Jesus tussen ons

Page 1


Met dank aan die volgende medewerkers van NG Gemeente Witrivier: Ds. Eddie le Roux Ds. Jurgens de Jager Ds. Nati Stander Lourens van Deventer Antoinette Bester Chris Claassens Sulene Roelofse Jan Bodenstein

www.selgroepe.co.za Facebook: Selgroepe Wat Omgee Skrifaanhalings geneem uit die Bybel in Afrikaans 1983-vertaling met herformulering tot en met 1992 Š Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gedruk en gebind deur: Colourtech Printers, Rietfontein 21, Bapsfontein,1510

2


kkkk 1. 2. 3. 4. 5. 6.

Aangename kennis, Heilige Gees Maak U tuis, Heilige Gees Ingevlegte gesprekke Is daar ‘n verrassing? Gesprekke wat ‘n merk los My beker loop oor...

kkkk

3


Aangename kennis, Heilige Gees Week 1

Mens tot Mens

Vertel vir mekaar van ‘n tyd in jou lewe toe jy baie hartseer was.

Mens tot God

Laat iemand ‘n Psalm kies en lees dit dan as ‘n gebed saam. Vul dit gerus aan met julle eie woorde.

God tot Mens

Kyk na die DVD-inleiding. Lees Efesiërs 4:25-32 Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam. 26As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ’n dag kwaad afsluit nie. 27Moenie die duiwel vatkans gee nie. 28As iemand ’n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op ’n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee. 29Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. 30En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. 31Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. 32Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. 25

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 4


Aangename kennis, Heilige Gees Week 1 1. Deel met mekaar wat jou in hierdie Bybelgedeelte opval.

2. Fokus vir ‘n oomblik op vers 26 en 27. Wat val jou op van “kwaad word”?

3. In hierdie kort gedeelte is daar heelwat verwysings na “dit wat uit jou mond kom”. Spoor die plekke op waar dit handel oor die woorde wat ons spreek.

4. Waarom dink jy word daar so ‘n groot klem gelê op dit wat uit ons mond kom?

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 5


Aangename kennis, Heilige Gees Week 1 5. Kom ons staan nou vir ‘n oomblik by vers 30 stil. Wat is die implikasie daarvan dat die Heilige Gees “bedroef ” kan word?

Mens tot Medemens

d Kom ons neem ons hierdie week voor om nie aan die Heilige

Gees te dink as ‘n “mistiese krag” nie, maar as ‘n Persoon met wie ons in verhouding staan. Hierdie Persoon se teenwoordigheid in ons lewe maak dat ons anders praat, omdat ons Hom nie wil hartseer maak nie. d Doen selfondersoek en deel met mekaar waar jy gaan probeer om anders met woorde om te gaan. d Sluit af deur die Heilige Gees te dank vir sy teenwoordigheid in jou lewe.

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 6


Maak U tuis, Heilige Gees Week 2 Mens tot Mens

Oor watter mooi ding voel jy baie sterk, en sal jy jou stem laat hoor? Hoekom voel jy so sterk daaroor?

Mens tot God

Dank die Here in 'n paar kort gebede vir die voorreg van ons saamwees.

God tot Mens

Kyk na die DVD-inleiding. Lees Johannes 7:37-39 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: "As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! 38 Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sĂŞ: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei." 39 Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. 37

1. Watter mense baat die meeste uit hulle verhouding met Jesus?

2. Vertel hoe jou dors na Jesus geles is. Watter hunkering in jou het Jesus kom stilmaak?

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 7


Maak U tuis, Heilige Gees Week 2 3. Hoe beskryf vers 38 die werking van die Gees?

4. Kom ons kyk van nader na die drie belangrike beelde in vers 38: Waarop dui die beelde vir julle? d Water

d Die lewende water?

d Strome van daardie lewende water?

5. Wat van Jesus maak jou baie opgewonde? Hoekom voel jy so sterk daaroor dat jy nie kรกn stilbly nie?

Mens tot Medemens

Dank die Here vir die werklikheid van die Heilige Gees (vers 39) en bid dat hierdie gevolg van die Gees se werking in ons sigbaar sal word.

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 8


Ingevlegte gesprekke Week 3 Mens tot Mens

Vertel van ‘n slegte gewoonte in jou lewe (van vroeër of van nou) wat jy sukkel (of gesukkel het) om af te skud. Alternatiewelik kan jy vertel van ‘n goeie gewoonte wat jy graag sou wou aanleer, maar wat moeilik gevestig raak.

Mens tot God

Kom ons sê elkeen vir die Here dankie dat Hy ons weer by mekaar uitgebring het.

God tot Mens

Kyk na die DVD-inleiding. Lees saam Galasiërs 5:16-26 Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. 17Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie. 18Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie. 19Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, 20afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, 21afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie. 22 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriende16

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 9


Ingevlegte gesprekke Week 3 likheid, goedhartigheid, getrouheid, 23nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. 24Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. 25Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. 26Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie. 1. Wat val jou in vandag se gedeelte op?

2. Watter “vrug van die Gees” spreek jou vandag baie aan? Hoekom?

3. Het jy opgelet dat die Bybel nie van “vrugte van die Gees” praat nie, maar van “vrug van die Gees”? Hoekom dink jy sou dit wees? Waarom is hierdie onderskeid belangrik?

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 10


Ingevlegte gesprekke Week 3 4. Dink ‘n bietjie saam na oor die term “vrug van die Gees”. Waarna dink jy verwys die “van die Gees”? Is dit belangrik?

Mens tot Medemens

d Op watter manier laat lei ons ons deur die Heilige Gees? d Kom ons deel met mekaar gebedsversoeke waarvoor ons kan bid.

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 11


Is daar ‘n verrassing? Week 4 Mens tot Mens

d Kom ons deel gou met mekaar ons lief en leed. Ons kan na die

byeenkoms vir elkeen se spesifieke behoeftes bid. d Ons gaan vandag met mekaar praat oor die gawes wat die Heilige Gees aan elkeen van ons geskenk het. d Wat dink jy is jou gawes? d En as jy nie weet nie, gee gerus die groep die geleentheid om vir jou te sê wat hulle dink jou gawes is.

Mens tot God

Kom ons gebruik hierdie geleentheid om in kontak met God die Vader, die Here Jesus en die Heilige Gees te kom, deur na mekaar se mooi ervaringe met God die afgelope tyd te luister.

God tot Mens

Kyk na die DVD-inleiding. Lees verskeie stukke in Romeine. Romeine 11:29 As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie. 29

Romeine 12:3-8 Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God 3

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 12


Is daar ‘n verrassing? Week 4 aan elkeen toebedeel het. 4Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. 6Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. 7 As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. 8 As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid. 1 Korintiërs 12:4-7 Daar is ’n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; 5daar is ’n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; 6daar is ’n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. 7Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. 4

1. Wat is vir jou mooi in hierdie paar verse?

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 13


Is daar ‘n verrassing? Week 4 2. Wat dink jy is God se DOEL met die GAWES wat Hy aan sy kinders gee?

3. Hoe dink jy behoort ons die gawes wat ons as groep het, prakties tot opbou van ons groep en van ons gemeente te kan uitleef? Kom ons dink aan die gawes wat ons aan die begin by mekaar geïdentifiseer het.

Mens tot Medemens

Kom ons dink aan hoe ons groep as liggaam van Christus met al ons gawes aan die wêreld buite ons kerkgemeenskap ‘n opbouende rol kan speel. Beplan dan een spesifieke aksie as groep. Sluit af met voorbidding en gebed.

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 14


Gesprekke wat ‘n merk los Week 5 Mens tot Mens

Wat is nou vir jou beter in jou geestelike lewe as vroeër?

Mens tot God

Dank die Here vir die potensiaal wat Hy aan ons skenk en vra dat ons vandag daardie potensiaal verder sal benut.

God tot Mens

Kyk na die DVD-inleiding. Lees 2 Korintiërs 3:10-18 Ons kan sê dat die heerlikheid van vroeër nie te vergelyk is met die alles oortreffende heerlikheid van nou nie. 11 As wat aan die verbygaan was, van heerlikheid gestraal het, veel meer nog sal die blywende van heerlikheid skitter. 12 Omdat ons hoop hierop gevestig is, tree ons met groot vrymoedigheid op. 13Ons is nie soos Moses wat sy gesig met ‘n sluier toegemaak het nie. Dit moes hy doen om te verhinder dat die volk van Israel sou sien dat die ligglans aan die verdwyn was. 14 Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo. 15 Maar vandag nog, elke keer as die wet van Moses voorgelees word, is daar ‘n sluier oor hulle verstand. 16 Van Moses sê die Skrif egter: "Elke keer as hy hom na die Here wend, word die sluier weggeneem." 17 "Die Here" beteken hier "die Gees", en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. 18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. 10

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 15


Gesprekke wat ‘n merk los Week 5 1. Deel 'n belangrike geestelike insig wat jy iewers gekry het wat 'n groot effek op jou lewe gehad het (vers 14b).

2. Gesels oor die "wegneem van die sluier" (in verse 14 en 16). Wat sou dit vir jou beteken? Waar het jy dit al ervaar? (Hierdie is nie verskillende vrae nie, maar net ander fasette van dieselfde vraag.)

3. Wat is volgens vers 16 nodig om die sluier weg te neem? Is dit jou ervaring ook? Vertel meer daarvan.

4. Om dit reg te kry moet twee rolspelers betrokke wees. d Daar is iets wat jý moet doen …. (vers 16) d Daar is iets wat die Here doen. (vers 18)

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 16


Gesprekke wat ‘n merk los Week 5 5.

Die gevolg: "Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe" (vers 18). Wat sou dit volgens jou in die praktyk beteken?

6. Wat beteken die woorde "waar die Gees van die Here is, is daar vryheid", (vers 17) vir jou? Waar het jy dit al ervaar?

Mens tot Medemens

Bid dat die Heilige Gees julle nuut sal maak en laat dink.

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 17


My beker loop oor... Week 6 Mens tot Mens

d Kom ons deel so ʼn bietjie onderlinge “familienuus” met mekaar. d Die afgelope kwartaal het ons geleer van die Heilige Gees en wat

Hy doen. Deel met mekaar wat vir jou die meeste beteken het. d Ons almal weet wat fisiese volwassenheid is, maar ons weet nie almal wat emosionele volwassenheid is nie en nog minder wat geestelike volwassenheid is. Wat sou jy dink is geestelike volwassenheid? d Kom ons skryf nou ons eie definisie van geestelike volwassenheid neer:

Mens tot God

Sing ‘n paar liedere oor die Heilige Gees .

God tot Mens

Kyk na die DVD-inleiding. Lees Filippense 3:10-15 (eers saggies op jou eie en dan kan ons dit weer ‘n keer hardop saam lees) Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, 11in 10

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 18


My beker loop oor... Week 6 die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. 12Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. 13 Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. 14Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. 15Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee. 1. In hierdie klompie versies van vers 10 tot 15 maak Paulus sy hart oop oor hoe hy die Here Jesus bewonder. Hoe gryp Paulus se wens jou aan?

2. As jy dit weer ‘n keer moet lees en stil oordink, gaan die Heilige Gees jou ook aanraak met iets unieks wat jy juis nou in hierdie tyd van jou lewe moet oordink. Lees die hele gedeelte weer ‘n keer deur en deel dan met mekaar wat jou tref.

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 19


My beker loop oor... Week 6 3. Paulus roep die gemeente van Filippi op om dieselfde gesindheid as hy te hê – hy noem dit geestelike volwassenheid. Wat dink jy moet ons byvoeg by ons eerste definisie van geestelike volwassenheid?

4. Nou behoort die groep te besef dat geestelike volwassenheid gaan oor ‘n baie spesiale verhouding met Jesus en ook oor dié een groot doelwit naamlik om eendag die hemelse wenstreep te behaal ongeag wat dit my kos.

5. Kyk weer na jou definisie oor geestelike volwassenheid, pas dit aan as jy nou anders daaroor dink.

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 20


My beker loop oor... Week 6 6. Watter persoonlike doelwitte gaan jy nou vir jou stel om na geestelike volwassenheid te groei?

7. Hoe kan ons as groep saamgroei na geestelike volwassenheid?

Mens tot Medemens

d Kom ons praat oor hierdie oproep tot geestelike volwassenheid as

doelwit vir ons hele gemeente en ook vir mense wat nog buite die gemeente is. Hoe gaan ons hierdie uitdaging aanpak? d Gebedsgeleentheid.

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 21


Notas

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 22


Notas

Omgeehandleiding Jesus tussen ons 23


24

Omgeeboekie


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.