OaseNuus Sondag 12 Junie 2016
Het jy ʼn goeie wegkruip plek?
Ds. Jurgens de Jager
Het jy ʼn goeie wegkruipplek? Skriflesing: Psalm 91 Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jy nou aan die einde van hierdie kwartaal die ritmes van respek en intimiteit verder beoefen. Vandag kan jy die Koning opnuut as jou Pa ontmoet, dan besef ons dat ons by Hom kan skuil en Sy nabyheid en beskerming geniet.
Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5
Gesinserediens
in die saal vanoggend vir Gr 1-6 kinders en hul ouers.
Jeug-erediens vanaand @ 17:00
Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... ʼn Bediening propvol uitdagings is die uitsending na die Konsistorie vir ouers met peuters.
Ons nooi ouers met peuters om van hierdie diens gebruik te maak.
Maandag 13 Junie
18:00 GriefShare 08:00 15:00 17:00 18:00
Dinsdag 14 Junie
Gebedsbyeenkoms Vrouebedieningverg. Lofdans DivorceCare
Gebeure in vooruitsig
Sitkamer Konsistorie Konferensie Kerk Sitkamer
19 Junie Gemeente se verjaarsdagfees! 22 Junie Bluetooth Ouerskap
Mosambiek-uitreik Die uitreik span is baie opgewonde, hulle leer fluks aan Portugees.
Wees lief vir die aarde en herwin! Ons versamel A4 papier wat skoon, glad en bruikbaar is aan die eenkant. Bring dit asb. kantoor toe vir Antoinette.
Ken ons mekaar? Daar is soveel mense in ons kerk wat elke Sondag verby ons loop, ons groet mekaar met Jesusliefde, maar hoeveel van die persone se name ken ons? Daar is soveel dinge wat daagliks en weekliks gebeur in en om ons gemeente, hoeveel van dit weet ons? Daar is nie op ‘n Sondagoggend voor die diens tyd om alles vir ons te vertel en wys nie. Hoe kan ons mekaar beter leer ken, hoe kan ons sien wat gebeur in ons
gemeente? Ja, daar is toe ‘n plan…. kyk voor die kerk op die gras. ‘n Groot fotobord is opgerig, hierop gaan ons foto’s plaas van mense en gebeurtenisse. Ons gaan sover moontlik name van persone bysit sodat ons die gesig uiteindelik by die naam kan bring. As enige persoon of groep graag foto’s met ons wil deel om te wys hoe oulik ons as gemeente van God is, “print” vir ons van die foto’s, skryf sommer met pen ‘n naam by van wie op die foto is en noem
Mylpale 12 Junie
Marie Geldenhuys Piet de Beer Heleen Odendaal
81 Verjaar 77 Verjaar 50 Doop
watter geleentheid dit was. Handig dit by die kerkkantoor in en merk dit duidelik as FOTOBORD. Alternatief kan julle dit e-pos aan nuus@ngwitrivier.co.za en maak die onderwerp FOTOBORD. Dan sal ons die foto’s druk en op die bord gesit word. Gaan maak ‘n draai en loer of jy dalk jouself sien, of iemand wat jy ken en kry dan sommer ‘n lekker koppie koffie en geniet mekaar se gasvryheid en Jesusliefde. Navrae: Frans op 082 570 1868
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 15 Junie 17 Junie 18 Junie
Nellie Herbst Marie van Tonder Doep du Preez
71 Verjaar 74 Verjaar 74 Verjaar
Bid vir Moslems tydens Ramadan 6 Junie - 5 Julie Sondag 12 Junie 2016 Dag 7: Jordanië, Midde-Ooste En vir my, sodat 'n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak. (Efesiërs 6:19). Dank God dat Jordanië relatief stabiel is terwyl baie nasies rondom hulle in chaos gedompel is. Die kerk is toenemend besig om te help en uit te reik na die Siriese en Irakese vlugtelinge. Omdat Jordanië volhard met oorlog teen Daesh (ISIS), het dit 'n relatief veilige plek geword vir vervolgde Christene. Bid dat Jordanië sal kan volhou om ruimte vir Christene te maak en hulle met respek te behandel. Bid dat Jordanië 'n plek van veiligheid sal wees vir Christene en nie-Christene. (Psalm 46:2-4). Tans oorskadu Jordanië se aantal vlugtelinge sy 90 000 inwoners, almal benodig voedsel, skuiling, onderwys en die liefde van die kerk. Maandag 13 Junie 2016 Dag 8: Koeweit, Arabiese Skiereiland En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. En Hy het hulle uitgestuur... (Lukas 9:1-2a). Koeweit is 'n baie verdeelde gemeenskap. Die groot konserwatiewe (en somtyds gewelddadige) Salafiste-bevolking, het die verkose parlement 'n aantal jare beheer maar is polities gemarginaliseer in die afgelope paar jare. Bid vir rekonsiliasie en die oplos van baie verskille wat tans onenigheid veroorsaak tussen die verskillende kerke en plaaslike gelowiges. Koeweit beleef baie van die tipe geweld wat in Daesh (ISIS) sigbaar is. Toe 21 Egiptiese Christene doodgemaak is in Libië, het Koeweit begin vrae vra oor die geweld wat in die naam van Islam gedoen word. Bid vir Koeweities en Iraniërs om aan te hou om Islam te bevraagteken, en dat hulle sal kom tot kennis van verlossing in die Here Jesus Christus. Bid dat hulle op die Christelike TV kanale, wat die evangelie verkondig, sal inskakel. Bid vir meer Bybels en werkers om te getuig van die Here Jesus. (Romeine 10:14-15). Dinsdag 14 Junie 2016 Dag 9: Libanon, Midde-Ooste Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die Libanon. Geplant in die huis van die Here, sal hulle groei in die voorhowe van onse God. (Psalm 92:13-14). Libanon is konstant besig om groot uitdagings te hanteer sonder 'n sentrale wettige regering. Daar is uiters dringende kwessies in die land. Die toenemende getalle Siriese vlugtelinge het 'n groot ekonomiese las in die land geword. Te midde hiervan probeer die Christene om ondersteuning en fisiese versorging te gee. Bid vir ons Christen-broers en -susters terwyl hulle dié bedien wat ly. Libanon het nog steeds nie 'n president nie. Bid vir 'n sterk, godvresende en regverdige leier.
die tekorte aan basiese lewensmiddele, probleme en spanning, vir die leiding van die Heilige Gees en wysheid vir elke dag se besluite en aktiwiteite. Donderdag 16 Junie 2016 Dag 11: Mauritanië, Noord-Afrika En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis! En as daar 'n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer. Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan. (Lukas 10:5-7). Die aard van die werk in Mauritanië maak dit moeilik vir Christene om ware vriende te hê. Die plaaslike mense neem buitelanders lank waar, voordat hulle vertrou word. Bid dat alle werkers dit maklik sal vind om ware vriende te maak en dat die verhoudings sal hou. Om uit te reik na bure is anders hier as in ander dele van die Moslem-wêreld. Bid vir Christenwerkers vir guns wanneer hulle die plaaslike taal aanleer en die kultuur probeer verstaan. Vra vir 'n groter mate van openheid en aanvaarding van buitelanders deur die plaaslike mense. Bid vir meer werkers, spesifiek gesinne en mense met 'n langtermyn toewyding, om by die bestaande werk in Mauritanië betrokke te raak. (Matteus 9:35-38). Vrydag 17 Junie 2016 Dag 12: Marokko, Noord-Afrika Kyk, die dae kom, spreek die Here, dat die ploeër die maaier inhaal en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees. (Amos 9:13). Werkers oor die hele Marokko ervaar 'n groter openheid by hulle plaaslike vriende oor die laaste 12-18 maande. Baie is meer oop om oor hulle geloof te gesels in die lig van onlangse wêreldgebeure. Meer mense is oop om na die evangelie te luister. Vra dat God 'n groot oes sal bring in Marokko. Bid dat God die grense tussen Algerië en Marokko sal oopmaak sodat meer Algeriese gelowiges toegang kan verkry om die evangelie na Marokko te neem. Marokkaanse gelowiges worstel met vrees dat hulle gevang sal word. Vra God vir beskerming en dat hulle dapper en vrymoedig sal wees, vol wysheid en volwassenheid sodat die kerk versterk en uitgebou kan word. Gee dank aan God vir dié wat met vrymoedigheid uitreik na ander Marokkane, veral deur elektroniese media.
Saterdag 18 Junie 2016 Dag 13: Oman, Arabiese Skiereiland Die Naam van die Here is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut. (Spreuke 18:10). Die Sultan van Oman (Sultan Qaboos) is baie siek. Niemand weet wie die Sultan amptelik gaan opvolg nie en dit kan onrus veroorsaak. Die stam se regeringstelsel, en die baie oorloë as gevolg daarvan, was baie onstabiel Woensdag 15 Junie 2016 voor Sultan Qaboos se tyd. Wanneer politieke probleme begin en Dag 10: Libië, Noord-Afrika daar sosiale onsekerheid plaasvind, is dit glad nie meer veilig nie. STAAN op, word verlig; want jou lig kom en die heerlikheid van die Bid asseblief vir God se ingryping in hierdie spesifieke saak en dat Here gaan oor jou op. (Jesaja 60:1). Bid vir vrede en 'n einde aan al dit gou opgelos word. Daar is plaaslike kerke in meeste stede en die konflik en bloedvergieting. Bid vir die vestiging van 'n Regering dorpe in Oman. Bid dat die Here vir die gelowiges maniere sal wys van Nasionale Eenheid, wat sal bestaan uit sterk en eerlike leiers om met ander gelowiges kontak te maak sodat hulle bemoedig kan wat deur alle Libiërs gerespekteer sal word. Daar is 'n toenemende word en in hulle geloof sal groei. Bid dat diegene wat aangeraak getal Libiërs wat tot bekering kom. Bid dat nog duisende tot redding word deur die uitreike, toegang sal hê tot Christelike TV of Internet sal kom d.m.v. satelliet TV en media uitsendings. Bid dat nuwe gelo- asook met ander gelowiges. Bid vir nuwe bekeerlinge vir 'n dieper wiges voldoende dissipelskap sal ontvang. Bid vir die veiligheid en verstaan van wie Jesus werklik is. (Matteus 10:7-8). beskerming van Christene in Libië, in konfliksituasies sowel as teen diefstal, ontvoering en IS aanvalle. Bid vir volharding ten spyte van
Wat se
NG Witrivier
herinnering het
jy om te deel?
Wat kan jy onthou en wat wil jul met ons deel. Kontak dringend vir Antoinette by die kantoor. Foto’s en verhale Hierdie projek het ʼn vars wending ondergaan, ons gaan nie meer ʼn boek uitgee nie, maar ʼn DVD propvol verhale en foto’s. Opnames is vroeg in die nuwe kwartaal. As jy iets het waarvan ons moet weet, kontak Antoinette voor Dinsdag 13:00 Daar gaan plek vir advertensies wees, ons benodig 20 sake-ondernemings wat graag hulle naam aan ons gemeente wil koppel. Stuur sms vir Antoinette 082 450 9434
Hou die partytjie datum in die oog... Wanneer: Waar: Tyd:
Sondag 19 Junie By die gemeentesentrum Direk na die Fees-erediens
Wat is ʼn verjaarsdag sonder ’n feestelike kuiertjie en koek Ons gaan weer Teelepeltjie-ete hou! Dankie vir die briefies wat ingekom het, ons sien uit na almal se gunsteling geregte. Vandag is nog ʼn kans om die vormpie in te vul en in die mandjie te gooi of om by die kantoor af te gee. Die kos span vergader eersdaags en hulle koördineer graag almal se smul geregte en sal kontak maak met almal.
Nuwe era propvol nuwe moontlikhede het aangebreek Laai die APP (Toepassing) af by... Android gebruikers laai af by Play Store en iPhone gebruikers laai af by iStore. Tik in:
Lorraine 083 269 7365
P
P P P P P P P P P
A
Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . Bid asb. vir my vriendin se Pa, wat graad 3 breinkanker ontwikkel het, na die gewas in sy brein versprei het. Laat God hom asb. weer gou gesond sal maak vir sy familie – Amen – Ina vra: bid vir ons seun, Dewét, dat die geleentheid wat hom voorgedoen het om in Kanada te werk ‘n groot sukses sal wees, en dit God se seën sal dra. “Ons vra asb. almal se gebede dat die pos, waarvoor Louis aansoek gedoen het, vir hom beskik sal wees.” ...verlede Maandag se verrigtinge, wat voorgelê is aan die voete van die Here, dat Sy Wil geskied op grond van Matt 7:7... Hester Steenkamp, sy sukkel baie met haar maag(sure), mag God haar aanraak, die ongemak wegneem en haar volkome genees. Martiens Ferreira (oud lidmaat), wat Donderdagoggend ʼn drie-vat omleiding ontvang het. Ons bid vir geduld op sy herstelpad en vir Alice en die kinders, wat hom bystaan. Hennie, Jan Bodenstein se broer, wat in die week ‘n operasie aan sy elmboog ondergaan het nadat hy van ‘n dak afgeval het. Ons bid dat die operasie ‘n sukses was en dat Hennie spoedig en volkome sal herstel. Ons begin reeds bid vir ons Mosambiek Uitreik. Die Span leer fluks Portugees. Ons bid vir die voorbereidings, dat God in detail sal voorsien in borge vir o.a. brandstof... Wanda het die aflope week ʼn operasie aan haar voet gehad, sterkte vir haar pad na herstel. Oom Johan Greyling van Rustig is Donderdagoggend oorlede. “Here droog U sy gesin en familie se trane af en dat hulle die herinneringe koester. Dra hulle spesiaal in die verdere routyd, hul moeder is paar maande gelede oorlede.”
Ons is dankbaar oor.. ‘n Anonieme briefie skryf: “Dankie Heer, vir wat U alreeds bewerkstellig het m.b.t. die saak.... dankie daarvoor.”
Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms. A A A A A
A A
t
Die Truters skryf: “Aan God al die eer – baie dankie Here vir alle reëlings wat reg geloop het en ‘n geslaagde nekoperasie wat Rica ondergaan het. Amen” Jeanette & Thinus sê dankie vir almal se sms’e en oproepe met Mamma se afsterwe. Dit beteken baie. Baie Dankie, Here vir ALLES! Ons is LIEF vir U! Milanke Haasbroek, wat wonderbaarlik spoedig herstel het, nadat sy laas naweek in die hospitaal spandeer het met ‘n hoë koors. Ons dank God vir die krag van gebed. Die beskerming, wat die Van Stadens beleef het, met die plaas aanval wat hulle gely het Saterdagaand. Ons dank God dat hulle veilig is en ons bid dat Hy ook hulle gedagtes sal beskerm teen vrees en ander leuens van die vyand. Deon en Suzette van der Berg, wie se seuntjie in die week gebore is, ons bid God se seën oor hom en Sy ouers. Ons sê dankie saam met Alfred en Belinda, wat Woensdag laat weet het: “Ons is veilig by die huis!!! Dankie Vader!!! 12 223km!!” Dankie vir verbetering in ma en dogter verhouding.
WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za
Ons Jeug bid vir..
t Dankie vir ‘n nuwe wêreld, saam met t t
vriende. Gaan asseblief saam my beste vriend, wat oorsee vlieg vir werk, en laat hy sommer vinnig, veilig terugkom. “Left out, Alone, Afraid, and Falling...” Ons bid vir hierdie kind, wat so moedeloos en verlore voel, mag hy/sy God se vrede en onvoorwaardelike liefde en Sy tasbare nabyheid ervaar.”
Petra Nuus Dit was weer eens 'n groot voorreg om die direkteure van Basilea NWM (Petra Instituut se geregistreerde naam) vir die jaarlikse Raadsvergadering hier te hê. Daar is nie net stil gestaan by die hartseer gebeure van die afgelope tyd nie, maar God is ook saam geprys vir die wonderlike manier waarop Hy Petra Instituut oor die afgelope jaar gedra, en in ons werk gelei het. Loof die Here saam met ons vir ’n Raad wat met hart en siel toegewy is aan ons as personeel en aan die bediening. Theunis Scheepers het ’n reeks werkswinkels, wat handel oor die bou van ’n waardegedrewe span, aangebied. Dit is van groot waarde vir die Petra-span en die personeel getuig dat dit baie effektief was en beslis toegepas sal kan word. Dit het baie daartoe gelei dat die personeel weer selfondersoek kon doen, mekaar kon hoor en selfs gevind het. Bande kon ook versterk word. Die span wat die Kinderpinkster aangebied het, getuig dat hulle baie lekker as span saamgewerk het. Tydens die oggend se familiediens het die kinders ’n Bybelverhaal uitgespeel en saam ontdek wat die statistieke sê oor mense wat in ons eie land verlore gaan. Daarna het die kinders na die grootmense gegaan en vir hulle gebid. Een aand het die kinders geleer om ‘n seën oor ander te bid. Gedurende die week was daar ’n buiten-gewone rustigheid en vrede oor die kinders en die Here se teenwoordigheid is op ‘n besondere manier ervaar. Ons eer Hom vir geleenthede soos hierdie. Die praktiese werkswinkel vir die tweedejaars van die afstandsonderrigkursus was ’n besondere week. Wat ’n voorreg om te kan belê in die lewe van mense wat kinders en bediening ernstig opneem! Elke student getuig van ’n besondere ervaring en die beleef van die teenwoordigheid van die Here gedurende hierdie week. Soms is daar ongelukkig ook teleurstellings in die bediening. Die span van die projek Hope for the Children het nie opgedaag vir hulle toerustingsgeleentheid nie. Bid asseblief vir Odette Davids, wat die projek bestuur, vir wysheid hoe om die pad vorentoe met hulle te stap. So is die geleentheid vir die aanbied van die Saamloop met Seerkrykinders-kursus, wat in Centurion aangebied sou word, ook gekanselleer weens te vol programme van die persone wat dit sou bywoon. Ons bid dat daar ook ander maniere gevind sal word om hierdie inligting op ’n ander tyd en manier aan hierdie groep te kan oordra. Bid ook asseblief dat daar meer geleenthede sal kom waar hierdie kursus aangebied kan word. Bid vir Gretha Lourens om goeie kontakte op te bou. Bid asseblief vir Petra Instituut se finansies, wat tans onder groot druk is. Bydraes
het baie afgeneem en die kostes, behoeftes en projekte het toegeneem. Na die afsterwe van Thys Swart is dit ook belangrik dat Sonia (sy vrou) duidelike leiding en wysheid kry om die fondswerwing doeltreffend te kan voortsit. Sy beoog om kontak te maak met al die 1-Vennootskap-ondersteuners en te vra dat hulle dit biddend sal oorweeg om hul bydraes na maandelikse of debietorderbetalings oor te skakel, aangesien dit die praktyk vir Sonia en Petra Instituut baie sal vergemaklik. Bid in die besonder vir haar om met groot wysheid hierin te kan optree. Ons bid ook veral vir Manie Loubser, wat vir Sakkie de Beer in die oorname as finansiële bestuurder begelei. Ons is baie dankbaar vir verskeie groepe wat gehuisves kon word. Gedurende Junie is daar ook groepe wat inkom. Bid asseblief dat daar nog heelwat meer groepsbesprekings vir die tweede helfte van die jaar ontvang sal word. Ons eer die Here vir toegewyde en pligsgetroue personeel wat die gasvryheidsbediening en versorging van die fasiliteite so getrou dien. Ons bid vir Tom Saayman en sy span wat met min fondse steeds die instandhouding doen. Ons bid steeds vir die families van Dawid Gerber en Thys Swart na hulle afsterwe, ook vir Rudi en Karin Mans na die skielike afsterwe van Rudi se broer. Die pos van Kommunikasiebeampte (Communications Official) is reeds ’n geruime tyd vakant. Daar is ’n dame wat belangstel - ons wag nou vir haar finale aansoek. Ons gebed is dat die Here haar baie duidelik sal lei en dat sy die regte besluit sal neem. Baie van ons personeel sal weer in die volgende maand op die paaie en vliegtuie wees. Ons bid vir hulle veiligheid en vir seën op hul werk. Bid ook vir Keean Morton, seun van Soleil en Enricho Morton, hy is siek en dokters nie seker van diagnose. Gedurende die hele Junie tot die eerste week in Julie word daar week vir week kinderkampe regoor Tanzanië aangebied. Verlede jaar het meer as vyftienduisend kinders hierdie kampe bygewoon. Bid asseblief vir Gerhard en Carmari Strobos en die nasionale span van opleiers wat van die kampe bywoon vir die evaluering van die aanbieders Vanaf 26 Junie tot 10 Julie besoek die All Nations-span uit Potchefstroom Tanzanië weer. Bid asseblief vir die voorbereidings, logistieke reëlings en finansies vir hierdie program. Die organisasie betaal hulle onkostes om daar te kom, maar vir die verdere verblyf en reiskoste moet fondse gevind word. Bid asseblief dat die Here hierin sal voorsien.
Ons bid tydens Ramadan Interessante feite... Die Vyf Pilare van Islam Shahada: 'n Verklaring van geloof in die een ware God. Die uitroep is gewoonlik, "Daar is geen god behalwe God (Allah) nie en Mohammed is sy profeet en dienskneg". Salat: Bid vyf keer 'n dag met die gesig na Mekka. Moslems moet hulleself reiniging voordat hulle bid. Zakat: Die gee van aalmoese vir die armes en behoeftiges.
Sawm: Vas gedurende die maand van Ramadaan. Hajj: 'n Pelgrimstog na Mekka, wat elke Moslem minstens een keer in sy leeftyd moet maak. http://tinyurl.com/louhbpm
Nuus van die lourense ‘n
Mens word dikwels herinner aan die prentjie van die voetspore : wanneer jy deur moeilike tye gaan en jy kyk om dan sien jy dat daar soms net een ry spore lê – dan besef jy dit is die tye waar die Here jou gedra het. Ons kan getuig dat ons in die afgelope maande dit ervaar het. Met baie groot dankbaarheid kan ons sê dat dit baie beter gaan met Boetie na die insinking wat hy beleef het ten opsigte van depressie. Ons het by ‘n baie goeie psigiater uitgekom en hy kon nuwe medikasie voorskryf en na die aanpassingstyd is ons dankbaar om te sê dat dit effektief is en dit baie beter gaan. Hy is ook verwys na ‘n baie oulike Sielkundige wat ons ook help om self die situasie te kan bestuur. Ons is baie dankbaar vir Manie Loubser wat ten spyte van ander verpligtinge gedurende die tydperk waartydens die Petra Bestuur aan Boetie siek-en herstelverlof toegestaan het, gehelp het om die ondersteuners van die Studiefonds te kontak. Punte vir gebed: A Loof die Here vir Boetie se herstel. Bid asseblief dat hy weer gou en effektief aan die gang sal kan kom met sy besoeke en gesprekke ten opsigte van die fondswerwing. Bid ook asseblief saam dat die Here op buitengewone maniere sal voorsien in Petra se fondse. Die Bediening groei geweldig maar die beskikbare fondse het baie verminder. P Bid vir Gretha wat op 24 Junie vir ‘n operasie moet gaan nadat daar gevind is dat daar weer ‘n kwaadaardige knop in haar bors ontwikkel het. Bid ook asseblief dat die dokters wysheid sal hê in besluite ten opsigte van verdere behandeling. P Bid asseblief vir die gesprekke met die skoolhoofde, hoofde van naskoolsentrums en Kerkrade, dat hulle bereid sal wees om saam te werk en die opleiding van Naskoolpersoneel sal ondersteun. Baie groete en liefde.
Boetie & Gretha Lourens
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WERK BESKIKBAAR Admin dame benodig in Witrivier. Moet 2 jaar ondervinding hê o.a. ook van “recons”. Moet beskik oor eie vervoer en bereid wees om oortyd te werk en naweke. Kontak: anresmit@live.co.za
Dame met goeie ondervinding en verwysing as “Care Giver” is op soek na werk. Kontak: Joyce Khumalo 082 409 2979
WOONSTEL BESKIKBAAR
Een slaapkamer woonstel langs die Hoërskool Voltydse pos as kassiere in Nelspruit beskikbaar en oorkant die Laerskool. Afdak en vooraf vir Afrikaanssprekende dame ouer as 40 jaar. betaalde krag. Vriendelik en goed met kliënte. Moet ook Kontak: Maritz afwisselende naweke werk. 072 640 6415 Kontak: Wilma Een slaapkamer woonstel met loft, motorafdak 083 654 7793 en voorafbetaalde krag sentraal geleë (Rose Pos beskikbaar vir persoon met eie vervoer wat Bridge Manor) beskikbaar 1 Junie. goed is met verkope om op kommissie basis te Kontak: Ursula werk. 082 660 9996 / 013 751 3566 Kontak: Willem KAMER TE HUUR GESOEK 078 742 2811 Manspersoon soek dringend na ʼn kamer met SOEK WERK badkamer te huur. Vrou is opsoek na enige werk, sy het nie matriek Kontak: Flip nie. Sy het ondervinding in Kleuterskool werk en 076 015 5104 het ook liassering gedoen. Kamer met badkamer te huur gesoek vir Kontak: Sarie manspersoon met parkering vir voertuig. 072 259 6694 Kontak: Danie Opsoek na ʼn getroue huishulp (die spreekwoor083 352 2154 delike “engel”) vir 2 of 3 dae per week. Kontak: Colette Manspersoon soek dringend na ʼn kamer met 082 458 6878 badkamer te huur. Kontak: Johan Man soek dringend werk. Sy vaardighede 082 928 6700 behels konstruksiewerk, boilermaking, bouwerk en staalwerk. Enige “handyman” werk. Dit moet verkieslik in Witrivier wees. Kontak: Hennie van der Merwe 079 459 5539
Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die “Like” ons by
Gemeente
NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier
APP af:
www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
NG Kerk Witrivier KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za