OaseNuus 2 Junie 2019

Page 1


Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.

Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Laerskoolkinders Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Stad op die berg-erediens Vanaand 18:00

Jeugpinkster

Sakke van Hoop Bring sakke van hoop, wat hoop bring in die gemeenskap.

What does Avengers: Endgame

Bring klere / blikkies kos / komberse have to do with Youth-Pentecost? Plaas gerus elke aand voor/na die ereCome and find out!! Services diens op die verhoog. Kan ook soggens na start Sunday, 2 June - Thursday, 6 die kantoor gebring word. June, 18:00-19:30 @ Rob Ferreira Hierdie sakke klere wat ons uit ons oorHigh School vloed gee gaan na die Kos– en Klerekas, #stadopdieberg #freefood wat namens ons die nood verlig in die #endgame #youth gemeenskap.


Sondag 2 Junie 08:30 10:00 17:30 18:00 18:30

Pinkster-erediens Mini Karnaval Sop-kuier Jeugpinkster Pinkster-erediens Kinderpinkster

Vrydag 7 Junie Ouditorium KoffieOase Saal Rob Lapa Ouditorium Voorportaal

09:30 Pinkster - herhaling

Konsistorie

Sondag 9 Junie 08:30 Pinksterfees & Nagmaal Ouditorium Rustig kollekte

Dinsdag 11 Junie

Maandag 3 Junie - Donderdag 6 Junie 08:00 Gebedsbyeenkoms 09:30 Pinkster - herhaling 17:30 Sop-kuier 18:30 Pinkster-erediens Jeugpinkster Kinderpinkster

Konsistorie Saal Ouditorium Rob Lapa Voorportaal

Dinsdag 4 Junie 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie

Woensdag 5 Junie 10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Konsistorie 17:00 Lofdans Ouditorium 18:00 DivorceCare Gebedskamer Finansiële Bedieningverg. Raadsaal

Woensdag 12 Junie 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Bluetooth Ouerskap

Bovertrek Bovertrek

Donderdag 13 Junie 15:30 Dagbestuur 18:00 Bedienings beplan

Raadsaal Bovertrek

Pinkster vir volwassenes, tieners en kinders Watter verskil kan die “gawes van die Gees” in jou lewe maak? d

d

d

d

d

Dit is die Pinkster tema wat Ds. Nati Stander vanaf Sondagoggend en elke aand om 18:30 in gemeente aanspreek. Jeugpinkster bied Ds Eddie le Roux vir die tieners aan. Elke aand van Sondag tot Donderdag 0m 18:00 in die Lapa van Hoërskool Rob Ferreira. Heerlike eetgoed. Meer inligting op Facebookblad: Jeug@NGWitrivier Kinderpinkster word in die voorportaal aangebied deur Magriet Frey vir kinders, dieselfde tyd as vir ouers in die ouditorium.

Sop en broodjies word bedien vanaf 17:30 in die saal. Kom geniet die samesyn van medegelowiges. Dankie vir die gasvryheid van die Omgeegroepe en lidmate wat dit vir ons voorberei en voorsit. Bring ook klere, skoene, komberse, nie bederfbare produkte, toiletware vir die Sakke van Hoop wat ons insamel vir die Kos– en Klerekas.


28 Junie tot 7 Julie Op 28 Junie stuur ons gemeente weer ‘n span Mosambiek toe om daar te gaan dien en om ons sendelinge (Jaco, Inge, Ernan en Lander) te gaan bemoedig. Die span is reeds volstoom besig om te beplan en voor te berei. Vir hierdie uitreik om volle potensiaal te kan bereik, is die volgende behoeftes geïdentifiseer: K Wil jy saam gaan? Daar is plek vir hardwerkende persone om te gaan help bou. Koste is R1 000/p. Vorms by kantoor. K Gebed K 4x4 Voertuie K Beertjies sien bylaag in OaseNuus vir die patroon. K Finansies - vir heelwat bouwerk. By die Kleuterskool langs die vrugte drogingsfabriek, gaan hulle ʼn nuwe klaskamer bou, 2 toilette en ʼn klimraam. Navrae: Ds Eddie / Wanika 083 296 0806

Mavilamahle Handwerkprojek in Masoyi Dinsdae is ʼn vreugdedag, ʼn dag om te dien en vroue te sien glimlag. “Daar gaan ek elke week verkwik weg.” sê Hester. Word deel van hierdie projek op die volgende wyse:

Gee van jouself! Word deel van die weeklikse uitreik, veral as admin jou gawe is, dit sal Hester baie help.

Verryk jouself deur te dien! Navrae: Hester Loubser 082 926 8972

Het jy kennis van besproeiing op groente? Past Samuel Chauque sal graag by jou wil leer. Hy wil by sy kerk groente plant vir die gemeenskap van Masoyi. Kontak: Antoinette by die kantoor

Het jy ‘n passie vir kinders en musiek! Die Laerskoolbediening benodig jou talente! Rudi 078 893 6118 gesels graag met jou.


Beertjie-projek!! “Rather than waiting around for God’s special plan for your life, you should just go find where God is at work and join in.”

FAST and EASY Teddy Bear Pattern

Materials: Use the appropriate size of needles for the yarn you choose. The weight of the yarn will determine the size of the bear. Size 3.75 with double knitting yarn would be a good match. Pins to hold bear together while sewing; a tapestry needle; synthetic stuffing; dark coloured yarn or buttons for eyes, nose and mouth. Pattern: The bear is worked in stocking stitch throughout and is knitted from the feet up, over the top of the head and down the other side to the feet again. Begin with the legs and work two. Cast on 8 stitches and work 16 rows. Break the yarn and leave the stitches on the needle. Cast on another 8 stitches and work another 16 rows. To work the body, knit across both legs and then work 12 rows. To work the arms, cast on 8 stitches at the beginning of the next 2 rows. Work 8 more rows, then cast off 8 stitches at the beginning of the next 2 rows. To make the head, work 38 rows on the 16 stitches you have left. To make the second side of the arms, cast on 8 stitches at the beginning of the next 2 rows and work 8 more rows. then cast off 8 stitches at the beginning of the next 2 rows. To make the second side of the body, work 12 rows. To make the second side of the legs, work the first 8 stitches and then work 16 rows on these stitches. Cast off. Return to the remaining 8 stitches and work 16 rows on them. Cast off. To make up the bear, fold the knitting in half and line up the sides, pinning if necessary. Using mattress stitch and working on the RT side, sew around the bear leaving an opening at the crotch area. At the ears, arms and feet, round off the sewing up slightly. Before inserting the stuffing, create the ears by stitching across the head at an angle, making 2 triangle-shaped ears. Either create eyes and a nose with yarn or use buttons. Stuff the bear with synthetic stuffing, shaping the head as you go. Close the crotch area.


Witrivier Karnaval 27 Julie by Laerskool se sportgronde

Kindervermaak! A A A

Verskeidenheid springkastele Tuisgemaakte lekkers Allerlei produkte en speletjies wat enige kind se hart sal steel Kos speel saam!

Braaistalletjie

Teetuin

Gebak

Groente & vars produkte

ONTBYT-piekniek etes� Kaartjies is beskikbaar by die KoffieOase of gedurende die week by kantoor. Daar is opsies, = Muesli, jogurt en vrugteslaai + koepon vir koffie/sap = Croissant met ham en kaas, jogurt + koepon vir koffie/sap. Navrae: Cathie 083 626 4431

Vleis

Kerrie & Rys

Poeding

Kindervermaak & aankope

Koeldrank & water

Lourens van Deventer

Pannekoek

op die verhoog in

Pierre Nel

die in kuiertent Teetuin

Koeldrank & water

Demonstrasies & Werkswinkels Koekversiering Thermomix Vertikale tuin Verfklas Hindernisbaan

Koop vooraf kaartjies by kerkkantoor

Plante

Stap vir Bybels

Vlooimark Model vliegtuigies Slangvertoning


Gebedsfokus Ons bid vir.. P

P

P

P P P

P

Elize Gouws, wat laas week ‘n heupvervanging ondergaan het, sy word tans behandel vir infeksie en het erg pyn. Ons bid dat die behandeling reeds ‘n groot verskil gemaak het en dat die Here haar sal aanraak en die pyn sal wegneem en dat sy spoedig sal aansterk en weer op die been sal wees. Chantelle Bosch se Pa, wat weer in die hospitaal opgeneem is die week, waar ‘n abses van sy werwels gedreineer moes word. Ons bid dat dit baie goed gegaan het en dat sy infeksie telling sommer reeds baie beter is. Mag die Here sy liggaam aanraak en hom versterk en mag Hy vir sy vrou en geliefdes Sy vrede gee. Louise Kotze, wat in die week ‘n rugoperasie in Pretoria ondergaan het, ons glo dat die operasie ‘n groot sukses was en bid dat Louise spoedig sal herstel met die minimum pyn, ons bid ook vir Chris, wat haar bystaan. Ons bid steeds vir ons Regering, waar daar nuwe aanstellings en skommelings plaasvind. Mag die Here daar in beheer wees en Sy wil geskied. Tannie Louise Grové, wat skielik Sondagaand oorlede is. Ons bid vir haar geliefdes en vir die Here se troos in hierdie hartseer tyd. Ons bid vir elkeen in die gemeente wat geraak word deur kanker en deur die behandeling en newe-effekte en geestelike gestoei tydens die behandeling. Mag die Here ons harte sag maak en ons baie deernis en wysheid gee om daar te wees vir hulle wat ons nodig het met praktiese hulp maar ook emosionele ondersteuning. Ons bid in besonder vir Sean Adlem (12 jaar) wat hierdie week sy 2de siklus (van 4) van chemoterapie in Pretoria ontvang het. Mag hy, Pa Patrick (wat self van ’n rugfussie herstel) en Ma Amor die Here se nabyheid en leiding ervaar in hierdie tyd. Ons kinders wat besig is met eksamen, veral die kleintjies wat vir die eerste keer moet eksamen skryf, mag die Here hulle Sy vrede gee en die ouers rustig maak en wysheid gee met hulp en raad.

Dankie Here...

A

Vir ‘n heerlike Joshua na die Reën kuier en luister, ons bid dat die fondse wat hierdeur ingesamel is baie mense sal seën en hul geloof sal versterk in ‘n praktiese God wat in detail voorsien.


Berribrokkies Mei 2019

Liewe vriende, Joh. 15:9 in “The Passion Translation”: “I love each of you with the same love that the Father loves me. You must continually let My love nourish your hearts.” Dis ons bede vir elkeen van jul en onsself, dat ons Hom sal toelaat om ons harte te verkwik met Sy liefde! Leë nes! Ons huis is baie stil sonder die seuns! Timon is eerstejaarstudent in BSC IT (Inligtingstegnologie) aan NWU in Potchefstroom. Ja, dis ver van die huis, maar ons is sooo dankbaar hoe Vader voorsien het in al sy behoeftes, en t.s.v. ons aanvanklike klein geloof toe ons na die bedrae geld kyk wat nodig was. Die Goeie Vader voorsien en seën Timon, ons is dankbaar dat hy die jaar kan studeer sonder enige skuld! Mikael is nou in gr. 11 en is van vanjaar af in die koshuis in Mosselbaai by Hoërskool Punt, hy geniet dit baie. Dit gaan goed met beide van hul en is hulle is cool verby. (sien foto regs)

IFMLT Ywam se internasionale leiers van "Frontier missions" bediening kom elke jaar in Maartmaand bymekaar vir ons internasionale vergaderings. Dit is elke jaar in 'n ander land en vanjaar is die vergaderings in Franschhoek, Suid Afrika, gehou. Ons was verantwoordelik vir die reëlings daarvan. Ons het hard gewerk aan verblyf-, kos-, visum- en allerhande reëlings vir die oor die 50 leiers. Ons is dankbaar dat dit goed afgeloop het, dankie vir julle gebede. Dit is so bemoedigend om te hoor van die wonderbaarlike groei in bekeerlinge wêreldwyd, veral onder Moslems en onbereikte in baie lande. Fred se tweede termyn as leier van Ywam Frontier missions in Suidelike Afrika kom in Maart 2020 ten einde. Op die foto bid ons op 'n reuse wêreldkaart vir die nasies. Plaaslike bediening Ons gaan steeds voort met ons Bybelstudie groepe in die Wolwedans gemeenskap van Groot-Brakrivier en met die vroue in Friemersheim. Ons het die leierskap van omtrent al die bedieninge wat ons begin het en waarby ons die afgelope 8 jaar in die Mosselbaai omgewing betrokke was, toevertrou aan getroue medewerkers. Ons twee reis meer saam rond en gee opleiding met 'n afwagtende hart oor meer duidelikheid oor die Here se Woord van 'n nuwe seisoen vir ons.


Reise Ons het onlangs saam opleiding by die Ywam basisse in Durban en Oos Londen aangebied. Ons geniet dit om jongmense toe te rus om die evangelie kruis- kultureel te kan deel en mense te kan dissipel. Verlede week was ons in Madagaskar waar ons 'n kruiskulturele kommunikasie seminaar aangebied het. Ons geniet die saamreis en saam klasgee baie en is dankbaar vir die seisoen waar ons dit weer meer kan saamdoen. Die Malgassiese mense is ook baie sosiaal en gasvry en al 35 studente het ons is behoorlik op die hande gedra. Die goedkoopste kaartjies na die Ooste van Madagascar was deur Reunion. Ons is aan die einde van die jaar 25 jaar getroud en sien dit as die Here se bederf dat ons een aand Madagaskar toe en een aand terug op die pragtige eiland van Reunion kon oorslaap. Living Word skool in Worcester Na baie jare van uitreik voel ons dit is weer tyd om studente te wees en opleiding te ontvang om ons beter toe te rus. Die Living Word school op Ywam Worcester se basis is 'n leiersontwikkelingskursus. Dit is 'n drie maande kursus waarin ons baie tyd in God se Woord spandeer en Sy stem beter te leer ken deur Sy Woord. Die leier van die opleiding is Jim Stier wat Ywam in Brasilië begin het en al diep spore in ons lewens getrap het. Ons beplan dan om naweke tuis te wees in Friemersheim om hier te wees vir Mikael wat tydens die week in die koshuis is in Mosselbaai. Fred begin reeds 17 Junie en Paula sal dan na die vakansie aansluit as die kinders weer terug hok toe is. Fred sal naweke deurkom en ons sien uit om weer vir Timon tuis te hê vir die vakansie. GEBEDSVERSOEKE A Dankie vir die Here se voorsiening vir Timon en Mikael P Vir voorsiening vir ons studies in Worcester (die R12990 elk sluit darem behuising en kos in) P Vir die Here se volgehoue werk in die Mosselbaai omgewing P Vir meer bekerings onder die Sjinese en Somaliërs in die Suid Kaap P Vir volgehoue groei van die Dissipelskap beweging met meer as 1900 Moslems wat al tot bekering gekom het deur Ywam se werk onder die Yao mense in Malawi en Mosambiek P Vir die 20 spanne van Ywam wat onder die onbereiktes in Suidelike Afrika werk P Bid in die Ramadan tyd vir meer Moslems om tot bekering te kom veral deur drome en visioene.

Fred en Paula Berrington


Kom vra jou kwelvrae aan Marina Erasmus van SANCA

1 Junie Ina Roche Stoffel de Kock Thea Bekker Chris Steenberg Johan & Truidi Verster 3 Junie Rob Douglass Dalene Sawyer 4 Junie Hantie Jansen 5 Junie Marinda Olivier

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

82 Verjaar 6 Junie Bess Schutte 78 Verjaar Beatrix Groenewald 74 Verjaar Ria Solomon 70 Verjaar 7 Junie Chris Kotze 33 Huwelik 8 Junie Leon Cilliers 76 Verjaar Lizette le Roux 63 Doop Roelof & Dina Pretorius 47 Doop Flip & Riana Nel 59 Doop Johan & René Vorster

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

84 Verjaar 77 Verjaar 74 Verjaar 55 Doop 88 Verjaar 70 Verjaar 67 Huwelik 45 Huwelik 34 Huwelik

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.