus, Gerda, wat ‘n stryd voer teen kanker. Janette gaan haar nou versorg en ons bid vir wysheid, krag en steeds ‘n wonderwerk. Sienie van der Berg wat in die hospitaal is na ‘n groot operasie, mag God haar in Sy hande hou en haar genees. Aurora en haar geliefdes, wat hartseer is na die afsterwe van Aurora se pappa. Ons dank God dat hy sy hart vir die Here gegee het voordat hy saam met Hom hemel toe is. Ons bid vir ons Verkiesing... Mag God ons land oorvloedig seën.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.

Ons is dankbaar oor.. A

Saam met Gesina sê ons dankie! Sy sê dit gaan beter met Con, “Daar is lig in die tonnel”. Hou aan bid asseblief! A Die heerlike reën wat deur die week geval het, saam met die koue. Ons glo dat dit groot nood mee gehelp het en bid vir nog water in ons damme en riviere en veld. A Ansie Potgieter se getuienis uit Steve Biko: Prys die Here!!! Als verloop goed, ek hoef dalk nie operasie te ondergaan om kanker te verwyder, dit KRIMP!! Het vandag weer begin met chemo! Ek kan nie genoeg dankie sê! Dankie Here!! Woorde het ek nie, maar Hy weet en ken my hart! Dankie vir al jul gebede, liefde en omgee.

Ons Jeug bid vir..

t Tannie Charmaine Els, wat op albei knieë operasies gehad het, vir verligting van pyn en spoedige herstel. t Ek bid vir ‘n familie lid wat ‘n besigheid wil begin. Dat die besigheid suksesvol sal wees en die besigheid baie geluk sal bring. t Bid asb. vir my vir geduld…


hoekom gryp god nie meer in nie? (vervolg) Jesus sê, dat Sy opstanding uit die dood na drie dae, eintlik die enigste wonderteken is wat regtig nodig is. Dit moet geglo word. En dan volg die volgende interessante byvoeging:

Die mense van Nineve sal op die oordeelsdag saam met vandag se mense opstaan en teen julle getuig. Hulle het tog op grond van Jona se prediking tot inkeer gekom. En Iemand baie belangriker as Jona is nou hier by julle, en tog kom julle nie tot inkeer nie! (vs 41)

Die mense van Nineve het nie op grond van die wondertekens van Jona tot bekering gekom nie maar op grond van sy prediking. Dít is die belangrike! Prediking! Die luister na die Woord van God – en nie in die eerste plek wondertekens nie! En Jesus is soveel belangriker as Jona – luister dan tog na Hom en kom tot inkeer! Moenie in die eerste plek vra vir wondertekens nie! DIE KONINGIN VAN SKEBA SOEK WYSHEID Die volgende deel herhaal dieselfde gedagte. Hoekom het die koningin van Skeba van ‘n baie ver land gekom om Salomo te besoek? In die eerste plek omdat sy gehoor het van sy wyshede. Sy het nie na wondertekens kom soek nie – sy het gekom om te luister na wyshede. Dit is dan die belangrikste – om te luister na die wyshede van die Skrif, na die wyshede van Jesus en nie in die eerste plek te soek na Sy wonderlike ingrypings in ons wêreld nie! En dan volg daar:

En Iemand baie belangriker as Salomo is nou hier by julle; tog weier julle om na Hom te luister!

Jesus, is soveel wyser as Salomo – luister dan na Hom en kom tot inkeer! Die klem dus weer op die luister eerder as om te kan getuig van wonderwerke! DIE ONREIN GEES KEER TERUG En dan vertel Jesus veelseggend van ‘n onrein gees wat op ‘n wonderbare manier uit ‘n mens uitgedryf is en deur dor plekke op soek was na ‘n rusplek maar dit nie kon kry nie. Uiteindelik besluit die bose gees om terug te gaan na sy ou blyplek. Hy kry dié dan ook onbewoon, uitgevee en netjies aan die kant. Toe gaan roep die slegte gees sewe van sy maters – nog slegter as hy en nooi hulle om saam met hom in te trek in die persoon in. En dan volg Jesus; Uiteindelik sal dit met daardie mens baie slegter gaan as aan die begin (:45 b) Wat is die verband met die vorige gedeelte? Ek dink die Here Jesus wil hierdeur sê dat ons hier ‘n mens het wat deur ‘n wonderteken tot inkeer gekom het en daarop geroem en geteer het – sonder om daarna te luister na die Woord – sonder om te luister na Jesus – sonder om hom/haar te vul met die Gees van God. Só ‘n mens se geloof staan op losse skroewe en hy/sy laat maklik die Bose weer in in sy lewe in. Passop dus daarvoor! Passop om gedurig net te getuig hoe die Here jou of iemand genees het of beskerm het of gehelp het of jou gebede verhoor het – sonder om jou te verdiep in die Woord van die Here – sonder om te wandel in die Gees!


GOD SE OORREDENDE MAG SLUIT IN LYDENDE, HELENDE/BEVRYDENDE EN LIEFDESMAG. God het in Sy oneindigende wysheid besluit om eerder gebruik te maak van oorredende mag as van oorweldigende mag. GOD SE LYDENDE MAG Deel van sy oorredende mag lê juis in Sy lydende mag. Hy probeer ons oorreed om in Hom te glo en om op Hom te vertrou deur aan ons die Lydende Kneg, Sy Seun Jesus te gee as losprys (Joh 3:16). Wat nie vasgryp aan Sy majesteit en krag nie (Fil. 2) maar wat die vernederende ding doen deur volledig mens te word en te ly tot aan die kruis – uit liefde vir ons – vir jou en my! Dít moet ons oortuig van Sy liefde, dít moet ons oortuig van Sy betrokkendheid by ons, dít moet ons oortuig van Sy deernis vir ons! GOD SE HELENDE EN BEVRYDENDE MAG Deel van Sy oorredende mag lê juis in sy helende en bevrydende mag. Hy het gekom om ons vry te maak van ons sondelas – dit moet ons oorreed van ‘n God van liefde! Hy wil ons emosioneel genees en ons Sy vrede gee – en doen dit ook. Dít moet ons tot dankbaarheid stem om Hom te loof en prys van nou af en tot in ewigheid! Hy het gekom om ons vry te maak van ons egoïstiese self en ons altruïstiese wesens te maak wat uitreik na ander. Dít moet ons oorreed om al ons vertroue in Hom te plaas. God openbaar Homself as ‘n barmhartige, genadige, geduldige en liefdevolle God. Daarom het ek juis Psalm 103 gelees: Die Here is barmhartig en genadig, geduldig en vol onfeilbare liefde (:8 NLV) Stem dít jou nie tot ware toegeneëntheid tot Hom nie? GOD SE LIEFDESMAG Liefde is tog die sterkste oorreder en dit is liefde wat die Here by uitstek wil gebruik om ons te oortuig om Sy Koninkryk eerste te soek en Sy liefde met ‘n ware wederliefde te beantwoord. Hoe het ons dit vroeër gelees in 1 Joh 4:8 en 16?

Elkeen wat nie só liefhet nie, ken God nie persoonlik nie omdat God liefde self is Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ‘n hegte verhouding met God en God met hulle… (NLV)

DIE HEILIGE GEES IS DIE GROOT OORREDER En ja, die Heilige Gees, die Trooster, is die geskenk van God wat by uitstek die oorredingswerk steeds doen. Hy oortuig ons van sonde en geregtigheid, Hy vertel ons meer van Jesus – Hy lei ons meer in die waarheid in. Dit is die Gees wat ons die krag gee om oral mense ‘eerstehands’ van Jesus te vertel (Hand 1:9 - NLV). Laat jy die Heilige Gees toe om elke dag Sy oorredende werk in jou te doen? Groei dan my liewe broer en suster in jou geestelike lewe – ten spyte van wat in die wêreld en in die deurmekaar politiek aangaan, ja, en ook t.s.v. wat in jou persoonlike lewe aangaan. Groei ten spyte van… Dít, my liewe broer en suster is God se wil… Groete

Kruger du Preez


j STORIES VAN LEWE: 1 Here ons kom en dra hierdie reeks van Stories van Lewe aan U op.

2 Here help ons om ons gedagtes al hoe meer op U te rig. Spr. 7:24

3 Dankie Here vir U Gees, wat U vir ons gegee het. Ef. 2:17

8 Here, ons gee ons huwelike vir U. Help ons waar daar probleme ontwikkel, dat ons dit tot U eer kan uitsorteer. Pred. 2:26a

9 Jesus, U het namens my my sonde gedra aan die kruis. Laat ek uit dankbaarheid lewe. Ef. 2:4

10 Here laat my oĂŤ op U gevestig wees, in my daaglikse lewe. Gal. 5:13

15 Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. 1 Kron. 29: 11

16 Ons soek U teenwoordigheid en wil streef daarna om meer en meer in U te wees. Ps. 105:4

17 Here, ek bid dat die boodskap uitgedra word deur die kragtige werking van die Heilige Gees. 1 Kor. 2:4

22 Dankie Here, dat ek met al my kommer, vrese en vreugdes na U toe kan kom. Matt. 7:7 &8

23 Here, dankie dat niks vir U onmoontlik is nie. Luk. 18:27

24 Here, ons staan vas op U Woord. Kol. 4:2

27 Vader, open ons oĂŤ en verstand, dat ons vergewingsgesind sal wees. 1 Joh. 1:17

28 Here, selfs as ek struikel kan ek aan U vashou. U rig my weer op. 1 Sam. 2:4

29 Dankie Here, dat U nie ons ons sonde toereken nie, maar ons vergewe. Ef. 2:4-5


AUGUSTUS 2016

j

4 Here, laat ons die vrug van die Gees uitleef tot U eer. Gal. 5:25

5 Ons bid U seën toe op Sondag se ere-diens. 2 Kor. 2:14

6 Maak ons sensitief vir U woord in die erediens. Open ons harte. Gal. 5:18

7 Vader, ons as gemeente wil toegewyd wees aan U. Job. 31:4

11 Here, ons bid U seën toe op elke gemeente, kleingroep en individu, wat die reeks saam met ons doen. Ps. 92:2 & 3

12 Here, kom help ons deur U Gees, dat wanhoop en moedeloosheid nie ons lewe beheer nie. Ef. 2:5

13 Here seën elke leraar, wat Sondag U boodskap van liefde aan ons bring. Ps. 70:5

14 Here, ons wil soos die man wees wat saad op goeie grond gesaai het. Ons wil U woord hoor, verstaan en doen. Matt. 13:23

18 Dankie Here, dat ek, wat ‘n klein nietige mens is deur U gebruik kan word. Matt. 13:31-33

19 Dankie Here, dat ek deur Jesus toegang het, tot die ewige lewe. 1 Pet. 1:23

20 Here, dankie dat U Woord betroubaar en vir ewig is. 1 Pet. 1:25

21 Dankie Here, dat U ‘n God van liefde is. Dat U my ten spyte van dit wat ek verkeerd doen, met ope arms terug verwelkom. Luk. 15: 23

25 Here, help ons dat ons met vertroue bid. Hand. 2:25 - 27

26 Here ons gee Sondag se eredienste hier en in die wêreld vir U. Laat ons met verwagting en ‘n oop gemoed na U luister. Hand. 20:32

30 Here Jesus, help my om te vergewe, soos U my vergewe. Kol. 3:13

31 Here, ons gee ons land en sy leiers vir U. U weet van ons probleem, maar nie teenstaande dit weet ons U is in beheer. Ps. 31:15 & 16a


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________

Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

WERK BESKIKBAAR Tekenaar wat met “Revit software” kan werk word dringend benodig by maatskappy in Witrivier. Vir meer inligting besoek hul webblad by www.a3architects.co.za Stuur CV na: Heinrich heinrich@a3architects.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos nuus@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.